SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Free speech, responsible speechFreedom of speech and the "ethical activity of thinking" índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.49 no.1 Pretoria  2009

 

Vryheid van spraak in die regstaat - 'n filosofiese perspektief

 

Freedom of speech in the just state - a philosophical perspective

 

 

D F M Strauss

Departement Wysbegeerte, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein dfms@cknet.co.za

 

 


OPSOMMING

Kragtens die unieke menslike, normatief-gestempelde, (positiewe) keusevryheid en taalvermoë behoort dit tot die taak van die owerheid in 'n regstaat om die nodige regsbeskerming aan die sfeer van die publieke opinie te verskaf - sodanig dat die openbare meningsveld (waarby persvryheid ingesluit is) tot volle wasdom kan kom. Die veelkantigheid van die staat word mede-bepaal deur die openbare mening (publieke opinie), gedagtig aan die feit dat beide die moderne staat en die erkenning van die domein van die publieke opinie van 'n relatiewe resente herkoms is. Slegs wanneer die verskillende eiegeaarde regsfere binne 'n gedifferensieerde samelewing eerbiedig word, sal dit moontlik wees om die dinamiek van regstaat-wees mede te laat bepaal deur persoonlike en kollektiewe (party-politieke) spraakvryheid en meningsvryheid. Politieke partye funksioneer binne die openbare meningsveld met die oog daarop om mede-burgers van die staat te oortuig om 'n bepaalde program van beginsels te ondersteun, maar geen party beklee ooit self die opwerheidsamp nie. As 'n publieke regsverband wat onder leiding van 'n publieke verbandsgeregtigheidsidee geroepe is om ewewig en harmonie in die veelheid van regsbelange op sy staatsgebied te handhaaf, is die regstaat medeverantwoordelik om die sfeer van die publieke opinie juridies te beskerm. Daarsonder sal die voortbestaan van die regstaat self in die gedrang kom - soos onder meer blyk uit die probleemkante van die voorgestelde wet rakende die beskerming van inligting.

Trefwoorde: Vryheid van spraak, openbare mening, regstaat, harmoniëring van regsbelange, regsfere


ABSTRACT

By virtue of the uniquely human freedom of choice that is characterized in a normative way and expressed in the human lingual abilities, it belongs to the task of the government of a just state to provide the necessary legal protection to the sphere of public opinion, in such a way that this sphere (which includes freedom of the press) can flourish. The many-sidedness of the state is co-determined by public opinion, keeping in mind that both public opinion and the modern state emerged recently. It is only when the diverse, uniquely natured legal spheres within a differentiated society are acknowledged and respected that it will be possible to allow for the dynamics of the just state to be co-determined by personal and collective (party political) freedom of speech and of opinion. Political parties operate within the domain of public opinion with the aim to convince fellow citizens to support a specific program of principles, although no political party as such ever occupies the office of government. As a public legal institution guided by an idea of public justice the state is called to balance and harmonize the multiplicity of legal interests on its territory, entailing its co-responsibility for the legal protection of the sphere of public opinion. If this does not happen the continued existence of the state will be threatened - as it inter alia appears from problematic elements contained in die proposed "Protection of Information Bill".

Key concepts: Freedom of speech, public opinion, just state, harmonization of legal interests, legal spheres


 

Full text available only in PDF format. 

 

 

BIBLIOGRAFIE

De Klerk, W.J. 1978. Inleiding tot die semantiek. Durban: Butterworth.         [ Links ]

Diels, H. & Kranz, W. 1959/60. Die Fragmente der Vorsokratiker. Vols. I-III. Berlin: Weidmannsche Verlagsbuchhandlung.         [ Links ]

Dooyeweerd, H. 2004. Political Philosophy. D Series, Volume 1, General Editor D.F.M. Strauss, Lewiston: Edwin Mellen.         [ Links ]

Eibl-Eibesfeldt, I. 2004. Grundriß der vergleichenden Verhaltensforschung, Ethologie. 8th revised edition. Vierkirchen-Pasenach: Buch Vertrieb Blank GmbH.         [ Links ]

Films and Publication's Amendment Bill, 2003. September 1.         [ Links ]

Gehlen, A. 1965. Theorie der Willensfreiheit und frühe Philosophische Schriften. Berlin: Luchterhand.         [ Links ]

Gehlen, A. 1971. Der Mensch, Seine Natur und seine Stellung in der Welt 9th impression, Frankfurt am Main: Athenaum.         [ Links ]

Habermas, J. 2001. The Postcolonial Constellation, Political Essays. Cambridge, Massachusetts: Polity Press.         [ Links ]

Hölscher, L. 1984. Öffentlichkeit. In: Historisches Wörterbuch der Philosophie. Eds J. Ritter, K. Gründer & G. Gabriel, Volume 6 (pp.1134-1139). Basel-Stuttgart: Schwabe & Co.         [ Links ]

Jaspers, K. 1948. Philosophie, 2nd impression, Berlin: Springer Verlag.         [ Links ]

Jellinek, G. 1966. Allgemeine Staatslehre. Berlin: Verlag Dr Max Gehlen.         [ Links ]

Kugler, R. 1967. Philosophische Aspekte der Biologie Adolf Portmanns. Zürich: EZ-Verlag.         [ Links ]

Krüger, H. 1966. Allgemeine Staatslehre. Zweite, durchgesehene Auflage. Berlin: W. Kohlhammer Verlag.         [ Links ]

Lippmann, W. 1932 (1922). Public Opnion. New York: The Macmillan Company.         [ Links ]

Mail&Gaurdian, 2008. The Smart News Source, Sep 12 2008 17:16, LAST UPDATED Sep 12 2008 17:16, http://www.mg.co.za/article/2008-06-06-an-apartheidera-secrecy-bill, (Accessed on September 12, 2008)        [ Links ]

Merleau-Ponty, M. 1970. Phenomenology of Perception. London: Routledge & Kegan Paul.         [ Links ]

Münch, R. 1990. Differentiation, Rationalization, Interpenetration: The Emergence of Modern Society. In: Alexander, 1990 (pp.441-464). Nida, E.A. 1979. Componential analysis of meaning. The Hague: Mouton.         [ Links ]

Nimmo, D. 1978. Political Communication and Public Opinion in America. Santa Monica, Goodyear Publishing Company.         [ Links ]

Overhage, P. 1972. Der Affe in dir. Frankfurt am Main: Josef Knecht.         [ Links ]

Portmann, A. 1974. An den Grenzen des Wissens, von Beitrag der Biologie zu einem neuen Weltbild. Wien: Econ.         [ Links ]

Portmann, A. 1990. A zoologist looks at humankind. translated by Judith Schaefer. New York: Columbia University Press. Protection of Information Bill, 2008, as at 5 March 2008. http://www.iss.co.za/dynamic/administration/file_manager/file_links/POIBILL.PDF?link_id=31&slink_id=6049&link_type=12&slink_type=13&tmpl_id=3, (Accessed on September 12, 2008)        [ Links ]

Rawls, J. 1996. Political Liberalism. Revised Edition. Cambridge: Harvard University Press.         [ Links ]

Scheler, M. 1966. Die Stellung des Menschen im Kosmos (1928), 7th impression, Bern-München: Franke.         [ Links ]

Strauss, D.F.M. 2006. Reintegrating Social Theory - Reflecting upon human society and the discipline of sociology. Frankfurt am Main: Peter Lang.         [ Links ]

Strauss, D.F.M. 2006a. The rise of the modern (idea of the) state, In: Politikon, 33(2):183-196.         [ Links ]

Tönnies, F. 1922. Zur Kritik der öffentlichen Meinung. Berlin: Springer.         [ Links ]

Tönnies, F. 1972. Gemeinschaft und Gesellschaft. Darmstadt (eerste druk, 1887).         [ Links ]

Von Holzendorff, F. 1869. Die principien der Politik. Berlin: C. G. Lüderitz.         [ Links ]

Von Holzendorff, F. 1879. Vom Wesem und Wert der Öffentlichen Meinung. Berlin: C. G. Lüderitz.         [ Links ]

Von Ranke, L. & Joachimsen, P.F. 1933. Deutsche Geschichte im Zeitalter der Reformation. Meersburg: F. W. Hendel.         [ Links ]

Wilkinson, B. 1948. The constitutional history of England, 1216-1399, with selected documents. London, New York: Longmans, Green.         [ Links ]

 

 

1 Uit die premis "Piet is swaar" en "'n pampoen is swaar" volg dit nie logies dat Piet 'n pampoen is nie. Let daarop dat waarheid van geldigheid onderskei moet word. 'n Argument wat 'n onware premis besit lei tot 'n onware konklusie al is die inferensie geldig. As alle lewende wesens agt bene het ('n valse premis) en as die mens 'n lewende wese is ('n ware premis) dan volg die logies-geldige konklusie dat die mens agt bene het (wat vals is).
2 "Aangesien kousaliteit slegs denkbaar is as meganiese kousaliteit en die entelechie negatief vry is, d.i. spontaan en primêr in 'n sin wat nie aan 'n nadere bepaling onderwerp kan word nie" (Gehlen, 1965:60).
3 Sonder om die term "verband" volledig te verantwoord vermeld ons slegs dat dit dui op al daardie samelewingsvorme wat beide oor 'n duursame relasie van bowe- en onderskikking (permanente gesagstruktuur) en 'n solidere eenheidskarakter beskik (d.w.s. die duursaamheid en identitiet daarvan word nie opgehef deur die kom en gaan van individuele lede nie) (vergelyk Strauss 2006:248-256).
4 Uiteraard is die verkryging (koop en verkoop) van eiendom ook vervleg met die eise van die siviele reg (vergelyk koopkontrakte) wat nie deel vorm van die publieke regsfeer van die staat nie.
5 Ons het reeds daarop gewys dat die struktuur van 'n logiese kontradiksie die basis vorm waarin alle ander kontrariteite gefundeer is.
6 Ons is vertroud met die term "modus" danksy uitdrukkings soos "modus operandi" en "modus vivendi" - in beide gevale indikasies van 'n wyse van doen. Die aspekte van die werklikheid (die modaliteite) staan gevolglik ook as ervaringswyses of bestaanswyses bekend.
7 Dink slegs aan die aksies van die polisie of die weermag.
8 Tans geniet die problematiek van bio-politiek steeds meer aandag in die lig van die feit dat die moderne tegniek en gepaardgaande verbruikerspatrone op veelvuldige wyses die bio-milieu waarin burgers op die territorium van die staat bestaan kan begunstig of benadeel.
9 In sy politieke teorie onderskei die Nederlandse regsgeleerde en filosoof tussen die funderings- en kwalifiseringsfunksie van samelewingsvorme. In die geval van die staat dien die kultuur-historiese aspek as funderingsfunksie en die juridiese aspek as kwalifiseringsfunksie. Daarby moet onderskei word tussen die oorspronklike funksie van die staat in die historiese aspek - soos beliggaam in die swaardmag van die owerheid - en die inwendige samehang wat tussen die regsaspek en die historiese aspek tot openbaring kom in die sin-figuur van regsmag, d.i. die bevoegdheid of kompetensie wat in die owerheidsamp opgesluit lê om reg te vorm (vergelyk Dooyeweerd 2004:76-103).
10 Krüger (1966:437); vergelyk egter hierby Wilkinson (1958:38) wat reeds tydens die uitgang van die middeleeue van die groeiende belang van die publieke opinie praat asook Von Ranke et.al. (1933).
11 Konstitusionele reg in 'n enger sin omvat al daardie (gepositiveerde) beginsels wat verband hou met die vorm waarin 'n staat georganiseer word en met die wederkerige verhouding wat tussen die verskillende kompetensiesfere bestaan. Daarbenewens verwys dit ook na die verpligtinge van sentrale en laere regsprekende administratiewe liggame (soos howe, die parlement, provinsiale rade, munisipaliteite en staatsdepartemente). Verder omvat konstitusionele reg die verskeidenheid regsvryhede van die burgers, soos die reg om polities te kan vergader, die reg tot organisasievryheid, die reg tot politieke meningsuiting, die reg om publieke media orent te bring, die reg om te kritiseer, die reg om te protesteer en natuurlik die sluitsteen van politieke vryhede, aktiewe en passiewe kiesreg (om te kan stem en om verkiesbaar te wees).
12 Uiteraard sal die moderne regstaat minderjariges beskerm teen gepubliseerde materiaal waartoe hulle nie toegang behoort te hê nie. Vergelyk die Films and Publications Amendment Bill 2003, artikel 16.
13 Stemreg verteenwoordig die beginsel van politieke medeseggenskap in 'n demokratiese staat. Die beginsel van gediffereniseerde owerheidsfunksies vereis dat selfs wanneer dieselfde staatsorgaan meer as een van hierdie funksies verrig - te wete die wetgewende, regsprekende en uitvoerende - die betrokke funksies onderskeie moet bly.
14 Eers wanneer hierdie basis van spraakvryheid filosofies verantwoord is kan nader ingegaan word op die konkrete gestalte wat die publieke opinie in bepaalde state aanneem (vergelyk byvoorbeeld die boek van Nimmo 1978).
15 Vergelyk bloot die opvattinge van Münch (1990:444), Habermas (2001:81-82) en Rawls (1996:262).

 

 

Danie F M Strauss word in 1971 as senior lektor in Wysbegeerte aan die destydse UOVS aangestel. Hy is bevorder tot medeprofessor in Januarie 1976 en in Oktober 1977 aangestel as professor en hoof van die Departement Wysbegeerte. In 1994 vertrek hy na Kanada waar hy as eerste Direkteur van die Dooyeweerd Centre die publikasie van die versamelde werke van Herman Dooyeweerd in Engels van stapel stuur. Hy keer in 1997 terug na Suid-Afrika en vanaf April 1998 tot 31 Desember 2001 ageer hy as Dekaan van die nuwe Fakulteit van Geesteswetenskappe aan die UVS. Benewens 15 selfstandige publikasies, 36 internasionale konferensie-voordragte en 19 bydraes tot versamelde werke het sowat 200 vakartikels in nasionale en internasionale tydskrifte uit sy pen verskyn. In 2005 is 'n werk oor die wysgerige grondslae van die moderne natuurwetenskappe deur die Duitse Uitgewer Peter Lang gepubliseer Paradigmen in Mathematik, Physik und Biologie und ihre philosophische Wurzeln (216 pp.) (Frankfurt am Main). In 2006 het 'n werk oor die sosiologie ook by Peter Lang verskyn - Reintegrating Social Theory -Reflecting upon human society and the discipline of Sociology (310 pp.) (Oxford /New York).

Danie F M Strauss was appointed as senior lecturer in Philosophy at the then UOFS in 1971. In January 1976 he was promoted to co-professor and in October 1977 he became professor and head of the Department of Philosophy at the UFS. In 1994 he went to Canada, where as the first Director of the Dooyeweerd Centre, he initiated the publication of the collected works of Herman Dooyeweerd in English. He returned to South Africa in 1997 and from 1 April 1998 to 31 December 2001 he served as Dean of the new Faculty of Humanities at the UFS. Over and above the production of 15 independent publications, 36 international conference papers and 19 contributions to collected works, he has published about 200 articles in national and international journals. In 2006 his work on the philosophical basis of modem science was published by Peter Lang Publishers -Paradigmen in Mathematik, Physik und Biologie und ihre philosophische Wurzeln (216 pp.) (Frankfurt am Main). In 2006 Peter Lang published his work Reintegrating Social Theory - Reflecting upon human society and the discipline of Sociology (310 pp.) (Oxford / New York).

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons