SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1The needs of caregivers of bipolar patientsChallenges faced by parents raising adolescents abusing substances: parents' voices author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Social Work

On-line version ISSN 2312-7198
Print version ISSN 0037-8054

Social work (Stellenbosch. Online) vol.55 n.1 Stellenbosch  2019

http://dx.doi.org/10.15270/55-1-696 

ARTICLES

 

Die behoeftes van kinderversorgers in privaat plekke van tydelike versorging in Suid-Afrika /The needs of childminders in private places of temporary care in South Africa

 

 

Mandie DuberyI; Corinne StrydomII; Herman StrydomII

IMs Mandie Dubery, PhD-student; COMPRES, Potchefstroomkampus, North West University, South Africa
IICOMPRES, Potchefstroomkampus, North West University, South Africa. corinnestrydom123@gmail.com; Herman.Strydom@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

This article focuses on the needs of child caregivers when a child in need of care and protection is placed in private places of temporary care. In order to act in the best interest of these children very high expectations and demands are placed on the child caregiver. Semi-structured interviews were conducted with child caregivers. Their greatest need was for training so that they could gain more knowledge and insight in dealing with these children. There was also a need to be part of the team approach. Support from all the relevant roleplayers, especially social workers, would contribute to successful placement of the child.


 

 

INLEIDING

Aangesien daar hoë eise aan kinderversorgers gestel word en die beskikbare persone nie altyd aan alle vereistes voldoen nie, is daar besluit om die behoeftes van kinderversorgers wat te make het met die kind in nood wat in privaat plekke van tydelike versorging binne die Suid-Afrikaanse konteks geplaas word, te ondersoek. Met die aanbeveling van die maatskaplike werker word die kind in nood in alternatiewe sorg geplaas, wat die volgende opsies insluit: pleegsorg, 'n kinder- en jeugsorg-fasiliteit of privaat plekke van tydelike versorging (Jamieson, 2014:214; Mahery, Jamieson & Scott, 2011:25-26; Schäfer, 2011:453). Die navorser van hierdie studie waarop die artikel gebaseer is, is betrokke by die Help-Net Fonds wat privaat plekke van tydelike versorging in Gauteng bestuur en beoog hierdie ondersoek oor die behoeftes van kinderversorgers om 'n ernstige leemte aan te spreek.

 

PROBLEEMSTELLING

Die kind in nood wat in 'n kinderversorger se sorg geplaas word, maak deel uit van 'n uiters kwesbare groep, met intense behoeftes. Artikel 150 van die Children's Act (South Africa, 2005) stipuleer spesifiek 'n aantal sake wat ter sprake kom waar kinders sorg en beskerming benodig. Vir die doel van hierdie artikel was 'n verskei denhei d wetenskaplike bronne bestudeer, onder andere ERIC, NEXUS, Repertorium van Suid-Afrikaanse tydskrifartikels, Social Work Abstracts, Social Science Index, Psyclit en Dissertation Abstracts International. Omdat literatuur wat handel oor privaat plekke van tydelike versorging in die Suid-Afrikaanse konteks beperk is, is daar ook na ander inligting gekyk wat te make het met die kind in alternatiewe sorg.

Om in hierdie kinders se beste belang op te tree word besonder hoë verwagtinge en eise aan die kinderversorger gestel rakende die nodige vaardighede om in hierdie behoeftes te voorsien (Buehler, Cox & Cuddeback, 2003:550-551; Delgado & Pinto, 2011:1037). Uit verskeie bronne in die literatuur blyk dit dat dít waaraan die kinderversorgers wat na kinders in nood in privaat plekke van tydelike versorging omsien die sterkste behoefte het, die feit is dat hulle nie opleiding ontvang voordat hulle as kinderversorgers begin optree nie (Bernard, 2014:87; Buehler, Rhodes, Orme & Cuddeback, 2006:524525; Cuddeback & Orme, 2002:894; Delgado & Pinto, 2011:1037; Pithouse, Hill-Tout & Lowe, 2002:212; La Chance, 2005:21; Rich, 1996:437; Sanchirico & Jablonka, 2000:201) en ook nie verdere opleiding ontvang terwyl hulle as kinderversorgers optree nie (Buehler, et al, 2006:524-525; Delgado & Pinto, 2011:1037; Sanchirico & Jablonka, 2000:200). Vanweë hul gebrek aan opleiding beleef kinderversorgers dikwels dat hulle nie deur ander professionele persone wat by die situasie betrokke is, gerespekteer word nie (Heller, Smyke & Boris, 2002:562).

Kinderversorgers wat nie toegerus is om in die behoeftes van die kind te voorsien nie, kan daartoe bydra dat die kind se gedrag vererger, wat 'n impak sal hê op die stabiliteit van die plasing (Dorsey, Farmer, Barth, Greene, Reid & Landsverk, 2008:1413). Intervensie kan verhinder word wanneer kinderversorgers nie uit die staanspoor reeds toegewyd is en in die hantering van gedragsprobleme opgelei is nie (Stevens, 2004:243; Vanschoonlandt, Van Holen, Vanderfaeillie, De Maeyer & Andries, 2013:1748). Opleiding bring mee dat kinderversorgers meer kennis en insig ontwikkel rakende die hantering van kinders se gedragsprobleme (Pacifici, Delaney, White, Nelson & Cummings, 2006:1329). Dit kan bydra tot die sukses van die plasing van die kind (Delgado & Pinto, 2011:1037; Pacifici et al, 2006:1331) en die vaardighede van die kinderversorger laat toeneem (Delgado & Pinto, 2011:1037).

Opleiding moet fokus op die bevordering van sensitiewe interaksie tussen die kind en sy versorger ten einde meer insig en begrip vir die kind te ontwikkel (Koren-Karie, Oppenheim, Dolev, Sher & Etzion-Carasso, 2002:534; Virmani & Ontai, 2010:18-120). Benewens eenmalige opleiding moet kinderversorgers voortgesette opleiding en ondersteunende, reflekterende supervisie ontvang (Lonne & Thomson, 2005:95). In 'n studie wat deur Murray, Tarren-Sweeney & France (2011:153-155) onderneem is, het kinderversorgers gerapporteer dat hulle meer ondersteuning nodig het met betrekking tot bewerings van mishandeling, hantering van die kind se biologiese ouers, hantering van emosionele probleme by kinders, die versorging van fisiese en geestelike gesondheid en die hantering van verlies wanneer die kind na sy biologiese ouers moet terugkeer. Kinderversorgers moet vaardighede aanleer sodat hulle tot insig kan kom dat hul eie optredes 'n positiewe of negatiewe effek op die kind se gedrag kan hê (Davies, Webber & Briskaman, 2015:39).

'n Verdere behoefte van kinderversorgers wat onder die loep geneem moet word, is goeie verhoudings tussen hulle en die professionele span (Buehler et al, 2006:549-550; Cooley & Petren, 2011:1974; Fisher, Gibbs, Sinclair & Wilson, 2000:231-231; Geiger, Hayes & Lietz, 2013:1361; Hudson & Levasseur, 2002:862). Wanneer 'n kind in nood in 'n privaat plek van tydelike versorging geplaas word, word hoë verwagting aan die kinderversorger gestel om suksesvol te wees, met weinige hulpbronne en ondersteuning tot hul beskikking (Marcellus, 2008:19). Die kinderversorger moet van dag tot dag die kind in die huis versorg en oor vaardighede beskik wat buite die normale grense strek omdat hulle soms kinders met ernstige gedragsprobleme moet hanteer (Tarren-Sweeney, 2008:345-349). Owerhede moet dus weet om in die beste belang van kinders in nood op te tree deur hulle te verwyder en in 'n persoon se sorg te plaas sonder dat daardie persoon die nodige vaardighede en opleiding het, sit die kringloop van mishandeling net voort (Holland & Gorey, 2004:132-133). Vanuit die literatuurstudie word sekere behoeftes van kinderversorgers alreeds aangedui om die aktualiteit van die ondersoek te versterk en word beoog om 'n verband te trek tussen die bestaande literatuur en die werklike empiries bewese behoeftes van kinderversorgers in Suid-Afrika.

Ten einde hierdie situasie, naamlik om in die beste belang van die kind in 'n privaat plek van tydelike versorging te kan optree, te ondervang, het die volgende navorsingsvraag ontstaan:

Waaraan het die kinderversorgers wat te make het met kinders in privaat plekke van tydelike versorging in Suid-Afrika behoefte?

 

DOELSTELLING

Die doelstelling van hierdie artikel was dus om deur middel van 'n literatuurstudie en empiriese ondersoek die behoeftes van kinderversorgers in privaat plekke van tydelike versorging in Suid-Afrika te ondersoek.

 

NAVORSINGSMETODOLOGIE

In hierdie artikel is 'n kwalitatiewe benadering gevolg (Babbie, 2013:390; Creswell, 2014:183; Fouché & Schurink, 2011:308; Silverman, 2008:5-14) binne die raamwerk van toegepaste navorsing (Monette, Sullivan & DeJong, 2011:4-5) ten einde die behoeftes van die kinderversorger te ondersoek. Die intervensie-navorsingsmodel wat uit ses fases bestaan is vir hierdie ondersoek toegepas (De Vos & Strydom, 2011:475). Vir die doel van hierdie artikel is op die tweede fase gefokus, naamlik die insameling en síntese van inligting oor die rol en behoeftes van kinderversorgers in privaat plekke van veilige versorging ondersoek. Hierdie fase was beskrywend en eksplorerend van aard.

Die populasie het grense aan die studie gestel deurdat dit aan spesifieke eienskappe moes voldoen, soos dat al die deelnemers betrokke moes wees by privaat plekke van tydelike versorging. Die navorser van hierdie studie waarop die artikel gebaseer is, is betrokke by die Help-Net Fonds wat privaat plekke van veilige versorging in Gauteng bestuur. Daar was tot en met die opstel van hierdie artikel drie huise onder die sorg van die Help-Net Fonds, waar een kinderversorger per huis verantwoordelik was vir 'n maksimum van ses kinders elk. Ten einde meer proefpersone te betrek, is 6 kinderversorgers van ander instansies wat ook privaat plekke van veilige versorging bedryf, op 'n doelgerigte steekproefwyse (Strydom & Delport, 2011:392) betrek wat die totaal op nege deelnemers gebring het. Semi-gestruktureerde onderhoude (Thyer, 2010:350) is aan die hand van 'n skedule met deelnemers gevoer wat daartoe bygedra het dat bruikbare inligting bekom is om meer lig op die probleem te werp (Creswell, 2014:189).

Tydens die insameling van die data het die navorser van hierdie studie gebruik maak van 'n bandopnemer en die afneem van veldnotas (Creswell, 2014:198; Flick, 2009:296). Die kwalitatiewe data wat ingesamel is, is in temas en subtemas verwerk aan die hand van Tesch se benadering soos beskryf in Creswell (2014:198) en Poggenpoel (1998:343-344). Die vertrouenswaardigheid van hierdie studie is verhoog deur van Lincoln en Guba (in Botma, Greeff, Mulaudzi & Wright, 2010:232-234) se beskrywing gebruik te maak, wat behels dat die waarde, toepaslikheid, konstantheid, neutraliteit en oorspronklikheid van data geverifieer word.

Die etiese riglyne soos deur Reamer (2012:310-312) en Strydom (2011:114) beskryf, is in die studie hanteer soos ingeligte toestemming van alle betrokkenes, vertroulikheid, privaatheid, konfidensialiteit, die aanbieding van ontladingsessies indien benodig en die bekendmaak van bevindinge na afloop van die ondersoek. Etiese goedkeuring is verkry van die Etiekkomitee van die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe van die Noordwes Universiteit met die etiese nommer NWU-00011-10-A1.

 

BEGRIPSOMSKRYWING VAN SLEUTELTERME

Kind wat sorg en beskerming benodig

Artikel 150 van die Children's Act (South Africa, 2005) bepaal dat 'n kind sorg en beskerming benodig wanneer die kind verlaat of wees gelaat is sonder ondersteuning, dat die kind gedrag openbaar wat nie deur die biologiese ouer/s beheer kan word nie, dat die kind op straat woon en werk, dat 'n kind aan afhanklikheidsvormende middels verslaaf is, en onder omstandighede leef wat sy fisiese, geestelike of maatskaplike welsyn ernstig kan benadeel. Verder word ook aangedui dat indien 'n risiko bestaan dat as 'n kind aan sy ouer, voog of versorger terugbesorg word, hy/sy aan negatiewe omstandighede blootgestel sal word, soos onder andere verwaarlosing, mishandeling, kinderarbeid of huishoudings waar 'n ouer kind as 'ouer' optree, hy/sy as 'n kind beskou kan word wat sorg en beskerming benodig. Alle negatiewe omstandighede waaraan kinders blootgestel mag word, word dus deur die artikel ondervang, met steeds die klem op die tydelike aard van sorg en beskerming.

Kinderversorger

Barker (2014:55) omskryf 'n versorger as 'n persoon wat voorsien in die fisiese, emosionele en sosiale behoeftes van 'n ander persoon, wat gewoonlik afhanklik is en nie in sy/haar eie behoeftes kan voorsien nie. Milligan en Stevens (2006:10) beskryf 'n kinderversorger as 'n persoon wat op 'n 24-uurbasis betrokke is by 'n kind se daaglikse aktiwiteite en versorging.

Privaat plekke van tydelike versorging

'n Privaat plek van tydelike versorging word omskryf as 'n plek vir korttermyn-plasing vir die beveiliging van 'n kind in nood (Bosch 2015; Van Emmenis, 2015; Van Schalkwyk, 2015), met die toestemming van die hof (Children's Act 38 of 2005). Daar kan tot ses kinders in die sorg van 'n privaat kinderversorger se sorg geplaas word (Bosch, 2015; Makhavhu, 2010:2-4; Meintjes, Moses, Berry & Mampane, 2007:25; Van Emmenis, 2015; Van Schalkwyk, 2015) totdat die hof besluit om 'n meer permanente plasing te finaliseer (Makhavhu, 2010:5).

 

BEVINDINGE

Die profiel van die deelnemers word eers kortliks bespreek. Daarna word die bevindinge eerstens in tabelvorm en daarna in besprekingsvorm aangebied.

Profiel van kinderversorgers

Nege versorgers in privaat plekke van tydelike versorging het aan die ondersoek deelgeneem. Die meerderheid van die deelnemers was betrokke by die Help-net Fonds. Ses van die versorgers was getroud en drie was enkellopend. Die meerderheid van die versorgers was tussen drie en vier jaar betrokke by privaat plekke van tydelike versorging. Die versorgers het geen verdere onderrig ontvang nadat hulle hul skoolopleiding voltooi het nie.

 

Tabel 1

 

Tema 1: Motiewe

Die vraag oor motiewe is aan die deelnemers gestel om te bepaal wat hul aanvanklike motief was om as versorger op te tree asook veranderinge wat mettertyd in hul motief ingetree het. Twee sub-temas word onderskei.

Sub-tema 1.1: Redes om as kinderversorgers op te tree

Die volgende redes is aangevoer waarom hulle betrokke wou raak by privaat plekke van tydelike versorging:

"Ek het van kleins af 'n passie gehad om met kinders te werk en 'n verskil in hul lewens te maak."

"Die kerk waaraan ons behoort, is betrokke by 'n kinderhuis en so het ons 'n passie vir kinders ontwikkel."

"Daar is vir my ook finansiële vergoeding aan verbonde. "

"My vrou wou dit graag doen, ek het haar ondersteun en daar was 'n vakante pos oop ".

Die meerderheid deelnemers het genoem dat hulle graag diensbaar wou wees aan die gemeenskap of dat hulle 'n verskil in 'n kind se lewe wou maak, ondersteun hierdie standpunte soos die beskerming van kinders, om as rolmodel vir kinders op te tree, om vir hierdie kinders 'n positiewe gesinservaring te bied en ook die aspek van vergoeding (Buehler et al., 2003:71; Buehler et al., 2006:527-528; Daniel, 2011a:914; De Maeyer, Vanderfaeillie, Vanschoonlandt, Robberechts & Van Holen, 2014:146; Hallas, 2002:114; Heller et al, 2002:571; Marcellus, 2008:14 en Tyebjee, 2003:701).

Sub-tema 1.2: Verandering van motivering

Die volgende opmerkings kan as verteenwoordigend van hierdie aspek beskou word.

"Voel nie altyd of jy 'n verskil in die kinders se lewe maak nie, jy sien nie altyd die verandering nie."

"My motivering het min of meer dieselfde gebly maar ek het meer realistiese verwagtinge begin kry."

Die meerderheid deelnemers het aangevoer dat hulle motief nie sodanig verander het nie, maar dat hulle meer realistiese verwagtinge ontwikkel het ten opsigte van die versorging van kinders in nood. Rhodes, Orme en McSurdy (2003:956) ondersteun hierdie standpunt en meld dat ervare kinderversorgers meer realistiese verwagtinge koester van die eise wat versorging aan hulle stel.

Tema 2: Die kinderversorger

Vier aspekte wat deel uitmaak van die kinderversorger se verpligtinge en verwagtinge met betrekking tot die versorgingsproses is in hierdie tema as sub-temas onderskei.

Sub-tema 2.1: Rol van die kinderversorger

Die volgende standpunte verteenwoordig die menings van die kinderversorgers ten opsigte van hul rol in die versorging van die kinders.

"Ek vervul die rol van 'n ma, vul leemtes, bou kinders op, vul hulle emosioneel aan, verkondig die evangelie aan hulle, sorteer die chaos van hulle lewe uit en ek moet elke kind anker in realiteit."

'Ek pas dissipline toe, is verantwoorde lik vir hulle versorging en opvoeding en ek moet ook betrokke wees by hulle skool en skoolaktiwiteite. "

"Die ma het 'n groter rol in terme van die versorging van die kinders, die pa speel nie so 'n groot rol nie."

"Die ouer moet 'n konneksie hê met die kinders en om hul vertroue te wen en te behou. "

Die belangrikste rol van 'n kinderversorger is die van ouerskap wat die volgende insluit, naamlik: gespesialiseerde versorging aan kinders, hantering van kind se emosionele, sosiale en fisiese behoeftes, om die kind se selfbeeld te versterk, bewaring van skool- en mediese verslae, hulp met aanpasbaarheid in alternatiewe sorg asook skakeling met onderwysers, terapeute en mediese personeel wat belange het by die kind (Buehler et al, 2006:527-527; Rhodes et al, 2003:956). Betrokkenheid by die skool waar die kind ingeskryf is, asook die kind se aanpassing by sy nuwe tuiste is belangrik (Pears, Fisher, Bruce , Kim & Yoerger, 2010:1560). Die rol van 'n vader in hierdie gesinne is belangrik en lewer hy 'n bydrae tot die stabiliteit wat die kind ervaar (Combs-Orme & Orme, 2014:78; Proctor, Randazzo, Litrowinik, Newton, Davis & Villodas, 2011:433).

Sub-tema 2.2: Hantering van biologiese ouers van kind

Die volgende opmerkings van deelnemers aan die ondersoek kan aangehaal word.

"Kontak met die biologiese ouers is baie negatief vir die kind. Ouers het meeste here 'n siegte invloed op die kind, hulle het dikwels nie insig in die kind se lewe nie. "

"Kontak met die natuurlike ouers is belangrik maar ouers skep verkeerde, onrealistiese verwagtinge by die kinders. "

"Elke keer nadat die kind kontak gehad het met die ouer, beleef die kind dit as verwerping as die ouer weer moet weggaan. "

"Ouers daag nie altyd op vir besoeke nie, dit maak die kinders deurmekaar. "

In die meeste gevalle beskou die kinderversorgers die biologiese ouers as onbevoeg en probeer dan om die verhouding tussen die kind en sy ouers te kelder. Hierin het kinderversorgers hulp van maatskaplike werkers nodig (Heller et al., 2002:564; Sanchirico & Jablonka, 2000:197). Die afwesigheid by beplande besoeke aan kinders word as 'n probleem ervaar (Fish & Chapman, 2004:137). Fernandez (2009:1099) voeg egter by dat alhoewel 'n kinderversorger 'n positiewe verhouding met 'n kind het, die kind nog steeds na meer kontak met sy/haar biologiese ouers verlang.

Sub-tema 2.3: Voorkoming van verdere mishandeling

Deelnemers het bevestig dat hierdie kinders soms verder deur die kinderversorgers mishandel word nadat hulle in veilige bewaring geplaas is en veral in gevalle van onbeheerbaarheid (Buehler et al, 2006:527-528; Hobbs, Hobbs & Wynne, 1999:1248). Kinderversorgers behoort te leer dat die gedragsvorm nie teen hulle gemik is nie en dat dit met wysheid hanteer moet word.

Sub-tema 2.4: Terminering

Die volgende opmerkings is deur deelnemers gemaak.

"Terminering is moeilik, veral as die kind terug gaan na die ouers en die situasie by die huis het nie verander nie. "

"Ek beleef weer my eie kind se dood. "

"Ek is hartseer en emosioneel as die kinders weggaan, want mens bou 'n verhouding met die kind. "

Kinderversorgers in privaat plekke van tydelike versorging ervaar die terminering van 'n kind se plasing in hui sorg traumaties (Brown & Campbell, 2007: 1017; Heller et al, 2002:561). Kinderversorgers voel dikwels dat hulle steeds 'n rol in 'n kind se lewe wil vervul nadat sorg getermineer is (Brown & Campbell, 2007:1019; Daniel, 2011a:914). Dit behoort uiteraard omsigtigheid deur die maatskaplike werker hanteer te word.

Tema 3: Faktore wat 'n invloed het op die rol van die kinderversorger

Daar is verskeie faktore wat 'n invloed kan hê op die mate waarin die kinderversorger die kind versorg en word die faktore in drie sub-temas hanteer.

Sub-tema 3.1: Gesondheid

Al die deelnemers het aangedui dat eie gesondheid 'n belangrike deel uitmaak van die kinderversorger se taakvervulling aangesien goeie gesondheid belangrik is aangesien die werk met die kinders in hul sorg fisies en emosioneel uitdagend is. Daar word verder genoem dat ouderdom ook 'n belangrike rol speel, aangesien die kinderversorger minder geduld en lewenskrag het namate die ouderdom intree (Geiger et al, 2013:1363; Marcellus, 2008:19).

Sub-tema 3.2: Eie trauma

Die volgende opmerkings is hieroor gemaak.

"Jy het grense en privaatheid nodig om afstand te behou. Jy gee heeltyd van jouself en daarom is afstand en die verwerking van jou eie problème noodsaaklik "

"My eie kind is dood, en daarom moet ek in belang van die kinders wat ek versorg gesond optree. "

"As jy swaar kry ken het jy meer empatie met die kind, en wil jy dit vir hom beter maak. "

Al die deelnemers was dit eens dat die kinderversorger se eie trauma 'n invloed het in hul versorging van hierdie kinders, hetsy positief of negatief. Dozier, Dozier & Manni (2002:10) en Fish en Chapman (2004:137) bevestig dat wanneer 'n kinderversorger hul eie trauma verwerk het, hul meer beskikbaar is vir die kinders in hul sorg.

Sub-tema 3.3: Biologiese kinders

Die volgende standpunte word hieroor gehandhaaf.

"My kinders is bekommerd oor my gesondheid en ouderdom en ek kan nie 'n ouma wees vir my eie kleinkinders nie. "

"Ons kinders het geen invloed hierop nie. "

"My eie kinders is positief teenoor die kinders wat ek versorg. "

"My kleinkinders is betrokke by hierdie huis ".

Wanneer persone by die Help-Net Fonds gekeur word om as kinderversorgers op te tree is dit 'n vereiste dat hul eie, biologiese kinders onafhanklik is en nie meer in hul sorg is nie. Die rede hiervoor is dat die bestuur wil voorkom dat die kinderversorger gedwing word om te moet kant kies tussen hülle eie biologiese kinders en 'n kind in nood. Dit wil voorkom of die meeste kinderversorgers se volwasse biologiese kinders hülle in hul roi as kinderversorgers by privaat plekke van tydelike versorging ondersteun.

Tema 4: Opleiding

In hierdie tema word opleiding van kinderversorgers hanteer aan die hand van twee sub-temas.

Sub-tema 4.1: Opleiding ontvang om as kinderversorger op te tree

Die volgende menings is in die verband gelig.

"Het geen opleiding ontvang vir my roi as kinderversorger nie. "

"Ek het een lesing bygewoon oor pleegsorgwat baie insiggewend was. "

Die literatuur bevestig dat kinderversorgers weinig opleiding ontvang het wat meebring dat hülle nie voldoende toegerus is vir die versorging van hierdie kwesbare kinders nie (Bernard, 2014:87; Sanchirico & Jablonka, 2000:201). AI het hülle hul eie kinders suksesvol grootgemaak, beteken dit nie dat kinderversorgers met dieselfde vaardighede kinders in nood kan versorg nie. Kinderversorgers ervaar egter ook soms dat hülle nie goed genoeg gekwalifiseer is om as kinderversorgers op te tree nie (Hellereial., 2002:562).

Sub-tema 4.2: Opleiding benodig om as kinderversorger op te tree

Die volgende opmerkings is hier gemaak.

"Riglyne vir versorging moet ge gee word- wat jy mag en nie mag nie. "

"Ek is nie seker watter opleiding nodig is nie maar meer voorbereiding op die versorging van hierdie kinders is nodig. Miskien moet 'n mens eers tydelik betrokke raak, voordat jyfinaal besluit. "

"Jy moet iets van alles rondom kinders weet. Mens raak 'qualified by experience ', jy kan geen twee kinders dieselfde hanteer nie. "

"Hoe om gedragsmoeilike kinders te hanteer. "

Die literatuur meld dat persone vertroud moet wees met die welsynstruktuur en die regulasies rondom hofverrigtinge, wetlike en etiese aspekte rakende die kind (Marcellus, 2008:18; Murray et al, 2011:154). Die kinderversorger moet ook sy/haar regte en verantwoordelikhede en die van ander toepaslike professionele persone ken (Cooley & Petren, 2011:1972; Heller et al, 2002:56). Hulle moet bewus wees van beskikbare dienste vir kinders in nood (Cooley & Petren, 2011:1971; La Chance, 2005:22; Murray et al, 2011:155; Pears et al, 2010:1561) asook wat die betrokkenheid by die skool en skoolaktiwiteite behels (Pears etal, 2010:1561).

Kinderversorgers behoort ook die verskillende ontwikkelingsfases van die kind te kan herken (Heller et al, 2002:562-566; La Chance, 2005:22; Murray et al, 2011:155) en wat die impak van ontwikkelingsagterstande op die kind in nood kan wees (Heller et al, 2002:562). Die verhouding tussen die kinderversorger en die kind in nood het 'n groot invloed op die bindingsproses en is belangrik in hul mondering (Buehler et al, 2003:77; Heller et al, 2002:570; Macdonald & Turner, 2005:1278; Murray et al, 2011:155). Die invloed van trauma op die kind moet uitgeken en hanteer kan word (Heller et al, 2002:562; La Chance, 2005:29; Macdonald & Turner, 2005:1278). In sulke gevalle kan die kind in nood onbeheerbare gedrag toon en die kinderversorger sal moet weet hoe om dit te hanteer (Cuddeback & Orme, 2002:899; Daniel, 2011a:914; Davies et al, 2015:39; Heller et al, 2002:562; Murray et al, 2011:149).

Die kinderversorger sal toegerus moet word om gepaste dissipline te kan toepas (Davies et al, 2015:39; Heller et al, 2002:569), en die belangrikheid van roetine moet beklemtoon word (Heller et al, 2002:564). Die korrekte hantering van ouderdomstoepaslike seksuele gedrag is belangrik en die kenmerke van blootstelling aan seksuele misdrywe moet uitgeken kan word (Cuddeback & Orme, 2002:899; Heller et al, 2002:566-569; Macdonald & Turner, 2005:1278). Kennis van basiese mediese versorging van kinders is vir kinderversorgers nodig (La Chance, 2005:21-22; Murray et al, 2011:154). Hierdie kinders het vrae oor die natuurlike ouers en moet hierdie inligting korrek oorgedra word (Cooley & Petren, 2011:1971; Heller et al, 2002:564; Murray et al, 2011:154; Sanchirico & Jablonka, 2000:200).

Tema 5: Ondersteuning aan die kinderversorger

In hierdie tema oor die ondersteuning wat aan die kinderversorger gebied behoort te word, is ses sub-temas behandel.

Sub-tema 5.1: Finansiële ondersteuning

Die vraag is aan die deelnemers gestel of hulle voldoende finansiële ondersteuning ontvang. Die volgende response kan aangehaal word.

"Ja, ek het genoegfinansies om die kinders te versorg. "

"Nee, kinders het baie uitgawes veral by die skool. "

"Aanvanklik was die finansies goed. Die département (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling) kom egter nie hulle deel na in terme van die veiligheidstoelae nie. Die tarief was nog nooit verhoog in sewe jaar nie. "

Dit wil voorkom of die deelnemers gemengde gevoelens het wanneer dit by toereikende finansiële hulp kom. Daar moet egter bygevoeg word dat die kinderversorgers in diens van die Help-Net Fonds, oor addisionele fondse beskik om hul taak te vergemaklik. Literatuur bevestig ook dat hierdie kinders baie onkostes het (Cuddeback & Orme, 2002:898; Geiger et al, 2013:1362; Heller et al, 2002:559; Hudson & Levasseur, 2002:860), wat veral aan mediese problème soos chroniese siektes of wanvoeding toegeskryf kan word.

Sub-tema 5.2: Praktiese hulp

Wat praktiese hulp aan kinderversorgers betref, is die volgende opgemerk.

"Ja, maar maatskaplike werkers is nodig om hulp te bied hoe om kinders te hanteer. "

"Ja, maar het soms meer hulp nodig as dit by die huiswerk van kinders kom. "

"Vervoerhulp is ook nodig om kinders by al hul verskillende skole en aktiwiteite uit te kry. "

Literatuur bevestig dat kinderversorgers nie genoeg ondersteuning kry ter hantering van kinders se gedragsprobleme nie (Buehler et al., 2003:68; Pithouse et al, 2002:212; Timmer, Urquiza & Zebell, 2006:3). Daar bestaan ook 'n behoefte aan praktiese hulp in die vorm van terapeutiese begeleiding en hulp met vervoer van kinders (Cuddeback & Orme, 2002:893).

Sub-tema 5.3: Verlof/Vrye tyd

Die volgende is in hierdie verband opgemerk.

"Daar is min verlof omdat ander persone selde kans sien om vir jou in te staan. "

"Kinders vat dikwels kanse met aflospersoneel en is hierdie mense selde beskikbaar. "

By die Help-Net Fonds kry kinderversorgers 'n naweek per maand verlof, plus 'n addisionele 21 dae per jaar. Literatuur lê daarop klem dat kinderversorgers 'n groter behoefte aan af tye het juis as gevolg van die uitdagings wat hierdie kinders aan hulle stel (Cuddeback & Orme, 2002:898; Daniel, 2011a:914; Geiger et al, 2013:1362; Hudson & Levasseur, 2002:860).

Sub-tema 5.4: Sosiale ondersteuning

Met betrekking tot sosiale ondersteuning aan kinderversorgers, kan die volgende aangebied word.

"Ja, soms te veel mense wat wil ondersteun. "

"My eie familie ondersteun ons. "

"Ons kinders en kleinkinders is baie betrokke. "

Die meeste ondersteuning vir kinderversorgers kom wel van hul familie en vriende se kant, maar is daar soms ook 'n behoefte aan spesifieke rolspelers soos maatskaplike werkers (Geiger et al, 2013:1362).

Sub-tema 5.5: Emosionele ondersteuning

Die volgende response is ontvang op die vraag of die kinderversorgers genoeg emosionele ondersteuning ontvang.

"Ek kry genoeg emosionele ondersteuning van vriende en familie. "

'Ek en my man ondersteun mekaar ook emosioneel. "

Literatuur maak daarvan melding dat kinderversorgers respek, erkenning en begrip as emosionele ondersteuning beskou (Geiger et al, 2013:1361; Hudson & Levasseur, 2002:861) veral ook as kinders hul sorg verlaat en hul die verlies moet verwerk.

Sub-tama 5.6: Gemeenskapsondersteuning

Die volgende standpunte in die verband is gehuldig.

"Ja, soms wil die gemeenskap te veel ondersteun wat selfs aan inmenging grens. "

"In ons area is die kerke en myne baie betrokke. "

"Daar is nie veel ondersteuning nie en moet ons selfs van sosiale media gebruik om die behoeftes van die huis bekend te maak. "

"Soms maak persone beloftes wat nie altyd nagekom word nie. "

Die gemeenskap speel 'n groot rol in die voortbestaan van privaat plekke van tydelike versorging. Dit kan wel soms aan inmenging in die huis beskou word. In sommige gevalle was daar egter min ondersteuning en moes hulpmiddels ingespan word om hul behoeftes te bemark.

Tema 6: Rol van die statutêre maatskaplike werker

Die rol van die statutêre maatskaplike werker in privaat plekke van tydelike versorging is uiters belangrik en is die volgende drie sub-temas uitgeken.

Sub-tema 6.1: Verhouding tussen kinderversorger en statuiere maatskaplike werker

Die volgende standpunte kan as verteenwoordigend van deelnemers se standpunte aangehaal word.

"Die verhouding is nie altyd goed nie, omdat die opinies oor die beste versorgingsfasilteite vir kinders soms verskil. "

"Nie alle maatskaplike werkers is ewe goed betrokke nie, en van sommige hoor jy nooit nie. "

"Maatskaplike werkers gee nie altyd vir ons genoeg inligting oor 'n kind nie. "

'n Goeie verhouding tussen die statutêre maatskaplike werker en die kinderversorger is uiters noodsaaklik, tog blyk daar kommer te wees as die opmerkings van deelnemers onder oë geneem word. Dit wil uit die literatuur voorkom of maatskaplikewerk-organisasies poog om kinderversorgers te ondersteun, maar weens 'n gebrek aan fondse en personeel dit nie altyd plaasvind nie (Rhodes et al, 2003:958). Leathers, Spielfogel, McMeel & Atkins (2011:9) beklemtoon die feit dat ondersteuning en opleiding deurlopend moet wees. Aan die ander kant vra kinderversorgers ook nie altyd om hulp nie en voel soms dat hul opinie oor die kind se toekoms nie gewig dra nie (Daniel, 2011a:914; Heller et al, 2002:562-563). Kinderversorgers en maatskaplike werkers moet egter deel uitmaak van die spanbenadering om sodoende in die beste belang van die kind te kan optree (Buehler et al, 2006:549550; Cooley & Petren, 2011:1974; Geiger et al, 2013:1361; Hudson & Levasseur, 2002:859; Marcellus, 2008:19).

Sub-tema 6.2: Inligting ontvang van statuiere maatskaplike werker rakende die kind

Die volgende menings oor hierdie aspek is aangebied.

"Ons ontvang nie altyd nodige agtergrond inligting oor kinders nie. "

"Ontvang wel inligting, maar weet ook dat mens nooit alles van 'n kind sal weet nie. "

Die meerderheid deelnemers het aangedui dat hulle nie genoegsame inligting ontvang wanneer 'n kind in hul sorg geplaas word nie. Die literatuur bevestig dat die deelnemers se belewenisse gegrond is en noem dat kinderversorgers beperkte inligting ontvang rakende die agtergrondsomstandighede van (Buehler et al., 2006:527-528; Daniel, 2011a:914; Geiger et al., 2013:1362; Heller et al., 2002:563; Hobbs et al., 1999:1249) en gedragsprobleme by kinders (Buehler et al., 2003:69; Pithouse et al., 2002:212). Die inligting of gebrek daaraan hang meestal van die betrokke maatskaplike werker af. Soms is daar egter min of geen inligting oor 'n kind beskikbaar, of die aard van die inligting is te vertroulik om aan die kinderversorger mee te deel (Daniel, 2011a:914; Heller et al., 2002:563). As kinderversorgers egter nie voldoende inligting oor 'n bepaalde kind kry nie, kan hulle egter ook nie probleemgedrag by kinders toepaslik hanteer nie.

Sub-tema 6.3: Deurlopende inligting ontvang rakende die kind

Met betrekking tot deurlopende inligting oor 'n kind kan die volgende vermeld word.

"Weer eens hang dit van die betrokke maatskaplike werker af of ons deurlopende inligting ontvang. "

"Geen deurlopende inligting word verstrek nie en weet ek nie wat met die kind se saak plaasvind nie. "

Brown en Campbell (2007:1018) wys daarop dat die kinderversorgers in hul Studie die behoefte uitgespreek het om deurlopend deur die maatskaplike werker besoek te word om hulle in te lig oor die omstandighede van die kind sodat dit doeltreffend ondervang kan word, maar ook vir hulle as kinderversorgers om terugvoer te kry oor hul hantering van die kind. Dit word bevestig dat kontak tussen die kinderversorger en maatskaplike werker nie voldoende is nie (Hobbs et al, 1999:1249).

Tema 7: Profiel van die kind

Vier sub-temas word onder die profiel van die kind in 'n privaat piek van tydelike versorging hanteer.

Sub-tema 7.1: Tydperk van verblyf

Die volgende is opgemerk oor die tydperk van verblyf.

"Wat my betref bly kinders tussen 12 en 18 maande in privaat plekke van tydelike versorging. "

"Ek weet nie regtig hoe lank party kinders hier is nie, maar dit is langer as een jaar. "

Little, Kohm & Thompson (2005:207) noem dat dit kommerwekkend is dat daar nie genoeg data is oor hoe lank kinders in sorg aanbly nie. Daar word ook verder bevestig dat die versorging van 'n kind in alternatiewe sorg slegs tydelik van aard is (Holland & Gorey, 2004:117). Die norme en standaarde wat deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gestel word, dui aan dat 'n kind slegs solank as ses maande in 'n privaat piek van tydelike versorging gehuisves kan word (Makhavhu, 2010:5).

Sub-tema 7.2: Ouderdom

Oor die ouderdom van kinders is die volgende opgemerk.

"Ouderdom is belangrik. Kinders van dieselfde ouderdom is meer maatjies, jy kan nie 'n tiener en 'n baba saam hê nie. "

"Hoe kleiner die kind hoe makliker hanteerbaar is dit, ouer kinders se gedrag is moeilik hanteerbaar, hul verlede het alreeds 'n te groot invloed gehad. "

Smith, Stormshak, Chamberlain & Whaley (2001:203) meen kinders se ouderdom speel 'n groot rol in hul piasing en dat jonger kinders meer hanteerbaar is. Aan die ander kant, is dit uitdagend om 'n aantal kinders onder ses jarige ouderdom te versorg (Buehler et al., 2003:70).

Sub-tema 7.3: Geslag

Die volgende is oor die geslag van die kind vermeld.

"Geslag het nie regtig 'n invloed nie. "

"Die groot faktor is maar eintlik dit waaraan die kind blootgestel was, byvoorbeeld molestering. "

Die literatuur brei nie uit oor die invloed van 'n kind se geslag in sy piasing in alternatiewe sorg nie. Smith et al. (2001:203) noem wel dat ouer dogters 'n groter kans vir mislukte plasings het, maar brei nie uit oor die redes daarvoor nie.

Sub-tema 7.4: Kultuur

Oor kultuur is die volgende opgemerk.

"Taal het 'n invloed op die versorging van 'n kind. In die gevalle van swart tale word die assistent aangemoedig om meer by die kind betrokke te wees. "

"Verskillende kulture het verskillende wyses van kinderversorging en kulturele gebruike - dit stel uitdagings aan die kinderversorger. "

"Kinders van verskillende groepe kom aanvanklik nie altydgoed oor die weg nie. "

Howes en Shivers (2006:587) het in hul Studie gevind dat dit tog opmerklik is dat wanneer die kinderversorger en die kind in hul sorg van dieselfde kultuur is, daar 'n beter binding plaasvind as wanneer die kinderversorger en die kind se kulture verskil. Bernard (2014:90) en Daniel (201 lb:2234) bevestig dat daar verskillende opvattings in verskillende kulture bestaan oor die versorging van 'n kind, wat dus 'n negatiewe uitwerking kan hê op die versorging van die kinders.

Tema 8: Hantering van kinders

Die hantering van hierdie kinders word in die volgende vier sub-temas hanteer.

Sub-tema 8.1: Ouerskapstyl

Wat ouerskapstyl betref, is die volgende opgemerk.

"Jy moet streng wees met wärmte, maar op die kind se ouderdomsvlak. "

" 'n Mens is soms so besig om vir huile manière te leer dat jy nie altyd by liefde gee uitkom nie. "

"Goeie roetine en reels in die huis is belangrik. "

Heller et al. (2002:571) is van mening dat die manier waarop kinderversorgers hul eie kinders opgevoed het, dikwels 'n invloed het op die manier waarop hülle die kinders in hul sorg opvoed. Daar bestaan egter geen vaste reels as dit by kinderopvoeding kom nie. Dit is egter belangrik om die verskil vir kinderversorgers uit te wys tussen die behoeftes van hul eie biologiese kinders en die van kinders in nood wat ander eise stel.

Sub-tema 8.2: Gedragsprobleme

Die volgende is oor gedragsprobleme by hierdie kinders opgemerk.

"Hierdie kinders is dikwels aggressief en beseer hulself soms. "

"Maak soms bed nat en die beskadiging van eiendom. "

"Hierdie kinders het dikwels nie respek vir volwasse persone nie. "

Kinderversorgers het dit moeilik gevind om die volgende gedrag van kinders in hul sorg te hanteer, naamlik hiperaktiwiteit, aggressie, selfbesering, gebrek aan grense en onaanvaarbare seksuele gedrag. Hierdie gedragsprobleme bring dikwels mee dat hülle 'n gevoel van magteloosheid beleef (Cuddeback & Orme, 2002:893; Heller etal, 2002:565-566).

Sub-tema 8.3: Hantering van dissipline

Deelnemers het die volgende oor die hantering van dissipline op te merk.

"Ek dreig die kinders dikwels, deur hülle kamer toe te stuur of uitskryfwerk te gee. "

"Gee soms 'n pak slae, ander vorme van straf werk nie. "

"Neem hul speelgoed tydelik weg. "

Alhoewel dit nie toelaatbaar is nie, het van die deelnemers aangedui dat hulle soms die kinders ligte lyfstraf gee byvoorbeeld 'n raps op die boud. Die volgende aspekte word as belangrik beskou in die hantering van dissipline by kinders in nood: die stel van vaste roetine, duidelike en verstaanbare reels en verwagtinge, konsekwente hantering in die versorging van kinders en die aanvaarding van verantwoordelikheid hul optrede. Versorgers moet egter te alle tye geduldig, buigsaam en empaties wees in die dissiplinering en versorging van kinders in nood sodat hul altyd veilig voel (Buehler et al, 2003:74-75; Wilson, 2006:508).

Sub-tema 8.4: Uitwerking van kinders op mekaar

Die volgende is opgemerk oor die uitwerking van kinders op mekaar.

"Hulle maak mekaar onrustig en aggressief en moedig mekaar aan om stout te wees. "

"Dikwels staan hul saam teen die versorger. "

Die literatuur bevestig dat kinders dikwels aggressief teenoor mekaar optree (Heller et al, 2002:565) en kant kies teen die versorger. Mishandeling van mekaar vind soms plaas, en is meestal van 'n seksuele aard (Hobbs etal., 1999:1248-1249).

Tema 9: Suksesse

Die volgende word deur deelnemers as suksesse vermeld.

"As jy positiewe verandering in 'n kind se gedrag raaksien. "

"Wanneer die gemeenskap sien dat die kinders iets in die lewe bereik het. "

"As die kind op skool goed vaar en 'n positiewe selßeeld ontwikkel. "

Die literatuur meld dat dit belangrik is om te weet wat die kinderversorgers as positiewe aspekte van versorging beskou, omdat dit hulle help met die hantering van die hoë eise wat aan hulle gestel word (Buehler et al, 2003:66). Kinderversorgers beleef dikwels sukses wanneer hulle in kinders se individuele behoeftes kan voorsien en kinders met vaardighede kan toe rus (Brown & Campbell, 2007:1018). Selfs 'n kind aan 'n gesonde gesinslewe bloot te stel kan groot sukses inhou vir die kinderversorger en die kind self (Brown & Campbell, 2007:1017-1018; Buehler et al, 2003:66).

Tema 10: Uitdagings

Die volgende kan oor die uitdagings wat kinderversorgers ervaar gerapporteer word.

"Die assistente Med groot uitdagings sowel as kinders wat erg getraumatiseer is. "

"Toepassing van dissipline en om netheid en higiëne by hul in te skerp. "

"Kinders wat nie met jou 'n verhouding wil bou nie. "

"Die gemeenskap dink nie veel van ons nie. "

Om as 'n kinderversorger van 'n getraumatiseerde kind op te tree stel hoë eise. Verskeie struikelblokke is geïdentifiseer wat nog verdere druk op die kinderversorger geplaas het, onder andere die lae status en swak salarisse van 'n kinderversorger, om goeie verhoudings met die kinders op te bou, maar tog nie te emosioneel by die kind betrokke te raak nie (Heller et al, 2002:566; Marcellus, 2008:18; Wilson, 2006:497). Assistente bied uitdagings aangesien hulle van die kinderversorger kan verskil in terme van dissipline en interne reelings in die huishouding.

 

BESPREKING

Dit het na vore gekom dat kinderversorgers se motief om betrokke te raak by privaat plekke van tydelike versorging te make het met die verskil wat hulle in kinders se lewens wou maak. Die deelnemers het aangedui dat hul motiewe om aanvanklik betrokke te raak by privaat plekke van tydelike versorging nie sodanig verander het nie maar dat hulle definitief 'n meer realistiese besef ontwikkel het van die versorging van die kinders in hul sorg. Die kinderversorger vervul 'n kardinale roi in die versorging van die kind in 'n privaat plek van tydelike versorging. Die kinderversorger is verantwoordelik om in al die behoeftes van die kind te voorsien. Negatiewe gevoelens is uitgespreek oor die biologiese ouers van die kind wat in hul sorg is. Die terminering van 'n kind se sorg in 'n privaat plek van tydelike versorging het baie emosionele reaksie by kinderversorgers ontlok.

Een van die belangrikste aspekte wat na vore gekom het in die huidige Studie was die behoefte aan formele opleiding voordat die kinderversorger aangestel is, sowel as deurlopende opleiding om die kinderversorger met bykomende vaardighede toe te rus. In hierdie artikel is die finansiële ondersteuning, praktiese hulp, aflos/verlof, sosiale, emosionele en gemeenskapsondersteuning van kinderversorgers onder die loep geneem. Al die deelnemers het saamgestem dat daar meer hulp vir hulle gegee moet word om die kinders te versorg soos assistente en maatskaplike werkers. 'n Goeie samewerkende verhouding tussen die maatskaplike werker en kinderversorger is van kardinale belang. Kinderversorgers wil graag betrokke wees as deel van die span in die besluitnemingsproses rakende die kind.

Uit die literatuur, asook uit die deelnemers se waarnemings, het dit duidelik na vore gekom dat die meeste kinders wat in privaat plekke van tydelike versorging geplaas word, gedragsprobleme toon en dat hulle gedrag mekaar negatief be'invloed. Van die deelnemers het bevestig dat hulle soms van lyfstraf gebruik maak om die kinders te dissiplineer aangesien ander strafmetodes nie altyd die gewenste uitwerking het nie. Vol gens Suid Afrika, 2005 (Children's Act 38 of 2005) mag die kinders egter nie lyfstraf ontvang nie. Die behoefte aan kennis en inligting om die kinders op die regte manier te dissiplineer, is dus sterk.

Al die deelnemers het heelhartig saamgestem dat kinderversorgers in privaat plekke van tydelike versorging sukses beleef wanneer daar positiewe verandering in die kind se gedrag waargeneem kan word. Die literatuur het bevestig dat dit belangrik is dat kinderversorgers 'n mate van sukses moet beleef omdat dit hulle bemoedig wanneer hoë eise aan hulle gestel word om in al die kind se behoeftes te voorsien. Kinderversorgers beleef heelwat uitdagings soos gedragsprobleme by kinders, die biologiese ouers, finansies, emosionele uitputting en die gebrek aan assistente wat voldoende opgelei is om die kinderversorger effektief by te staan ter versorging van die kind. Dit het duidelik na vore gekom dat die literatuurstudie die empiriese bevindinge tot 'n groot mate versterk het.

 

AANBEVELINGS

Op grond van die voorafgaande bevindinge word die volgende aanbevelings aan die hand gedoen.

Dat 'n bemagtigingsprogram ontwikkel moet word wat spesifiek fokus op die behoeftes van kinderversorgers in privaat plekke van tydelike versorging.

Aanvanklike en deurlopende opleiding in groepwerkverband moet vir kinderversorgers aangebied word.

Maatskaplike werkers wat betrokke is by privaat plekke van tydelike versorging behoort deel te vorm van die bemagtigingsprogram wat aangebied word.

Kinderversorgers behoort deel uit te maak van die professionele span wat besluite neem rakende die kind se versorgingsplan.

Opleiding behoort ook aan assistente gegee te word.

 

SAMEVATTING

Die huidige Studie het spesifiek gefokus op die behoeftes van kinderversorgers wat betrokke is by die kind in nood wanneer hy in 'n privaat plek van tydelike versorging geplaas word. Om in die kind in nood se beste belang te kan optree moet in sy behoeftes voorsien kan word. Hierdie kinders het egter dikwels intense behoeftes wat hoë eise en verwagtinge aan kinderversorgers stel. Dit kom beslis na vore dat kinderversorgers nie voldoende opleiding ontvang om hul taak maksimaal te kan uit voer nie. Dit het ook herhaaldelik na vore gekom dat daar dikwels nie 'n samewerkende verhouding tussen kinderversorgers en maatskaplike werkers bestaan nie en dat kinderversorgers dikwels nie deel uitmaak van die spanbenadering nie, en maar alleen moet voortsukkel om in die kind se behoeftes te voorsien. Uit die artikel het dit duidelik na vore gekom dat kinderversorgers sekere definitiewe behoeftes het wat deur 'n bemagtigingsprogram ondervang kan word ten einde in die kind in nood se beste belang op te tree.

Die navorsing is moontlik gemaak deur SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en COMPRES.

 

BIBLIOGRAFIE

BABBIE, Ε. 2013. The practice of social research (13th ed). Belmont, Calif: Wadsworth Cengage Learning.         [ Links ]

BARKER, R.L. 2014. The social work dictionary. (6th ed). Washington, DC: National Association of Social Workers Press.         [ Links ]

BERNARD, G. 2014. A descriptive study investigating the quality of the physical and social environment for infants and toddlers living in residential care facilities in Johannesburg, South Africa. Johannesburg: University of the Witwatersrand. (MA Dissertation)        [ Links ]

BOSCH, D. 2015. Alternatiewe sorg in Suid-Afrika. [Persoonlike onderhoud.] Pretoria, 10 Julie.         [ Links ]

BOTMA, Y., GREEFF, M., MULAUDZI, FM. & WRIGHT, S.C.D. 2010. Research in health sciences. Cape Town: Heinemann.         [ Links ]

BROWN, J.D. & CAMPBELL, M. 2007. Foster parent perceptions of placement success. Children and Youth Services Review, 29(8):1010-1020.         [ Links ]

BUEHLER, C, COX, M. & CUDDEBACK, G. 2003. Foster parents' perceptions of factors that promote or inhibit successful fostering. Qualitative Social Work, 2(1):61-83.         [ Links ]

BUEHLER, C, RHODES, K, ORME, J. & CUDDEBACK, G. 2006. The potential for successful foster family care: conceptualizing competency domains for foster parents. Child Welfare, 85(3):523-558.         [ Links ]

COOLEY, ME. & PETREN, RE. 2011. Foster parent perceptions of competency: Implications for foster parent training. Children and Youth Services Review, 33(10): 1968-1974.         [ Links ]

COMBS-ORME, T. & ORME, J.G. 2014. Foster parenting together: assessing foster parent application couples. Children and Youth Services Review, 36:70-80.         [ Links ]

CRESWELL, J.W. 2014. Research design: qualitative, quantitative and mixed methods approaches. (4th ed). Los Angeles, Calif: Sage Publications.         [ Links ]

CUDDEBACK, G.S. & ORME, J.F. 2002. Training and services for kinship and nonkinship foster families. Child Welfare, 81(6):879-909.         [ Links ]

DANIEL, E. 2011. Gentle iron will: foster parents' perspectives. Children and Youth Services Review, 33(6):910-917.         [ Links ]

DANIEL, E. 2011. Fostering cultural development: foster parents' perspectives. Children and Youth Services Review, 33(11):2230-2240.         [ Links ]

DAVIES, P., WEBBER, M. & BRISKAMAN, J. A. 2015. Evaluation of a training programme for foster carers in an independent fostering agency. Practice: Social Work in Action, 27(1):35-49.         [ Links ]

DELGADO, P. & PINTO, V.S. 2011. Criteria for the selection of foster families and monitoring of placements: comparative study of the application of the Casey Foster Application Inventory-Applicant version (CFAI-A) Children and Youth Services Review, 33(6): 1031-1038        [ Links ]

DE MAEYER, S., VANDERFAEILLIE, J., VANSCHOONLANDT, F., ROBBERECHTS, M. & VAN HOLEN, F. 2014. Motivation for foster care. Children and Youth Services Review, 36:143-149.         [ Links ]

DE VOS, AS. & STRYDOM, H. 2011. Intervention research. (In: DE VOS, AS., STRYDOM, H, FOUCHE, C.B. & DELPORT, C.S.L., eds. Research at grass roots: for the social science and human professions. Pretoria: Van Schaik: 473-489.         [ Links ]

DORSEY, S., FARMER, E.M.Z., BARTH, R.P., GREENE, K.M., REDD, J. & LANDSVERK, J. 2008. Current status and evidence base of training for foster and treatment foster parents. Children and Youth Services Review, 30(12):1403-1416.         [ Links ]

DOZIER, M., DOZIER, D. & MANNI, M. 2002. Attachment and biobehavioral catch-up: the ABC's of helping infants in foster care cope with early adversity. Zero to Three, 22(5):7-13.         [ Links ]

FERNANDEZ, E. 2009. Children's wellbeing in care: evidence from a longitudinal study of outcomes. Children and Youth Services Review, 31(10): 1092-1100.         [ Links ]

FISH, Β. & CHAPMAN, Β. 2004. Mental health risk is to infants and toddlers in foster care. Clinical Social Work Journal, 32(2): 121-140        [ Links ]

FISHER, T., GIBBS, I., SINCLAIR, I. & WILSON, K. 2000. Sharing the care: the qualities sought of social workers by foster carers. Child and Family Social Work, 5(1):225-233.         [ Links ]

FLICK, U. 2009. An introduction to qualitative research. (4th ed). London: Sage Publications.         [ Links ]

FOUCHÉ, C.B. & SCHURFNK, E.W. 2011. Formal formulations. In: DE VOS, AS., STRYDOM, H, FOUCHÉ, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds). Research at grass roots: for the social science and human professions. Pretoria: Van Schaik:89-100.         [ Links ]

GEIGER, J.M., HAYES, M.J. & LIETZ, C.A. 2013. Sould I stay or should I go? A mixed mehods study examining the factors influencing foster parents' decisions to continue or discontinue providing foster care. Children and Youth Services Review, 35(9):1356-1365.         [ Links ]

HALLAS, D. 2002. A model for successful foster child-foster parent relationship. Journal of Pediatric Health Care, 16(3):112-118.         [ Links ]

HELLER, S.S., SMYKE, AT. & BORIS, N.W. 2002. Very young foster children and foster families: clinical challenges and interventions. Infant Mental Health Journal, 23(5):555-575.         [ Links ]

HOBBS, G.F., HOBBS, C.J. & WYNNE, J.M. 1999. Abuse of children in foster and residential care. Child Abuse & Neglect, 23(12): 1239-1252.         [ Links ]

HOLLAND, P. & GOREY, K. 2004. Historical, development and behaviour factors associated with foster care challenges. Child and Adolescent Social Work Journal, 21(2): 117-135.         [ Links ]

HOWES, C. & SHIVERS, EM. 2006. New child-caregiver attachment relationships: entering childcare when the caregiver is and is not an ethnic match. Social Development, 15(4):574-590.         [ Links ]

HUDSON, P. & LEVASSEUR, K. 2002. Supporting foster parents: caring voices. Child Welfare, 81(6):863-877.         [ Links ]

JAMIESON, L. 2014. Children's rights to appropriate alternative care when removed from the family environment: a review of South Africa's child & youth care centres. (In: PROUDLOCK, P. South Africa's progress in realising children's: a law review. Cape Town: Children's Institute, University of Cape Town & Save the Children South Africa: 213-257.         [ Links ])

KOREN-KARIE, N, OPPENHEIM, D., DOLEV, S., SHER, E. & ETZION-CARASSO, A. 2002. Mothers' insightfulness regarding their infants' internal experience: relations with maternal sensitivity and infant attachment. Developmental Psychology, 38(4):534-542.         [ Links ]

LA CHANCE, CP. 2005. Supporting the therapeutic environment: a program plan for training direct care staff within the shelter care enviroment. Chicago, 111.: Chicago School of Professional Psychology. (PhD Thesis)        [ Links ]

LEATHERS, S.J., SPŒLFOGEL, JE., MCMEEL, LS. & ATKINS, M.S. 2011. Use of a parent management training intervention with urban foster parents: a pilot study. Children and Youth Services Review, 33(7):1270-1279.         [ Links ]

LITTLE, M., KOHM, A. & THOMPSON, R. 2005. The impact of residential placement on child development: research and policy implictions. International Journal of Social Welfare, 14(3):200-209.         [ Links ]

LONNE, Β. & THOMSON, J. 2005. Critical review of Queensland's Crime and Misconduct Commission Inquiry into abuse of children in foster care: social work's contribution to reform. Australian Social Work, 58(1) 86-99        [ Links ]

MACDONALD, G & TURNER, W. 2005. An experiment in helping foster-carers manage challenging behaviour. British Journal Of Social Work, 35(8): 1265-1282.         [ Links ]

MAHERY, P., JAMIESON, L. & SCOTT, Κ 2011. Children's act guide for child and youth care workers. Cape Town: Children's Institute, University of Cape Town & National Association of Child and Youth Care Workers.         [ Links ]

MAKHAVHU, Z.V. 2010. Admission policy for temporary safe care. Original document from Directorate Children Services, Department of Health and Social Development, North West Provincial Government, Republic of South Africa.         [ Links ]

MARCELLUS, L. 2008. Supporting resilience in foster families: a model for program design that supports recruitment, retention, and satisfaction of foster families who care for infants with prenatal substance exposure. Child Welfare, 89(1):7-29.         [ Links ]

METNTJES, H, MOSES, S., BERRY, L. & MAMPANE, R. 2007. Home truths: the phenomenon of residential care of children in a time of AIDS. Cape Town: Children's Institute, University of Cape Town & Centre for the Study of AIDS, University of Pretoria.         [ Links ]

MILLIGAN, I & STEVENS, I 2006 Residential child care: collaborative practice London: Sage Publications.         [ Links ]

MONETTE, DR., SULLIVAN, T.J. & DEJONG, CR 2011. Applied social research: a tool for the human services. London: Brooks/Cole Cengage Learning.         [ Links ]

MURRAY, L., TARREN-SWEENEY, M. & FRANCE, K. 2011. Foster carer perceptions of support and training in the context of high burden of care. Child and Family Social Work, 16(2):149-158.         [ Links ]

PACIFICI, C, DELANEY, R, WHITE, L., NELSON, C. & CUMMINGS, K. 2006. Web-based training for foster, adoptive, and kinship parents. Children and Youth Services Review, 28(1):1329-1343.         [ Links ]

PEARS, K.C., FISHER, P.A., BRUCE, J., KEVI, H.K. & YOERGER, K. 2010. Early elementary school adjustment of maltreated children in foster care: the roles of inhibitory control and caregiver involvement. Child Development, 81(5):1550-1564.         [ Links ]

PITHOUSE, Α., HILL-TOUT, J. & LOWE, K. 2002. Training foster carers in challenging behaviour: a case study in disappointment? Child and Family Social Work, 7(3):203-214.         [ Links ]

POGGENPOEL, M. 1998. Data analysis in qualitative research. (In: DE VOS, AS, STRYDOM, H, FOUCHÉ, C.B., POGGENPOEL, M. & SCHURINK, E.W.(eds). Research at grass roots: a primer for the caring professions. Pretoria: Van Schaik:334-353.         [ Links ])

PROCTOR, L.J., RANDAZZO, K.V.D., LITROWFNIK, A.J., NEWTON, R.R., DAVIS, IP. & VILLODAS, M. 2011. Factors associated with caregiver stability in permanent placements: a classification tree approach. Child Abuse & Neglect, 35(6):425-436.         [ Links ]

REAMER, F.G. 2012. Codes of ethics. In: GRAY, M, MIDGLEY, J. & WEBB, S.A., eds. The SAGE handbook of social work. Los Angeles, Calif: Sage Publications: 299-315.         [ Links ]

RHODES, K., ORME, J. & MC SURD Y, M. 2003. Foster parents' role performance responsibilities: perceptions of foster mothers, fathers and workers. Children and Youth Services Review, 25(12):935-964.         [ Links ]

RICH, H. 1996. The effects of a health newsletter for foster parents on their perceptions of the behaviour and development of foster children. Child Abuse & Neglect, 20(5):437-445.         [ Links ]

SANCHIRICO, A. & JABLONKA, K. 2000. Keeping foster children connected to their biological parents: the impact of foster parent training and support. Child and Adolescent Social Work Journal, 17(3):185-203.         [ Links ]

SCHÄFER, L. 2011. Child law in South Africa: domestic and international perspective. Durban: LexisNexis.         [ Links ]

SILVERMAN, D. 2008. Doing qualitative research: a practical handbook. London: Sage Publications.         [ Links ]

SMITH, D.K., STORMSHAK, E., CHAMBERLAIN, P. & WHALEY, R.B. 2001. Placement disruption in treatment foster care. Journal of Emotional and Behavioral Disorders, 9(3):200-205.         [ Links ]

SOUTH AFRICA. 2005. Children's Act 38 of 2005.         [ Links ]

STEVENS, I. 2004. Cognitive-behavioural interventions for adolescents in residential child care in Scotland: an examination of practice and lessons from research. Child and Family Social Work, 9(3):237-246.         [ Links ]

STRYDOM, H. 2011. Ethical aspects of research in the social science and human service professions. In: DE VOS, AS., STRYDOM, H, FOUCHÉ, C.B. & DELPORT, C.S.L., eds. Research at grass roots: for the social science and human professions. Pretoria: Van Schaik: 113-130.         [ Links ]

STRYDOM, H. & DELPORT, C.S.L. 2011. Sampling and pilot study in qualitative research. In: DE VOS, AS., STRYDOM, H, FOUCHÉ, C.B. & DELPORT, C.S.L., (eds) Research at grass roots: for the social science and human professions. Pretoria: Van Schaik: 390-396.         [ Links ]

SUID AFRIKA. 2005. Children's Act 38 of 2005. Pretoria: Staatsdrukker.         [ Links ]

TARREN-SWEENEY, M. 2008. The mental health of children in out-of home care. Current Opinion in Psychiatry, 21(4) 345-349        [ Links ]

THYER, B.A. 2010. The handbook of social work research methods. (2nd ed). Los Angeles, Calif. : Sage Publications.         [ Links ]

TEVIMER, S.G., URQUIZA, A.J. & ZEBELL, N. 2006. Challenging foster caregiver-maltreated child relationships: the effectiveness of parent-child interaction therapy. Children and Youth Services Review, 28(1):1-19.         [ Links ]

TYEBJEE T. 2003. Attitude, interest, and motivation for adoption and foster care. Child Welfare, 82(6):685-706.         [ Links ]

VAN EMMENIS, H. 2015. Alternatiewe sorg in Suid-Afrika. [Persoonlike onderhoud.] Pretoria, 8 Julie.         [ Links ]

VAN SCHALKWYK, M. 2015. Alternatiewe sorg in Suid-Afrika. [Persoonlike onderhoud] Pretoria, 3 Julie.         [ Links ]

VANSCHOONLANDT, F., VAN HOLEN, F., VANDERFAEILLIE, J., DE MAEYER, S. & ANDRES, C. 2013. Flemish foster mothers' perceptions of support needs regarding difficult behaviors of their foster child and their own parental approach. Child Adolescence Social Work Journal, 31(1):71-86.         [ Links ]

VIRMANI, E.A. & ONTAI, LL. 2010. Supervision and training in child care: does reflective supervision foster caregiver insightfulness? Infant mental health journal, 31(1):16-31.         [ Links ]

WILSON, K. 2006. Can foster carers help children resolve their emotional and behavioural difficulties? Clinical Child Psychology and Psychiatry, 11(4):495-511        [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License