SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.48 n.1 Pretoria  2008

 

Transformasie en die Regstaat (Burgerstaat): Tussen die Scylla van die herstel van begane onreg en die Charybdis van 'n ondemokratiese magstaatinhoud wat aan die slagspreuk "verteenwoordigend van die demografie" gegee word

 

Transformation of the Just State: Between the Scylla of bygone injustices and the Charybdis of an undemocratic, totalitarian content attached to the slogan "representative of the demography"

 

 

D.F.M. Strauss

Dekaanskantoor, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat. E-pos: dfms@cknet.co.za

 

 


OPSOMMING

Teen die agtergrond van tradisionele staatsteorieë fokus hierdie artikel op die probleem van mag en geregtigheid. Dit geskied deur die slaggate van 'n totalitäre en absolutistiese siening uit te wys in die opvatting van "meerderheidsregering". Dit blyk dat tradisionele magstaatsteorieê (soos dié van Hobbes) 'n negatiewe invloed gehad het op diegene (soos Rousseau) wat 'n pleit wou voer vir die bestaan van 'n regstaat. Hierdie gemengde erfenis geld beide ten opsigte van die politieke geskiedenis van Suid-Afrika en die resente konstitusionele geskiedenis daarvan sedert die oorgang van en na 1994. Die begrip "demokrasie" word afgeskaal tot die konstitusioneel-verordende verkiesingsposes, verbind aan die bevoegdheid van die burgery om 'n owerheid in die owerheidsamp te plaas. Hierdie verkiesingsproses veronderstel die amp van owerheid asook die bevoegdhede (magte) wat in daardie amp opgesluit lê. Gevolglik kan dit nie afgelei word uit diegene wat juis aan daardie owerheidsgesag onderworpe is as burgers van die staat nie. Aangesien die meerderheid nie die bron van geregtigheid (of waarheid) kan wees nie, impliseer die aanwending daarvan as maatstaf (in die sin van verteenwoordigend-wees van die demografie van die land) onderweg na 'n uiteindelike regstaat (sonder enige diskriminasie) dat die hele proses kan vasloop in 'n situasie waar die doel ('n regstaat) gekortwiek word deur die middele (totalitêre maatreëls wat onregmatig ingryp in die regmatige, interne bevoegdheidsfeer van nie-staatkundige samelewingsvorme).

Trefwoorde: Regstaat, Magstaat, Diktatuur van die meerderheid, Demokrasie, Amp van owerheid, Samelewingsvryhede, Burgerlike vryheid, Verteenwoordigend van die demografie


ABSTRACT

Against the background of traditional theories of the state focused on the issue of power and justice this article sets out to highlight the totalitarian and absolutistic pitfalls present in the notion of "majority rule". Traditional power-state theories (like that of Hobbes) are shown to have infected also the theories of those (like Rousseau) who did want to argue for a just state (a constitutional state under the rule of law/"regstaat"). This mixed legacy pertains both to the political history of South Africa and to its recent constitutional transition in and after 1994. The concept of "democracy" is "down-sized" to the constitutionally arranged election process, connected to the right of citizens to put a government in office. But it is argued that this arrangement presupposes the office of government and that the competencies (power) entailed in this office cannot be deduced from those who are actually subjected to it, namely the citizens as subjects within such a state. Since the majority cannot be the source of justice (or truth) invoking it as a yardstick (in the sense of requiring representativeness according to the demography of the country) the way to an eventual truly just state (without any discrimination), may result in a situation where the aim (a just state) is defeated by the means (totalitarian measures interfering in the legitimate spheres of competence of non-political social entities).

Key concepts: Just state, Power-state, Dictatorship of the majority, Democracy, Office of government, Societal freedoms, Civil freedom, Representative of the demography


 

 

Full text available only in PDF format.

 

BIBLIOGRAFIE

Althusius, J. 1603. The Politics of Johannes Althusius; An Abridged Translation of the 3rd ed. of Politica Methodice Digesta. Translated with an introduction by Frederick S. Carney. London: Eyre and Spottiswoode (1965).         [ Links ]

Beyers, C. 1929. Die Kaapse patriotte 1779-1791. Kaapstad: Juta.         [ Links ]

Bierens de Haan, J.D. 1943. Politeia: Groote Mannen over Staat en Maatschappij, Ingeleid door en samengesteld onder toezicht van Dr. J.D. Bierens de Haan. Amsterdam: Elsevier.         [ Links ]

Blecourt, A.S. en Japikse, N. 1919. Klein plakkaatboek van Nederland: verzameling van ordonnantien en plakkaten betreffende regeeringsvorm, kerk en rechtspraak (14e eeu tot 1749). Groningen: Wolters.         [ Links ]

Bodin, J. 1983. Sechs Bücher über den Staat, Buch I-III. Übersetzt und mit Anmerkungen versehen von Bernd Wimmer, Eingeleitet und herausgegeben von P.C. Meyer-Tasch. München: Verlag C.H. Beck.         [ Links ]

Bohatec, J. 1940. Autorität und Freiheit in der Gedankenwelt Calvins. In: Philosophia Reformata, 5(1):1-28.         [ Links ]

Dante, A. 1943. Over de Monarchie, vertaling opgeneem in Bierens de Haan, 1943 (pp.147-154).         [ Links ]

Dooyeweerd, H. 1950. De Strijd om het Souvereiniteitsbegrip in de moderne Rechts- en Staatsleer. Amsterdam: Paris.         [ Links ]

Du Plessis, S.J. (red.) 1952. President Kruger aan die woord; verkiesingsmanifeste, intree-redes en toesprake. Bloemfontein: Sacum.         [ Links ]

Gey van Pittius, E.F.W. 1941. Staatsopvattings van die Voortrekkers en die Boere. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Gierke, Otto Von 1915. Die Grundbegriffe des Staatsrechts und die neuesten Staats-rechtstheorien. Tübingen: Mohr.         [ Links ]

Jellinek, G. 1966. Allgemeine Staatslehre (Dritte Auflage). Berlin: Verlag Dr. Max Gehlen.         [ Links ]

Krüger, D.W. 1961. Paul Kruger. Johannesburg: Dagbreekboekhandel.         [ Links ]

Kuyper, A. 1879. Ons Program. Hilversum: Hoveker & Wormser (5de druk, 1907).         [ Links ]

Locke, J. 1690. Two treatises of civil government. London: Everyman's Library 1966.         [ Links ]

MacIntyre, A. C. 1988. Whose justice? Which rationality? Notre Dame, Ind.: University of Notre Dame Press.         [ Links ]

Mekkes, J.P.A. 1940. Proeve eener critische beschouwing van de ontwikkeling der humanistische rechtsstaatstheorieën. Utrecht: Libertas.         [ Links ]

Meyer, P.J. 1941. Grondslae van die Afrikaanse Republikeinse Staatsvorming. In: Ons Republiek, uitgegee deur Coetzee, Meyer en Diedericks, Bloemfontein: Nasionale Pers.         [ Links ]

Meyer-Tasch, 1981. Einführung in Jean Bodins Leben und Werk. In: Bodin (1983:11-79).         [ Links ]

Rousseau, J.J. 1966. The Social Contract and Discourses. Translated by G.H.D. Cole. London: Everyman's Library.         [ Links ]

Rousseau, J.J. 1975. Du contrat social et autres oeuvres politiques. Editions Garnier Frères, Parys, 1975.         [ Links ]

Scholtz, G.D. 1967. Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner. Johannesburg: Voortrekkerpers.         [ Links ]

Smit, F.P. 1951. Die staatsopvattinge van Paul Kruger. Pretoria : J.L. van Schaik.         [ Links ]

Strauss, D.F.M. 1981. Jean-Jacques Rousseau. In: Die Westerse Politieke Tradisie, onder Redaksie van A.M. Faure e.a. Pretoria: Academica (pp.266-287) (2de Hersiene Uitgawe 1987).         [ Links ]

Strauss, D.F.M. 1990. Voorwaardes vir 'n gesprek oor die staatkundige toekoms van Suid-Afrika. In: Tydskrif vir Regswetenskap / Journal for Legal Science, Jrg.15, Vol.1, Julie (pp.26-34).         [ Links ]

Strauss, D.F.M. 1991. Kerk, Volk en Staat. (Ongepubliseerde) Navorsingsverslag RGN (144 pp.         [ Links ]).

Strauss, D.F.M. 1991a. The importance of the idea of 'State' for Bargaining and Settlement: The legal & Philosophical Tradition. In: Conflicts and Negotiations, An International Conference on "The Future of South Africa" in the South African Reserve Bank Building, Pretoria (August 29 and 30, 1991), Documentation 4 of the Herbert Quant Foundation (pp.69-78).         [ Links ]

Strauss, D.F.M. 2006. The rise of the modern (idea of the) state, Politikon, August 2006, 33(2): 183-197.         [ Links ]

Strauss, D.F.M. 2006a. Democracy between a just public legal order and the ideal of (equitable) transformation. In: Politeia.         [ Links ]

Van Pittius, Gey 1941. Staatsopvattings van die Voortrekkers en die Boere. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Van Schoor, M.C.E. en Van Rooyen, J.J. 1960. Republieke en republikeine. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.         [ Links ]

Von Savigny, F.C. 1948. Grundlagen der historischen Rechtschule. Frankfurt am Main: Vittorio Klostermann.         [ Links ]

Woldring, H.E.S. 1998. The Constitutional State in the Political Philosophy of Johannes Althusius. In: European Journal of Law and Economics, 5:123-132 (Kluwer Academic Publishers).         [ Links ]

Wypkema, A. 1939. De Invloed van Nederlandop de ontstaan en ontwikkeling van de Staatsinstellingen der Z.A. Republiek tot 1881. Pretoria: De Bussy.         [ Links ]

Wypkema, A. 1939a. Die volkstemidee in Suid-Afrika, In: Historiese Studies, Jaargang I, No.1, Julie 1939 (Tewens orgaan van die genealogiese genootskap van Suid-Afrika).         [ Links ]

 

 

1 Voordrag tydens die Jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (Junie 2006), UV-Kampus, Bloemfontein.
2 Uiteraard impliseer hierdie idee ook die gelykheid voor die reg van alle Staatsbürgers.
3 In 1804 is die woorde koninkryk en staat saam in Oostenryk gebruik: (i)"Königreiche und Staaten"; (ii) "Königreiche und anderen Staaten". Veral die tweede gebruik dui daarop dat hierdie twee woorde dieselfde denotasie besit (vgl. Jellinek, 1966:132-135).
4 Dit verwys na die beeld van die allesverslindende mitiese monster wat in die Boek Job in die Ou Testament geskilder is.
5 Die term totalitêr dui daarop dat geen nie-staatlike samelewingsvorm 'n grens of perk kan stel aan die soewereine mag van die owerheid nie, terwyl die term absolutisties dui op die afwesigheid van egte politieke vryhede.
6 Rousseau se bekende siening van die menslike outonomie is: "Vryheid is gehoorsaamheid aan dié wet wat ons vir onsself voorskryf" (Rousseau 1975:247).
7 In reaksie hierop het Calvyn gestel dat hoewel God bó die wet wat vir skepsele gestel is verhewe is, hy nogtans nie willekeurig is nie ("Deus legibus solutus est, sed non exlex"). Vgl. oor die siening van Calvyn die analise van Bohatec (1940:13 ff.).
8 Sy algemene rigsnoer is: "Salus populi suprema lex is certainly so just and fundamental a rule, that he who sincerely follows it cannot dangerously err" (Locke 1690 § 158:197). Aangesien Locke geen antwoord gee op die vraag hoe die salus publica (common good) bepaal moet word nie, dra sy staatsteorie die kiem van staatsabsolutisme en totalitarisme in sigself om, want van die een uiterste van staatsonthouding (laissez faire, laissez passer) kan dit in die naam van die "public good" eweseer omslaan in die totalitêre teendeel daarvan. Maclntyre verwys in die Voorwoord van die 1988 uitgawe van sy werk "Whose Justice? Which Rationality?" na die konklusie van die eerste (1981) uitgawe van hierdie werk waar hy kategories beweer het dat die laaste drie eeue van moraal-filosofie nie daarin kon slaag om 'n bevredigend-samehangende, rasioneel-verdedigbare verantwoording van die liberaal-individualistiese siening aan ons te bied nie (vgl. Maclntyre 1988:ix).
9 'n Omvattende en in-diepte-analise van die struktuur en impasse van Rousseau se denke is te vinde in Strauss (1981:266-287).
10 In die oorspronklike Frans lees dit "... ce qui ne signifie autre chose sinon qu'on le forcera - être libre" (Rousseau 1975:246).
11 In sy verheerliking van ons vryheid as die "roem van onze natuur" (Beyers 1929:191) sluit Van der Capellen aan by die skool by Locke, maar in sy siening van die aard van die volk vind hy aansluiting by Rousseau.
12 Wypkema merk ook op dat die kernpunt van hierdie geskrif in die "Salus publica-idee" gegee is, "volgens welke het heil des volks de opperste wet is" (Wypkema 1939:387).
13 Bodin skryf dat wanneer die hoogste ampsdraers (die konings, goewerneurs, regente en diktators) nog aan die regspraak en die bevele van iemand anders onderworpe is, hulle nie werklik soewerein sou wees nie: "Want die kenmerke van soewereiniteit moet sodanig geaard wees dat dit slegs aan die soewereine vors mag toekom; sou dit naamlik ook aan die onderdane toegeskryf kon word, sou 'n mens dit nie meer as soewereiniteitskenmerke kon aandui nie" (Bodin 1981:287-288).
14 Toe kommissaris Sluysken, in reaksie op Maynier se ontslag te Graaff-Reinet op 6 Februarie 1795, O.G. De Wet as lid van die Raad van Justisie daarheen gestuur het, is hy tegemoet getree met 'n eis van die "volkstem". Ook toe hy op 16 Junie 1795 deur sowat 200 gewapende manne beveel is om Graaff-Reinet onmiddellik te verlaat, is aan hom gesê: "De volkstem zegt jou dat jy buiten moet komen" (sien Scholtz 1967:29).
15 In Artikel 3(2) van die 1854 konstitusie van die Oranje Vrystaat lees ons: "Het hoogste wetgevend gezag berust bij den Volksraad".
16 Daarom lees ons in 'n bespreking van die Transvaalse grondwet, "van artikel 1 tot artikel 28 der Grondwet word duidelijk vastgesteld de koningstem van het Volk" (Wypkema 1939a:50).
17 Soos ons hieronder sal aantoon, vorm dit inderdaad die kruks van die idee van "verteenwoordigend van die demografie" van die land.
18 Hierdie uitspraak stem feitlik woordeliks ooreen met die woordkeuse van Abraham Kuyper soos gebesig in "Ons Program" wat in l879 verskyn het (vgl. Artikel 3: "Ook op staatkundig terrein belijdt zij de eeuwige beginselen van Gods Woord", Kuyper 1907:1) Die vraag of Paul Kruger wel Abraham Kuyper se "Program" onder oë gehad het voordat hy hierdie uitdrukking in 1882 in sy verkiesingsmanifes gebruik het, kan nie met sekerheid beantwoord word nie (vgl. Du Plessis 1952:118). Uit die feit dat S.J. du Toit egter reeds 'n geruime tyd met Kuyper in verbinding was, lei D.W. Kruger af dat ons alle rede het om aan te neem dat S.J. du Toit die manifes help formuleer het.
19 Hierdie idee van volksoewereiniteit vind ons ook terug in twee toesprake wat Paul Kruger onderskeidelik in 1896 en 1899 gemaak het: "Het volk regeerde en was de souvereine macht," en "Het volk is koning van deze onafhanklijke Republiek en het heeft de souvereine macht in zijne handen" (Smit 1951:20).
20 'n Uitvoeriger ontleding van die nuanses in hierdie gemengde erfenis kan nagelees word in Strauss (1991:63-72). Volledigheidshalwe moet vermeld word dat dit sonderling is om te sien hoedanig Paul Kruger uiteenlopend en eensydig waardeer is deur skrywers wat hom telkens bloot sien in die verlengde van hul eie staatsopvattinge. F.P. Smit maak hoofsaaklik van Kruger 'n revolusionêre demokraat. J.S. Du Plessis sien hom daarenteen konsekwent as 'n Calvinis (vgl. Du Plessis, 1952:117 e.v.): "Kruger was 'n Calvinis en het dit onder alle omstandighede gebly; 'n man wat geglo het in die lig van die Skrif op alle terreine; wat geglo het in die absolute soewereiniteit van God oor alle lewensgebiede"). Op sy beurt eis P.J. Meyer hom op as voorstander van die nasionaal-sosialistiese organiese volksbegrip wat hyself verdedig. Met betrekking tot Paul Kruger se republikeinse strewe verklaar hy: "Teenoor die liberalistiese volksbegrip stel Paul Kruger die organiese Afrikaanse volksbegrip" (Meyer 1941:110). J.A. Coetzee dig 'n ooreenstemmende "organiese" volksidee aan Kruger toe (Meyer 1941:48).
21 'n Meer omvattende uiteensetting hiervan kan nagelees word in Strauss (1990:26-34) en Strauss (1991a).
22 Omdat die burgerlike privaatreg neweskikkende regsverhoudinge tussen individue beskou, afgesien van die nie-juridies gekwalifiseerde lewensvorm-konteks waarin die individue opgeneem mag wees, moet die burgerlike privaatreg gesien word as die keersy sowel van die nie-burgerlike privaatreg as van die publieke reg van die staat.
23 Ons politieke vryhede sluit onder meer die volgende in: die reg om polities te vergader, te organiseer en menings in die openbaar uit te spreek, die reg om te kan kritiseer en protesteer met kiesreg (stemreg: aktief en passief) as sluitsteen van alle politieke regte.
24 Die beginsel van burgerlike gelykheid impliseer die fundamentele gelykheid van almal voor die burgerlike wet - wat tegelyk beteken dat alle heerlike regte, waarvolgens iemand uit hoofde van so 'n persoon se besittinge sekere publiekregtelike voorregte besit, onverenigbaar is met die aard van die burgerlike privaatreg as 'n gedifferensieerde regsisteem.
25 In die tradisie van die Britse reg word hierdie regsgebied aangedui as common law en die beginsels wat daarin werksaam is, word gesien as die beginsels van natuurlike geregtigheid.
26 Gewoonlik word 'n regstaat in Engels omskryf as "a constitutional state under the rule of law". Hoewel dit nie bekend of gebruiklik is nie, sou dit ewe goed moontlik wees om 'n regstaat in Engels kortweg as 'n "just state" te beskryf (afgelei van die Latynse ius wat reg beteken).
27 Dit is opvallend en histories-betekenisvol dat die bekende Plakkaat van Verlatinge (26 Julie, 1581) rakende die afswering van Keiser Philip II van Spanje deur die State-Generaal van die Verenigde Nederlande die verhoudinge presies omruil. Dit stel tewens dat God die owerheid in die amp plaas maar dat die gesag van die owerheid van onderdane afkomstig is (vgl. Blecourt en Japikse 1919:137-144).
28 Die problematiek van relativisme word uitvoerig vanuit verskillende gesigshoeke in Strauss(2005) en Strauss (2006b) behandel.
29 "... sowie zwischen diesen und dem Staat verhält es sich ähnlich wie mit dem Unterschied zwischen dem Ganzen und seinen Teilen" (Bodin 1981:521). Let daarop dat die oorspronklike teks nie die woord staat gebruik nie maar wel die woord République.
30 Ongelukkig belig Woldring nie hierdie beginsel-verskil tussen die geheel-dele relasie en die "own laws" wat tipies is van die verskillende nie-staatlike lewensfere nie (vgl. Woldring 1998:125 ff.).
31 In die moderne sosiologie word so 'n verwarring aangetref wanneer Max Weber byvoorbeeld in sy werk Parlement und Regierung im neu geordneten Deutschland beweer dat daar geen verskil is tussen 'n groot bedryf en die staat nie (Weber 1918:15).
32 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
33 In die Tydskrif Politeia het daar in 2006 'n artikel oor die tema: "Democracy between a just public legal order and the ideal of (equitable) transformation" verskyn (sien Strauss 2006a). Daarin word vanuit die hoek van die onderskeiding tussen konstitutiewe en regulatiewe regsbeginsels en met spesifieke verwysing na 'n uitspraak van die Konstitusionele Hof (Minister of Finance and Another v Van Heerden 2004 (6) SA 121 (CC)) 'n poging aangewend om na bepaalde regsimplikasies van hierdie problematiek te kyk.
34 Dit was opvallend dat Sam Ramsamy voor die laaste Olimpiese Spele kritiek gelewer het op die "lelie-wit" atletiekspan van Suid-Afrika, maar by sy terugkeer pertinent in die openbaar verklaar het dat die span wat Suid-Afrika by die volgende Olimpiese Spele gaan verteenwoordig slegs uit die beste atlete sal bestaan -ongeag of hulle almal wit of almal swart is. Mag dit wees dat die Olimpiese reels, wat die kies van atlete op grond van diskriminasie in plaas van meriete veroordeel, onder die aandag van Suid-Afrika se afvaardiging gebring is? Hoe lank sal dit nog duur voordat ander internasionale sportliggame ook Suid-Afrikaanse mededinging op internasionale vlak bind aan dieselfde beginsels as dié waaraan diskriminerende sportspanne uit Suid-Afrika uit die Apartheidsera onderwerp is?
35 Laasgenoemde kan voortvloei uit die slagspreuk wat eis dat samelewingsvorme verteenwoordigend van die demografie van die land moet wees.

 

 

In 1971 word hy as Senior Lektor in Wysbegeerte aan die destydse UOVS aangestel. Vanaf Januarie 1976 is hy bevorder tot medeprofessor en in Oktober 1977 word hy aangestel as professor en hoof van die Departement Wysbegeerte aan die UOVS. In 1994 vertrek by na Kanada waar hy as eerste Direkteur van die Dooyeweerd Centre die publikasie van die versamelde werke van Herman Dooyeweerd in Engels van stapel stuur. Hy keer in 1997 terug na Suid-Afrika en vanaf April 1998 tot 31 Desember 2001 ageer hy as Dekaan van die nuwe Fakulteit van Geesteswetenskappe aan die UOVS. Benewens 15 selfstandige publikasies. 35 internasionale konferensievoordragte en 20 bydraes tot versamelde werke het sowat 200 vakartikels in nasionale en internasionale tydskrifte uit sy pen verskyn. In 2005 is 'n werk oor die wysgerige grondslae van die moderne natuurwetenskappe deur die Duitse Uitgewer Peter Lang gepubliseer Paradigmen in Mathematik, Physik und Biologie und ihre philosophische Wurzeln (216 pp.) (Frankfurt am Main). In 2006 het 'n werk oor die sosiologie ook by Peter Lang verskyn - Reintegrating Social Theory - Reflecting upon human society and the discipline of sociology (310 pp.) (Oxford/New York).
In 1971 he was appointed as Senior Lecturer in Philosophy at the then UOFS. From January 1976 he was promoted to associate professor and in October 1977 as professor and head of the Department of Philosophy at the UOFS. In 1994 he went to Canada, where as the first Director of the Dooyeweerd Centre, he initiated the publication of the collected works of Herman Dooyeweerd in English. He returned to South Africa in 1997 and from 1 April 1998 to 31 December 2001 he was Dean of the new Faculty of Humanities at the UOFS. Apart from 15 independent publications, 35 international conference papers and 20 contributions to collected works, he has published about 200 articles in national and international journals. In 2006 his work on the philosophical foundations of the modern natural sciences was published by Peter Lang Publishers - Paradigmen in Mathematik, Physik und Biologie und ihre philosophische Wurzeln (216 pp.) (Frankfurt am Main). In 2006 Peter Lang published his work Reintegrating Social Theory - Reflecting upon human society and the discipline of sociology (310 pp.) (Oxford/New York).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License