SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número3The invention of the future 2: Language, meaningful information and the invention of the futureThe debate about the position of Afrikaans at the University of Stellenbosch: An analysis índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Tydskr. geesteswet. vol.48 no.3 Pretoria  2008

 

Digterlike gesprekke met Van Wyk Louw

 

Poetic dialogues with Van Wyk Louw

 

 

Louise Viljoen

Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch lv@sun.ac.za

 

 


OPSOMMING

Die belangrikheid van 'n skrywer binne 'n bepaalde literêre veld kan afgelees word uit 'n diachroniese beeld wat bepaal word deur sy of haar verteenwoordiging in literatuurgeskiedenisse en 'n sinchroniese beeld wat afgelei kan word uit die distribusie van 'n skrywer se werk, die aktuele bestaan daarvan in akademiese onderrig, navorsing, publikasies, akademiese byeenkomste, die media en algemene publikasies sowel as die produktiewe bestaan daarvan in onderhoude en manifeste, poëtikale uitsprake, vertalings, verwerkings, intertekstualiteit en sitering. In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die status van die digter N.P. van Wyk Louw aan die hand van die wyse waarop sy werk 'n voortgesette bestaan het deur intertekstualiteit en sitering in die werk van ander Afrikaanse digters. Naas 'n bepaalde opvatting van die begrip intertekstualiteit word daar gebruik gemaak van Lefevere se begrip herskrywing. Laasgenoemde word aangepas om te verwys na dié gedigte waarin digters 'n intertekstuele gesprek aanknoop met 'n voorganger soos Louw as 'n vorm van herskrywing wat verwant is aan literêre kritiek. Die ondersoek het byna 'n honderdtal gedigte deur ander Afrikaanse digters opgelewer waarin hulle gesprek voer met voorbeelde uit Louw se poësie. In die proses is verskillende soorte herskrywings of gesprekke geïdentifiseer wat geïllustreer word deur die bespreking van voorbeelde: kritiese herskrywings, siterings, parodieë, prikkels, huldigings, takserings, kommentare en versbiografieë. Die artikel kom tot die konklusie dat Louw steeds 'n baie sterk teenwoordigheid is in daardie segment van die Afrikaanse literêre veld verteenwoordig deur digter-herskrywers. Uit die bespreekte voorbeelde blyk dit dat die gedigte wat ander digters uitnooi of dwing om te reageer, dié is waarin daar sprake is van 'n sekere onbepaaldheid van betekenis en 'n konfronterende stelligheid.

Trefwoorde: Literêre status, literêre veld, intertekstualiteit, herskrywing


ABSTRACT

The importance of a writer in a literary field can be deduced from a diachronic perspective which is determined by his or her presence in literary histories and from a synchronic perspective which can be deduced by the distribution of a writer's work, its continued presence in academic teaching, research, publications, meetings, the media and general publications as well as its productive existence in interviews, manifestoes, statements about poetics, translations, re-workings, instances of intertextuality and citation. This article explores the status of the poet N.P. van Wyk Louw with reference to the way in which his work is a continued presence in the work of Afrikaans poets through intertextuality and citation. The article makes use of a specific definition of intertextuality, but also adapts Lefevere's concept of re-writing (which normally refers to translation, the editing of texts and the production of anthologies, literary histories, reference works on literature, interpretative studies and literary criticism) to refer to poets' rewriting of the texts by a predecessor like Louw as a form of literary criticism. The reason for this is the somewhat provocative view proposed by Louw himself that a poet carries out a form of literary criticism in producing his own work. In this investigation into rewritings of Louw's work by other Afrikaans poets more than a hundred poems were discovered which conduct intertextual dialogues with poems by Louw. The article identifies and discusses a wide range of rewritings: critical re-writings, citations, parodies, stimuli, homages, evaluations, commentaries and poetic biographies. It is concluded that Louw's poetry elicited reaction from a wide spectrum of poets and that his work is evoked in both high and popular forms of poetry. It seems as if Louw's poetry functions as a yardstick for some of the most important poets in Afrikaans (Breytenbach, Cussons, Stockenström, Krog). These poets measure themselves against his work, they articulate their own views in opposition to the example set by his work and sometimes distance themselves from him to find their own (poetic) identity. It is therefore evident that while the poets who rewrite Louw's work honour him by their response, they also contradict him, differ from him, reproach him and negotiate with him. It is also noted that writers who operate in the domain of popular culture like Koos Kombuis as well as rock-singers like the band Fokofpolisiekar and the singer Jan Blohm rewrite his work. The article finally comes to the conclusion that Louw is still a very strong presence in that part of the Afrikaans literary field represented by poet-rewriters. Although this is not the main aim of the article, a final paragraph speculates about the reasons why Louw is still remembered by poet-rewriters. It is proposed that some of the reasons may be found in the way in which Louw's work is embedded in the canon of Afrikaans literature and the cultural memory of Afrikaans poets as well as in the position of the language Afrikaans and Afrikaans literature within the political, cultural and economical fields of South African society. It is also proposed that the importance of his work as a predecessor for succeeding poets has something to do with the nature of his poetry. The examples discussed in the article point to the fact that it is the poems which feature an indeterminacy of meaning as well as a confronting self-assuredness which invite, even compel, his successors to react by rewriting his work.

Key concepts: Literary status, literary field, intertextuality, rewriting


 

 

Full text available only in PDF format.

 

 

BIBLIOGRAFIE

Antonissen, Rob. 1964. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Derde, hersiene uitgawe. Kaapstad: Nasou Beperk.         [ Links ]

Aucamp, Hennie. 1992. Dalk gaan niks verlöre nie, en ander tekste. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Aucamp, Hennie. 2002. Hittegolf. Kaapstad: Homeros.         [ Links ]

Bekker, Pirow. 1965. Die klip sing. Kaapstad: Nasionale boekhandel.         [ Links ]

Beukes, Marthinus. 2003. Problematisering van die skryfproses na aanleiding van Antjie Krog se "skryfode" uit Kleur kom nooit alleen nie. Stilet 15(1) Maart: 1-15.         [ Links ]

Blohm, Jan. 2006. 'n Stille runaway.

Bloom, Harold. 1976. Poetry and Repression. Revisionism from Blake to Stevens. New Haven & London: Yale University Press.         [ Links ]

Blum, Peter. 1958. Enklaves van die lig. Kaapstad: Balkema.         [ Links ]

Bosman, Martjie. 2003. Het Afrikaanse rock iets vir die Afrikaanse poësie te sing? Stilet 15(1) Maart: 102-121.         [ Links ]

Botha, Amanda. 1999. Sheila Cussons antwoord. Insig, Januarie. Aanlyn: http://www.boekwurm.co.za/blad_skryf_a-e/cussons_sheila.html. (Toegang op 14 Augustus 2006.         [ Links ])

Botha, Amanda. 2007. Persoonlike mededeling per e-pos: 5 September 2007.         [ Links ]

Breytenbach, Breyten. 2001. Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ] Breytenbach, Breyten. 2005. Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Breytenbach, Breyten. 2007. Die windvanger. Kaapstad: Human & Rousseau        [ Links ]

Brink, André P. 1980. Die vreemde bekende. 'n Reis deur "Brief uit die vreemde aan slagter". In: Coetzee, A.J. (red.). Woorde teen die wolke. Vir Breyten. Emmarentia: Taurus, pp. 1-29.         [ Links ]

Britz, Etienne. 1988. Van Wyk Louw en Opperman vanuit 'n feministiese perspektief gelees. SAVAL Kongresreferate VIII: 55-65.         [ Links ]

Britz, Etienne. 2000. Historiese keur van die Afrikaanse poësie. Pulvermacher tot Breytenbach. Stellenbosch: Content Solutions Online.         [ Links ]

Cussons, Sheila. 2006. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Dekker, Gerrit. 1966. Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Kaapstad: Nasou Beperk.         [ Links ]

De Lange, Johann. 1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

De Lange, Johann. 1990. Wordende naak. Pretoria: HAUM-Literêr.         [ Links ]

De Lange, Johann & Krog, Antjie (samestellers). 1998. Die dye trek die dye aan. Verse oor die lyflike liefde. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

De Villiers, J.H. 1984. Engel en aarde: gedagtes oor "natuur" en "bo-natuur" by die lees van Sheila Cussons. Ongepubliseerde PhD-verhandeling: Universiteit van Rhodes, Grahamstad.         [ Links ]

Dorsman, Robert & Van Dis, Adriaan (samestellers). 1998. O wye en droewe land. Honderd-en-een gedichten uit de Afrikaanse poëzie. Amsterdam: Meulenhoff.         [ Links ]

Esterhuizen, Louis. 1986. Stilstuipe. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Fokofpolisiekar. 2006. Swanesang. Aanlyn: http://www.fpkfans.co.za/lyrics-swanesang.htm. (Toegang op 20 Augustus 2007.         [ Links ])

Foster, P.H. 2001. Postmodernistiese tendensies in die historiografiese (meta-)poësie met spesifieke verwysing na Die heengaanrefrein van Wilma Stockenström. Ongepubliseerde DLitt-proefskrif: Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Foster, P.H. 2006. Van Wyk Louw se "Vroegherfs": Herskrywings/intertekste. Ongepubliseerde aantekeninge: Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Freud, Sigmund. 1986. The Standard Edition of the Complete Psychological Works of Sigmund Freud. Volume XVII. London: The Hogarth Press.         [ Links ]

Galloway, Francis. 1990. Breyten Breytenbach as openbare figuur. Pretoria: HAUM-Literêr.         [ Links ]

Gilbert Gibson. 2007. Kaplyn. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Gilfillan, Rouston. 1984. Geel grammofoon. Perspektiewe op die werk van Sheila Cussons. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Gouws, Tom. 1990. Diaspora. Pretoria: HAUM-Literêr.         [ Links ]

Gouws, Tom. 1995. Troglodiet. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Gouws, Tom. 2002. Syspoor. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 1985. Hartskrif. Kaapstad: Human & Rouseau.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 1988. Geslote baan. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 1989. Gesteelde appels. Pretoria: HAUM-Literêr.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 1990. Die somber muse. Kenwyn: Jutalit.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 1994. Digterlike vuursteel: Johann de Lange, N.P. van Wyk Louw en Sheila Cussons. In: Van der Merwe, Chris, Waher, Hester & Hambidge, Joan. Rondom Roy. Studies opgedra aan Roy H. Pheiffer. Universiteit van Kaapstad: Departement Afrikaans en Nederlands.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 1995. Gert Vlok Nel: om te lewe is onnatuurlik - die illlusie van spontane poësie. Tydskrif vir letterkunde, Februarie: 57-62.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 1997. Ewebeeld. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 2000. Lykdigte. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Hambidge, Joan. 2005. En skielik is dit aand. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Hammond, E.W.S. 1995. Doodsteek van 'n diabeet. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Heese, Marié. 1976. Die uurwerk kantel. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Hugo, Daniel. 1986. Die boek Daniel. Kaapstad: Human & Rouseau.         [ Links ]

Hugo, Daniel. 1989. Verse van die ongeloof. Pretoria: HAUM-Literêr.         [ Links ]

Hugo, Daniel. 2002. Die twaalfde letter. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Hugo, Daniel. 2002. Die twaalfde letter. Pretoria: Protea-Boekhuis.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 1978. Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur. Deel 1. Kaapstad: Human & Rousseau/ Academica.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 1983. Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur. Deel 2. Kaapstad: Human & Rousseau/ Academica.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 2005. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Kristeva, Julia. 1980. Desire in Language. A Semiotic Approach to Literature and Art. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

Kombuis, Koos. 2005. Raka: die roman. Kaapstad: Human & Rouseau.         [ Links ]

Krog, Antjie. 1981. Otters in bronslaai. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Krog, Antjie. 2000. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela Boeke.         [ Links ]

Krog, Antjie. 2006. Die beautiful woorde van Van Wyk Louw. In: Burger, Willie (red.). Die oop gesprek. N.P. van Wyk Louw-gedenklesings. Pretoria: LAPA, pp. 447-464.         [ Links ]

Krog, Antjie & Schaffer, Alfred (samestellers). 2005. Nuwe stemme 3. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Liebenberg, N.A. 1971. Die eerste gety. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Lefevere, André. 1992. Translation, Rewriting and the Manipulation of Literary Fame. London & New York: Routledge.         [ Links ]

Letoit, André. 1981. Suburbia. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Letoit, André. 1985. Diegeelkafee. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 1975. Oh wide and sad land. Afrikaans poetry of N.P. van Wyk Louw in English translation by Adam Small. Kaapstad: Maskew Miller.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 1981. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg / Human & Rousseau.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 1986. Versamelde prosa I. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 1989. Verborge vuur. 'n Keur uit die korterpoësie van N.P. van Wyk Louw (saamgestel deur Peter Louw). Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 2004. Ek ken jou goed genoeg - Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw 1936-1939 (ingelei en versorg deur J.C. Kannemeyer en andere). Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Louw, W.E.G. 1972. Naggesprek en ander gedigte. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Marais, Danie. 2006. In die buitenste ruimte. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Marais, Johann Lodewyk & Zuiderent, Ad. 1997. Ons klein en silwerige planeet. Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing. Pretoria: Van Schaik Akademies.         [ Links ]

Naudé, Charl-Pierre. 1995. Die nomadiese oomblik. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Nel, Gert Vlok. 1993. Om te lewe is onnatuurlik. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Nel, Ronel. 2002. [en die here het foto's geneem oor vanderbijlpark] Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Marais, Johann Lodewyk & Zuiderent, Ad. 1997. Ons klein en silwerige planeet. Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing. Pretoria: Van Schaik Akademies.         [ Links ]

Opperman, D.J. 1964. Kuns-mis, 1947-1964. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Opperman, D.J. 1979. Komas uit 'n bamboesstok. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Plekker, Freda. 1972. Menner. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Roodt, P.H. 1972. Foma. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Rousseau, Ina. 1978. Kwiksilwersirkel. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Scheepers, Riana. 2001. Die kleur van karmosyn. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Schmidt, Casper. 1980. Nuwe en nagelate gedigte. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Scholtz, Merwe. 1975. Herout van die Afrikaanse poësie. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Scholtz, Merwe. 1978. Swart kombuis: 'n grote in ons literatuur. Die Burger 20 Julie: 14.         [ Links ]

Spies, Lina. 1971. Digby Vergenoeg. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Stander, Christel. 1992. Tussen Boeremetafisika en Afrikamonsters: 'n gesprek ontsluit tussen "Die beiteltjie" (N.P. van Wyk Louw) en "Kraak die aardbol langs 'n naat" (Wilma Stockenström)". Referaat gelewer by die 5e kongres van die ALV (Afrikaanse Letterkunde-vereniging), Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Steyn, J.C. 1998. Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal. Deel I en II. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Stockenström, Wilma. 1984. Monsterverse. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Toerien, Barend J. 1963. 39 Gedigte. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.         [ Links ]

Van der Merwe, P.P. 1968. Die totstandkoming van 'n simbool. Standpunte 21(3) Februarie: 34-48.         [ Links ]

Van der Merwe, Willem S. 1985. Son-dig. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 2004. Is Leroux 'n vergete skrywer? Stilet 16(1), Maart: 1-31.         [ Links ]

Van Vuuren, Helize. 2006. Tussen "Grense" en "Groot ode". 'n Klein essay oor die poësie van N.P. van Wyk Louw (1906-1970). N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, Universiteit van Johannesburg, September.         [ Links ]

Van Wyk, Johan. 1976. Deur die oog van die luiperd. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Viljoen, Louise. 2003. Breyten en die vaders: perspektiewe op die rol van die vader in Breytenbach se vroeë poësie. Stilet 15(2) September 2003: 28-52.         [ Links ]

Visser, Hewitt. 1981. Smeulvuur. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Weideman, George. 1969. As die son kliplangs spring. Johannesburg: : Voortrekkerpers.         [ Links ]

 

 

1 Die gedigte van Breytenbach wat tussen 1964 en 1983 geskryf is, word aangehaal uit die twee versamelbundels Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975 wat in 2001 en Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 wat in 2005 verskyn het, beide by Human en Rousseau. Die gedigte wat daarna geskryf is, word uit die afsonderlike bundels aangehaal.
2 Louw se gedigte word aangehaal uit die Versamelde gedigte wat in 1981 by Tafelberg/Human & Rousseau verskyn het.
3 Ek het reeds binne 'n ander konteks, naamlik 'n ondersoek na Breytenbach se verhouding met verskillende vader-figure, oor die verhouding tussen hierdie twee gedigte geskryf (vgl. Viljoen 2003). Hierdie bespreking steun grootliks op my vroeër lesing van die twee gedigte.
4 Brink (1980: 9 en 11) noem wel die ooreenkoms, maar dan binne die konteks van sy poging om in die appélsaak in die verbod op Skryt aan te toon dat die gedig nie 'n aanklag teen die slagter (die eerste minister B.J. Vorster) is nie en dat slagter en gemartelde eintlik een is (vergelyk ook Galloway 1990: 168).
5 Die Katolieke digter Hewitt Visser (skrywersnaam van Vader Bonaventure Hinwood) (1981: 14) weerspreek op 'n heel ander wyse hierdie gedig van Louw wanneer hy in die kort gedig "Hond van God" 'n ander soort mens (beskeie en ondergeskik eerder as trots, self-belangrik en eiesinnig) en 'n ander soort God ('n liefdevolle en kalm God eerder as 'n vreesaanjaende God wat van sy dienaars vervolgsug eis) voorstel as wat Louw doen. Vergelyk:
6 Roodt (1972: 40) se gedig "hulde aan Van Wyk Louw 1970" uit Foma verwys na verskillende fases en elemente in Louw se oeuvre en kombineer die verwysing na Louw se "Ignatius"-gedig met 'n verwysing na Breytenbach se reaksie daarop; Rasch (in Krog en Schaffer 2005: 130-1) kombineer verwysings na Breytenbach en Louw in 'n gedig oor sy eie onmag as digter; Jan Blohm noem Van Wyk Louw saam met Breytenbach en Jonker in 'n liriek oor Afrikaans.
7 Vergelyk Roodt se "hulde aan Van Wyk Louw 1970" (1972: 40), Spies se "Volksmonument" (1971: 59-60), Daniel Hugo se "Dat pyn bestaan" (1989: 10) en "Dat pyn bestaan, is nodig" (2002: 24), Van Wyk se "hieronymus bosch se koringwa" (1976: 7-8).
8 Botha (2007) het in 'n persoonlike mededeling bevestig dat die datum waarop "Groot ode" geskryf is en aan Cussons gegee is 1955 was en nie 1965 soos wat verkeerdelik in die Insig-artikel van 1999 aangedui word nie. Volgens Botha (2007) is "Jy't weggegaan" ook in 1955 aan Cussons gegee, terwyl Steyn (1998: 829) sê dat die gedig volgens 'n mededeling van Louw se dogter Reinet in 1957 aan sy vrou Truida gegee is.
9 Cussons se gedigte word aangehaal uit die Versamelde gedigte wat in 2006 by Tafelberg verskyn het.
10 Hambidge (1994: 81) het reeds gewys op hierdie ooreenkoms in 'n artikel oor die raamwerk waarbinne die intertekstuele interaksie tussen De Lange (meer spesifiek sy gedig "Wordende naak") uit die bundel Wordende naak, Louw se gedig "Wordende naakt" en Cussons se poësie geplaas kan word. Sy brei egter nie uit op die gedig "Bedekte naak" nie.
11 Britz (2000: 54) lees die uiteindelike fokus van die gedig op die vroulike geslag, na die afstroop van die klere as die ligte, vlugtige, nie-essensiële dinge, as 'n verwysing na die "wesenlike" oftewel "dit wat altyd daar is, of wat altyd terugkeer: die oorspronklike, en die uiteindelike."
12 Daar is al daarop gewys dat Cussons elemente uit die Christelike diskoers (Romeine 13:14 se oproep dat gelowiges hulle moet "beklee" met Christus) kombineer met verwysings na die Griekse mitologie (naamlik die "hemp van vlam" wat Herakles se vrou Deianeira vir hom gegee het om sy liefde te behou, maar wat soos 'n vuur in hom ingebrand het) (vergelyk Gilfillan 1984: 43-3).
13 Vergelyk Hammond se "Gone with the wind" (1995: 95) en Hambidge se "Inteendeel" (1997: 46). Hambidge gebruik die eerste reels van Louw se gedig om te verwys na die paradoks dat die gedig aanhou om die pyn te dra lank nadat die digter se ervaring van pyn verby is - vandaar die reels: "jy het weggegaan / en jy bewoon 'n stil versreël / van onthou, ingeperk wees / en immer, immer gestol bly".
14 Vergelyk Peter Louw se lesing van die gedig in Louw (1989: 88).
15 Vergelyk "H. Teresa van Avila op 'n sending" uit Verf en vlam van 1978 (Cussons 2006: 125) en "Drie voorbeelde en 'n vertroosting" uit Membraan van 1984 (Cussons 2006: 440).
16 Vergelyk "Heloïse" in Plektrum van 1970, "Abélard in sy looibasboomhut" in Verf en vlam van 1978 en "Die pomp" in Die woedende brood van 1981.
17 Vergelyk Pirow Bekker (1965: 1) se "Die klip sing" uit Die klip sing, André Letoit (1981: 24) se "brise marine" uit Suburbia, Gerhard Rasch se "Liefste" uit Nuwe stemme 3 (Krog en Schaffer 2005: 130-1). Foster (2001: 61) sien ook 'n verband tussen "Die beiteltjie" en George Weideman (1969: 95) se "Kieselguhr-kleim" uit As die son kliplangs spring.
18 Ek noem slegs die volgende drie voorbeelde: Van der Merwe (1968), Scholtz (1975: 74-77), Kannemeyer (1978: 424).
19 Dit is belangrik om daarop te wys dat Stander (1992: 9) die gedig nie lees as 'n voorbeeld van seksisme nie, maar verwys na die moontlikheid om die versweë erotiek in die vers te lees as 'n manipulasie van die manlike subjek in die gedig se onderdrukte begeerte na dit wat hy moet prysgee om mag te behou. Dit verteenwoordig 'n nuansering op Britz (1988) se feministiese lesing van die gedig.
20 Sy skryf in die gedig "Andy Warhol op uitstalling" (Hambidge 1990: 37) wat handel oor Warhol se persoonlike lewe: " Uit die banale is daar nooit weer / te banaliseer nie"; in "User friendly" (Hambidge 1988: 19) lui dit: "Uit die verhewe / is daar geen poësie / te make - uit die banale / wél"; in 'n gedig oor liefdesverwyt getitel "Skryfode II" (Hambidge 2005: 69) staan daar: "Oor die misverstane woord / is daar / nooit weer te dig nie" en konkludeer dan ietwat ironies: "Ek is Hambidge, klaar / met Eybers en Louw".
21 Verdere herskrywings van hierdie reël vind 'n mens by Willem S. van der Merwe (1985: 16) en Riana Scheepers (2001: 34).
22 Verwysings na hierdie gedig kom ook voor in Johann de Lange se "Laatherfs" in Snel grys fantoom (1986: 30), Louis Esterhuizen se "Seisoen van die oë" in Stilstuipe (1986: 12) en Ronel Nel se "herfs met rilke louw en levi" in [en die here het foto's geneem oor vanderbijlpark] (2002: 27). Die siklus waarin hierdie gedig staan, "Vier gebede by jaargetye in die Boland" (Louw 1981: 88-91) is ook 'n voorganger vir Opperman (1979: 118-121) se siklus "Grondstowwe by die siklus van die seisoene".
23 Vergelyk Roodt (1972: 40) se "hulde aan van wyk louw", Liebenberg (1971: 48) se "In memoriam" en Plekker (1972: 29) se "Hulde aan N.P. van Wyk Louw".
24 Hambidge is dan ook een van die digters wat herhaaldelik Louw se werk herskryf, bekommentarieer en parodieer (vergelyk ook "hommage á Van Wyk Louw" in Hartskrif (1985: 11) en "Variasie: VWL" in Ewebeeld (1997: 91).
25 Bosman (2003: 117) verwys na die feit dat Afrikaanse rocklirieke "vol intertekstuele verwysing na die grotes van die Afrikaanse poësie" is en dat rockmusiek dus "op 'n vreemde manier as populariseerder van Afrikaanse poësie" optree.

 

 

Louise Viljoen is professor in die Departement van Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch. Sy het in 1988 aan die Universiteit van Stellenbosch gepromoveer oor die poësie van Breytenbach. Sy was saam met Ronel Foster die samesteller van 'n bloemlesing Afrikaanse poësie, getitel Poskaarte. Beeide van die Afrikaanse poësie sedert 1960 (1997). Haar navorsingsveld is die Afrikaanse letterkunde en die Literêre Teorie met 'n spesifieke fokus op postkolonialisme, gender, identiteit en (outo-)biografiese skrywing. Hiernaas tree sy op as redaksielid vir verskillende literêre tydskrifte, resensent, keurder vir uitgewers en beoordelaar van literêre pryse.

Louise Viljoen is professor in the Department of Afrikaans and Dutch at the University of Stellenbosch. She was awarded a doctorate at the University of Stellenbosch for a thesis on the poetry of Breyten Breytenbach in 1988. Together with Ronel Foster she compiled an anthology of Afrikaans poetry written after 1960, Poskaarte. Beelde van die Afrikaanse poësie sedert 1960 (1997). Her field of research is Afrikaans literature and Literary Theory with a special focus on postcolonialism, gender, identity and (auto-)biographical writing. Apart from this she serves as editorial associate for several academic journals and acts as reviewer, reader for publishers and adjudicator of literary prizes.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License