SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue3Die psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders / The psychosocial needs of social workers during investigations into child sexual abuseExperiences and challenges faced by families dealing with delinquent children in Botswana author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Social Work

On-line version ISSN 2312-7198
Print version ISSN 0037-8054

Social work (Stellenbosch. Online) vol.54 n.3 Stellenbosch  2018

http://dx.doi.org/10.15270/52-2-654 

ARTICLE

 

Persepsies van onderwysers na hulle blootstelling aan "Understanding the scope of child abuse"-program /Teacher perceptions after exposure to "Understanding the scope of child abuse" program

 

  

 

Suria BarnardI; Corinne StrydomII; Antoinette VermeulenIII

IPrivate Practitioner, Klerksdorp
IICOMPRES, School for Psychosocial Behavioural Science (Social Work)
IIIQuality Assurance, North West University, (Potchefstroom Campus), Potchefstroom, South Africa

 

 


ABSTRACT

Sexual abuse is not being reported adequately. Teachers are in an ideal position to deal with and report sexual abuse, but they are not sufficiently trained in this regard. Therefore it was necessary to evaluate whether training programmes could be effective. The research that informed this article focused on presenting a specific training programme to twenty primary school teachers after which two focus group interviews were conducted. The aim was to explore the participants' perceptions regarding the programme. The teachers benefitted from the relevant information, they valued the group consolidation, they felt confident about sharing experiences and they were more prepared to act in sexual abuse cases.


 

 

AGTERGROND EN LITERATUUROORSIG

Volgens die Children's Act (38 of 2005) (South Africa, 2005) word onderwysers ingesluit by die persone wat seksuele misbruik moet aanmeld by 'n kinderbeskermingsorganisasie, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of die polisie, indien op redelike gronde afgelei word dat 'n kind seksueel misbruik word. Onderwysers het dus nie 'n keuse rondom die aanmelding van seksuele misbruik nie. Volgens die Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act (32 of 2007) (South Africa, 2007) word seksuele misbruik gedefinieer as enige persoon wat 'n kind ('n persoon onder die ouderdom van 18 jaar), met of sonder die toestemming van die kind, by 'n seksuele daad betrek.

Ten spyte van 'n wetlike verpligting bestaan daar steeds kommer rondom die aanmelding van seksuele misbruik van kinders. Goldman (2010:284) en Chosi (2004:64) verwys na seksuele misbruik as n "hidden crime" aangesien daar soveel huiwering is om dit te rapporteer. Die Community Agency for Social Enquiry (CASE) se verslag meld dat weens die aard van geheimhouding en die feit dat seksuele misbruik nie aangemeld word nie, dit moeilik is om presies te bepaal wat die omvang daarvan is (CASE, 2005:5). Volgens Collings (2006:36-37) is daar bevind dat seksuele misbruik van kinders een van die verskynsels is wat die minste aangemeld word. Hy meld verder dat 42% van kinders wat seksueel misbruik is, dit nooit aanmeld nie. Dit wil dus voorkom of navorsing dit eens is dat daar 'n dilemma bestaan rondom die aanmelding van seksuele misbruik.

Vervolgens dui verskillende studies egter by herhaling aan dat die onderwyser die potensiaal het om hierdie leemte rondom aanmeldings aan te spreek. Die hantering van seksuele misbruik kan beter bestuur word binne skoolverband, aangesien daar voortdurende kontak tussen die onderwyser en die kind is (Ratlhagane, 2002:90). Chosi (2004:65), Delport (2010:38), Goldman en Grimbeek (2008a:292) en Schols, De Ruiter, Öry (2013:3) is van mening dat die skool die mees vanselfsprekende plek is waar seksuele misbruik aangespreek kan word en dat onderwysers n belangrike rol speel by die bekendmaking, sowel as die aanmelding, van seksuele misbruik. Hieruit lei die outeur af dat die skool as instansie meer potensiaal het rondom die suksesvolle hantering van seksuele misbruik as wat tans die geval is.

Dit is die waarneming van die outeur, as maatskaplike werker in privaat praktyk in die Welkom area (Vrystaat), dat onderwysers in hulle daaglikse werksaamhede die voordeel het om veranderinge in kinders se gedrag waar te neem. Dit word deur Schols et al. (2013:3) bevestig. Sommige kinders wat deur die outeur in praktyk gesien word, word deur die skool verwys op grond van die onderwyser se waarneming.

Uit konsultasies en deur dienslewering aan skole, het dit geblyk dat van hierdie skole leemtes rondom die beleid, wetgewing of protokol rakende seksuele misbruik toon. Onderwysers wat bekommerd is, wend dikwels pogings aan om kinders oor seksuele misbruik te ondervra. Müller (2003:4) verwys na algemene misverstande wat dikwels voorkom wanneer kinders gebeure rondom seksuele misbruik beskryf. Die skrywer meen dat die kind se verklaring dus deur ondervraging gekontamineer word.

Chosi (2004:68), Ratlhagane (2002:89) en Van Niekerk (2012:48) is dit eens dat onderwysers nie genoegsaam opgelei is om seksuele misbruik te hanteer nie. Soortgelyk hieraan bevind Van der Schyff (2009:58) in haar studie oor aanmeldingsriglyne vir adolessente dat onderwysers elke dag met kinders werk, maar nie weet hoe om die kinders, wat seksuele misbruik onthul, te help nie. Onderwysers se onbevoegdheid om seksuele misbruik toepaslik aan te spreek, kan die verloop van die aanmeldingsproses belemmer.

Navorsing in Australië maak soortgelyke bevindings oor die hantering van seksuele misbruik deur onderwysers. Volgens navorsing in Australië is bevind dat onderwysers probleme ondervind om seksuele misbruik, volgens onderwysbeleid, aan te meld (Goldman & Grimbeek, 2008a:294). Daar word ook verwys na 'n gebrek aan selfvertroue om op te tree. Verder meld Goldman en Grimbeek (2008b:234) dat "most student teachers reported not having learned about any of these topics". Hier word verwys na inligting oor seksuele misbruik, verpligting om te rapporteer en die beleid van die Departement van Onderwys in Australië. Goldman en Grimbeek (2011:6) meld ook dat onderwysers verkies om nie seksuele misbruik aan te meld nie weens die feit dat seksuele misbruik baie konfronterend is.

Dit blyk of die Departement van Onderwys in Suid-Afrika pogings aangewend het om onderwysers te bemagtig deur die voorsiening van beleid vir die hantering van seksuele misbruik. Die beleid erken die posisie van die skool ten opsigte van die hantering van seksuele misbruik. Volgens die Education White Paper 6 (Department of Education, 2001:17) word daar met inklusiewe onderwys onder andere gefokus op die hantering van struikelblokke in die onderwyssisteem wat verhoed dat die volle spektrum van leeruitkomste bereik kan word. Seksuele misbruik word by dié struikelblokke in die National Strategy on Screening, Identification and Support ingesluit (Department of Education, 2008b:8).

Die Departement van Onderwys het voorsiening gemaak vir die vestiging van ondersteuningspanne op skoolvlak (Department of Education, 2001:48) en verwys daarna as ILST's (institutional-level support teams). In praktyk beteken dit dat 'n ondersteuningspan, bestaande uit onderwysers, moontlike struikelblokke vir kinders se leeruitkomste aanspreek. Riglyne is beskikbaar vir die ILST om onder andere seksuele geweld en teistering wat binne skoolverband voorkom, te hanteer volgens die Guidelines for the Prevention and Management of Sexual Violence and Harassment in Public Schools (Department of Education, 2008a:18-20).

Ten spyte van beleid wat op nasionale vlak in plek gesit is, blyk daar nog leemtes te bestaan op provinsiale vlak rondom die bemagtiging van onderwysers om seksuele misbruik te hanteer. Dit blyk dat slegs die provinsiale departement van onderwys in Gauteng (Gauteng Department of Education, 2008:1-58) en die Wes-Kaap (Western Cape Department of Education, 2003:1-3) sover gegaan het om handleidings vir onderwysers saam te stel rakende die prosedures en protokol om seksuele misbruik van leerders te hanteer. In die Vrystaat is daar nie soortgelyke inisiatiewe beskikbaar gestel nie. Dit blyk verder dat die Departement van Onderwys nie formele opleidingsgeleenthede hierin bied nie.

Indien daar na opleidingsgeleenthede gekyk sou word, bied verskeie outeurs riglyne vir opleiding aan onderwysers. Goldman (2010:289) en Goldman en Grimbeek (2011:4) beveel aan dat opleiding moet fokus op tekens en simptome van misbruik, asook wetlike verpligtinge. Hawkins en McCallum (2001:1617) en Kenny, Capri, Thakkar-Kolar, Ryan en Runyon (2008:48) is van mening dat indien progamme skoolgebaseer is, alle personeel opgelei behoort te word in die hantering van seksuele misbruik van kinders en hoe om n onthulling deur n kind te hanteer.

Uit die voorafgaande is die volgende riglyne geïdentifiseer wat in 'n opleidingsprogram ingesluit behoort te word:

  • Kennis van seksuele misbruik

  • Waarneming van tekens en simptome wat dui op seksuele misbruik

  • Hantering van n onthulling oor seksuele misbruik

  • Kennis van wetgewing en beleid rondom die aanmelding van seksuele misbruik

Verskeie nie-winsgewende organisasies beskik wel oor opleidingsprogramme vir onderwysers wat op bogenoemde riglyne gebaseer is. Dit sluit in: Teddy Bear Clinic in Johannesburg, Safeline in Kaapstad, Childline Gauteng, Childline Vrystaat en Childline in die volgende provinsies: Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Noordwes en Mpumalanga. Dit wil voorkom asof hierdie inisiatiewe vrugte afwerp, aangesien die organisasies meld dat daar n toename in aanmeldings deur onderwysers oor die seksuele misbruik van kinders is nadat hulle die opleidingsprogramme bygewoon het (Beneder, 2013; Karnel, 2013; Martins, 2013).

Uit bogenoemde blyk dit dat daar wel n verskeidenheid opleidingsprogramme bestaan, maar tog is dit nie duidelik wat onderwysers se persepsies daarvan is ná afloop van die programme nie. Derhalwe word hierdie navorsing deur die volgende vraag gerig: Wat is laerskool-onderwysers se persepsies ná afloop van n opleidingsprogram oor die hantering van seksuele misbruik van kinders?

Vir die doel van die navorsing is "Understanding the scope of child abuse", 'n opleidingsprogram vir onderwysers, gekies. Hierdie program is deur 'n maatskaplike werker met meer as agt jaar ondervinding in die forensiese veld en met 'n PhD in kinderbeskerming, ontwikkel. Sy is 'n direkteur van Forensic Consultation and Training (FACT), 'n opleidingsmaatskappy wat opleiding aan maatskaplike werkers, skole en ander organisasies gee oor die hantering van seksuele misbruik. Die program word sedert 2012 in die Gauteng area aangebied, maar is nog nie formeel geëvalueer nie.

Die "Understanding the scope of child abuse"-program bestaan uit 'n opleidingsessie wat ongeveer twee ure duur. Dit sluit n handleiding en n Power-Point-aanbieding in wat slegs in Engels beskikbaar is. Daar is kostes verbonde aan die aanbieding van die program vir die skool wat die opleiding wil deurloop.

Die inhoud van die "Understanding the scope of child abuse"-program stem ooreen met die riglyne soos geïdentifiseer vanuit die literatuur. Die aanbieding is gerig op laerskoolonderwysers en fokus op die bewusmaking van die laerskoolonderwyser se rol en verantwoordelikheid ten opsigte van die hantering van seksuele misbruik, die aard en omvang van seksuele misbruik, die korrekte hantering van problematiese seksuele gedrag en die onthulling van seksuele misbruik, strategieë vir die voorkoming van seksuele misbruik, die wetlike verpligting om seksuele misbruik aan te meld en stappe wat in die aanmeldingsproses gevolg word.

 

Tabel 1

 

Die doel van hierdie ondersoek was om die persepsies van laerskoolonderwysers ná bywoning van die opleidingsprogram, "Understanding the scope of child abuse", te ondersoek en te beskryf.

 

METODE VAN ONDERSOEK

Benewens boeke en tydskrifte is beleidsdokumente van die Departement van Onderwys van Suid-Afrika en toepaslike wette ook geraadpleeg. Die outeur het van die kwalitatiewe interpreterende ontwerp gebruik gemaak. Volgens Fouché en Schurink (2011:311) is die vertrekpunt van die outeur met die interpreterende ontwerp dat die werklikheid ontdek word deur middel van n sistematiese interaktiewe benadering. Die outeur het besluit op beide die verkennende en beskrywende oogmerke aangesien min inligting oor die onderwerp bestaan en onderwysers se persepsies oor n bestaande opleidingsprogram nog nie ondersoek en beskryf is nie (Engel & Schutt, 2013: 18; Fouché & De Vos, 2011:95-96). Etiese klaring van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) is bekom onder die sambreelprojek van "The development and evaluation of programs and a protocol in Forensic Social Work" (etiese nommer NWU-00027-09-A1), wat 'n gerigte M-program is. Toestemming is ontvang van die Vrystaatse Departement van Onderwys, die skool waar die opleiding gehou is asook van die betrokke onderwysers.

Die outeur het spesifiek die funksionerende skoolgebaseerde ondersteuninspan of ILST (institutional level support team) as deelnemers geteiken omdat sy strategiese rolspelers wou kies wat betrokke is by die dienslewering aan en verwysing van kinders binne laerskoolverband. Elke skool behoort, volgens beleid, 'n ILST te hê om hulpverlening op skoolvlak te koördineer. Die teikengroep was uit Welkom, Odendaalsrus en Virginia, aangesien die outeur in die omgewing praktiseer en reeds n verhouding met die betrokke skole opgebou het. Gesien in die lig van die verkennende en beskrywende oogmerke is doelgerigte steekproefneming gebruik om deelnemers te nader om aan die navorsing deel te neem (Strydom, 2011:232).

Die outeur het die opleidingsprogram aangebied. Daarna het die outeur van twee fokusgroepe, met tien deelnemers elk, gebruik gemaak en dataversadiging is ná die tweede fokusgroeponderhoud bereik. Volgens Botma, Greeff, Mulaudzi en Wright (2010: 210) is 'n fokusgroep 'n fyn beplande groeponderhoud wat gesamentlike aktiwiteite en bespreking behels soos deur die navorser bepaal. Greeff (2011:374) meld vervolgens dat fokusgroepe oor die voordeel van sinergie beskik, wat die potensiaal het om belangrike konstrukte te onthul. Die fokusgroeponderhoude het onderskeidelik 50 en 40 minute geduur. Die vrae is in onderstaande tabel uiteengesit.

 

Tabel 2

 

Die kwalitatiewe data vanuit die fokusgroepe is deur die outeur georden, geklassifiseer en geanaliseer. Temas en subtemas is geïdentifiseer. Die outeur het gebruik gemaak van Tesch se benadering tot tematiese analise van die kwalitatiewe data (Poggenpoel, 1998:343). Volgens Botma et al. (2010:234) word waarheidsgetrouheid, konsekwentheid, toepaslikheid en neutraliteit as kriteria aangelê om vertrouenswaardigheid van bevindinge te verseker. By waarheidsgetrouheid het die outeur eers 'n verhouding met die deelnemers opgebou. Fokusgroupe is gehou en deeglike veldnotas is geneem. By konsekwentheid is die prosedure wat tydens die studie gevolg is om data in te samel en data te interpreteer volledig weergegee ten einde replisering te bewerkstellig. Opnames sowel as veldnotas is gebruik om volledige en onafhanklike date in te samel. Kodering en herkodering is met behulp van die studieleiers gedoen. Toepaslikheid is benut deurdat die outeur die navorsingsprosedure deeglik met al die deelnemers bespreek het. Die metode van steekproefneming is duidelik beskryf. Die getal fokusgroepe is aan die hand van dataversadiging bepaal. By neutraliteit het gereelde konsultasie met die studieleiers objektiwiteit en neutraliteit verseker. Om verdienstelikheid, oordraagbaarheid en betroubaarheid van die navorsing te bevestig, het die outeur al die rou data soos bandopnames, veldnotas, opsommings en prosesnotas gebruik om te verklaar watter inligting verkry is en hoe die inligting ingewin is.

 

BEVINDINGS

Na aanleiding van die twee fokusgroepgesprekke en die veldnotas, het die volgende vyf temas na vore gekom. Die bevindinge van die onderskeie fokusgroepe het ooreengestem. Direkte aanhalings van deelnemers word ook gereflekteer om die data te verryk en literatuurkontrole word gedoen.

 

Tabel 3

 

Algemene indruk van die program "Understanding the scope of child abuse"

Die algemene en oorwegende induk van die program was positief. Sommige deelnemers het dit as volg beskryf en ander het die opmerkings beaam:

"Ek dink in oorsig is dit 'n kort, interessante, feitlike hulpmiddel wat mens kan gebruik."

"Prakties."

"Ek dink regtig dis 'n goeie program."

"Voel meer voorbereid."

Die deelnemers het dus gevoel dat dit 'n praktiese en goeie program was wat hulle oor seksuele misbruik van kinders ingelig het.

Manier van aanbieding

Hierdie tema verwys na die deelnemers se belewing van die aanbieding van die program en die wyse waarop inligting oorgedra is. Ter aanlsuiting by die aanbieding word daar ook uitgebrei oor die groep se indrukke van die groep se grootte en die interaksie.

Deelnemers was dit eens dat die taalgebruik van die aanbieding en die aanbieder op hulle vlak was en dat inligting en begrippe maklik verstaan kon word. Die volgende opmerkings is gemaak: "maklike taal, nie te professioneel nie" en "jy gebruik terme wat ons elkeen verstaan, dis nie te hoogdrawend nie".

Al die deelnemers het die aanbieding van die program binne kleingroep verband as positief beleef. Daar was n beduidende opinie vanuit beide groepe dat die opleiding en die inligting by soveel moontlik persone moet uitkom, maar weens die aard van die sensitiwiteit van die onderwerp, moet die opleiding in kleiner groepe geskied. 'n Versoek van een deelnemer lui as volg: "Julle moet dit dalk net so klein hou. Hou dit kleingroepies." Die fokusgroep het, soos reeds genoem, uit 10 deelnemers per groep bestaan.

Deelnemers was van die opinie dat die interaksie ook deur die grootte van die groep beïnvloed sou word en weens n behoefte om vrae te kan vra sonder om blootgestel te voel, is n kleingroep verkies. Opinies word as volg gereflekteer: "dis so 'n sensitiewe onderwerp" en "ek het van die kleingroep gehou; asjy 'n vragie het, kanjy dadelik 'n antwoordkry". 'n Deelnemer het in reaksie daarop genoem dat sy veiliger in die kleingroep gevoel het.

Die deelnemers se waarde aan groep interaksie word verder geïllustreer aan die hand van die volgende: n Power-Point-aanbieding van die program se inligting word ingesluit by die opleidingsmateriaal vir die aanbieding van die program. Tydens die tweede fokusgroeponderhoud het die dataprojektor wat beskikbaar gestel is, nie gewerk nie, met die gevolg dat slegs die handleiding tydens die aanbieding van die tweede opleidingsessie benut is. Die deelnemers het tydens die fokusgroepbespreking gemeld dat hulle die aanbieding van die program sonder die dataprojektor verkies het, aangesien dit die interaksie, waaraan hulle n groter behoefte gehad het, vergemaklik het. Deelnemers se opmerkings het die volgende ingesluit: "jy sou die interaksie weggevat het", "dit sou die interaksie heeltemal weggevat het" en "dan gaan ons nie vrae vra nie" .

Die outeur het waargeneem dat die interaksie tussen die deelnemers in die twee afsonderlike groepe tydens die opleidingsprogram duidelik verskil het. Die interaksie tussen die tweede groep, waar die dataprojektor ontbreek het, is deur groter gemak gekenmerk. Die outeur was instaat om meer oogkontak met die deelnemers te maak en die outeur is van mening dat dít bygedra het tot 'n gemaklike en veilige atmosfeer wat interaksie bevorder het.

Daar is reeds melding gemaak van die feit dat die deelnemers n behoefte aan interaksie gehad het en dat die interaksie as positief en toepaslik beleef is. Een deelnemer het haar as volg uitgespreek: "Die onderwerp is van so 'n aard dat jy dit nie formeel-styf kan aanbied nie; ons moet daaroor praat want elkeen van ons het n ander ervaring." Deelnemers het by herhaling genoem dat hulle die vrymoedigheid gehad het om aan interaksie deel te neem. Easterbrooke en Vignoles (2013:456) bevestig dat daar 'n groter moontlikheid van interaksie bestaan in groepe wat relatief klein en eksklusief is.

Die outeur het waargeneem dat die deelnemers se behoefte aan interaksie aangesluit het by n behoefte aan emosionele ontlading. Verskeie deelnemers het by herhaling van die vraag en onderwerp afgedwaal en oor hulle eie persoonlike ervarings gepraat rakende voorvalle binne skoolverband, en moes teruggelei word na die aanvanklike vraag. Die inhoud van hulle ervarings was aan sterk emosionele belewenisse gekoppel.

Weens die behoefte aan interaksie, het daar by herhaling vrae onder deelnemers ontstaan. Deelnemers se belewing rakende die beantwoording van hulle vrae was positief. Sommige van die deelnemers se opmerkings was as volg: "want as jy n vraag vra, moet daai persoon kan antwoord" en "jy kon dadelik vir ons n antwoord gee". Die deelnemers het ook verder uitgebrei rondom hulle belewing dat " jy nie omgee om iets stupids te vra nie" . In reaksie op hierdie behoefte word dit aanbeveel dat die aanbieder van die program gespesialiseerde kennis en ondervinding aangaande die gebied van seksuele misbruik moet hê.

Toepaslike kennis wat vanuit die program bekom is

Daar is reeds in die inleiding uitgebrei oor literatuur wat by herhaling aandui dat kennis van seksuele misbruik (Goldman, 2010:292), kennis van wetlike verpligtinge (Goldman & Grimbeek, 2008a:294; 2008b:234; 2011:4), kennis van hoe om 'n onthulling van seksuele misbruik te hanteer (Hawkins & McCallum, 2001:1617) en kennis van tekens en simptome van seksuele misbruik (Goldman & Grimbeek, 2011:4) by die opleiding van onderwysers ingesluit behoort te word.

Inligting vanuit die twee fokusgroepbesprekings het nou ooreengestem met die riglyne wat vanuit die literatuur geïdentifiseer is en wat in 'n opleidingsprogram ingesluit behoort te word.

Ter aansluiting by Goldman, (2010:292) se verwysing na kennis van seksuele misbruik wat ingesluit behoort te word, het deelnemers gemeld dat daar n beduidende toename in hulle kennis rakende seksuele misbruik in die volgende areas was:

  • Kennis en begrip van seksuele aanvoring (grooming).

  • Kennis en begrip van 'n kind se belewing van seksuele misbruik en veral die internalisering van skuldgevoelens.

  • n Toename in begrip vir reaksies op die onthulling van n kind.

Deelnemers het waarde geheg aan inligting rakende die wetlike aspekte van seksuele misbruik en verpligte aanmelding. Dit sluit aan by Goldman en Grimbeek (2008a:294; 2008b:234 & 2011:4) wie dit eens is dat die opleiding van onderwysers kennis oor hulle wetlike verpligting om seksuele misbruik aan te meld, moet insluit.

Die relevante wette ten opsigte van die verpligting om seksuele misbruik aan te meld, word kortliks in die program uiteengesit:

  • Criminal Law Sexual Offence and Related Matters Amendment Act 32 of2007

  • Children's Act 38 of2005

  • Films and Publications Act 65 of 1996

Binne die konteks van wetgewing het deelnemers hulself herhaaldelik uitgespreek oor die waarde van bogenoemde inligting en oor die feit dat hulle op grond van n redelike vermoede n klag mag lê. Laasgenoemde, sowel as die wetlike verpligting om aan te meld, is aangedui as n aspek waaroor daar baie onduidelikheid en onsekerheid bestaan het, maar wat deur die program aangespreek is.

Ter aanlsuiting by deelnemers se kennis beveel Goldman (2010:289) en Goldman en Grimbeek (2011:4) aan dat opleiding onder andere moet fokus op tekens en simptome van seksuele misbruik. In n studie deur Karadag, Sönmez en Dereobali (2014:14) in Turkeye, is bevind dat onderwysers wat opleiding ontvang het in die hantering van kindermishandeling, meer in staat was om moontlike tekens en simptome van kindermishandeling te identifiseer in vergelyking met onderwysers wat nie voorheen opleiding gehad het nie. Dieselfde beginsel behoort van toepassing te wees in die geval waar tekens en simptome van seksuele misbruik geïdentifiseer moet word.

Inligting vanuit die fokusgroepbespreking stem ooreen met die voorafgaande. Deelnemers het gemeld dat hulle n behoefte gehad het aan die inligting rondom tekens en simptome van seksuele misbruik en dat dit duidelik deur die program aangespreek is. Een deelnemer het verduidelik dat die media haar verwar aangaande tekens en simptome van seksuele misbruik, maar dat die program dit vir haar duidelik gemaak het.

Deelnemers het ook bewus geword van die feit en insig gereflekteer dat daar nie altyd tekens en simptome van seksuele misbruik waargeneem kan word nie. Hierdie kennis was ook vir hulle van waarde.

Tydens die fokusgroep het een deelnemer het gemeld dat sy waarde geheg het aan die inligting rakende normale seksuele ontwikkeling, wat nie in die literatuur gespesifiseer word nie. Dit het wel aangesluit by die inligting rakende tekens en simptome van seksuele misbruik en hoe om gedrag wat nie ouderdomstoepaslik is nie, te onderskei van normale seksuele ontwikkeling.

Daar is tydens die probleemstelling verwys na Collings (2007:769), Hawkins en McCallum (2001:1617) en Kenny et al. (2008:48) wat aanbeveel dat onderwysers opgelei moet word om toepaslik op n kind se onthulling van misbruik te reageer. Volgens die deelnemers is hulle behoefte aan sodanige opleiding aangespreek en hulle het bevestig dat dit in belang van die kind sal wees as elkeen van hulle kollegas hieroor ingelig kan wees.

Deelnemers het bevestig dat hulle voor die opleiding onseker was hoe om n onthulling van seksuele misbruik te hanteer, maar nou meer sekerheid daaroor het. Die inligting wat bekom is, sal hulle help om die toepaslike verbale en emosionele reaksie te gee tydens die onthulling. Deelnemers se opmerkings sluit in:

"Ekgaan nie oorreageer nie"; en

"Jy moet bedag wees dat jy nie geskok reageer nie ".

Deelnemers was dit eens dat die program n behoefte aan kennis rondom die riglyne en stappe om seksuele misbruik te hanteer en aan te meld, aangespreek het. Een deelnemer het gemeld dat sy voor die program nie geweet het watter kanale om te volg nie, sou sy gekonfronteer word met seksuele misbruik in die skool. Van der Schyff (2009:58) bevestig dat onderwysers 'n behoefte het aan aanmeldingsriglyne om kinders, wat seksuele misbruik onthul, te help.

Deelnemers het die inligting rakende die aanmeldingsriglyne as effektief beleef en het hulself soos volg uitgespreek:

"Ek hou baie van die stappe, want as jy in die situasie is, dan weet jy nie altyd 'tree ek nou reg op nie'"; en

"Ek sal dit met meer selfvertroue hanteer omdat ek weet wat om te doen. Ek het die stappe en ek gaan hiérdie (met verwysing na een van die stappe) ding doen".

Dit wil dus voorkom of riglyne en stappe emosionele waarde het in die sin dat dit bydra tot sekerheid en selfvertroue om die konfronterende taak van aanmelding uit te voer.

Die algehele waarde wat die deelnemers aan die inligting geheg het, stem ooreen met die bevindings van Bennet (2005) rakende haar navorsing oor " Stewarts of Chidren". McNiel (2008:14) verwys na 'n opleidingsprogram genaamd "Stewards of Children" wat deur Suid-Carolina, Verenigde State van Amerika, se Departement van Onderwys van stapel gestuur word om onderwysers van n skool op te lei om seksuele misbruik van leerlinge waar te neem. Ongepubliseerde navorsing wat deur Trisha-Folds Bennet gedoen is rakende die impak van die bogenoemde program, het bevind dat die kennis wat die deelnemers opgedoen het oor seksuele misbruik, een van die elemente is waaraan deelnemers die meeste waarde geheg het (Bennet, 2005).

Professionele en persoonlike verryking

Deelnemers het, naas die kennis en inligting wat hulle vanuit die program ontvang het, sekere voordele rakende hulle belewenis as onderwyser en as ouer gerapporteer. Dit word soos volg uiteengesit:

Deelnemers het n toename in selfvertroue beleef na aanleiding van die kennis wat hulle tydens die program opgedoen het.

"Ek sal dit met meer selfvertroue hanteer omdat ek weet wat om te doen."

"I know exactly what strategy. I feel more confident."

Dit sluit aan by Goldman en Grimbeek (2008a:294) se verwysing na 'n tekort aan selfvertroue wat een van die redes is waarom seksuele misbruik nie deur onderwysers aangemeld word nie. n Toename in kennis en gevolglik selfvertroue behoort n toename in aanmeldings tot gevolg te hê. Een deelnemer het laasgenoemde bevestig en gemeld: "Jy moet selfvertroue hê om te gaan aanmeld'"

Ter aansluiting by die vorige paragraaf, het deelnemers ook gemeld dat die kennis wat opgedoen is hulle meer voorbereid laat voel op die moontlikheid om met seksuele misbruik of die onthulling daarvan gekonfronteer te word. In reaksie hierop het 'n deelnemer gesê: "Jy het meer sekerheid."

Goldman en Grimbeek (2011:16) meld ook dat onderwysers verkies om nie seksuele misbruik te hanteer nie vanweë die feit dat seksuele misbruik baie konfronterend is. 'n Onderwyser wat weens voldoende kennis meer voorbereid voel, behoort dus seksuele misbruik en die onthulling daarvan as minder intens te beleef. n Toename in die aanmelding van seksuele misbruik behoort, soos in die geval van selfvertroue, toe te neem.

Deelnemers het, soos reeds gemeld, kennis opgedoen wat hulle begrip vir die kind wat n slagoffer van seksuele misbruik is, verhoog het. Begrip vir die kind wat seksueel misbruik word, het waarde toegevoeg tot die feit dat onthullings van seksuele misbruik beter hanteer sal word.

Naas selfvertroue en begrip vir die slagoffer, is groepsgebondenheid ook as 'n verrykende ervaring by deelnemers waargeneem. Groepsgebondenheid, of kohesie, verwys na n gevoel van aangetrokkenheid tot sekere lede van die groep of tot die groep self en die krag van bande wat deelnemers aan mekaar verbind (Forsyth, 2006:14).

Een deelnemer het waarde geheg aan die feit dat deelnemers oor skoolgrense heen ervarings rakende seksuele misbruik en ontoepaslike gedrag met mekaar kon deel. Die waarde was vir haar daarin geleë dat sy as onderwyser verligting ervaar het uit die kennis dat insidente van ontoepaslike en geseksualiseerde gedrag nie slegs net in haar werksomgewing plaasvind nie. Sy het tydens die opleiding gebondenheid ervaar weens ander deelnemers wat ervarings gedeel het. 'n Ander deelnemer het verwys na die "gemeenskaplikheid" wat sy in die groep beleef het, in teenstelling met ongemak by haar skool om oor insidente van seksuele misbruik te praat.

Dit is die outeur se waarneming dat deelnemers die groepsituasie aangewend het om emosioneel te ontlaai. Deelnemers het by herhaling afgedwaal van die vraag of onderwerp wat ter sprake was en op emosioneel belaaide wyse inligting gedeel rondom insidente by hulle eie skool.

Die voorafgaande sluit aan by die feit dat die onderwerp van seksuele misbruik sensitief en konfronterend van aard is en dat daar daarom n behoefte is om in n veilige en gestruktureerde omgewing te ontlaai. Soos reeds genoem, het n deelnemer gemeld: "Ons moet daaroor praat, want elkeen van ons het n ander ervaring." Hierdie veilige omgewing sluit in dat deelnemers dieselfde behoeftes het en dat die behoeftes aangespreek word.

Sekere deelnemers was onderwysers, sowel as ouers met jong kinders, en het ervaar dat die inligting in hulle persoonlike omgewing met hulle kinders toegepas kan word. Een deelnemer het gemeld: "maar nou voel dit vir my ek weet ook nou waar om die lyn te trek met my eie kinders." Deelname aan die program het dus nie alleen waarde toegevoeg tot die deelnemers se rol as onderwyser nie, maar ook toerusting gebied wat hulle in n hoedanigheid as ouer bemagtig het.

Aanbevelings ten opsigte van die program

Daar is reeds gemeld dat die deelnemers die program as oorwegend positief beleef het. Vanuit die fokusgroepbesprekings was daar onderskeidelik voorstelle en aanbevelings om sekere aspekte dieselfde te hou, dus nie te verander nie, maar versoeke is ook gerig om sekere aspekte uit te brei. Die eienaar van die program (Aucamp 2014) is genader om kommentaar te lewer op die versoeke en word vervolgens bespreek.

Die deelnemers het aanbeveel dat die aanbieder gespesialiseerd moet wees in die onderwerp van seksuele misbruik en die forensiese veld, sodat kennis effektief oorgedra kan word, voorbeelde en gevallestudies gegee kan word en vrae beantwoord kan word.

Een deelnemer het gemeld: "Die aanbieder moet kennis hê" en in reaksie daarop meld die volgende deelnemers: "want as jy 'n vraag het, moet daaipersoon kan antwoord" en "ek wil amper sê hy moet in daai afdeling spesialiseer" , met verwysing na die forensiese veld. Dieselfde behoefte het ook na vore gekom tydens die studie van Schols et al. (2013:16). Volgens hulle heg onderwysers waarde aan opleiding deur n professionele persoon met ervaring in die hantering van sake van beweerde kindermishandeling om die realiteit daarvan te reflekteer.

Volgens Aucamp (2014), die eienaar van die "Understanding the scope of child abuse"-program, moet die aanbieder n persoon wees wat onder andere kundig is oor sake aangaande seksuele misbruik, maar kennis van n terapeutiese proses en wetgewing rakende seksuele misbruik is ook noodsaaklik. Kennis van wetgewing sluit n kennisbasis in van die prosesse wat gevolg word in die forensiese ondersoek en ook binne welsynsorganisasies. Aucamp meld verder dat opleiding in die forensiese praktyk n goeie begin is ter voorbereiding van die aanbieding van die program aan onderwysers, maar dat geïntegreerde kennis nodig is om deelnemers se vrae te kan beantwoord.

Deelnemers het baie waarde geheg aan voorbeelde waarna verwys is tydens die opleidingsprogram, maar het gevoel dat hulle meer voordeel uit die program sou trek indien daar meer voorbeelde en gevallestudies was. In Schols et al. (2013:16) word hierdie behoefte ook erken.

Daar is waarde in gevallestudies, maar volgens Aucamp (2014) moet daarteen gewaak word dat deelnemers op grond van gevallestudies sal veralgemeen. By die voorkoms van seksuele misbruik moet daar juis geïndividualiseer word. Sy beveel aan dat die aanbieder oordeelkundige voorbeelde en gevallestudies vanuit haar eie ervaring en praktyk moet voorsien.

Een deelnemer het gemeld dat sy 'n behoefte aan meer inligting oor ouderdomstoepaslike seksuele gedrag het. Aucamp (2014) erken die waarde van kennis oor normale seksuele ontwikkeling vir die onderwyser. Sy stel voor dat n tabel van normale seksuele ontwikkeling as bylae by die programhandleiding aangeheg word. Onderwysers kan die inligting op hul eie tyd bestudeer en dit hoef dan nie addisionele tyd gedurende die aanbieding van die program in beslag te neem nie.

Ter aansluiting by die behoefte aan gevallestudies en meer praktiese voorbeelde, het een deelnemer aangedui dat sy n behoefte het aan persoonlike getuienisse van slagoffers van seksuele misbruik en hulle ervarings rakende seksuele misbruik. Dit kan in die vorm van n video-insetsel tydens die program aangebied word. Haar rede was: "It would help me to hear the word myself and exactly how they were groomed." In Schols et al. (2013:6) se navorsing, waarby onderwysers ingesluit is, word video-insetsels of getuienisse van persone wat slagoffers van misbruik was, ook versoek.

In die "Stewards of children"-program word daar gebruik gemaak van video-insetsels van getuienisse van onder andere volwassenes wat slagoffers was van seksuele misbruik. Hierdie video-insetsels van slagoffers se perspektiewe was ook een van die areas wat die grootste impak op deelnemers gehad het tydens hulle blootstelling aan die bogenoemde program (Bennet, 2005).

Aucamp (2014) is van mening dat afgesien van etiese implikasies, n gepaste video-insetsel van n slagoffer van seksuele misbruik moeilik bekombaar sal wees. Indien dit bekom kan word, behoort dit van waarde te wees om een of twee kort insetsels in te werk.

Daar is reeds verwys na deeelnemers wat die kleingroep as positief beleef het weens die voordeel van interaksie. Daar is ook melding gemaak van die feit dat die onderwerp sensitief is en dat deelnemers verkies om seksuele misbruik in kleingroepe te bespreek. Deelnemers het in die lig van bogenoemde aanbeveel dat die opleiding in kleingroepe moet geskied.

Aucamp (2014) stem saam dat dit meer effektief is om die opleiding in groepe van 10 tot 12 deelnemers aan te bied, maar noem dat dit nie altyd prakties moontlik is nie. Personeelgroepe van skole wat die opleiding ontvang, bestaan dikwels uit meer as 12 lede.

In reaksie op die feit dat seksuele misbruik n sensitiewe onderwerp is, het een deelnemer gemeld dat mans en vrouens nie saam in een groep die opleiding moet ondergaan nie, waarmee die ander deelnemers saamgestem het. In die ander fokusgroep het deelnemers benadruk dat dit van belang is dat hulle manlike kollegas die opleiding moet deurloop, maar ook verkies dat mans en vrouens die opleiding apart sal bywoon.

Volgens Aucamp (2014) dui die behoefte aan een-geslag groepe op deelnemers se eie ongemak en is dit nie noodwendig negatief om groepe te hê waarby beide geslagte ingesluit word nie. Weens die samestelling van skole se personeel bestaan groepe dikwels slegs uit dames, maar in die geval waar opleiding vir ouers aangebied word, beleef Aucamp 'n ander dinamika. Manlike deelnemers vra vrae en gee insette wat verskil van groepe wat slegs uit vroulike deelnemers bestaan. Aucamp (2014) meld verder dat in die geval van gemengde groepe, dit wel van belang is dat die aanbieder self gemaklik met die inligting is en dit dienooreenkomstig aan deelnemers sal oordra.

Deelnemers het by herhaling daarop klem gelê dat hulle tydens voorgraadse opleiding reeds die inligting sou wou ontvang en verder aanbeveel dat hierdie opleiding n voorvereiste vir voorgraadse opleiding moet wees. Volgens Goldman (2010:292) is dit "essential that pre-service primary school student teachers be provided with the necessary courses in sexual abuse and mandatory reporting to help prepare them for the realities of the contemporary school and classroom". Een deelnemer het gemeld: "Ek wens hulle wil dit vir beginner-onderwysers gee", gevolg deur "dit moet 'n vereiste wees". 'n Deelnemer uit die ander groep het gemeld: "Ek is jammer ek het dit nie al vroeër in my loopbaan geleer nie." Goldman en Grimbeek bevestig in n volgende artikel dat studente-onderwysers 'n behoefte het aan opleiding in die wetlike verpligting om te rapporteer, beleid en prosedures (Goldman & Grimbeek, 2014:8).

Aucamp (2014) meld dat sy gewoonlik dieselfde behoeftes en opmerkings tydens die aanbieding van die program aan onderwysers kry. Sy dra nie kennis van soortgelyke opleiding in huidige voorgraadse opleiding nie.

Weens die feit dat deelnemers groot waarde aan die inligting vanuit die program geheg het en dikwels die resultate van ouers se hantering van kinders waarneem, het die deelnemers hierdie of soortgelyke opleiding vir ouers as noodsaaklik beskou. Kenny et al. (2008:44) verwys na die waarde van ouerbetrokkenheid, in samewerking met onderwysers, in die geval waar kinders onderrig word in persoonlike veiligheid en toepaslike aanraking. Waar ouers en onderwysers vanuit dieselfde kennisbasis oor seksuele misbruik werk, het dit dus meer waarde ten opsigte van die voorkoming van seksuele misbruik.

Dit is Aucamp (2014) se belewing dat in die geval waar onderwysers die program deurloop het, dit dikwels daartoe lei dat dieselfde skool ook n geleentheid vir ouers bied om dieselfde program te deurloop. Sy is van mening dat waar ouers en onderwysers met dieselfde kennis rakende seksuele misbruik toegerus word, dit die voorkoming van seksuele misbruik tot gevolg sal hê.

Een groep het afgesluit met die opmerking dat alhoewel die kennis waardevol en toepaslik is, daar steeds hindernisse is in die uitvoering van hulle wetlike verpligting, aangesien rolspelers in die kinderbeskermingstelsel soos polisiebeamptes en maatskaplike werkers nie altyd op aanmeldings reageer nie. Een deelnemer het tereg aangedui: "Ek wil die kind help, maar my hande is afgekap." Daar was ook n deelnemer wat genoem het: "Jy gee ons nou al hierdie stappe en dan volg ons die stappe, dan kom ons by die polisie ... n doodloopstraat."

Deelnemers het ook beleef dat maatskaplike werkers nie toepaslik opgelei is nie en dat daar n tekort aan gespesialiseerde dienste is. Dit is die deelnemers se waarneming dat kinders as gevolg hiervan nie beveilig word nie, dat daar nie dienste aan die gesin of kind gelewer word nie en dat klagtes nie ondersoek word nie. Literatuur oor navorsing uit Nederland, Jordanië en Suid Afrika sluit by hierdie frustrasie van deelnemers aan en word as volg aangedui:

Schols et al. (2013:7) verwys na soortgelyke belewenisse van onderwysers in Nederland wat 'n wantroue in die land se welsynsisteem het na aanleiding van die voorkoms van waglyste, dienste wat nie verder gelewer word nie, burokrasie, vae kommunikasie, gebrekkige opvolg van aanmeldings en n vertraging in die lewering van versorgingsdienste. Dit is die outeurs se bevinding dat statutêre regulasies alleen nie voldoende ondersteuning aan professionele persone bied tydens die aanmeldingsproses van misbruik van kinders nie (Schols et al., 2013:13).

Tydens 'n studie wat met onderwysers in Jordanië gedoen is, is bevind dat onderwysers se tekort aan vertroue in die kinderbeskermingsdienste hulle negatief beïnvloed het jeens aanmelding van kindermishandeling en verwaarlosing (Fayez, Takash & Al-zboon, 2014:1496).

'n Studie wat deur Nqwenya en Botha (2012:218) met maatskaplike werkers in die departement van maatskaplike ontwikkeling in Johannesburg gedoen is, het bevind dat maatskaplike werkers beleef dat kliënte, sowel as persone uit ander professies, vertroue in hulle (die maatskaplike werkers) verloor as gevolg van swak dienslewering. Swak dienslewering word, volgens die deelnemers van díe studie, veroorsaak deur verskeie faktore buite die maatskaplike werkers se beheer.

Die hindernisse wat onderwysers beleef tydens die aanmelding van onder andere seksuele misbruik, kring wyer uit as net die plaaslike dienssektor, maar dit bly n belangrike aspek wat aandag moet geniet in die uitvoering van hulle wetlike verpligting om te rapporteer as agente vir die beste belang van die kind.

Aucamp (2014) beveel aan dat die aanbieder van die opleidingsprogram, in 'n poging om samewerking met die kinderbeskermingstelsel te bevorder, 'n lid van die plaaslike welsynsorganisasie of departement van maatskaplike ontwikkeling by die opleidingsessie moet betrek. Die doel hiervan is om geleentheid aan die onderwysers te bied om n persoonlike verwysing te bekom, vrae aan die persoon te rig en terselfdertyd sal die persoon ook waardevolle inligting vanuit die program ontvang.

In die geval waar daar geen samewerking vanaf 'n maatskaplike werker of organisasie verkry word nie, bemagtig die Children's Act (38 of 2005) (South Africa, 2005) 'n minderjarige kind wat 'n saak wil aanmeld of 'n klag wil lê, om die kinderhof direk te nader. In so 'n geval moet die minderjarige deur 'n volwassene vergesel word, wat n onderwyser kan insluit.

 

BESPREKING EN AANBEVELINGS

Die deelnemers se persepsies van die program was beduidend positief. Hulle was dit oorwegend eens dat die inligting toepaslik vir hulle werksaamhede met die laerskoolkind is.

Die wyse waarop die program aangebied is, is as positief beskou, met verwysing na die taalgebruik, die voordeel van die interaksie, die feit dat die aanbieder n kenner was en vrae kon antwoord, en dat die opleiding in n kleingroep geskied het. Deelnemers in die tweede groep het die afwesigheid van die dataprojektor as positief beleef, aangesien die dataprojektor die gemaklike interaksie moontlik kon inhibeer.

Die kennis wat ingewin is, het ooreengestem met riglyne uit die literatuur vir opleiding aan onderwysers in die hantering van seksuele misbruik. Deelnemers het waarde geheg aan inligting rondom kennis van seksuele misbruik, wetlike aspekte, tekens en simptome van seksuele misbruik, normale seksuele ontwikkeling, die hantering van n kind se onthulling van seksuele misbruik, asook riglyne en stappe in die hantering en aanmelding van seksuele misbruik.

Die kennis wat deelnemers opgedoen het, het bykomstige professionele en persoonlike verryking tot gevolg gehad. Deelnemers het n toename in selfvertroue vir die hantering van seksuele misbruik beleef en ook meer voorbereid gevoel op die hantering van n kind se onthulling daarvan. Ter aansluiting hierby, het deelnemers n toename in begrip beleef vir die kind wat seksueel misbruik word. Die deelnemers het waarde geheg aan groepsgebondenheid en die feit dat daar ruimte was om te ontlaai. Daar was ook waarde daarin vir deelnemers wat ouers is en die inligting op hulle eie kinders kan toepas.

Vanuit deelnemers se persepsies is die volgende aanbevelings ten opsigte van die program gemaak: die aanbieding van die program in kleingroep en een-geslag opset moet behou word, alhoewel dit nie altyd prakties uitvoerbaar is nie; die aanbieder moet 'n kenner wees op die gebied van seksuele misbruik; meer gevallestudies en voorbeelde moet ingewerk word; en meer inligting rakende normale sekuele ontwikkeling moet verskaf word.

Aanbevelings van deelnemers wat die implementering van die inligting en die uitvoering van hulle wetlike verpligting om aan te meld sal bevorder, het die volgende ingesluit: inligting, soos in die program vervat, behoort reeds by voorgraadse opleiding van onderwysers ingesluit te word; ouers behoort dieselfde opleidingsprogram te deurloop; en die kinderbeskermingstelsel behoort meer effektief te reageer op aanmeldings van seksuele misbruik sodat die beste belang van die kind werklik aandag sal geniet.

"Understanding the scope of child abuse"-program

Gebaseer op die navorsingsbevindinge, word verskeie praktiese aanbevelings gemaak:

  • Dat die aanbieding van die program in kleingroepe van 10 tot 12 deelnemers sal geskied;

  • dat die aanbieder 'n kenner sal wees op die gebied van seksuele misbruik, wat kennis insluit van die wetlike aspekte, die kinderbeskermingstelsel, die forensiese ondersoekproses en die terapeutiese proses;

  • dat daar gebruik gemaak word van toepaslike video-insetsels vir onderwysers om die dinamika van seksuele misbruik en die belewenis van die slagoffer meer prakties en realisties uit te beeld; en

  • dat inligting oor normale seksuele ontwikkeling in die vorm van 'n aanhegsel by die programhandleiding ingesluit word.

Die kinderbeskermingstelsel

Daar word aanbeveel dat statutêre maatskaplike werkers opgelei word in die toepaslike hantering van aanmeldings rondom seksuele misbruik en die aard van die forensiese ondersoekproses.

Ondersteuning aan onderwysers

Gebaseer op die navorsingsbevindinge word die volgende aanbevelings ten opsigte van ondersteuning aan onderwysers gemaak:

  • Dat laerskoolonderwysers die "Understanding the scope of child abuse"-program of soortgelyke inisiatiewe deurloop;

  • dat die koördineerder van die skool se ILST direk sal skakel met 'n welsynsorganisasie of maatskaplike werker, 'n polisiebeampte of kommissaris van kindersorg, wat ondersteuning, inligting en dienste kan bied in die hantering en aanmelding van seksuele misbruik;

  • dat geleenthede aan onderwysers gebied word om op n gereelde, gestruktureerde basis ervarings rondom seksuele misbruik en verwante aangeleenthede te bespreek sodat hulle behoefte aan ontlading, ondersteuning en kennis aangespreek kan word; en

  • dat onderwysers reeds tydens voorgraadse opleiding bemagtig sal word met kennis rakende die hantering en aanmelding van seksuele misbruik.

Ouers

Gebaseer op die navorsingsbevindinge, word aanbeveel dat laerskole geleenthede sal inisieer waar ouers bemagtig word met kennis rakende die hantering van seksuele misbruik.

Verdere navorsing

Gebaseer op die navorsingsbevindinge, word aanbeveel dat die volgende sake nagevors word:

  • Die behoeftes van studente-onderwysers rakende opleiding in die hantering van seksuele misbruik van die laerskoolkind.

  • Die persepsies van onderwysers uit 'n groter populasie, wat ander tale en gebiede insluit, ná hulle blootstelling aan die "Understanding the scope of child abuse"-program.

  • Die persepsies van mans-onderwysers ná hulle blootstelling aan die "Understanding the scope of child abuse"-program.

  • Die langtermyn uitkoms van die blootstelling van onderwysers aan die "Understanding the scope of child abuse"-program.

 

BRONNELYS

AUCAMP, L. 2014. Forensiese Maatskaplike Werk [telefoniese onderhoud]. 7 Nov.         [ Links ]

BENEDER, N. 2013. Opleidingsprogramme by Childline [telefoniese onderhoud]. 31 Mei.         [ Links ]

BENNET, T.F. 2005. Impact of stewards of children prevention curriculum. In: Darkness to light: end child sexual abuse. http://www.d2l.org/Site/c.4dlCIJOkGclSE/b.6243681/k86C/Child-Sexual-Abuse-Prevention-Training.htm (Accessed: 15/4/2014).         [ Links ]

BOTMA, Y., GREEFF, M., MULAUDZI, F.M. & WRIGHT, S.C.D. 2010. Research in Health Sciences. Cape Town: Heinemann, Pearson Education South Africa.         [ Links ]

CHOSI, S.W. 2004. A psycho-educational programme for primary school educators to assist girls who were sexually abused. Johannesburg: RAU. (MA Verhandeling).         [ Links ]

COLLINGS, S.J. 2006. How do sexually abused children disclose? Towards an evidence-based approach to practice. Acta Criminologica: South African Journal of Criminology, 19(1):33-41.         [ Links ]

COMMUNITY AGENCY FOR SOCIAL ENQUIRY (CASE). 2005. Child sexual abuse and exploitations in South Africa: 1-42.         [ Links ]

DELPORT, J. 2010. Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik. Potchefstroom: NWU. (MA Verhandeling).         [ Links ]

DEPARTMENT OF EDUCATION. 2001. Education White Paper 6. Special Needs Education. Building an Inclusive Education and Training System. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

DEPARTMENT OF EDUCATION. 2008a. Guidelines for the Prevention and Management of Sexual Violence and Harassment in Public Schools. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

DEPARTMENT OF EDUCATION. 2008b. National Strategy on Screening, Identification, and Support. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

EASTERBROOK, M. & VIGNOLES, V.L. 2013. What does it mean to belong? Interpersonal bonds and intragroup similarities as predictors of felt belonging in different types of groups. European Journal of Social Psychology, 43(6): 455-462.         [ Links ]

ENGEL, R.J. & SCHUTT, R.K. 2013. The practice of research in Social Work. New York: Sage Publications.         [ Links ]

FAYEZ, M., TAKASH, H.M. & AL-ZBOON, E.K. 2014. Combating violence against children: Jordanian pre-service early childhood teacher's perceptions towards child abuse and neglect. Early child development and care, 184(9-10):1485-1498.         [ Links ]

FORSYTH, D. R. 2006. Group dynamics. Belmont, CA: Wadsworth.         [ Links ]

FOUCHÉ, C.B & DE VOS, A.S. 2011. Formal formulations. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds). Research at grassroots: for the social sciences and human service professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik, 61-76.         [ Links ]

FOUCHÉ, C.B & SCHURINK, W. 2011. Qualitative research designs. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds). Research at grassroots: For the social sciences and human service professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik, 307-327.         [ Links ]

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION. 2008. Guidelines and procedure for dealing with suspected and confirmed cases of child abuse. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

GOLDMAN, J.D.G. 2010. Australian undergraduate primary school student-teachers' responses to child sexual abuse and its mandatory reporting. Pastoral Care in Education, 28(4):283-294.         [ Links ]

GOLDMAN, J.D.G. & GRIMBEEK, P. 2008a. Student teachers' understanding of policy behavioural directives concerning the reporting of child sexual abuse: findings from one Australian state. Education Research, 50(3): 291-305.         [ Links ]

GOLDMAN, J.D.G. & GRIMBEEK, P. 2008b. How university student-teachers for primary school learn about department of education policy on child sexual abuse, and mandatory reporting: the sources of their professional information. High Educ, 58:221-239.         [ Links ]

GOLDMAN, J.D.G. & GRIMBEEK, P. 2011. Sources of knowledge of departmental policy on child sexual abuse and mandatory reporting identified by primary school student-teachers. Educational Review, 63(1):1-18.         [ Links ]

GOLDMAN, J.D.G & GRIMBEEK, P. 2014. Child sexual abuse and mandatory reporting intervention preservice content referred by student teachers. Journal of sexual abuse, 23(1): 1-16.         [ Links ]

GREEFF, M. 2011. Information collection: interviewing. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds). Research at grassroots: for the social sciences and human service professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik, 341-375.         [ Links ]

HAWKINS, R. & MCCALLUM, C. 2001. Mandatory notifications training for suspected child abuse and neglect in South Australian schools. Child abuse & neglect, 25 (2001):1603-1625.         [ Links ]

KARADAG, S.g., SöNMEZ, S. & DEREOBALI, N. 2014. An investigation of pre-school teachers' recognition of possible child abuse and neglect in Izmire Turkey. Journal of interpersonal violence. [Online] Avaiable: http://jiv.sagepub.com/ (Accessed: 4/11/2014).         [ Links ]

KARNEL, A. 2013. Opleidingsprogramme by Childline [telefoniese onderhoud]. 31 Mei.         [ Links ]

KENNY, M.C., CAPRI, V., THAKKAR-KOLAR, R.R., RYAN, E.E. & RUNYON, M.K. 2008. Sexual abuse: from prevention to self-protection. Child abuse review, 17:36-54.         [ Links ]

MARTINS, N. 2013. Opleidingsprogramme by Safeline [telefoniese onderhoud]. 31 Mei.         [ Links ]

MCNIEL, M. 2008. South Carolina training aimed at sex-abuse prevention. Education week, 27(39):14-15.         [ Links ]

MÜLLER, K. 2003. The enigma of the child witness: A need for expert evidence. CARSA, 4(2): 2-9.         [ Links ]

NQWENYA, P. & BOTHA, P. 2012. The fostercare backlog: a threat to the retention of social workers? Social Work/Maatskaplike Werk, 48(2): 209-224.         [ Links ]

POGGENPOEL, M. 1998. Data analysis and qualitative research. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds). Research at grassroots: For the social sciences and human service professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik, 334-353.         [ Links ]

RATLHAGANE, K.J. 2002. Educator's knowledge of and opinions on child sexual abuse. Pretoria: UNISA. (MA Verhandeling).         [ Links ]

SCHOLS, M.W.A., DE RUITER, C. & ÖRY, F.G. 2013. How do public child healthcare professionals and primary school teachers identify and handle child abuse cases? A qualitative study. BMC Public Health, 13(807):1-16.         [ Links ]

SOUTH AFRICA. 1996. Films and Publications Act 65 of 1996. Government Gazette. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

SOUTH AFRICA. 2005. Children's Act 38 of 2005. Government Gazette. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

SOUTH AFRICA. 2007. Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act 32 of 2007. Government Gazette. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

STRYDOM, H. 2011. Sampling in the quantitative design. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds). Research at grassroots: For the social sciences and human service professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik, 222-235.         [ Links ]

VAN DER SCHYFF, M. 2009. Aanmeldingsriglyne vir adolessente wat aan seksuele mishandeling blootgestel word. Potchefstroom: NWU. (MA Verhandeling).         [ Links ]

VAN NIEKERK, A. 2012. Kennis en houding van kleuterskoolpersoneel rakende die seksuele misbruik van kleuters en die aanmelding daarvan. Potchefstroom: NWU. (Verhandeling - MA).         [ Links ]

WESTERN CAPE DEPARTMENT OF EDUCATION. 2003. WECD Online. Dealing effectively with child abuse. [Online] Avaiable: http://wced.pgwc.gov.za/documents/abuse_no_more/summary_document/a buse.html (Accessed: 25/11/2013).         [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License