SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue3Calvin's step into public at the Disputation of Lausanne (October 1536)Calvin's Theology of the Holy Spirit author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.49 n.3 Pretoria  2009

 

'n "Toegang tot verstaan van die ganse Skrif": Calvyn se eerste Bybelkommentaar in histories-teologiese perspektief

 

A "Passage to the understanding of the whole Scripture": Calvin's first Bible commentary seen in historical-theological perspective

 

 

RM BritzI; VE d'AssonvilleII

IDepartement Ekklesiologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein britzrm.hum@ufs.ac.za
IIDepartement Ekklesiologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein/ Akademie für Reformatorische Theologie, Hannover, Deutschland assonville@reformatio.de

 

 


OPSOMMING

Uit die beskikbare gegewens blyk dat Calvyn die boek Romeine gedurende die jare dertig deeglik moes bestudeer het. Vaste planne om 'n kommentaar daarop te skryf kan teruggevoer word na sy gesprekke met Grynaeus gedurende 1535/1536. Dit word egter algemeen aanvaar dat die kommentaar beduidend aanleun op die lesings wat Calvyn in Genève en Straatsburg oor Romeine gehou het. Dit beteken dat die kommentaar op die kateder beslag gekry het, dit wil sê binne die konteks van opleiding in en uitleg en verkondiging van die Woord.
Dit is noodsaaklik om hierdie inleiding te lees en die verdeling van die inhoud van die brief in sy onderlinge verband te begryp. Waarin vind Calvyn die werklike sentrum van die Romeinebrief? Hy vind dit daarin dat Christus ons deur die geloof regverdig. "Die genade van God in Christus",
2 die "geregtigheid van Christus" ("Christi iustitia")3 as tema loop soos 'n dik rooi draad deur die Romeinebrief, en daarom ook deur Calvyn se kommentaar. In Christus vind die Romeinebrief sy samehang en sy sin. Christus lê sorgvuldig beslag op die orde, die ontwikkeling en die beweging van die argument in die brief.
Met betrekking tot die vraag watter eksegetiese metode onderliggend aan die Romeinekommentaar gevind kan word, is daar al dikwels daarop gewys dat die belang wat Calvyn eksegeties aan die teks van die Romeinebrief toegeken het, verband hou met die humanistiese retoriek van die sestiende eeu,
4 waarin hy ook geskool was. Hierdie metode het ingehou dat die betroubare verstaan van 'n teks bereik moet word deur die taal van die teks te ken (daardeur word betekenisse toeganklik gemaak), die skopus van die teks te vind binne sy groter tekstuele samehang (ko-teks), die sentrale temas van die teks te identifiseer, die kultuurhistoriese konteks waarbinne dit beslag gekry het van die teks te ken en die interpretasiegeskiedenis (geskiedenis van die eksegese) daarvan, met ander woorde die vraag hoe die betrokke teks deur die loop van die eeue uitgelê is, te beheers. Veral die oorspronklike outeur se denkrigting en doelstellings moet hier in ag geneem word.
Calvyn wou doelbewus nie die weg van óf Bucer óf Melanchthon opgaan nie. Veel eerder wil hy die betekenis van die teks volgens die bedoeling van die skrywer ontsluit, aan die hand van die onderlinge tekste binne hulle groter geheelverband en hulle aaneenskakeling met mekaar.

Trefwoorde: Calvyn, Romeinekommentaar, Hermeneutiek, Eksegese, Afrikaanse vertalings


ABSTRACT

From the available data it appears that Calvin embarked upon a penetrating study of the Book of Romans during the period between 1530 and 1540. It is possible to trace his definitive plans to write this commentary to conversations he had with Grynaeus during the years 1535 and 1536. However, it is generally accepted that this commentary is significantly substantiated by the lectures given by him in Geneva and Straatsburg at the time. This means that this commentary obtained its shape on the lecture podium, within the context of the training of prospective ministers in the exegesis and preaching of the Word.
It is necessary to read and understand this introduction and the subdivision of the content of the letter in its mutual context. What constitutes, according to Calvin, the actual core of the letter to the Romans? He finds it in the fact that Christ justifies us through faith: "The Grace of God in Christ" (COR II/XIII,7,22-23), the righteousness of Christ ("Christi iustitia" - COR II/ XIII,8,29) runs like a golden thread through the letter to the Romans and for that reason also through the commentary of Calvin. The letter to the Romans finds in Christ its coherence and meaning. Christ delicately lays claim to the order, development and dynamics of the argument in the letter.
Between August and October 1539 three important publications of Calvin appeared. During August he finalized his thorough revision and extensive expansion of his 1536 Christianae Religionis Institutio - which has since appeared as the Institutio Christianae Religionis. During this month of August 1539 he also found time to respond to the demand of Cardinal Sadoletus to return to the Roman Catholic Church - Calvin's Responsio. And in October of the same year he completed his commentary on the book of Romans. Calvin now started to broaden his purview of the reformation spreading over Europe.
Regarding the question of which exegetical method underpinned the foundation of Calvin's Roman commentary, it has been pointed out many times that the exegetical weight assigned by Calvin to the text of the letter to the Romans has a connection with the humanistic rhetoric of the sixteenth century, in which he was also trained. (The concept humanistic is here used in a technical sense, as it prevailed at the time. It referred to the methods and instruments of the study of foremost antique) texts, in other words, knowledge of the basic languages (albeit Greek, Hebrew or Latin), control over philology, grammar and using the auxiliary means of semantics, and so on.) This method entailed that a reliable understanding of the text had to be attained through knowledge of the text (through its meanings it became accessible in other words), that the scopus of the text had to be found within the larger textual coherence (context), that the central themes of the text were identified, that the cultural-historical context within which it obtained its form was known and that the history of intepretation (the history of the exegesis) was also known. In other words, it concerned the question regarding the mastery of the text under consideration - as explicated in the course of history. What is of particular importance is that the thought orientation and aims of the original author had to be taken into consideration.
Calvin intentionally did not want to pursue the road of Bucer or Melanchthon. Much rather he wished to discern the meaning of the text according to the intention of the author, from the perspective of the mutual role of texts within their larger encompassing context as well as their interconnections with each other.
To underline the influence of Calvin's commentary in the history of theology, a list of editions is added. For an Afrikaans reader the translations of Calvin's works (in Afrikaans) are also added in a comprehensive attachment.

Key words: Calvin, Commentary on Romans, Hermeneutics, Exegesis, Afrikaans translations


 

 

Full text available only in PDF format.

 

 

Bylaag 2: Afrikaanse vertalings/verwerkings van werke van Calvyn

Calvin, J. 1951. Die Institusie van Calvyn. Verkort weergegee [in Afrikaans] deur A. Duvenage, met medewerking van L.J. du Plessis. Bloemfontein: SACUM. (Later weer heruitgegee.         [ Links ])

Calvin, J. 1966 [1951]. Die Institusie van Calvyn. Verkort weergegee [in Afrikaans] deur A. Duvenage, met medewerking van L.J. du Plessis. (Heruitgawe van bogenoemde.)

Calvin, J. 1979 [1559]. Gulde reels vir die ware christelike lewe. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers. [Uittreksel uit Institusie, III,6-8.] (In Afrikaans vertaal en verwerk deur T. Kritzinger uit die Engels: Calvin, J. 1952. Golden Booklet of the True Christian Life. Grand Rapids, Mi.: Baker Book House.) Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers.

Calvin, J. 1980 [1536]. Onderwysing in die Christelike Godsdiens. (1536-Institusie.) (Uit die Latyn in Afrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds.

Calvin, J. 1980. Calvyn vir vandag: Dagstukke. Saamgestel en vertaal deur F.J.M. Potgieter. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers.         [ Links ] [Uittreksels uit die Institusie.]

Calvin, J. 1981 [1539]. Calvyn se Doopsformulier. (Uit die Latyn in Afrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) In D'Assonville, V.E., 1981. Die Gereformeerde Doopsformulier. Potchefstroom: Marnix. pp. 87-92.

Calvin, J. 1981 [1545]. Calvyn se Kategismus. (Uit die Latyn in Afrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) Potchefstroom: Potchefstroomse Teologiese Publikasies.

Calvin, J. 1981 [1541/1561]. Ordonnances Ecclésiastiques van Genève (1541 en 1561). (In Afrikaans vertaal deur A.D. Pont.) In Pont, A.D., 1981. Die Historiese Agtergronde van ons Kerklike Reg. Pretoria: HAUM. p. 22-47.

Calvin, J. 1981 [1559]. Discipline Ecclésiastiques van 1559. (InAfrikaans vertaal deurA.D. Pont.) In Pont, A.D., 1981. Die Historiese Agtergronde van ons Kerklike Reg. Pretoria: HAUM. p. 50-54.

Calvin, J. 1984-1992 [1559]. Institusie van die Christelike Godsdiens 1559, 4 Bande. (1559-Institusie.) (Uit die Latyn inAfrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds. D.i.

Calvin, J. 1984 [1559]. Institusie van die Christelike Godsdiens 1559, Boek 1. (Uit die Latyn in Afrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds.

Calvin, J. 1986 [1559]. Institusie van die Christelike Godsdiens 1559, Boek 2. (Uit die Latyn in Afrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds.

Calvin, J. 1988 [1559]. Institusie van die Christelike Godsdiens 1559, Boek 3. (Uit die Latyn in Afrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds.

Calvin, J. 1992 [1559]. Institusie van die Christelike Godsdiens 1559, Boek 4. (Uit die Latyn in Afrikaans vertaal deur H.W. Simpson.) Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds.

Calvin, J. 2008 [1540/1551/1556]. Kommentaar op Romeine. (Vertaal in Afrikaans deur Stefanus Postma.) In UFS Theological Studies: Classical Texts I. Britz, R.M. & D'Assonville, Victor E., eds., Bloemfontein/Potchefstroom: IKRS & CJBF [Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies & Calvyn Jubileumboekefonds].

Calvin, J. 2009 [1951/1966]. Die Institusie van Calvyn. Verkort weergegee [in Afrikaans] deur A. Duvenage [met medewerking van L.J. du Plessis] en taalkundig hersien deur ME Nelson. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds.

 

 

1 Hierdie artikel is gedeeltelik gebaseer op navorsing wat aanvanklik gedoen is vir die inleiding by die Afrikaanse vertaling van Calvyn se Romeinekommentaar deur prof Fanus Postma (vgl. Britz & D'Assonville, 2008:9-25).
2 COR II/XIII,7,22-23.
3 COR II/XIII,8,29.
4 Die begrip "humanisties" word hier in 'n tegniese sin bedoel binne sy konteks van destyds, waar dit veral verwys na die metodes van en instrumente vir die bestudering van (veral antieke) tekste, m.a.w. kennis van die oorspronklike tale (hetsy Grieks, Hebreeus of Latyn), beheersing van die filologie, grammatika, gebruikmaking van semantiese hulpmiddels ens.
5 COR II/XIII,4,6. Calvyn aan Grynaeus in voorwoord tot sy kommentaar op die Romeinebrief, waarmee hy die kommentaar aan laasgenoemde opdra. Vgl. Ook sy opmerking: "... as iemand 'n ware kennis van [hierdie Romeinebrief] verkry het, [het] hy 'n geopende deur ... tot die mees verborge skatte van die Skrif" COR II/XIII,7,11-12 - inleidende woorde deur Calvyn in sy "Beredenering" (Argumentum) waarmee hy sy kommentaar op die Romeinebrief begin.
6 Vgl. Neuser, W.H. 2009. Johann Calvin: Leben und Werk in seiner Frühzeit 1509-1541. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht. (Selderhuis, H.J. ed., Reformed Historical Theology, Vol 6.) p. 93.
7 Vgl Neuser (2009:292 e.v.).
8 Wendelin Rihel (oorlede 1555) begin in 1535 met sy uitgewerswerksaamhede in Straatsburg met 'n heruitgawe van Luther se Bybelvertaling. Tot en met sy dood het hy sowat 40 werke gepubliseer, daaronder boeke van Martin Bucer, Johannes Sturm en Calvyn. Sien verder Peter, R. & Gilmont, J.-F. 1994. Bibliotheca Calviniana. Les œuvres de Jean Calvin publiées au XVIe siècle, II. Écrits théologiques, littéraires et juridiques 1555-1564. Genève: Libraire Droz. (Travaux d'Humanisme et Renaissance, CCLXXXI.) p. 1103.
9 Vgl. C. Link, 2005. Vorwort. In Calvin, J. 2005 [1539; 1551; 1556]. Der Brief an die Römer [bis Kapitel 7]: Ein Kommentar. Der lateinische Text mit deutscher Übersetzung, bearbeitet und eingeleitet von M. Freudenberg, A.I.C. Heron, N. Kuropka, C. Link, P. Opitz, G. Plasger & E. Saxer. (In E. Busch, M. Freudenberg, A.I.C. Heron, C. Link, P. Opitz, E. Saxer & H. Scholl, Hrsg., Calvin-Studienausgabe, Band 5.1.) Neukirchen-Vluyn: Neukirchener, p. V.
10 Weliswaar gaan Parker nog verder. Hy praat van Calvyn se Romeinekommentaar as die "ten onregte verwaarloosde" hart van sy teologiese werk. T.H.L. Parker, Calvin 's New Testament Commentaries, London, 1971: viii.
11 Iacobi Sadoleti Episcopi Carpentoractis in Pavli Epistolam ad Romanos Commentariorum Libri Tres. (Vgl. COR II/XIII,LXXXI.)
12 Vgl. Sadoleto. In F.L Cross & E.A. Livingstone (eds.), The Oxford Dictionary of the Christian Church London: Oxford University Press, 1974), 1222.
13 OS 1,441: "suis desideratis fratribus magistratui, concilio, et civibus Gebennensibus."
14 OS I,446.
15 WA 56, vgl. Wolff, J. 2005. Vorlesungen. In Beutel, A. Hrsg., 2005. Luther Handbuch. Tübingen: Vandenhoeck & Ruprecht. p. 322.
16 Vgl. Oberman, H.A. Hrsg. 20045[1981]. Die Kirche im Zeitalter der Reformation. Neukirchen: Neukirchener Verlag. (Oberman, H.A., Ritter, A.M., Krumwiede, H.-W. und Leppin, V, Hrsg., Kirchenund Theologiegeschichte in Quellen, Band III.) p. 4-7.
17 Link (2005:V): "Evangelische Theologie ist von ihren Ursprüngen her Theologie des Römerbriefs."
18 Link (2005:V).
19 COR II/XIII,3,33-35: "Nam quum tot excellentis doctrinae viri antehac in eius explicatione elaborarint, credibile est nullum aliis melius aliquid afferendi relictum esse locum."
20 Bibliografiese verwysings volgens Parker in COR II/XIII,LI e.v.; LXXVIII-LXXX.
21 In die voorwoord waarin hy die boek aan Grynaeus opdra, skryf hy: "Aangesien manne van soveel besondere geleerdheid immers reeds voorheen gewerk het aan die uitleg daarvan, lyk dit nie moontlik dat daar plek is vir ander om iets beters te lewer nie. Maar wat my betref, ek erken dat hoewel ek my enige loon op my arbeid beloof het, ek tog aanvanklik deur hierdie gedagte afgeskrik is omdat ek gevrees het dat ek my die reputasie van vermetelheid op die hals mag haal as ek ná sovele voortreflike kundiges my hand aan hierdie werk sou slaan. Daar bestaan op hierdie brief baie kommentare van die ou skrywers en ook baie van onlangse skrywers. En hulle kon geensins hul arbeid beter aangewend het nie; want as iemand hierdie brief verstaan, het hy vir homself 'n toegang tot die verstaan van die ganse Skrif." COR II/XIII,3,33-4,6. (Vgl. Afrikaanse vertaling in Calvin, 2008:26,27.)
22 "Scriptura [...] sui ipsius interpres" (WA 7;97,21-23). Vgl. Beutel, A. Theologie als Schriftauslegung. In Beutel (2005a:445).
23 Link (2005:VI): "... Was Calvin von diesen reformatorischen Vorbildern unterscheidet, ist ein noch schärfer ausgeprägtes Bewusstsein für die hermeneutischen Probleme der Schriftauslegung, etwa die Frage nach dem Verhältnis der kirchlichen Lehrtradition zur Schrift, das Bewusstsein für Nähe und Fremdheit des biblischen Textes zur eigenen Gegenwart oder die energisch weiterentwickelte Maxime Luthers, in der Bibel selbst den Maßstab ihrer Auslegung zu finden: Epistola tota ... methodica est.' " Vergelyk ook Ganoczy, A., 1976. Calvin als paulinischer Theologe: Ein Forschungsansatz zur Hermeneutik Calvins. In Neuser, W.H., Hrsg., 1974. Calvinus Theologus. Referate des Europäischen Kongresses für Calvinforschung. Amsterdam. Neukirchen: Neukirchener. p. 47 e.v.
24 Vgl Neuser (2009:305 e.v.).
25 OS I,441-456.
26 OS 1,457-489.
27 Vgl. Neuser, W.H. 2008. Frankrijk en Basel. In Selderhuis, J., red., Calvijn Handboek. Kampen: Kok. p. 45-52.
28 Vgl. bv. Epistola 183. In Calvinus, I. Ioannis Calvini Epistolae Volumen I (1530-sept. 1538). (Ediderunt Cornelis Augustijn Frans Pieter van Stam Adiuvantibus Christoph Burger, Paul Estié, August van hollander, Maarten Stolk, Mirjam van veen, Jasper Vree. Ioannis Calvini Opera Omnia: Denuo recognita et adnotatione critica instructa notisque illustrata, Series VI: Epistolae, Volumen I (1530-sept. 1538). Auspiciis Praesidii Conventus Internationalis Studiis Calvinianis Fovendis ediderunt B.G. Armstrong, C.P.M . Burger, I. Backus, M. Engammare, H. Feld, F.M. Higman, W.H. Neuser, W. van 't Spijker & D.F. Wright. Genève: Droz.) [= COR IV/I.] Vgl. verder pp. 183-185.
29 COR II/XIII,3,5 e.v.
30 Vgl. Parker & Parker (1999:XIII).
31 Die kerk is slegs één in soverre dit in God die oorsprong en in Hom die doel vind, dit wil sê na Christus se stem luister, sy Woord gehoorsaam. (Vgl. OS I,488.)
32 COR II/XIII,7-12: "Argumentum in Epistolam ad Romanos." (Afrikaanse vertaling: "Beredenering van Paulus in die Brief aan die Romeine", in Calvin, 2008:30-36.)
33 COR II/XIII,7,22-23.
34 COR II/XIII,8,29.
35 Vergelyk voetnoot 4 hierbo.
36 In laasgenoemde opsig sê Link (2005:VI): "Man muss - so das Herzstück der Rhetorik - die Regeln der Alltagsprache auf ihn anwenden, sich insbesondere an Denkbewegung und Absicht seines Autors halten, um ihn zu verstehen. Diese hier konsequent unter Beweis gestellten Grundsätze machen die auch heute noch unverbrauchte Lebendigkeit der Schriftauslegung Calvins aus."
37 Só skryf Calvyn in sy voorwoord aan Grynaeus, waarin hy die kommentaar aan hom opdra. COR II/ XIII,3,9-11: "Et sane quum hoc sit prope unicum illius officium, mentem scriptoris, quem explicandum sumpsit, patefacere."
38 COR II/XIII,3. Vgl. D'Assonville (2008:427).
39 COR II/XIII,4,24-26.
40 COR II/XIII,4,11 e.v.
41 COR II/XIII,4,14 e.v.
42 COR II/XIII,4,17 e.v.
43 Vgl uitleg van Rom 9:14 (COR II/XIII,199).
44 Vgl. D'Assonville, V.E. 2008. Exegese en doctrina. In Selderhuis, J., red., Calvijn Handboek. Kampen:
45 Vgl. uitleg van Rom 9:14 (COR II/XIII,198-199); Rom 11:33 (COR II/XIII,251); Rom 11:34 (COR II/XIII,252-253); Rom 10:16 (COR II/XIII,226); Rom 15:4 (COR II/XIII,295); Rom 15:6 (COR II/ XIII,296); Rom 15:12 (COR II/XIII,299).
46 COR II/XIII, 7: "... unde citra controversiam protinus constabit, praeter plurimas alias, et eas eximias dotes, hanc ei proprie competere, quae nunquam pro dignitate satis aestimetur; quod siquis veram eius intelligentiam sit assequutus, ad reconditissimos quosque Scripturae thesauros adeundos habeat apertas fores."
"Daaruit sal dadelik bo teenspraak vasstaan dat in hierdie brief benewens ander eienskappe, en dit wel uitnemend, hierdie een uitstaan, wat nooit genoegsaam na waarde geskat kan word nie, naamlik dit, as iemand 'n ware kennis daarvan verkry het, hy 'n geopende deur het tot die mees verborge skatte van die Skrif." (Calvyn in sy "Argumentum in Epistolam Romanos".)
47 COR II/XIII,4,5-6: "... siquis eam intelligat, aditum sibi quendam patefactum habet ad totius Scripturae intelligentiam."
48 Vgl. Parker & Parker (1999:LXIX e.v.) en Heron (2005:13 e.v.).
49 Die 1556-teks volgens A. Tholuck, in een van die twee uitgawes van 1834 (die Eichler-uitgawe van Berlyn), het as grondteks vir die 2008-Afrikaanse vertaling deur prof Fanus Postma (Calvin, 2008) gedien: CALVIN, J. 1834 [1540;1551;1556]. In Novum Testamentum Epistolas Commentarii ad Editionem Amstelodamensem accuratissime exscribi et praefatus, Pars Prima: Epist ad Roman. et Corinth. [edidit] A. Tholuck. Berolini: Apud Gustavum Eichler.
50 Calvin, J. 1999[1539;1551;1556]. In Calvinus, I. Commentarius in epistolam Pauli ad Romanos (Ediderunt T.H.L. Parker et D.C. Parker. Ioannis Calvini Opera Omnia: Denuo recognita et adnotation critica instructa notisque illustrata, Series II: Opera Exegetica Veteris et Novi Testamenti, Volumei XIII. Auspiciis Praesidii Conventus Internationalis Studiis Calvinianis Fovendis ediderunt B.G Armstrong, C. Augustijn, I. Backus, O. Fatio, H. Feld, F.M. Higman, W.H. Neuser, B. Roussel, W van 't Spijker & D.F. Wright. Genève: Droz.) [= COR II/XIII.]51 Calvin, J. 2005 [1539; 1551; 1556]. Der Brief an die Römer [bis Kapitel 7]: Ein Kommentar. De lateinische Text mit deutscher Übersetzung, bearbeitet und eingeleitet von M. Freudenberg, A.I.C Heron, N. Kuropka, C. Link, P. Opitz, G. Plasger & E. Saxer. (In E. Busch, M. Freudenberg, A.I.C Heron, C. Link, P. Opitz, E. Saxer & H. Scholl, Hrsg., Calvin-Studienausgabe, Band 5.1.) Neukirchen Vluyn: Neukirchener.)

 

 

Dolf Britz doseer sedert 1989 Kerkgeskiedenis aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is direkteur van die Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies sowel as van die Jonathan Edwards Centre (Africa) aan die Universiteit. Hy is redakteur van UV Teologiese Studies, waarin 'n vertaling van die Romeinekommentaar van Calvyn in 2008 verskyn het. Sy navorsing spits toe op drie terreine: 1. Die 16de eeu: Die belydenisskrifte van die 16de eeu en Calvyn; 2. Suid-Afrikaanse kerk- en teologie-geskiedenis: die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) in Suid-Afrika, die ontwikkeling van die gere-formeerde teologie gedurende die 20ste eeu in Suid-Afrika, die rol en invloed van die Berliner Missionsgesellschaft in Suid-Afrika; 3. Teologie as dissipline binne die konteks van Hoër Onderwys in Suid-Afrika. Hy is direkteur van Programme en Onderrig en Leer aan die Fakulteit Teologie, en is in beheer van 'n omvattende program om teologiese kwalifikasies te herstruktureer.

Dolf Britz has been teaching church history at the Faculty of Theology, University of the Free State, Bloemfontein since 1989. He is Director of the Institute for Classical and Reformation Studies as well as Director of the Jonathan Edwards Centre (Africa) at the University. He is editor of the UFS Theological Studies, in which an Afrikaans translation of Calvin's commentary on Romans was published in 2008. His research comprises three interest fields: 1. The 16th Century: The confessions of the 16th century and Calvin; 2. South African church history: The Anglo-Boer War (1899-1902) in South Africa, the development of reformed theology during the 20th century in South Africa, the role and influence of the Berliner Missionsgesellschaft in South Africa; 3. Theology as a discipline within the Higher Education context in South Africa. He is Director of Programmes and Teaching and Learning at the Faculty of Theology, and directs a comprehensive programme aimed at restructuring theological qualifications. Dank word teenoor die DAAD (Deutscher Akademischer Austauschdienst) sowel as die Johannes a Lasco Stiftung in Duitsland uitgespreek vir onderskeidelik twee navorsingstoekennings van drie maande elk in 2006 en 2007, waarmee die geleentheid vir dr d'Assonville geskep is om sy deel van die navorsing aan die Reformiertes Seminar (Universiteit Münster) en aan die Johannes a Lasco Biblioteek (Emden) te doen. Sommige van daardie navorsingsresultate kon in hierdie artikel neerslag vind.

Victor E d'Assonville studeer voor- en nagraads in Potchefstroom (Latyn en teologie) en verwerf sy doktorsgraad aan die Universität Rostock, Duitsland, met 'n proefskrif (in Europa gepubliseer) oor Calvyn. Vir sy proefskrif ontvang hy in 2001 in Trier, Duitsland die Olevianus-prys. Vanaf 2001 tot 2008 is hy predikant van die Gereformeerde Kerke Colesberg en Philipstown, waar hy ook voltydse bedieningswerk onder die Griekwas in Philipvale doen. Vanaf 2003 is hy navorsingsgenoot by die Departement Ekklesiologie, Universiteit Vrystaat, en vanaf 2005 tydelike dosent. Sedert 2005 dien hy op die Praesidium van die International Congress on Calvin Research. Hy is medewerker aan die Calvini Opera Recognita (COR), die nuwe tekskritiese uitgawe van Calvyn se oorspronklike tekste (Genève) en medewerker aan die internasionale Calvyn Handboek (verskyn in Duits, Nederlands, Engels en Italiaans). Verder dien hy as direkteur van die Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies (UV), asook skriba van die Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). Vanaf 2008 beklee hy die pos vir "Internationale Reformatorische Theologie" aan die Akademie für Reformations-theologie in Hannover, Duitsland.

Victor E d'Assonville completed both his graduate and post-graduate studies at the University of Potchefstroom (Latin and theology) after which he obtained his doctorate at the Universität Rostock, Germany, with a dissertation on Calvin (published in Europe). For this dissertation the Caspar Olevian Prize was awarded to him in 2001. From 2001 till 2008 he was a minister of the Reformed Churches Colesberg and Philipstown, where he also undertook ministry work among the Griquas in Philipvale. Since 2003 he has been a research fellow in the Department of Ecclesiology, University of the Free State, while in 2005 he was appointed as a temporary lecturer. He has served on the Praesidium of the International Congress on Calvin Research since 2005. He is a contributor to the project of publishing a new textual-critical edition of Calvin's original works, the Calvini Opera Recognita (COR) in Geneva; in addition, he is also a co-author of the international Calvin Handbook (published in German, Dutch, English and Italian). Furthermore, he is Director of the Institute for Classical and Reformation Studies (UFS) as well as secretary of a Calvin publishing funds (CJBF). Since 2008 he has occupied the chair of "Internationale Reformatorische Theologie" at the Akademie für Reformationstheologie in Hanover, Germany.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License