SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue3The aftercare needs of Nyaope users: implications for aftercare and reintegration servicesPersepsies van onderwysers na hulle blootstelling aan "Understanding the scope of child abuse"-program/Teacher perceptions after exposure to "Understanding the scope of child abuse" program author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Social Work

On-line version ISSN 2312-7198
Print version ISSN 0037-8054

Social work (Stellenbosch. Online) vol.54 n.3 Stellenbosch  2018

http://dx.doi.org/10.15270/52-2-655 

ARTICLE

 

Die psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders /The psychosocial needs of social workers during investigations into child sexual abuse

 

 

Daleen LuytI; Corinne StrydomII

IPostgraduate student
IICOMPRES, School for Psychosocial Behavioural Science: North West University, Potchefstroom Campus, Potchefstroom, South Africa

 

 


ABSTRACT

Social workers are designated by the Children's Act No.38 of 2005 to investigate alleged cases of sexual abuse of children. During investigations social workers experience intense feelings that could have an emotional impact on them and their role functioning. The researcher adopted a qualitative approach with the interpretive descriptive research design to explore the psychosocial needs of social workers during investigations into child sexual abuse. Eleven participants participated in the study and data were collected by means of semi-structured interviews. It was found that social workers experience unique psychosocial needs which, if not addressed, can lead to negative role functioning.


 

 

PROBLEEMSTELLING

Seksuele misbruik van kinders is 'n brutale vorm van kindermishandeling en 'n komplekse probleem wat wêreldwyd voorkom (Bukau in Van der Schyff & Strydom, 2011). Volgens Jewkes, Dunke, Koss, Levin, Ndune, Jama en Sikwayiya (2006) word daar elke 4 minute 'n seksuele oortreding teenoor 'n kind in Suid-Afrika gepleeg. Suid Afrika het 'n hoë voorkoms van seksuele oortredings teenoor kinders. Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die totale getal aanmeldings van seksuele misdaad teen kinders vir die afgelope vyf jaar vanaf 25 428 na 28 128 gestyg (Van Heerden, 2013). Die term kind word gedefinieer as 'n persoon onder die ouderdom van agtien jaar (The Children's Act No. 38 of 2005 (SA, 2005).

Berliner (2011) verduidelik dat seksuele misbruik van kinders seksuele penetrasie, seksuele aanraking sowel as nie-kontak seksuele aksies soos blootstelling en voyeurisme, insluit.

Die wetlike definisie van seksuele misbruik soos weergegee in die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) Wet 32 van 2007 (SA, 2007) is die situasie waarin enige persoon 'n kind met of sonder die toestemming van die kind, by 'n seksuele daad betrek. 'n Seksuele daad word omskryf as seksuele penetrasie of seksuele skending of ontering.

Vir praktiese doeleindes van die artikel word deurlopend na die kind in die manlike aanspreekvorm verwys en dui nie op geslagsdiskriminasie nie. Seksuele misbruik van kinders bly 'n tendens wat verreikende gevolge vir die kind, sy gesin en die gemeenskap inhou en die emosionele intensiteit van hierdie sake is hoog (Meiring, 2013). Maatskaplike ingryping is van die uiterste belang (Boezaart, 2009; Fouché, 2007; Meuter, 2011). Maatskaplike werkers en aanverwante dissiplines poog om spesialiskennis oor hierdie verskynsel in te win om kinders wat hierdeur geraak word toepaslik te beskerm (Botha, 2010; Fouché, 2007; Spies, 2006; Wilson, 2006).

Maatskaplike werkers is wetlik aangewys om sake van seksuele misbruik van kinders voor die kinderhof te bring en die beweringe volgens die Children's Act No 38 of 2005 (SA, 2005), te ondersoek. Daar word van maatskaplike werkers verwag om as getuies in die hof op te tree sowel as bevindinge, gevolgtrekkings en ook aanbevelings oor n betrokke kind se bepaalde omstandighede aan die hof voor te lê (Meuter, 2011; Spies & Carstens, 2005).

Cussons en Strydom (2013) wys daarop dat talle maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik en ook die hofprosedures wat daarmee verband hou, onsekerheid ervaar. Maatskaplike werkers ervaar intense gevoelens en emosionele impak tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders (Cussons, 2011). Hierdie gevoelens en impakte moet erken word, aangesien die ontkenning daarvan met die werk wat hulle verrig, kan inmeng en hul oordeel kan beïnvloed (Butler & Roberts, 1997; Howe, 2008; Knott & Scragg, 2007).

Volgens Van Wyk (2011) is ondersoeke na seksuele misbruik van kinders intellektueel en emosioneel uitdagend en verg dit verskeie vaardighede. Sy meld verder dat maatskaplike werkers se professionele lewens oorvloei na hulle persoonlike lewens, wat n impak op hul betrokkenheid by hul gesin, vriende en gemeenskap kan hê. Maatskaplike werkers ervaar emosionele gevolge, byvoorbeeld skok, onsekerheid, angs en die begeerte om die ondersoek na die saak so gou moontlik af te handel (Cussons, 2011). Dit beïnvloed maatskaplike werkers se werksverrigting negatief en het ook tot gevolg hê dat hulle persepsies beïnvloed word. Laasgenoemde kan dus aanleiding gee tot beroepstres en ook uitbranding by maatskaplike werkers. Sommige maatskaplike werkers raak moontlik emosioneel afgestomp en sal selfs die beroep verlaat (Cussons & Strydom, 2013; Van Wyk, 2011).

Die navorser het, tydens haar praktykervaring, agtergekom dat ondersoeke na seksuele misbruik van kinders eiesoortige eise aan maatskaplike werkers stel, soos spesialiskennis, objektiwiteit en die hantering van eie emosies. Indien maatskaplike werkers nie ondersteuning ontvang ten opsigte van die emosionele eise wat hierdie sake aan hulle stel nie, kan dit lei tot die standaardisering van werk, die vermyding van beweringe van misbruik en weerstandige maatskaplikewerk-praktyke (Trotter, 2004; Waters, 1992). Volgens Cussons (2011) bevestig maatskaplike werkers dat hul ervaringe tydens die hantering van sake rakende seksuele misbruik hul gedrag, besluitneming en dienslewering beïnvloed.

Dit blyk uit die literatuur dat maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders verskillende ervaringe van sodanige sake het en dat spesifieke rolvereistes aan hulle gestel word. 'n Groot deel van die maatskaplike werker se lewe word in die werkplek deurgebring. Werk is dus 'n betekenisvolle en doelgerigte aktiwiteit wat uitgevoer word om aan verskeie psigososiale behoeftes te voldoen (Van Wyk, 2011). Sy meld verder dat dit onmoontlik is om na 'n individu te kyk sonder om die konteks van die omgewing in ag te neem. Maatskaplike werkers wat betrokke is by intervensies met seksueel-misbruikte kinders kan nie in die geheel waardeer word sonder om die omgewing waarin hulle werk in ag te neem nie (Van Wyk, 2011).

Hierdie artikel poog om die psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders te bepaal ten einde die aard van maatskaplike werkers se behoeftes, bewustelike belewinge en waarneembare gedrag vas te stel. Vir doeleindes van hierdie ondersoek word psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers gekontekstualiseer. Psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers word hier in verband met die rolteorie van maatskaplike werkers gebring. "Role theory is a potentially valuable framework for examining role expectations" (Brookes, Davidson, Daly & Halcomb, 2007). Volgens Mendenhall (2007) bestaan rolle nie geïsoleerd van mekaar nie - alle rolle is aan mekaar verwant. Die rolteorie in maatskaplike werk omsluit die psigososiale funksionering van die individu. Dit vorm die teoretiese raamwerk van die artikel. Volgens Faul en Van Zyl (2004) verwys psigososiale funksionering na die gedragspatrone van die individu in die verskillende rolle en sisteme waarvan die individu deel uitmaak in sy lewe. Die individu reageer met kongruensie tussen die vier dimensies van sy innerlike wêreld na situasies in sy omgewing. Die individu ervaar homself en sy wêreld op twee verskillende vlakke op n kontinuum wat verband hou met prestasie, tevredenheid en verwagting aan die een kant en frustrasie, spanning en hulpeloosheid aan die ander kant. Optimale psigososiale funksionering veronderstel dat die positiewe kragte sterker sal wees as die regressiewe kragte. Die psigososiale funksionering van die individu geskied altyd in n spesifieke tydraam wat met die ontwikkelingsfase waarin die individu hom bevind, verband hou. Die term psigososiale funksionering omvat eerstens positiewe funksioneringsareas wat uit innerlike interaksie en gedrag bestaan en tweedens negatiewe funksioneringsareas wat ook uit interaksie en gedrag bestaan, maar wat van negatiewe funksionering na die positiewe verbeter behoort te word.

Psigososiaal word gedefinieer as beide die psigologiese en maatskaplike funksioneringsvlakke van die mens. Die psigologiese vlak verwys na die interne prosesse van die mens, soos denkpatrone en emosies. Die maatskaplike vlak verwys na die sosiale omgewing waarbinne die individu hom/haar bevind en die netwerke waarvan hy/sy deel uitmaak. Dit dui ook op gedrag wat deur die teenwoordigheid van ander beïnvloed word (Plug, Meyer, Louw & Gouws, 1991). Psigososiale behoeftes kan vir doeleindes van hierdie artikel as die fisiese, emosionele, sosiale, kulturele, en geestelike behoeftes gedefinieer word. Aan hierdie behoeftes moet voldoen word sodat 'n persoon optimaal kan funksioneer. Ondersoeke na die seksuele misbruik van kinders stel hoë eise aan maatskaplike werkers en beïnvloed die werkers se psigososiale funksionering.

 

DOELSTELLING

Die doelstelling van die navorsing was om deur middel van n literatuurstudie en empiriese ondersoek die psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders vas te stel.

 

NAVORSINGSMETODOLOGIE

Vir die doel van hierdie artikel is 'n kwalitatiewe benadering in die ondersoek gevolg (Fouché & Schurink, 2011; Holliday, 2007; Neuman & Kreuger, 2003). 'n Kwalitatiewe benadering tot navorsing verwys daarna dat die navorser in interaksie met die deelnemers tree ten einde data uit die deelnemers se onmiddellike omgewing in te samel (Cresswell, 2009; Engel & Schutt, 2010).

Tydens hierdie studie het die navorser hoofsaaklik van toegepaste navorsing (Fouché & Delport, 2011; Prinsloo, Prinsloo & Marais, 1996) met 'n verkennende en beskrywende oogmerk (Schurink, Fouché & De Vos, 2011) gebruik gemaak om die psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders, te identifiseer (verken) en te beskryf.

Die navorser het die interpreterende beskrywende navorsingsontwerp as navorsingstrategie benut. Babbie (2014) verduidelik dat hierdie ontwerp inhou dat elke individu poog om sin te maak van hul wêreld deur voortdurend hul daaglikse optredes te interpreteer, te skep, betekenis daaraan te gee, te definieer, te regverdig en te rasionaliseer.

Deelnemers word dus gekies vir 'n sekere doel en verskaf die nodige inligting oor die betrokke onderwerp (Alston & Bowles, 2003). Die populasie wat die studie afbaken (Strydom, 2011b), het al die maatskaplike werkers ingesluit wat ondersoek instel na seksuele misbruik van kinders in die Noordwes Provinsie. Doelbewuste steekproefneming is toegepas met maatskaplike werkers wat by nie-regeringsorganisasies werk en reeds meer as een jaar ondervinding in hierdie tipe werk het.

Die navorser het semi-gestruktureerde onderhoudvoering as data-insamelingsmetode benut. n Onderhoudskedule met vyf oop-eindevrae is hiervoor gebruik. Skriftelike ingeligte toestemming vir deelname aan die studie is vooraf van die deelnemers en organisasies waar hulle werksaam is, verkry. Etiese toestemming is van die Gesondheid Etiekkomitee van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) met etieknommer NWU-0027-09-A1 bekom. Kantoorhoofde van nie-regeringsorganisasies in die provinsie het as mediators opgetree. Die deelnemers het, nadat hulle die uitnodiging oorweeg het, die toestemmingsbriewe aan die kantoorhoofde terugbesorg. Die navorser het daarna onderhoude met hulle gevoer wat 60 minute geduur het. Die onderhoude is op diktafoon opgeneem (Monette, Sullivan & De Jong, 2005; Rubin & Babbie, 2011) en veldnotas is afgeneem. Die navorser het 'n koderingstelsel gebruik en daar is na deelnemer A, B, C ensovoorts verwys (Strydom, 2011a).

Die data is as temas en subtemas geanaliseer deur van 'n koderingsisteem volgens die voorgestelde raamwerk van Tesch (in Cresswell, 2009) gebruik te maak. Navorsing van goeie gehalte getuig van vertrouenswaardigheid en is gebaseer op die neutraliteit van die navorser se bevindinge en besluite. Volgens Botma, Greeff, Mulaudzi en Wright (2010) en Schurink et al. (2011) het vertrouenswaardigheid vier epistemologiese boustene, naamlik eerlikheid (waarheidsgetrouheid), konsekwentheid, toepaslikheid, neutraliteit. Etiese stappe is omvattend en deeglik uitgevoer aangesien navorsing in die Psigososiale Wetenskappe voordele maar ook risiko's vir die deelnemers kan inhou (Babbie, 2014; Berg & Lune, 2014).

Dataversadiging is as kriterium toegepas om die getal deelnemers wat aan die studie sou deelneem, te bepaal (Greeff, 2011). Kelly (2006) omskryf dataversadiging as die punt tydens die data-insamelingsproses wanneer geen nuwe inligting meer geïdentifiseer word nie. Die prosedure wat tydens die studie gevolg is om data in te samel en data te interpreteer is in die studie volledig weergegee ten einde replisering te bewerkstellig (Schurink et al., 2011). Opnames sowel as veldnotas is gebruik om volledige en onafhanklike data in te samel. Kodering en herkodering is met behulp van die studieleier gedoen.

 

NAVORSINGSBEVINDINGE

Die resultate uit die studie word vervolgens bespreek. Die profiel van die deelnemers word eers uiteengesit en daarna word die resultate in temas en subtemas (Rubin & Babbie, 2014) bespreek.

Profiel van die deelnemers

Agt nie-regeringsorganisasie-kantore in die Noordwes Provinsie is tydens die navorsing betrek. Elf deelnemers het aan die navorsing deelgeneem. Al die deelnemers was vroulik en uit verskillende kultuurgroepe. Die ouderdomme het gewissel tussen 21 en 60 jaar met werksondervinding tussen een jaar en 38 jaar.

Temas en subtemas

Agt hooftemas met subtemas is uit die studie ontwikkel en word in tabel 1 uiteengesit:

 

 

Bespreking van bevindinge

Psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers word in verband gebring met die rolteorie van Maatskaplike Werk.

 

TEMA 1: ROLVEREISTES

Rolvereistes word gedefinieer as dit wat nodig is, dit wat verwag word en dit wat voorgeskryf word om 'n bepaalde rol te kan vervul (Kritzinger & Labuschagne, 1982).

Subtema 1: Beskerm en beveilig

Die deelnemers het die eerste rolvereiste van die maatskaplike werker as beveiliging van die kind geïdentifiseer. Hulle verduidelikings van hierdie eerste vereiste lui soos volg:

"Ek verwyder die kind om die kind te beveilig en daarvoor gebruik ek vorm 36, waarna kinderhofverrigtinge geopen word."

"My rol is basies die beveiliging van die kind. Dis hoekom ek hier is. Dis prioriteit."

"Wanneer ek met seksuele misbruik te doene kry, weet ek dat ek moet intree en doen wat ek kan vir daardie kind."

"My rol is om die situasie te hanteer - om die kind te beveilig."

'n Enkele deelnemer het haar verantwoordelikheid beskou as dat sy nie alleen die kind moet beveilig nie, maar ook sy toekoms. Maatskaplike werkers word wetlik aangewys om sake van seksuele misbruik van kinders voor die kinderhof te bring en die beweringe dan volgens die Children's Act No 38 of 2005 (SA, 2005) te ondersoek. Die hoofdoel en verantwoordelikheid is om die kind te beskerm.

'n Verdere rolvereiste is die beveiliging van die kind deur verwydering van die beweerde oortreder uit die omgewing waar die kind hom bevind om te verseker dat hierdie wandade stopgesit word. n Deelnemer het pertinent na hierdie aspek verwys:

"Die primêre doel is om die oortreder daar uit te kry sodat die kind veilig is. Sodat wanneer ek daar uitstap dan weet ek dit gaan nie weer gebeur nie."

Volgens Artikel 153(1)(b) en Artikel 15 (6)(a) van die Children's Act No 38 of 2005 (SA, 2005) kan die beweerde oortreder uit die omgewing waarin die kind hom bevind, verwyder word, eerder as die kind self. Dit is 'n aanvaarde benadering tot seksuele misbruik van kinders aangesien verwydering van die kind uit sy omgewing nog meer trauma tot die gebeure toevoeg.

Subtema 2: Beskikbare hulpbronne

Al die deelnemers het aangedui dat die beskikbaarheid van hulpbronne 'n belangrike komponent tydens ondersoeke na die seksuele misbruik van kinders is.

Oor die belangrike rol wat 'n multiprofessionele spanbenadering tydens ondersoeke speel, is die volgende genoem:

"Die krisis-sentrum en die mediese versorging is nodig want kinders is so seergemaak dat hulle dadelik mediese hulp nodig het. Die kind moet gaan vir die J88 en moet dan na 'n veilige plek geneem word. Maak nie saak of dit 'n kinderhuis of hospitaal of 'n huis is nie. Hulle basiese behoeftes is net so belangrik want sommiges van hulle is so honger."

"Jy is die een wat met die multidissiplinêre span werk - wat met die verskillende velde kontak maak en opvolg."

Die minderheid deelnemers het 'n deskundige assessering as hulpbron uitgelig. Dit is algemene praktyk dat die seksueel misbruikte kind vir 'n forensiese assessering deur 'n maatskaplike werker wat oor spesialiskennis en vaardighede beskik, verwys word (Fouché, 2007). Botha (soos aangehaal deur Van Wyk, 2011) verwys na die belangrikheid van samewerking tussen die verskillende rolspelers tydens die ondersoek. Volgens sommige deelnemers word hierdie sake geïsoleerd hanteer as daar nie samewerking van ander rolspelers is nie. Die deelnemer wat die leidende rol in die saak vervul en ander professies as hulpbronne benut, kom meer in beheer van die ondersoeke voor en dit word as positiewe uitdagings ervaar.

Die betrokkenheid van die ouers by die kind is ook deur die minderheid deelnemers as 'n belangrike komponent genoem. Van die deelnemers het die ouers se optrede as onverantwoordelik en negatief ervaar en die volgende opgemerk:

"Ouers kyk nie na hulle kinders nie. As ouers hulle verantwoordelikheid nakom en na hulle kinders omsien kan ek op hulle staatmaak."

"Daar is baie gevalle waar kinders nie veilig in hul eie huis is nie. 'n Ma weet hierdie goed en sien dit gebeur, het selfs 'n vermoede en soms praat die kind - maar sy glo dit nie."

Fouché (2007) wys daarop dat ouers 'n rigtinggewende rol speel ten opsigte van die kind se optrede tydens ondersoeke na seksuele misbruik. Motshegoa (2011) beklemtoon dat daar van ouers verwag word om toegewyd te wees en betroubare beskerming aan die kinders te bied.

Al die deelnemers het dit beklemtoon dat daar te min hulpbronne is om kinders wat seksueel misbruik word, na behore te ondersteun. Hulle kommentaar was:

"Daar is meer hulpbronne beskikbaar om mense met kospakkies en klere te help as wat daar is vir die kind wat getraumatiseer is deur seksuele misbruik."

"Organisasies beskik nie oor fondse vir deskundige assesserings nie."

"Beperkte hulpbronne - daar is nie pleegouers of veiligheidsouers nie." Dis nie dat ek nie bemarking doen nie; ek het al die gemeentes in die omgewing toegespreek en vir ouers gevra."

Mendenhall (2007) en Van Wyk (2011) bevestig dat die uitkoms van dienslewering nadelig beïnvloed word deur 'n gebrek aan hulpbronne. Cussons (2011) is ook van mening dat meer fondse vir die ondersoeke van hierdie sake aan maatskaplike werkers beskikbaar gestel moet word ten einde die kind te help.

Subtema 3: Onmiddellike optrede

Al die deelnemers het bevestig dat die professionele verpligting om onmiddellik op te tree belangrik is en dit soos volg verwoord:

" 'n Mens voel gejaagd as daar so 'n saak aangemelding word. Ek sal dit beslis dieselfde dag hanteer, dit kan nie wag nie - ek ry nou!"

"Seksuele misbruik is 'n saak wat onmiddellike aandag nodig het. Jy kanselleer al jou ander afsprake om dit prioriteit-aandag te gee."

"Sake van seksuele misbruik is prioriteitsake en is traumaties."

Die meerderheid deelnemers het melding gemaak daarvan dat dit die maatskaplike werker se verantwoordelikheid is om 'n klag van seksuele misbruik te lê, aangesien wetgewing dit vereis. Hulle menings was:

"Daar is vereistes waarna jy moet oplet - die kind moet medies ondersoek word en daar moet 'n klag gelê word. Die kindereenheid moet die saak ondersoek."

"Die ouers of jy moet 'n klag gaan lê dat die saak deur die kindereenheid ondersoek kan word."

Al die deelnemers het melding gemaak daarvan dat hul kennis van maatskaplike werk en kennis van die verbandhoudende wette rigtinggewend is in hul optrede tydens hierdie ondersoeke. Hulle menings was:

"My maatskaplikewerk-kennis maak dit moontlik want die ondersoek is my plig en my verantwoordelikheid."

"Kennis is belangrik, veral van die beskermingsprosedure, die Kinderwet en ander wette soos die Wet op Seksuele misdrywe."

"Jy het kennis van mense en van kinders en jare lank beskerm jy kinders."

Die verbandhoudende wette sluit die Children's Act No 38 of 2005 (SA, 2005) die Strafreg (seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede), Wet 32 van 2007 (SA, 2007) en die Child Justice Act No 75 of 2008 (SA, 2008), in. Morales, Sheafor en Scott (2010) beskou kennis as een van die kernelemente van maatskaplikewerk-praktyk en bevestig dat kennis die basis is waarop optrede volg.

Vaardighede is uitgelig as synde nodig vir die korrekte maatskaplikewerk-optrede. Liefde vir mense, empatie, leiding neem, samewerking en deeglikheid was die vaardighede waarvan die meeste deelnemers melding gemaak het. Hulle het die volgende uitgelig:

"Die groot ding hier is maar empatie."

"Ek kan hierdie rol vervul uit my liefde vir mense."

"Dis belangrik om ten alle tye objektief te kan bly. "

Volgens Joubert (2003), Morales et al. (2010) en Van Wyk (2011) is die identifisering en behandeling van seksuele misbruik van kinders slegs moontlik indien die maatskaplike werker oor gespesialiseerde vaardighede soos 'n oop gemoed, empatie, toewyding en deernis vir ander beskik.

Subtema 4: Emosionele volwassenheid

Die meerderheid deelnemers het gemeld dat emosionele volwassenheid nodig is om aan die rolvereistes te kan voldoen. Emosionele volwassenheid is die vermoë van 'n persoon om die self en ander se gevoelens en emosies te kan peil, tussen die emosies en gevoelens te kan onderskei, emosies effektief te kan reguleer en die emosies aan te wend vir beplanning en om aksies uit te voer (Salovey & Mayer, 1994).

Die meeste deelnemers het eienskappe van die self soos selfkennis, selfvertroue, ego-sterkte en innerlike self-sterkte as eienskappe van emosionele volwassenheid genoem. Hulle opmerkings was soos volg:

"Ek dink jou innerlike sterkte moet daar wees want seksuele misbruik is nie 'n maklike ding om te ondersoek nie."

"Jy as maatskaplike werker moet sterk staan vir die kind want die kind moet sien ek is die sterk een - al vat hierdie goed aan ons lyf!"

"Ek is net 'n mens en ek moet myself en my eie gevoelens verstaan."

Die deelnemers het ander eienskappe bygevoeg soos sensitiwiteit vir die nood van ander, objektiwiteit, deursettingsvermoë en emosionele stabiliteit. Hulle het dit soos volg verduidelik:

"Jy moet nie oor-emosioneel wees nie, maar rustigheid hê in die hantering van die saak."

"As jy as maatskaplike werker nie emosioneel kan 'cope' nie, moet jy nie die werk doen nie."

"Ek moet stabiliteit hê en professioneel optree."

"Die sake vereis deursettingsvermoë en jy moet in jouself glo."

 

TEMA 2: ROLVERWAGTINGE

Mendenhall (2007) verduidelik rolverwagtinge soos volg: "Role expectations are the expectations for the behavior of an individual in a certain position. Expectations relate to how a role makes an individual behave."

Subtema 1: Ondersteuning

Seksuele misbruik is hoëprioriteit-sake en die deelnemers verkies om sulke sake nie geïsoleerd te ondersoek nie. In sommige organisasies is dit beleid dat maatskaplike werkers deur 'n kollega na hierdie ondersoeke vergesel moet word. Die deelnemers se reaksies was:

"Soms daag die polisie nie op nie - daardie vyf minute se wag vir die polisieman is dalk die vyf minute wat te laat is ... "

"Ek het ondersteuning met hierdie sake nodig. Die grootste probleem in die kantoor is mannekrag. Ek doen die ondersoeke en aanmeldings alleen. Dis nie vir my veilig of lekker nie."

Volgens die deelnemers poog maatskaplike werkers om die polisie vir ondersteuning te vra, maar dit blyk dat dit nie altyd realiseer nie. Deelnemers staan dus gereeld voor die uitdaging dat daar geen fisiese ondersteuning vir hulle tydens ondersoeke na hierdie sake is nie. Stone (1990) is van mening dat indien die maatskaplike werker nie die nodige ondersteuning ontvang nie, die werker sowel as die kind aan wie dienste gelewer word, daaronder ly.

Van Wyk (2011) is van mening dat supervisors die verantwoordelikheid dra om 'n gesonde klimaat en omgewing te skep wat die welstand van maatskaplike werkers bevorder. Die behoefte om teenoor 'n persoon te kon ontlaai oor gebeure wat tydens die ondersoek voorgekom het, was 'n sterk behoefte by die deelnemers. Een deelnemer verduidelik:

"Met ontlading soek jy ondersteuning en begrip en net om die dinge uit jou sisteem te kry."

Subtema 2: Verhoudinge

Dit was vir die meeste deelnemers belangrik om goeie verhoudinge met kollegas te handhaaf. Die reaksies was:

"Gelukkig ondersteun die ander organisasies hierdie kantoor en kan ek enige tyd van die organisasies se kollegas bel vir ondersteuning."

"Ek het darem my kollegas en so nou en dan sal ek met een gaan praat."

Sheafor en Horejsi (2006) en Van Wyk (2011) benadruk dat mense sosiale wesens is wat ander mense nodig het. Aandag moet gegee word aan die interafhanklike dimensies van die persoon, naamlik biologies, intellektueel, emosioneel, sosiaal, spiritueel, ekonomies en gemeenskaplik.

Met betrekking tot interaksie met ander professies het die deelnemers genoem:

"Ek gaan praat soms met 'n vriendin wat 'n sielkundige is .... vir wie ek net kan sê hoe ek voel. Ek praat met al die ander betrokke professies sover ek gaan en dit raak al ligter in my eie gemoed."

Die navorser het die vertroulikheidsaspek hier bevraagteken. Uit die studie het dit geblyk dat die deelnemers vertroulikheid handhaaf. 'n Enkele deelnemer het haar duidelik hieroor uitgedruk:

"Want inligting is vertroulik en veral as jou man ook in 'n beroep staan waar hy met mense werk en om met sulke dinge te werk is inligting ekstra vertroulik."

Subtema 3: Tyd

Volgens sommige deelnemers was die ondersoekproses gejaagd en was daar nie voldoende tyd om aandag aan die betrokke kind se behoeftes te gee nie. n Minderheid deelnemers het by die belange van die kind aangesluit deur klem te lê op die emosionele ondersteuning aan die kind tydens die ondersoekproses. Die beste belang van die kind behoort in ag geneem te word. Een opmerking was soos volg:

"Dis belangrik om te weet wat die kind se behoeftes op daardie stadium is; die behoefte om êrens te behoort en te weet iemand gee om want hulle is klaar so weerloos."

Die navorser is van mening dat prosedures en groot gevalleladings baie tyd van die maatskaplike werkers in beslag neem en dat daar nie tyd beskikbaar is om aandag aan die kinders se behoeftes te skenk nie. Die helfte van die deelnemers het die tydsverloop van hierdie sake uit 'n ander perspektief gesien. Tydsverloop is 'n leemte omdat die seksueel misbruikte kind nie terapie kan ontvang alvorens die saak afgehandel is nie. Hulle was van mening:

"Dis sleg vir hierdie kind om te wag vir die hofsaak - dis makliker om die kind vir terapie te verwys en te vergeet van die hofsaak."

"Die tydsverloop bring frustrasies en 'n mens wonder of dit die moeite werd is om die sake aan te meld."

 

TEMA 3: EMOSIONELE BEHOEFTES

Cussons (2011), Cheung en Boutte-Queen (2000) en Van Wyk (2011) wys daarop dat ondersoeke na die seksuele misbruik van kinders emosioneel uitdagend is en dat maatskaplike werkers sekere behoeftes het en bepaalde gevoelens ervaar.

Subtema 1: Behoefte aan ontlading

Met betrekking tot die begeerte om oor die emosionele gevoelens te kan praat en emosies te kan ontlaai is die volgende opgemerk:

"Om met sake van seksuele misbruik te werk is moeilik en somtyds voel dit oorweldigend. Dis belangrik dat ons oor ons ervaringe en uitdagings daarvan te kan praat."

"Die behoefte om hierdie ervarings met iemand te kon deel - terwyl die kind met my gepraat het, het my nekhare gerys!"

"Ek wil net by iemand sit en my oë uithuil - die goed wat ons sien is sleg."

"As jy 'n gesin het, kan jy nie vir hulle wys hoe ontsteld jy vandag was nie!"

Die kind vertel en ontlaai soms teenoor die maatskaplike werker onverwags. Onverwagte onthullings het 'n emosionele impak op die maatskaplike werker wat daarby betrokke is. ( "Baie van hierdie kinders is klein en die goed wat uitkom voordat jy kan keer of dit na iemand kan verwys ... is traumatiese goed! Dit help om met iemand daaroor te gesels.").

'n Enkele deelnemer het die hele dinamika van hierdie ervaringe soos volg saamgevat:

"Materiële nood is nie 'n sielsdimensie nie; jy kry fisies swaar maar jy kan nog steeds gelukkig wees. Met seksuele misbruik word jou emosies aangetas, jou siel word aangetas, jou liggaam word aangetas ...jou liggaam reageer op goed. Ek dink dis erger trauma vir 'n kind as enigiets anders."

Onmiddellike ontlading kan verligting in maatskaplike werkers se gemoed bewerkstellig sodat hulle weer perspektief verkry. Cheung en Boutte-Queen (2000) is van mening dat "unresolved feelings can bring ineffective services to clients. If these unresolved feelings are not adequately addressed, the process of counter-transference can block the opportunity to be objective; thus allowing personal feelings to influence client treatment."

Subtema 2: Behoefte aan onttrekking

Die minderheid deelnemers het gemeld dat hulle tydens hierdie ondersoeke die behoefte aan onttrekking en isolasie ervaar en dit soos volg verduidelik: "Na so 'n dag raak ek stil, doen my eie ding en kry afstand." Distansiëring was ook vir 'n ander deelnemer noodsaaklik om objektiwiteit te handhaaf omdat sy ook met die ouers moes werk. Van Wyk (2011) verduidelik dat die gevoel van onttrekking/isolasie by maatskaplike werkers voorkom en verklaar dat hul gesinne en vriende nie die nodige begrip toon en die realiteite van die beroep besef nie.

Subtema 3:Gevoelens van onsekerheid

Gevoelens van onsekerheid en spanning het by al die deelnemers voorgekom. Van die deelnemers het die volgende gesê:

"My eerste persoonlike gedagte is om te hoop dit is nie so nie ... opleiding berei jou glad nie voor vir hierdie goed nie!"

"Op pad na die adres het ek onsekerheid en spanning ervaar."

"Die begin van so 'n ondersoek bring vir my spanning want daar is soveel onsekerhede."

Die indruk word hier gewek dat die deelnemers soveel onsekerheid het oor die hantering van die ondersoeke dat hulle behoefte voel daaraan om dit eerder te vermy. Volgens twee deelnemers gee jare se ondervinding vir hulle onderskeidingsvermoë en selfvertroue tydens hierdie ondersoeke.

"Om ons rol te vervul kom outomaties. Die een ding wat dit maklik maak is ondervinding."

n Ander deelnemer het egter ten spyte van jare lange ondervinding steeds onsekerheid ervaar:

"As jy nie weet wat om te doen nie, moet jy vir iemand vra. Ons moet nie maak of ons alles weet nie."

Rankin (2005) verduidelik dat stres voorkom wanneer die maatskaplike werker onsekerheid ervaar oor wat presies in so 'n situasie gedoen moet word. Van die deelnemers het die volgende genoem:

"Ek ervaar verligting as dinge tot 'npunt kom ... as ek duidelikheid kry oor wat aan die gang is" en: "Ek raak rustiger as daar 'n plan is."

Subtema 4: Gevoelens van woede

Die meerderheid deelnemers het gevoelens van woede/kwaad uitgespreek oor die gebeure van seksuele misbruik en teenoor beide die beweerde oortreder en die ouers. Hulle het die volgende gesê:

"Ek het verskriklike woede ervaar ... hoe kon hierdie mamma toelaat dat dit gebeur?"

"Ek word kwaad vir die oortreder en sukkel om met die oortreder te werk. "

"Ek word kwaad dat 'n normaal geskape persoon met 'n verstand sulke dinge aan 'n kind kan doen."

Volgens Cheung en Boutte-Queen (2000) is woede 'n algemene emosie wat maatskaplike werkers tydens hierdie ondersoeke kan ervaar.

Subtema 5: Gevoelens van magteloosheid

Die deelnemers het gevoelens van frustrasie en magteloosheid tydens hierdie ondersoeke ervaar. Hulle menings hieroor was die volgende:

"Ek ervaar frustrasie en magteloosheid - en wonder hoekom het mense dit nie vroeër opgetel nie."

"Ek ervaar frustrasie teenoor die weerloosheid van die kind en opeindig met soveel onnodige vrae."

"Die kind vra: 'Hoekom gebeur dit met my?"

Van Wyk (2011) verduidelik dat maatskaplike werkers 'n gevoel van magteloosheid ervaar en nie net as gevolg van die emosies wat deur die kinders getoon word nie, maar ook weens die onvermoë om die uitkoms van die dienslewering te kan beïnvloed.

Subtema 5: Gevoelens van hartseer

Die meerderheid deelnemers erken dat hulle hartseer raak en huil tydens hierdie ondersoeke. Hul menings word aangehaal:

"Ek is baie jammer vir 'n kind wat hierdeur gaan want ek voel hulle herstel nooit werklik daarvan nie."

"Ek raak baie hartseer vir 'n kind want hulle is nie veronderstel om daardeur te gaan nie."

"Ek het letterlik in die stort gestaan en huil oor die kind want 'n mens weet nie wat om met hierdie gevoelens te doen nie."

Bogenoemde emosionele behoeftes word deur Van Wyk (2011) beaam en noem dat die kinders sensitiewe inligting met maatskaplike werkers deel wat 'n geweldige emosionele impak op die werker het.

 

TEMA 4: FISIESE BEHOEFTES

Sheafor et al. (2006) beklemtoon dat die maatskaplike werker haar eie fisiese beperkinge en gesondheid in ag moet neem wanneer hierdie ondersoeke gedoen moet word.

Subtema 1: Fisiese simptome

Al die deelnemers het fisiese simptome tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders ervaar.

Een deelnemer was onbewus van hoe spanningsvol hierdie ondersoeke vir haar is totdat sy bewus geraak het van fisiese simptome wat sy ervaar. Sy vertel die volgende:

"Ek het agtergekom dat ek snags op my tande kners. En nou die dag toe ek ry toe voel ek my kake is seer - toe eers kom ek agter dat ek ook bedags op my tande kners."

Ander opmerkings was die volgende:

"Dit voel later of jou kop wil bars en ek kry geweldige hoofpyne."

"Gewoonlik is ek gedreineer aan die einde van so 'n ondersoek. Ek het ook geen fisiese krag nie, ek wil net sit en ek voel lus vir niks nie."

"My brein wil nie afskakel nie en ek dink oor en oor aan die saak. Mense dink omdat ek nie maklik huil dat ek nie trane het nie, maar ek het droë trane wat op 'n ander manier moet uitkom. "

"Ek is fisies uitgeput oor die spanning wat ek tydens hierdie ondersoeke ervaar."

Die deelnemers het genoem dat hulle tydens ondersoeke liggaamlike spanning en angs ervaar. Hulle menings was:

"Ek ervaar angstigheid...en dis stresvol vir my om dieprentjie bymekaar te sit met die 'puzzle pieces' wat jy kry. Hierdie onsekerheid veroorsaak spanning by my."

"Tydens hierdie ondersoeke ervaar ek fisiese spanning en ook angstigheid. Ek het nek- en spierspasmas."

"Ek rook baie meer as gevolg van stres want jy weet nie wat jy gaan kry nie."

Volgens die deelnemers het hierdie ondersoeke 'n invloed op hul slaap- en eetgewoontes. 'n Enkele deelnemer meld dat sy dan gewoonlik vroeër gaan slaap. Die minderheid van die deelnemers het aangedui dat hulle minder eet wanneer hulle hierdie sake ondersoek. Een deelnemer het die volgende bevestig:

"My liggaam word moeg en my slaap- en eetgewoontes verander."

'n Paar van die deelnemers het die behoefte aan fisiese reiniging tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders uitgespreek. Hulle het dit soos volg verwoord:

"Na so 'n ondersoek dan bad ek myself behoorlik en was hare" en "Na so 'n dag voel ek net dat ek kan gaan bad - dat ek verfris kan wees."

Cheung et al. (2000) bevestig die volgende: "Practitioners suffered from symptoms such as feelings of horror, sleeplessness and nightmares following sessions with survivors detailing their experiences with child sexual abuse." Currie (2001) opper die feit dat liggaamlike reaksies uniek aan elke individu is en dat individue hulle liggame behoort te ken en te weet wanneer hulle stres ervaar.

Subtema 2: Liggaamlike veiligheid

Die deelnemers meld dat hulle liggaamlike veiligheid bedreig was. 'n Enkele deelnemer het gesê:

"Ek dink dat met seksuele misbruik is ons as maatskaplike werkers se veiligheid die meeste in gedrang."

Nog 'n deelnemer het bygevoeg:

"Fisies gaan ook oor my veiligheid - en dit is waarom ek iemand anders van die sisteem nodig het vir ondersteuning."

'n Ander deelnemer beskryf haar ervaring met oortreders soos volg:

"Dit is so dat as mense gekonfronteer word met hierdie tipe inligting is hulle dikwels irrasioneel en so 'n persoon is tot enigiets in staat. Ek het al baie verbale en fisiese dreigemente ervaar."

Die minderheid van deelnemers het ook bevestig dat hulle al fisies aangerand is:

"Hulle kom vir jou!"

Williams en Cooper (2002) verduidelik dat alle werknemers op 'n kontinuum van slegte gesondheid en werksvervulling funksioneer. Sommige persone word deur hul werk vervul en andere word siek as gevolg daarvan. Werkstres en druk veroorsaak dat die persoon heen en weer op die kontinuum beweeg.

 

TEMA 5: SOSIALE BEHOEFTES

Die deelnemers het aangedui dat hulle bepaalde sosiale behoeftes ervaar.

Subtema 1: Sosiale ondersteuning

Maatskaplike werkers het 'n sosiale behoefte aan ondersteuning van ander kollegas asook van die eie familie, die gemeenskap en beoefenaars van ander professies. Die meerderheid deelnemers het die volgende menings gelig:

"Jy het iemand nodig met wie jy kan praat en as jy eers begin praat dan kom dit net uit - dis soos 'n dam wat breek."

"Net soos dit 'n emosionele behoefte is, is ontlading teenoor 'n kollega ook 'n sosiale behoefte. Dit gaan oor betrokkenheid."

"Die ondersteuning van 'n kollega wat weet waaroor hierdie ondersoeke gaan."

Indien ander rolspelers betrokke is, dien hulle as klankborde. 'n Enkele deelnemer was het die volgende met die navorser gedeel:

"Ontlading kan nie drie maande wag tot wanneer jou supervisor by jou kantoor uitkom nie. Soos wat jy inligting aan ander rolspelers en professies deurgee, raak dit al ligter in jou eie gemoed."

Volgens die deelnemers kan ontlading en ondersteuning van verskeie bronne ontvang word. Hulle opmerkings was:

"Hier kan ek eintlik enige organisasie se maatskaplike werker skakel om te klankbord en te ontlaai. Almal is altyd bereid om te luister en te help."

"Vir seker het ek iemand nodig, dis net 'n ekstra lyf - iemand by jou, dis sosiale ondersteuning."

"My man is vir my 'n ondersteunende persoon maar ek hou nie daarvan om met hierdie 'terrible' goed huis toe te gaan nie want ek weet hy is ook 'n sagte mens."

Van Wyk (2011) bevestig die belangrikheid van die wisselwerking tussen die maatskaplike werker en haar omgewing.

Subtema 2: Samewerking

'n Verdere sosiale aspek waaraan al die deelnemers behoefte het, is samewerking met kollegas en ander professies wanneer hierdie ondersoeke gedoen word. Die samewerking van die gemeenskap was ook vir die deelnemers belangrik aangesien die gemeenskap nodig is om fondse te gegenereer.

Dit was 'n algemene behoefte onder die deelnemers dat daar goeie samewerking tussen die onderskeie rolspelers moet wees. Van hulle kommentaar was die volgende:

"Ondersteuning laat my veilig voel. Sake wat gaan oor seksuele misbruik is hoë prioriteit en ernstige sake en daarom moet al die professies saamwerk."

"Dis belangrik dat 'n mens professioneel met ander moet kan saamwerk. Dis vir my wonderlik dat ek 'n goeie verhouding met die landdros, prokureurs, persone by die Kinderbeskerming en met die mense hier in my kantoor."

"Goeie samewerking van die skool tydens hierdie ondersoeke is van groot waarde."

Reynolds (2010) waarsku dat maatskaplike werkers in 'n ongesonde werksomgewing werksverwante stres kan ontwikkel. Dit het weer 'n negatiewe impak op die werkers se werk en hul gesondheid. Trotter (2004) en Waters (1992) meld dat indien hulle nie die nodige ondersteuning ontvang nie, die maatskaplike werkers sowel as die kinders aan wie dienste gelewer word, daaronder sal ly.

Finansiële steun tydens ondersoeke na die seksuele misbruik van kinders is van kardinale belang omdat fondse vir deskundige assessering benodig word. Volgens die deelnemers is beperkte fondse 'n probleem en hulle het soos volg gereageer:

"'n Mens moet hard soek en spesifiek wees met die mense in die gemeenskap...hierdie is 'n kind in nood! Anders sal niemand vir jou geld gee nie. Hierdie finansiële verantwoordelikheid is ook vir my 'n sosiale behoefte."

"Dit gaan oor hoeveel fondse beskikbaar is - kostes om vir die kind hulp te kry is 'n groot uitdaging."

"Finansies is 'n leemte - nie almal is bereid om te gaan soek vir geld nie."

Indien daar nie tydens hierdie ondersoeke aan die sosiale behoeftes aandag gegee word nie, kan daar volgens Van Wyk (2011) spanning en beroepstres ontstaan wat tot gedragsverandering by die maatskaplike werker kan lei. Van Wyk (2011) verwys voorts na die werknemerswelstand wat gerespekteer moet word ten einde die moreel van die maatskaplike werker te verhoog en stres te voorkom.

 

TEMA 6: KULTURELE VERANDERLIKES

Kulturele diversiteit is 'n realiteit waarmee alle maatskaplike werkers in alle diensleweringsvelde te doen kry.

Subtema 1: Verbandhoudende wette

Tydens die onderhoudvoering was die deelnemers van mening dat die verbandhoudende wette geen onderskeid tussen verskillende kulture en sake van seksuele misbruik van kinders tref nie. Hulle het die volgende gemeld:

"Die wet gee aan my as maatskaplike werker duidelike riglyne. Die wet kom eerste bo jou kulturele behoeftes. Seksuele misbruik is seksuele misbruik ongeag waar jy bly, wat jou kultuur of jou velkleur is

"Ons het 'n landswet - 'n grondwet en die kinderwet - wat sê dis nie aanvaarbaar nie. Dit geld vir almal en die skade wat aan 'n kind gedoen word, is baie groter as die invloed van jou kultuur."

"Kultuur regverdig nie seksuele misbruik nie - wet is wet."

Collings en Murray (1996) maak melding daarvan dat daar aan die maatskaplike werker wat sake rakende seksuele misbruik van kinders hanteer, hoë verwagtinge gestel word deurdat geregtigheid moet seëvier.

Subtema 2: Kultuurverskille

Tydens die onderhoudvoering het die deelnemers laat blyk dat dienslewering aan persone van ander kulture moeilik is. Hulle menings was soos volg:

"Wanneer ek by 'n ondersoek betrokke raak, is dit belangrik om iets van daardie kultuur te weet om die regte dinge te kan sê."

" Kennis van verskillende kulture is belangrik om hierdie gevalle te verstaan en die kind beter te help. Kultuur moet verstaan word om te weet wat om vir die kind en die gesin te sê. Mense glo in hulle kultuur en dis 'n uitdaging om 'n 'mind-set' te verander."

"Daar is vir my 'n groot leemte aan genoegsame kennis van die verskillende kulture om situasies te hanteer. Wat in my kultuur aanvaarbaar is, is nie noodwendig in 'n ander kultuur aanvaarbaar nie."

"As gevolg van kultuurverskille moet kinders verskillend hanteer word en ek twyfel oor die korrekte optrede."

Mendenhall (2007) beklemtoon die noodsaaklikheid van die volgende: "Practitioners are culturally sensitive and competent. They are aware of cultural differences and continually seek new knowledge about these differences."

Die deelnemers het laat blyk dat taalverskille die ondersoeke na seksuele misbruik van kinders kan bemoeilik en stres kan veroorsaak (Van Wyk, 2011). Hulle het gemeld:

"Die taalverskil is vir my 'n krisis. Ek weet nie hoe 'n mens 'n ondersoek so kan doen as jy hulle nie verstaan nie -dis frustrerend."

"Ons verstaan mekaar nie altyd reg nie."

Die maatskaplike werker vind dit moeilik om met 'n getraumatiseerde kind in 'n ander taal as die kind se moedertaal te kommunikeer. n Enkele opmerking was soos volg: "Sekere gevalle kan jy hanteer deur Engels te praat maar as die kind erg getraumatiseer is, kan ek nie met haar kommunikeer nie."

Tydens ondersoeke is die korrekte inligting wat verkry word vir die hof van kardinale belang. 'n Enkele deelnemer het genoem:

"Taal is somtyds 'n struikelblok. Selfs om oor liggaamsdele te praat kan ook 'n struikelblok wees omrede daar verskillende benamings vir liggaamsdele is."

Die deelnemers het verwys na die gebruik van tolke tydens hierdie ondersoeke. Hoewel die deelnemers van tolke gebruik gemaak het, was dit nie vir hulle die oplossing vir kultuurverskille nie en was vertroulike hantering van die inligting bemoeilik. n Deelnemer se opmerking was soos volg:

"Ek het gebruik gemaak van 'n tolk, wat nie ideaal is nie. Jy moet elke keer sê inligting is vertroulik."

Van die deelnemers het negatief gestaan teenoor die gebruik van tolke omdat hulle twyfel gehad het oor die korrektheid van die boodskap wat oorgedra word. Van hul menings was:

"Ek weet nie wanneer hulle inligting bietjie verdraai of iets anders sê nie - dit kan 'n heel ander effek op die kliënt hê as wat bedoel was."

"'n Mens ervaar onsekerheid - gaan die boodskap reg oorgedra word en kry ek weer die regte inligting terug. Die kwaliteit van die ondersoek word beïnvloed."

Een deelnemer het 'n positiewe siening oor die gebruik van 'n tolk gehad: "Ek is gemaklik met tolke en ek gebruik hulle gereeld. Vir my het hulle nog altyd net gehelp." Genoegsame diverse mensekapitaal kan tydens hierdie ondersoeke van groot waarde wees. Een deelnemer se siening was soos volg: "Ek dink nie ons het 'n groot diverse professionele mannekrag om verskillende kulture te hanteer nie."

 

TEMA 7: GEESTELIKE BEHOEFTES

Nel, Werner, Haasbroek, Poisat, Sono en Schultz (2008) omskryf geestelikheid/spiritualiteit soos volg: "Spiritualiteit word as 'n hoofbestanddeel van integrering van organisatoriese en werknemerwaardes beskou. Spiritualiteit is nie 'n geloof nie." Volgens Steward, Koeske en Koeske (2006) maak geestelikheid en godsdiens n belangrik deel van mense se lewens uit.

Subtema 1: Ontoereikende eie krag

Al die deelnemers het erken dat hulle hierdie ondersoeke nie uit eie krag kan doen nie, maar leiding en hulp van God nodig het. Hier volg enkele menings:

"Ek bid baie en vra God vir leiding voordat ek optree."

"Ek vra God om my te help met die hele ondersoek en om die regte besluite kan maak. Ek hou deur die hele saak aan Hom vas."

"Ek het 'n sterk geestelike verhouding met God en ek glo ek word ondersteun."

"Ek vra elke dag dat die Here vir my wysheid en onderskeidingsvermoë skenk om te weet wat is reg en dat ek sensitief is vir mense se nood."

Morales et al. (2010) meld dat maatskaplike werkers bewus moet wees van die effek wat geloof en spiritualiteit op hulle het, aangesien dit 'n integrale deel van hul diensleweringsproses uitmaak.

Subtema 2: Onsekerheid oor geloof

Die deelnemers het spontaan gereageer oor die geestelike onsekerheid wat hulle tydens ondersoeke ervaar. Die deelnemers het erken dat hulle tydens hierdie ondersoeke worstel met geestelike vrae oor waarom dit toegelaat word dat kinders seksueel misbruik word. Hulle opmerkings was die volgende:

"Ek as n Christen vra somtyds vir God waarom Hy toelaat dat so iets met 'n kind gebeur."

"Soms wil mens vra: Here waar was U toe al hierdie dinge gebeur het... maar terselfdertyd weet ek dat ons in 'n gebroke wêreld lewe."

"Ek dink die vraag wat ek altyd myself afvra is - HOEKOM? Hoekom die kind en hoekom op die manier."

Die geestelike worsteling wat die kinders openbaar, het op die maatskaplike werker se emosionele funksionering 'n groot invloed. n Deelnemer het die volgende genoem:

"Wanneer n kind my vra of ek in God glo en waarom het hierdie dinge met haar gebeur - dan is dit verskriklik moeilik vir my om haar te antwoord. Waar was God dan in daardie tyd?"

Die maatskaplike werker word met die kind se magteloosheid en seer gekonfronteer.

Subtema 3: Geestelike leiding

Die deelnemers het laat blyk dat geestelike leiding ook 'n behoefte is wat hulle tydens hierdie ondersoeke ervaar het. Hulle meld soos volg:

"Ek kry die nodige ondersteuning van die pastore hier en ek het die vrymoedigheid om aan hulle te erken dis 'n moeilike saak."

"Ek werk baie nou saam met 'n paar predikante en ek sal met vrymoedigheid hulle vra vir ondersteuning."

Die deelnemers het gemeld dat hul geestelike behoefte uit verskeie aspekte bestaan. n Deelnemer som dit soos volg op: "Ek glo in God en somtyds is dit nie genoeg om self daardeur te probeer werk nie -dan lees ek baie my Bybel en maak kontak met my predikant om met hom te gesels." 'n Enkele deelnemer het egter te kenne gegee dat sy met 'n nie-vergewensgesindheid worstel: "Die Here sê vir ons dat ons almal moet liefhê, maar daarmee sukkel ek. Ek voel dat ek hierdie oortreders nie kan liefhê oor wat hulle aan kinders doen nie." Die navorser is van mening dat onvervulde geestelike behoeftes 'n impak het op die maatskaplike werkers se dienslewering aan die kinders.

 

TEMA 8: ONTWIKKELING EN GROEI

Volgens Van Wyk (2011) vind groei en ontwikkeling plaas wanneer maatskaplike werkers na hul eie welstand omsien en voortgesette opleiding ondergaan.

Subtema 1: Ontwikkelingsbehoeftes

Die deelnemers het gemeld dat voortgesette opleiding in die hantering van seksuele misbruik noodsaaklik is. Hulle opmerkings was die volgende:

"Hierdie is sensitiewe sake en vereis gespesialiseerde kennis. Opleiding is baie belangrik en die verkryging van kennis is n konstante leerproses."

"Goeie en voortgesette opleiding om kennis te verkry word vereis. Elke saak is anders en elke kind is uniek."

Die meerderheid deelnemers het gemeld dat voortgesette opleiding ten opsigte van die toepaslike seksuele gedrag van verskillende ouderdomme baie nodig is. Hulle meld die volgende:

"Kennis en opleiding oor toepaslike seksuele gedrag vir 'n kind van 'n bepaalde ouderdom."

"Opleiding soos onder andere hoe 'n kind gaan reageer wat seksueel misbruik is."

'n Deelnemer het die behoefte aan opleiding om sake rakende seksuele misbruik te kan hanteer uitgespreek:

"Ek wil spesifieke en praktiese opleiding ontvang om sake van seksuele misbruik te kan hanteer. Dis n nimmereindigende probleem."

Stone (1990) noem dat dit belangrik is om met maatskaplike werkers te konsulteer oor hul opleidingsbehoeftes asook oor die doeltreffendheid van verskeie opleidingmetodes en tegnieke. Behoefte aan kennis van en opleiding in die toepaslike wette is in hierdie navorsing geïdentifiseer. Die deelnemers noem die volgende:

"Kennis van die wette is vir my van groot belang. Hoe moet ons seksueel misbruikte kinders beskerm as ons nie weet wat staan in daardie wette nie."

"Kennis van die verskillende wette is belangrik. Wetgewing verander voortdurend."

Kennis aangaande hofprosedures (die strafhowe en kruisondervraging) is soos volg deur een deelnemer geformuleer:

"Beter begrip van die strafhowe is nodig - jy moenie dink die Kinderhofsaak is al wat jy gaan doen nie. Hulle kan jou betrek by die strafsaak - ek moes gaan getuig hoe dit gebeur het. Jy is die 'glue' wat alles hier bymekaar hou" en "Opleiding deur die maatskaplike werker onder ordentlike kruisondervraging te sit."

'n Paar deelnemers het meer uitgebreide kennis oor ander rolspelers se velde benadruk. Oor behoefte aan 'n bepaalde struktuur en 'n gestandaardiseerde lys tydens ondersoeke, is die volgende vermeld:

"Die proses - 'n gestandaardiseerde 'tick'-lys met vrae soos: het jy die J88 gedoen het? Het jy kinderhof geopen? Ensovoorts." en "Miskien as jy meer leiding gehad het met die ondersoeke oor watter stappe om presies te volg."

Die ontwikkeling en groei van maatskaplike werkers is volgens Van Wyk (2011) van belang en dit is die maatskaplike werker se primêre verantwoordelikheid om dit na te streef.

 

GEVOLGTREKKING

Die fokus van die navorsing was op die psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers tydens ondersoeke na seksuele misbruik van kinders. Die navorsing het bevind dat die ondersoeke na seksuele misbruik van kinders hoëprofiel-sake is wat spesifieke rolvereistes aan maatskaplike werkers stel. Die rolvereistes het tot gevolg dat maatskaplike werkers sterk rolverwagtinge het van rolspelers wat betrokke is. Hierdie rolspelers moet geleenthede bied vir ondersteuning, ontlading en goeie verhoudinge. Die kompleksiteit van hierdie sake bring sterk emosionele ervaringe soos spanning en angs mee wat weer fisiese behoefte-ervaringe tot gevolg het. Die indruk is verkry dat seksueel-misbruikte sake die reeds bestaande spanning van die praktyk, onder andere hoë gevalleladings, nog meer intensiveer. Indien daar nie aan genoemde sosiale behoeftes voldoen word nie, voel die maatskaplike werker geïsoleerd in die hantering van die ondersoeke en laat dit weer emosionele en fisiese behoeftes toeneem. Maatskaplike werkers ervaar sake van seksuele misbruik nie as n uitdaging nie maar eerder as sake wat meer spanning en eise meebring. Onkunde oor hofprosedures en die strafprosesreg bring vir maatskaplike werkers groot onsekerheid mee. Laasgenoemde het 'n disfunksionele kringloop van omstandighede tot gevolg wat 'n negatiewe invloed uitoefen op die psigososiale funksionering van die maatskaplike werker wat hierdie sake moet ondersoek.

Kulturele verskille bring 'n uitdagende komponent in die vorm van onsekerheid vir die maatskaplike werkers mee. Hierdie onsekerheid het 'n direkte invloed op die emosionele en ook fisiese behoeftes van die maatskaplike werker. Die intensiteit van hierdie sake versterk die maatskaplike werker se geestelike behoefte wat daarna smag om sin en betekenis te maak uit hierdie gruweldade teen kinders. Laasgenoemde het ook 'n direkte invloed op die emosionele behoeftes en emosionele volwassenheid van hierdie werkers. Dit blyk duidelik dat die onderskeie psigososiale behoeftes van die maatskaplike werker ten nouste met mekaar vervleg is en ook interafhanklik is van mekaar. Gepaard hiermee ervaar die maatskaplike werker tydens ondersoeke en hantering van die seksuele misbruik van kinders behoefte aan voortgesette ontwikkelingsgeleenthede.

Indien hierdie behoeftes nie onder die loep geneem word nie, kan dit lei tot negatiewe rolfunksionering, beroepstres en selfs uitbranding van maatskaplike werkers wat met seksuele misbruik van kinders werk.

 

AANBEVELINGS

Gebaseer op die navorsingsbevindinge word die volgende aanbevelings ten opsigte van die psigososiale behoeftes van maatskaplike werkers gemaak.

  • Die bestuursmodel van 'n organisasie moet ondersteuningswerkgroepe as ontladingsgeleentheid vir maatskaplike werkers wat met hierdie hoë-intensiteitsake werk, instel.

  • Seksuele misbruik moet as n spesialiteitsveld beskou word en spesialiteitsposte in die organisasies behoort aandag te geniet.

  • Die organisasies se programinhoud moet voorsiening maak daarvoor dat maatskaplike werkers opleiding as saakbestuurders ontvang, en duidelike riglyne en struktuur ter hantering daarvan moet neergelê word.

  • Professionele rolspelers betrokke by hierdie sake, moet deur middel van werkswinkels en forums bewus gemaak word van hul eie en ander se pligte en verantwoordelikhede en ook opleiding ontvang.

  • Die besture van organisasies moet verantwoordelikheid aanvaar vir en behulpsaam wees met die werwing en verkryging van hulpbronne om so die maatskaplike werker te ondersteun en haar dienslewering moontlik te maak en te vergemaklik.

 

BRONNELYS

ALSTON, M. & BOWLES, W. 2003. Research for social workers: an introduction to methods. London: Sage Publications.         [ Links ]

BABBIE, E. 2014. The basics of social research. (6th ed). Canada: Wadsworth Cengage Learning.         [ Links ]

BERG, B.L. & LUNE, H. 2014. Qualitative research methods for the social sciences. (8th ed). London: Pearson Education.         [ Links ]

BOEZAART, T. 2009. Child law in South Africa. Claremont: Juta.         [ Links ]

BERLINER, L. 2011. Child sexual abuse: definitions, prevalence and consequences. In: MYERS, J.E.B. (ed), The APSAC handbook on child maltreatment. (3rd ed). Newbury Park, Calif.: Sage Publications.         [ Links ]

BOTHA, K. 2010. Riglyne vir toepaslike verwysing van kinderkliënte vir forensiese assessering in 'n Suid-Afrikaanse Welsynsorganisasie. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit (M tesis).         [ Links ]

BOTMA, Y., GREEFF, M., MULAUDZI, F.M. & WRIGHT, S.C.D. 2010. Research in Health Sciences. Cape Town: Heinemann, Pearson Education.         [ Links ]

BROOKES, K., DAVIDSON, P.M., DALY, J. & HALCOMB, E.J. 2007. Role theory: a framework to investigate the community nurses' role in contemporary health care systems. Contemporary nurse, 25 (2):146-153.         [ Links ]

BUTLER, I. & ROBERTS, G. 1997. Social Work with children and families: getting into practice. London: Jessica Kingsley Publishers.         [ Links ]

CHEUNG, M. & BOUTTE-QUEEN, N.M. 2000. Emotional responses to child sexual abuse: a comparison between police and social workers in Hong Kong. Child abuse and neglect, 24 (12):1613-1321.         [ Links ]

COLLINGS, J.A. & MURRAY, P.J. 1996. Predicators of stress amongst social workers. British journal of social work, 26:375-387.         [ Links ]

CRESSWELL, J.W. 2009. Qualitative inquiry and research design. (2nd ed). London: Sage Publications.         [ Links ]

CURRIE, D. 2001. Managing employee well-being: a guide for human resource managers. London: Spiro Press.         [ Links ]

CUSSONS, M.J. 2011. The experiences of social workers in the process of investigating child sexual abuse. Potchefstroom: North-West University (M thesis).         [ Links ]

CUSSONS, M & STRYDOM, C. 2013. Experiences of social workers in investigations of child sexual abuse. Social work practitioner-researcher, 25 (1):59-78.         [ Links ]

ENGEL, R.J. & SCHUTT, R.K. 2010. Fundamentals of social work research. London: Sage Publications.         [ Links ]

FAUL, A.C. & VAN ZYL, M.A. 2004. Constructing and validating a specific multi-item assessment or evaluation tool. In: ROBERTS, A.R. & YEAGER, K.R. (eds), Evidence-based practice manual: research and outcome measures in health and human services. New York: Oxford University Press.         [ Links ]

FOUCHé, A. 2007. Facilitating disclosure of child sexual abuse victims in the middle childhood: A forensic interview protocol for social workers. Pretoria: Universiteit van Pretoria (Phd thesis).         [ Links ]

FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. 2011. Formal formulations. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds), Research at grass roots: for the social sciences and human services professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

FOUCHé, C.B. & SCHURINK, W. 2011. Qualitative research designs. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds) Research at grass roots: for the social sciences and human services professions. (4th ed), Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

GREEFF, M. 2011. Information collection: interviewing. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds), Research at grass roots: for the social sciences and human services professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

HOLLIDAY, A. 2007. Doing and writing qualitative research. (2nd ed). London: Sage Publications.         [ Links ]

HOWE, D. 2008. The emotionally intelligent social worker. London: Palgrave.         [ Links ]

JEWKES, R., DUNKE, K., KOSS, M.P., LEVIN, J.B., NDUNA, M., JAMA, N. & SIKWAYIYA, Y. 2006. Rape perpetration by young, rural South African men: prevelance, patterns and risk factors. Social Science & Medicine, 63:2949-2961.         [ Links ]

JOUBERT, J. 2003. Intervensiemodel vir die middelkinderjare-kind wat seksueel misbruik is. Pretoria: Universiteit van Pretoria (PhD tesis).         [ Links ]

KELLY, K. 2006. Calling it a day: reaching conclusions in qualitative research. In: TERRE BLANCHE, M., DURRHEIM, K. & PAINTER, D. (eds), Research in practice: applied methods for the social sciences. (2nd ed). Cape Town: University of Cape Town Press.         [ Links ]

KNOTT, C & SCRAGG, T. 2007. Reflective practice in social work. Exeter: Learning Matters.         [ Links ]

KRITZINGER, M.S.B. & LABUSCHAGNE, F.J. 1982. Verklarende Afrikaanse woordeboek. (7th ed). Kaap: Goodwood.         [ Links ]

MENDENHALL, A.N. 2007. Switching hats: transitioning from the role of clinician to the role of researcher in social work doctoral education. Journal of teaching in social work, 27(3/4):273-278.         [ Links ]

MEIRING, L. 2013. Kinderveiligheid: "Die lys misluk." Beeld, 21 Okt, 7.         [ Links ]

MEUTER, C.E. 2011. Leemtes in die assessering van die seksueel misbruikte kind deur die forensiese maatskaplike werker. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit (M tesis).         [ Links ]

MONETTE, D.R., SULLIVAN, T.J. & DE JONG, C.R. 2005. Applied social research: tool for the human services. (4th ed). London: Thomson Brooks/Cole Publishers.         [ Links ]

MORALES, A.T., SHEAFOR, B.W. & SCOTT, M.E. 2010. Social Work: a profession of many faces. (12th ed). Boston: Pearson Education.         [ Links ]

MOTSHEGOA, M.J. 2011. The role of the social worker in motivating parents to disclose the sexual abuse of their child. Potchefstroom: North-West University (M thesis).         [ Links ]

NEUMAN, W.L. & KREUGER, L.W. 2003. Social work research methods: qualitative and quantitative approaches. Boston: AB.         [ Links ]

NEL, P.S., WERNER, A., HAASBROEK, G.D., POISAT, P., SONO,T. & SCHULTZ, H.B. 2008. Human resources management. (7th ed). Cape Town, SA: Oxford University Press.         [ Links ]

PLUG, C., MEYER, W.F., LOUW, D.A., GOUWS, L.A. 1991. Psigologiese woordeboek. Johannesburg: Lexicon Uitgewers.         [ Links ]

PRINSLOO, C.H., PRINSLOO, R.J. & MARAIS, H.C. 1996. Die ontwerp en uitvoering van navorsing met die oog op implementering. In: GARBERS, J.G. (ed), Doeltreffende geesteswetenskaplike navorsing. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.         [ Links ]

RANKIN, P. 2005. Surviving social work: an overview of the stresses and strains experienced by social work practitioners. ASASWEI conference 2005. Stellenbosch: University of Stellenbosch: 259-268.         [ Links ]

REYNOLDS, C. 2010. Social work responsibility towards stress management. Social work/Maatskaplike Werk, 46 (1):26-34.         [ Links ]

RUBIN, A. & BABBIE, E.R. 2011. Research methods for social work. (7th ed). New York: Brooks/Cole Cengage Learning.         [ Links ]

RUBIN, A. & BABBIE, E.R. 2014. Research methods for social work. (8th ed). New York: Brooks/Cole Cengage Learning.         [ Links ]

SALOVEY, P. & MAYER, J.D. 1994. Emotional intelligence. Imagination, Cognition and Personality, 9 (3):185-211.         [ Links ]

SCHURINK, W., FOUCHé, C.B. & DE VOS, A S. 2011. Qualitative data analysis and interpretation. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds), Research at grass roots: for the social sciences and human services professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

SHEAFOR, B.W. & HOREJSI, C.R. 2006. Techniques and guidelines for social work practice. (7th ed). Pearson Education.         [ Links ]

SPIES, G.M. 2006. The effect of sexual abuse on a child. In: SPIES, G.M. (ed), Sexual abuse: dynamics, assessment and healing. Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

SPIES, G.M. & CARSTENS, R. 2005. The social worker as an expert witness in court cases of child sexual abuse: a professional guideline. Die maatskaplike werk navorser praktisyn/The social worker research practitioner, 17 (1):29-47.         [ Links ]

STEWARD, C., KOESKE, G.F. & KOESKE, R.D. 2006. Personal religiosity and spirituality associated with social work practitioners use of religious-based intervention practice. Journal of religion and spirituality in Social Work:Social Thought, 25 (1):69-85.         [ Links ]

STONE, M. 1990. Child protection work: a professional guide. Birmingham: Venture Press.         [ Links ]

STRYDOM, H. 2011a. Ethical aspects of research in the social sciences and human service professions. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds), Research at grass roots: for the social sciences and human services professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

STRYDOM, H. 2011b.Sampling in the quantitative paradigm. In: DE VOS, A.S., STRYDOM, H., FOUCHé, C.B. & DELPORT, C.S.L. (eds), Research at grass roots: for the social sciences and human services professions. (4th ed). Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

SUID-AFRIKA. 2005. Children's Act 38 of 2005. Pretoria: Government Printer.         [ Links ]

SUID-AFRIKA. 2008. Child Justice Act 75 of 2008. Pretoria: Government Printer.         [ Links ]

SUID-AFRIKA. 2007. Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) Wet 32 van 2007. Pretoria: Government Printer.         [ Links ]

TROTTER, C. 2004. Helping abused children and their families. London: Sage Publications.         [ Links ]

VAN DER SCHYFF, M. & STRYDOM, S. 2011. Aanmelding van seksuele misbruik van adolessente. Social Work/Maatskaplike Werk, 47(2):176-194.         [ Links ]

VAN HEERDEN, M. 2013. Hoekom kleuters seksueel mishandel word. Herald, 18 Okt, 7.         [ Links ]

VAN WYK, C. 2011. Beroepstres en streshantering by maatskaplike werkers wat betrokke is by intervensie met seksueel misbruikte kinders. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch (PhD tesis).         [ Links ]

WATERS, J.G. 1992. The supervision of child protection work. Aldershot: Ashgate Publishing.         [ Links ]

WILLIAMS, S. & COOPER, L. 2002. Managing workplace stress: a best practice blueprint. New York: Wiley & sons.         [ Links ]

WILSON, L. 2006. Riglyne vir die hantering van seksueel misbruikte kinders in die middelkinderjare. Pretoria: UNISA (M tesis).         [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License