SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.48 no.1 Pretoria  2008

 

Die Akademie en opera

 

The Academy and opera

 

 

Pieter Kapp

Besoekende Navorsingsgenoot, Departement Geskiedenis. Universiteit van die Vrystaat pkapp@telkomsa.net

 

 


OPSOMMING

Die Akademie het reeds voor die Tweede Wêreldoorlog 'n belangstelling in opera geopenbaar maar sou eers in die jare vyftig op indirekte wyse deur sy ampsbekleders en sy kantoor aktief betrokke raak by die bevordering van opera. Dit het tot uitdrukking gekom in die strewe om bekende operas ook in Afrikaans aan te bied, om operasangers en dirigente te bekroon en het uiteindelik gelei tot 'n bepaalde bydrae in die totstandkoming van die rade vir uitvoerende kunste in 1963. Hierdie artikel gee veral aandag aan pogings om opera in Afrikaans en onder die Afrikaanse gemeenskap te bevorder.

Trefwoorde: Opera, OPSA, OPEROSA, Opera Association, EOAN-Groep, Akademie, Rade vir Uitvoerende Kunste


ABSTRACT

The Akademie's interest in opera predates the Second World War. However, this interest only became more active in the 1950s when the Akademie played an indirect role, through the activities of its officials and its office, in promoting opera in South Africa. The Akademie was particularly keen on presenting Italian and German operas in Afrikaans and encouraging opera by granting rewards to opera singers and conductors. The Akademie eventually played a supporting role in establishing the four provincial councils for the performing arts in 1963. This article focuses on various efforts made to promote opera in Afrikaans and for the Afrikaans community.

Key concepts: Opera, OPSA, OPEROSA, Opera Association, EOAN-Group, Akademie, Performing Art's Councils


 

 

Full text available only in PDF format.

 

 

1 Die volledige besonderhede oor kandidate genomineer, die motiverings vir en die commendatio's ten tye van die toekennings is te vinde in die Akademie se argief by die Instituut vir Eietydse Geskiedenis van die Universiteit van die Vrystaat (INEG) , SAAWEK-argief PV 917: Kommissie vir Uitvoerende Kunste (FKGUitvK) Houers 4/1 en 4/2.
2 Aangehaal deur Hannes Haasbroek: Stem en Legende. Die lewe van Cecila Wessels, pp. 94 en 111. Literara Publikasies, Pretoria, 2005.
3 JP Malan gee in sy Suid-Afrikaanse Musiekensiklopedie ( Oxford University Press, 1984) kort bydraes oor die verskillende opera-organisasies maar meld geen bronne nie.
4 Jan Bouws gee in sy Die musieklewe van Kaapstad 1800-1850 en sy verhouding tot die musiekkultuur van Wes-Europa (AA Balkema, Kaapstad, 1966) in hoofstuk 12 aandag aan die geskiedenis van opera aan die Kaap in die begin van die neëntiende eeu.
5 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: Kommissie vir Uitvoerende Kunste (UitvK) 7/1/1: OPSA-brosjure: Lewende Opera op ons eie verhoë.
6 Stanley Peshkin: Pact Opera: The First Twenty Five Years, pp. 1-2. HAUM, Pretoria, 1990.
7 Voorslag, April/Mei 1947. Artikel deur Frits Stegmann.
8 Die Huisgenoot, 28.9.1962. Artikel deur Frits Stegmann.
9 Danie Botha: Voetligte en applous. Die beginjare van Afrikaanse beroepstoneel. Protea, Pretoria, 2005.
10 Désirée Talbot: For the love of singing. 50 years of opera at UCT. Oxford UP, Kaapstad, 1978.
11 Haasbroek, p.12.
12 Désirée Talbot, p. 33.
13 Louwtjie Louw se seun Johannes sou later met Cecilia Wessels se kleindogter Charmaine Beecroft in die huwelik tree.
14 Talbot, pp. 88, 148, 123 en 110.
15 INEG, Bloemfontein, SAAWEK-argief PV 917: Korrespondensie (KOR) 22/1, item 1: Con de Villiers -Sekretaris, 26.2.1939.
16 Daar was heelwat Italianers wat hulle as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog in Europa in Suid-Afrika bevind het en wat deur hulle musiek- en sangtalent 'n bydrae tot die ontwikkeling van opera, ook in Afrikaans, sou lewer . Vergelyk Désirée Talbot, p. 31 oor byvoorbeeld die geval van Gregoria Fiasconaro wie se seun later as atleet soveel bekendheid sou verwerf.
17 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: KOR 23/1, item 46: Con de Villiers - Sekretaris, 1.4.1940. Dit is interessant dat in studies oor Con de Villiers en in sy eie boeke en artikels daar nie na hierdie rol van hom in die bevordering van opera verwys word nie.
18 Die Kommissie het oorspronklik in 1932 as die Kunskommissie ontstaan maar is in 1939 in 'n Kommissie vir die Kunste verander toe musiek en toneelkuns tot die kommissie se terrein toegevoeg is. In 1942 is op 'n stelsel van Keurkomitees besluit en het afsonderlike kommissies vir Musiek, die Beeldende Kunste en Toneel tot stand gekom Op 'n stadium het die Akademie 42 komitees gehad wat in 1968 tot agt gerasionaliseer is. Die Musiekkomitee het deel geword van die Kommissie vir die Uitvoerende Kunste.
19 Cecilia Wessels en Désirée Talbot vertel talle staaltjies oor hulle soms verrassende ervarings met hierdie verenigings en musiekklubs.
20 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: KOR 8/5: W Francois Spruyt - Sekretaris, 22.3.1923.
21 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 8/1/2: SA Raad vir die Bevordering Van Musiek, 1958-1961.
22 Talbot, p. 83.
23 Haasbroek, p. 80.
24 Die dokumentasie hieroor is te vinde in UitvK 5 Kuns en Kultuurbeleid 1985-1996.
25 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 5/2: Dommisse-Geldenhuys, 24.2.1995.
26 Die akte en statute is te vinde in UitvK 7/1/1 en is gedateer 6.2.1958.
27 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7/ 1: Notules Operavereniging van Suid-Afrika: Notule 3.3.1958.
28 INEG, Bloemfontein, SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7/1/1 Notule van stigtingsvergadering 23.10.1958.
29 INEG, Bloemfontein, SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7/1/1: Notule Direksievergadering OPSA 11.2.1960.
30 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7/1/1: Notule Direksievergadering OPSA 19.5.1960
31 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7/1/1 Jaarverslag OPSA vir die tydperk 1.7.1959-30.6.1960.
32 INEG, Bloemfontein, SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7/1/1 Notule direksievergadering van OPSA 2.23.1961.
33 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7/2/2/ Notule van 'n vergadering van Operosa, 15.5.1960.
34 INEG, Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 7 Vouer 2/2 Dokumente en notules van Operosa.
35 Eos is die Grieks vir dagbreek.
36 Inligting oor hierdie verenigings kom in die verskillende notules en verslae voor wat in bogenoemde argiefreekse in die Akademie se argief is.
37 Memorandum in UitvK 7/2/ 2.
38 INEG, Bloemfontein SAAWEK PV 917: UitvK 7/1/2: Notule van OPEROSA-vergadering 2.9.1960.
39 Talbot, pp. 139-142.
40 INEG Bloemfontein SAAWEK-argief PV 917: UitvK 4/2 / 1: I Sydow-Beukes, 5.11.1974.
41 Bruce Heilbuth: The Eoan Group - is this the end? Scenaria, Junie/Julie 1978, pp. 10-11.
42 Die volledige program van die konsert is in die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS) van die Konservatorium vir Musiek op Stellenbosch.
43 Die Burger, 14.5.2007. Onderhoud van Willem de Vries met May Abrahamse.

 

 

Prof Pieter Kapp is emeritus historikus van die Universiteit van Stellenbosch en tans besoekende navorsingsgenoot in die Departement Geskiedenis aan die Vrystaatse Universiteit. Sy spesialisasie terreine is die geskiedenis van internasionale verhoudinge, beskawings-geskiedenis en kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Hy het al sy grade tot doktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf asook 'n tweede meestersgraad in Contemporary European Studies aan die Universiteit van Reading in Engeland. Hy was voorsitter van die Akademie van 1999-2001. Boeke wat uit sy pen verskyn het, handel oor die geskiedenis van die Westerse beskawing, Suid-Afrikaans -Amerikaanse betrekkinge, geskiedenis van die Koue Oorlog en werke oor die onderrig van geskiedenis.
Prof Pieter Kapp is emeritus professor of history at the University of Stellenbosch. He is currently a Research Fellow at the Department of History of the University of the Free State. His areas of specialisation are the history of international relations, the history of civilizations and Afrikaans cultural history. He obtained all his degrees to his doctorate at the University of Stellenbosch and a second masters degree in Contemporary European Studies at the University of Reading in England. He was chairperson of the Akademie from 1999-2001. He has published books on the history of Western civilization, the history of the Cold War, South African-American relations and on the teaching of history.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons