SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 issue1Food, nutrition and the Afrikaans housewife in Die Huisvrou, 1922-1945Programmes of frivolity on ice? Hockey, business, diasporic identity and apartheid in South Africa, 1936-1992 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Historia vol.66 n.1 Durban May. 2021

http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n1a4 

ARTICLES
http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n1a4

 

The inconography of Afrikaner nationalism and the Ossewa-Brandwag's 'ideal of freedom' in the South African internment camps of the Second World War

 

The iconography of Afrikaner nationalism and the Ossewa-Brandwag's 'ideal of freedom' in the South African internment camps of the Second World War

Anna la GrangeI; Charl BlignautII

ITans verbonde aan die Noordwes Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, en het in 2020 haar MA geskiedenis aan die NWU voltooi, getiteld "Die Impak van die Unie van Suid-Afrika se Noodregulasies op die Ossewa-Brandwag teen die Agtergrond van Suid-Afrika se Deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, 1939-1948"
II'N lektor in geskiedenis by NWU se Potchefstroomkampus. Sy navorsingsbelangstellings sluit in: twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis, Afrikanernasionalisme, emosiegeskiedenis en die geskiedenis van die Ossewa-Brandwag

 

 


OPSOMMING

Die Ossewa-Brandwag (OB) was ten nouste geraak deur die noodregulasies van die Unieregering, onder leiding van Jan Smuts, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. As organisasie wat openlik pro-Duits en anti-Brits was, en boonop aktief verset het teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog, is die OB in besonder deur die owerheid geteiken. Die OB se ideologiese grondslag was op 'n sterk Afrikanernasionalistiese basis gebou wat in lyn met Nasionaal-Sosialisme gebring is om die beweging as alternatief op partypolitiek voor te hou. OB-lede het Afrikanernasionalistiese sentimente gehandhaaf wat neergekom het op verset teen Brittanje met die oog op die verkryging van 'n onafhanklike republiek - die sogenaamde "vryheidsideaal". Gevolglik het OB-lede se aktiewe verset tot grootskaalse internering gelei. Hierdie artikel fokus op die Suid-Afrikaanse interneringskampe van die Tweede Wêreldoorlog en bespreek die nasionalistiese ikonografie wat in die artefakte geskep deur geïnterneerde OB-lede na vore tree. Die artefakte word bespreek teen die breër agtergrond van Afrikanernasionalisme en die ideologie van die OB. Die OB was gekenmerk deur n spesifieke vorm van Afrikanernasionalisme en die vryheidsideaal, sentraal tot die beweging se ideologie, was gekombineer met bestaande Afrikanernasionalistiese doelwitte en ikonografie wat vergestalting gevind het in die kreatiewe uitdrukkings van geïnterneerdes se eie nasionalistiese sentimente. Voorts reflekteer die artefakte die integrasie van Afrikanernasionalistiese ikonografie en die vryheidsideaal met die persoonlike kontekste van gevangenisskap wat illustreer hoe politieke mites omskep kan word in vorme wat betekenis bied vir teenswoordige tydgenootlike kontekste.

Sleutelwoorde: Ossewa-Brandwag; Tweede Wêreldoorlog; Afrikanernasionalisme; noodregulasies; internering; interneringskampe; Koffiefontein; verset.


ABSTRACT

The emergency measures of the Union government under Jan Smuts had a strong impact on the Ossewa-Brandwag (OB) during the Second World War. The OB was especially targeted by the government because of its overt pro-German and anti-British stance and its active resistance against the war effort. The ideology of the movement was built upon a strong basis of Afrikaner nationalism in conjunction with National Socialism which was supposed to legitimise the movement as an alternative to party politics. OB members expressed Afrikaner nationalist sentiments which meant resistance against Britain with the goal of attaining an independent republic - the so-called "ideal of freedom". Consequently, the OB's active resistance led to high numbers of internment. This article focuses on the South African internment camps of the Second World War. The nationalist iconography reflected in the artefacts created by OB members during their internment are analysed within the broader context of Afrikaner nationalism and the ideology of the OB. The OB had a very specific brand of Afrikaner nationalism and the ideal of freedom, central to its ideology, was combined with existing Afrikaner nationalist goals and subsequently nationalist iconography manifested itself in internees' creative expressions of their own personal nationalist sentiments. The artefacts also reflect the integration of Afrikaner nationalist iconography and the OB's ideal of freedom with personal contexts of imprisonment illustrating how political myths can be reshaped to provide meaning for the present realities of contemporaries.

Key words: Ossewa-Brandwag; Oxwagon Sentinel; Second World War; Afrikaner nationalism; state of emergency; internment; internment camps; Koffiefontein; resistance.


 

 

Inleiding

Die 1930s was 'n tyd van volgehoue verandering en onstuimigheid, die Depressie, erge droogtes dwarsoor Suid-Afrika, strukturele veranderinge in die politieke landskap en die agteruitgang van 'n demokratiese bewussyn.1 Al hierdie faktore het daartoe bygedra om die tyd ryp te maak vir die stig van 'n beweging soos die Ossewa-Brandwag. Die emosionele en psigologiese impak van die 1938 Voortrekker Eeufeesvieringe het gedien as vonk in die kruitvat. Die OB is gestig op 4 Februarie 1939 en was sterk beïnvloed deur die tydsgees tussen die twee wêreldoorloë en is gevolglik gekenmerk deur 'n Fascistiese, anti-parlementêre ideologie gewortel in bestaande Afrikanernasionalistiese doelwitte.

Die OB word deur historici beskryf as 'n "dualistiese" beweging, aangesien dit oorspronklik 'n kultuurorganisasie was, maar uiteindelik ook 'n versetbeweging geword het.2 Die ideaal van vryheid van Brittanje, wat die onderbou van die OB as versetbeweging was, het kort na die stig van die OB nog groter aandag begin geniet. Met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog op 1 September 1939, het die OB 'n middel vir Afrikaners geword om hulle ontevredenheid teenoor Brittanje hard en duidelik te artikuleer. Die uitbreek van die oorlog, die skeuring in die Verenigde Party en die oorgaan van die regering na Brits-gesinde hande het van die OB "Vyand No. 1 van die Imperialiste"3 gemaak. Deelname aan die beweging was vir Afrikaners 'n soort passiewe "rebellie" teen die regering. Voorts het verset teen die oorlog ook n groot invloed uitgeoefen op die karakter van die jong organisasie, soos weerspieël in die OB-lede se optrede gedurende die oorlog wat dikwels meer as net passief was.

Een van die grootste faktore in die individuele deelname van tydgenote aan die OB se verset teen die Smutsregering, was die oortreding van die noodregulasies wat tydens die oorlog ingestel was en die gevolglike internering van OB-lede. Die OB was deurtrek met Afrikanernasionalisme en die interneringskampe waar Afrikaners aangehou was, het dieselfde tendens getoon. Die inperking van geïnterneerdes se vryheid is deur geïnterneerde OB-lede direk gekoppel aan die ingeperkte vryheid van die volk as onderdane van Brittanje. So verklaar 'n geïnterneerde OB-lid:

Die idee van 'n eie vryheid en 'n eie reg het plek kom maak vir 'n nuwe en betere begrip van: "dis vir die reg en die vryheid van my volk en nie van myself nie." Ons is alleen 'n kleinere deel wat hier staan as verteenwoordigers v[an] d[ie] ontwaakte Afrikanerdom ... Ons is geen helde of martelare nie; ons is bloot volkskamerade wat die lot van internering te beurt geval het. Ons nuwe tuiste is n sprekende bewys dat ons nie die knie voor die vyand wou buig nie. Daarom is dit ook geen skande om hier te sit nie, maar veeleer 'n grootste voorreg [sic].4

OB-lede het steeds die verset-ideaal voortgesit binne tronke en kampe, en hulle Afrikanernasionalistiese sentimente, ingekleur deur die OB se eiesoortige nasionalisme, is nie deur die implementering van die noodregulasies gedemp nie, maar eerder daardeur versterk.

Ten spyte van die ryk geskiedenis van die Ossewa-Brandwag (OB), en die hoeveelheid primêre bronne wat in die OB-argief bewaar word, is daar steeds groot gapings in die historiografie van dié organisasie.5 Met die oog op die aanspreek van een so 'n gaping, bespreek hierdie artikel die verset van OB-lede te midde van die omstandighede in die interneringskampe van Suid-Afrika tydens (en ná) die Tweede Wereldoorlog. Hierdie artikel stel dit ten doel om die voortgesette verset van geïnterneerdes uit te wys - veral die handhaaf van OB-spesifieke Afrikanernasionalistiese sentimente wat in besonder op republikanisme en onafhanklikheid van Brittanje neergekom het - die sogenaamde "vryheidsideaal". Hierdie ideaal is simbolies vergestalt in die artefakte wat deur geïnterneerdes in die kampe geskep was. OB-spesifieke nasionalistiese sentimente word geanaliseer binne die groter konteks van Afrikanernasionalisme soos dit in die 1930s daarna uitgesien het met inagname van die aard van die OB as versetbeweging. Die ikonografie van Afrikanernasionalisme staan sentraal tot hierdie analise en hoe geïnterneerdes se skeppings in die kampe n refleksie is van die breë ikonografie, OB-spesifieke betekenisse gekoppel aan die ikonografie en hoe dit ook deur hulle persoonlike konteks beïnvloed is.

Daar word eerstens 'n agtergrond van internering verskaf, waarná die OB as versetbeweging en die vryheidsideaal gepaardgaande daarmee gekontekstualiseer word binne Afrikanernasionalisme gedurende die 1930s. Ten einde die verband tussen die OB en nasionalisme uit te wys word die ikonografie van Afrikanernasionalisme gedurende die 1938 Voortrekker Eeufees bespreek met verwysing na enkele simboliese uitdrukkings. Hierná skuif die fokus na 'n analise van die artefakte wat geïnterneerdes in die kampe geskep het en sluit af met 'n gevolgtrekking.

 

Die Unie van Suid-Afrika se interneringskampe gedurende die Tweede Wereldoorlog

Die geskiedenis van internering het 'n merkwaardige rol in die vorming van kulture en gemeenskappe gespeel.6 Die grootskaalse internering wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in Suid-Afrika plaasgevind het, is geen uitsondering nie. 'n Toepaslike definisie van "internering" vir die Suid-Afrikaanse konteks is nodig om enige verwarrende verstaan van die term te voorkom. Vir die doeleindes van hierdie artikel word die breë ruimtelike definisie vir "internering", soos wat dit deur G. Moshenska en A. Myers beskryf is, ingespan:

In the most general archaeological sense, incarceration or internment might be described as the practice of organizing material culture and space to control and restrict the movement of a person or a group of people. Sites of internment can range in scale from a single room or building to entire land-masses.7

Internering is oor die algemeen op grond van mediese kwarantyn of nasionale veiligheid, geregverdig.8 Die interneringskampe van die Tweede Wêreldoorlog in Suid-Afrika val binne die tweede kategorie.

Wat die implikasies van internering vir vryheid betref, skryf J. Beaumont: "Internment violates one of the fundamental safeguards of individual liberty against arbitrary use of power by the State, the principle of habeas corpus".9Vanuit Beaumont se juridiese stelling is dit duidelik dat internering 'n negatiewe konnotasie dra. Tydgenote wat tydens die Tweede Wêreldoorlog geïnterneer is se sentimente word gereflekteer in E. Kaiser se bydrae tot oud OB-geïnterneerdes se amptelike publikasie oor die interneringskampe, Agter Tralies en Doringdraad (1953):

Een van die erfregte van die mens is sy persoonlike vryheid - 'n vryheid wat hom onder normale omstandighede nie ontneem kan word nie, tensy hy 'n regsreël van die land verbreek het, sy skuld voor 'n geregshof afdoende bewys is en hy 'n behoorlike geleentheid gehad het om hom te verdedig.10

Die regering het dikwels geen bewyse voorgelê vir die redes vir internering nie, en ingevolge die noodregulasies was dit ook nie nodig vir n verhoor voordat individue geïnterneer is nie. Al hierdie faktore het bygedra tot 'n algehele klimaat van bitterheid en verset teenoor die Smuts-regering.

Die eerste stel noodregulasies is veertien dae ná Suid-Afrika se oorlogsverklaring aangekondig. Die aanvanklike noodregulasies het toestemming aan wetstoepassers gegun om byeenkomste wat nie van godsdienstige aard is nie te verbied.11 Hoewel hierdie regulasies nie onmiddellik streng toegepas is nie, is die noodregulasies stelselmatig ontwikkel en uitgebrei om verskeie elemente in te sluit.12Die internering van individue, insluitend OB-lede, het kort ná die oorlogsverklaring reeds begin en voortgeduur tot 1948 toe die laaste politieke gevangene onder die Nasionale Party se regering vrygelaat is.13 Die redes vir internering van individue is kompleks en divers: individue kon sonder verhoor geïnterneer word vir enigiets - van die gebruik van plofstowwe en die verspreiding van ondermynende propaganda, tot die koestering van sterk anti-Britse en pro-Duitse sentimente.14

Om die totale aantal geïnterneerde Afrikaners tydens die Tweede Wêreldoorlog te bepaal is problematies. Verskeie individue is vrygelaat en weer geïnterneer,15meeste geïnterneerdes is gereeld verskuif tussen kampe, en die rekordhouding verskil drasties van een kamp tot die volgende. J.F. Marais se "konserwatiewe skatting" is dat sowat 2 000 Afrikaners geïnterneer is. Die hoeveelheid tyd wat in die kampe deurgebring is verskil ook drasties van mekaar. Sekere geïnterneerdes was vir 'n paar dae daar, terwyl ander vir sowat vier jaar lank geïnterneer is.16

Die OB as organisasie en by implikasie, OB-lede, het verskeie terminologieë gebruik om na die "kampe" te verwys. Behalwe vir "interneringskampe", is die terme "Unie-kampe",17 "helkampe",18 "politieke martelkampe",19 "doringdraadkampe",20"konsentrasiekampe",21 "folterkampe"22 en "boerekampe",23 ook gebruik. Die OB (en sekere OB-lede) het die interneringskampe ook simbolies gekonseptualiseer. Die doringdraad-motief is veral gereeld gebruik om na die interneringskampe te verwys teen die agtergrond van die beweging se Afrikanernasionalistiese doelwitte: "Laat ons deur ons vasberade optrede toon dat die pad van Suid-Afrika nie deur berge of moordkoppe of konsentrasiekampe gestuit kon word nie en nog minder deur doringdraad en ystergrendels".24

Die konsentrasiekampe van die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899-1902), is dikwels vergelyk met die interneringskampe van die Tweede Wereldoorlog. Soos wat die vroue van die OB se Witwatersrandse kommando's dit in 1941 stel:

Die interneringskampe waar ons mans heen gaan, herinner ons aan die konsentrasiekampie met rye-rye tente en talle doodskiste, met al die marteling-, lyding- en smart wat deurgestaan moes word: maar al moet ons weer dieselfde of nog- groter offers bring-, dan is die Boerevrou nog bereid om vas te staan by die manne in hierdie stryd om vryheid. Ons sal nie twyfel, of ons laat afskrik deur enige internerings nie - al moet ons ook kaalvoet loop, ons sal nie ingee nie! [sic]25

Dit is belangrik om in ag te neem dat OB-vroue ten diepste geraak was deur internering met broodwinners wat vir jare opgesluit was.

Die interneringskampe is aanvanklik opgerig vir Duitsers, Suid-Afrikaners van Duitse-herkoms, en later ook vir Italianers. Met die verloop van die oorlog is al meer Unieburgers, hoofsaaklik Afrikaners, ook geïnterneer.26 Vyandige spioene, buitelanders wat van onderduimse aktiwiteite verdink word en Unieburgers wat die noodregulasies oortree het, is geïnterneer. Die geïnterneerdes is in ses verskillende kampe aangehou: Andalusia, Baviaanspoort, Leeukop,27 Ganspan, Zonderwater28 en Koffiefontein.29 Die Duitsers is hoofsaaklik in Andalusia aangehou, die Italianers in Zonderwater, en die Unieburgers in die ander kampe.30

In Januarie 1942 ontdek die Smutsregering dat die Stormjaer-organisasie (die vleuel van die OB wat gewelddadig teen die regering verset het) verskeie staatsdiensinstellings en -afdelings geïnfiltreer het. Selfs die Suid-Afrikaanse Polisie het verskeie Stormjaers in hul range gehad, maar bykomend daartoe is die Spoordiens, die Spoorwegpolisie, die spesiale politieke speurdiens en selfs "'n gedeelte van die leër" deur Stormjaers geïnfiltreer.31 Daar was ook sprake van 'n gewapende opstand teen die regering wat vir 24 of 25 Januarie 1942 beplan is. Die regering het gereageer op hierdie moontlike gevaar deur verskeie individue wat van Stormjaer-aktiwiteite verdink word te interneer. Dit is dus vanaf Januarie 1942 wat die werklike grootskaalse internering begin posvat het.32 Met die internering van staatsamptenare in 1942 het die syfers van geïnterneerdes in die Koffiefontein-kamp drasties gegroei, wat baie OB-lede ingesluit het. Binne die kampe is die Afrikaners oor klasgrense heen deur hulle Afrikanernasionalistiese sentimente verenig.33 n Verdere belangrike element van die kampe - in besonder die Koffiefontein-kamp - is die handhawing van geïnterneerdes se nasionalistiese sentimente en anti-Britse houding. Soos wat die oorlog aangestap het, het hoofsaaklik Afrikaners in die Koffiefontein-kamp beland.

Die interneringsbeleid het n groot impak op OB-lede se lewens uitgeoefen en dit is belangrik om te let op hoe geïnterneerdes volhard het in hulle houding van verset teenoor Brittanje. OB-lede het hulle agentskap om te verset op verskeie wyses in die kampe laat geld. Die verset-ideaal van die OB, wat tydgenootlik beskryf is as "om die fakkel van vryheid" in die kampe "hoog [te] hou", is op beide eksplisiete en implisiete (meer subtiele vorme) gehandhaaf.34 Die konteks is belangrik, aangesien dade van verset, verweef met sterk Afrikanernasionalistiese oortuiginge, juis tot internering gelei het. As die historikus daarna soek is die verhouding tussen die twee duidelik te bespeur. Hierdie verhouding tree veral na vore in die artefakte wat geïnterneerdes in die kampe geskep het. Dit toon duidelike ooreenkomste met nasionalistiese ikonografie, maar dit is ook duidelik dat die OB se eiesoortige nasionalisme wat verweef is met die "vryheidsideaal" in hierdie skeppings te bespeur is. Voordat hierdie analise gemaak word, is dit eers van belang om kortliks te let op die breër agtergrond van Afrikanernasionalisme gedurende die 1930s en die spesifieke betekenis geheg aan die OB se vryheidsideaal.

 

Afrikanernasionalisme en die Ossewa-Brandwag se artikulasie van die "vryheidsideaal"

Afrikanernasionalisme is al vanuit verskeie hoeke geanaliseer met verskillende perspektiewe wat veral sedert die 1970s die status van gesaghebbende interpretasies ingeneem het.35 Alhoewel divers in benadering, is dit veral die modernistiese politiek-wetenskaplike paradigma wat koning kraai wanneer verklarings vir die verskynsel ter sprake is. Daar is egter ook meer genuanseerde fokusse op kulturele en volksnasionalisme as kenmerkend van Afrikanernasionalisme spesifiek gedurende die dertigerjare van die twintigste eeu. Hierdie interpretasies laat ruimte toe vir die analise van nasionalistiese ikonografie. Veral die werk van T.D. Moodie36 en C. Marx kan hier uitgesonder word. Marx is besonder belangrik, aangesien sy analise van Afrikanernasionalisme direk gekoppel word aan, en verband hou met, die OB. Die nasionalistiese ikonografie gedurende die 1938 Voortrekker Eeufees, en beide die verkil tussen en kontinuïteit met Afrikanernasionalistiese ikonografie, kan toegeskryf word aan kulturele nasionalisme as antwoord op die 1930s se uitdagings. Marx skrywe:

If nationalism was to have a future in the South African cities, it was to replace class identity ... with ethnic identity, it could only achieve this by making culture an end in itself, by representing cultural and national allegiance as inextricably linked ... the invention of traditions is closely connected to nationalism. [N]ationalism fulfils the same function as invented traditions through cushioning the accelerated change by means of imagined and suggested continuity. Malan combined the mysticism of the volk with the conviction that each ethnic group has a divine purpose. By exploiting these notions, considerable religious energy could be directed towards the nascent cultural-nationalist movement without necessarily being founded on theological premise. Invented traditions need not be the result of sheer imagination, for existing customs can be remodelled and formalised into unchangeable "traditions" in completely new contexts.37

Die bogenoemde het die OB beïnvloed, maar radikalisering was n groot faktor in die OB se eiesoortige nasionalisme. Marx se tesis rondom die radikalisering van Afrikanernasionalisme veronderstel dat dit uitdrukking gevind het in "a radicalisation whose origins are to be found in the economic and political crises of the time as well as in an emulation of the Third Reich".38 Laasgenoemde is belangrik vir die verstaan van die OB se eie nasionalisme. Die bewondering vir Nazi-Duitsland het op verskeie maniere na vore getree. Een daarvan was om 'n soort geestelike kameraadskap met die Duitsers te vind deurdat hulle geveg het teen die Afrikaners se vyand. Ten spyte van die invloed van die tydsgees was die pro-Duitse houding van sommige Afrikaners beïnvloed deur die feit dat die Duitsers, nes die OB, anti-Brits was. 'n Duitse oorwinning sou dus beteken dat die Afrkaners sou kon slaag in die verwesenliking van die vryheidsideaal sou die OB gereed wees om 'n Nasionaal-Sosialistiese gesagstaat in Suid-Afrika uit te roep.

Die sentraliteit van die vryheidsideaal in die OB se Afrikanernasionalisme word ten sterkste beklemtoon in die beweging se konstitusie. In Februarie 1939 was punt 4 van die doelstellings soos volg: "Die aankweking van vaderlandsliefde en nasietrots".39In Julie 1940, ná die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en die organisasie se gevolglike omskepping in n versetbeweging is die doelwit verander na "Die aanmoediging en aankweking van 'n magtige besef van vaderlandsliefde, nasietrots en vryheidsin by die Boerevolk". Die "vryheidsin" het bykomend tot die beweging se doelwitte geword en die verband met nasionalisme is duidelik.

Daar kan dus geargumenteer word dat die "vryheidsideaal" van die OB n beduidende invloed gehad het op hulle weergawe van kulturele nasionalisme. Waar die breër stroming van Afrikanernasionalisme die volk in terme van kultuur en etnisiteit gekonstrueer en beskou het, het die OB se aard as versetbeweging, aangevuur deur hewige teenkanting teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, die Afrikaner se "stryd teen Brittanje" sentraal laat staan het in hulle eie nasionalisties-republikeinse blik op Afrikanergeskiedenis. Dit beteken nie dat die OB kultuur en etnisiteit afgeskeep het nie, of dat die NP nie die republikeinse ideaal nagestreef het, of teen die oorlogsdeelname was nie. Die ooreenstemminge is duidelik. Die verskil lê in C. Marx se uitwys van die "radikalisering" van kulturele nasionalisme waarvan die OB die grootste verteenwoordiger was. Die NP het die weg na republiekwording beskou in parlementêre, partypolitieke terme. Die OB se Fascistiese aard het hierdie benadering verwerp en 'n Christelik-nasionale republikeinse gesagstaat voorgestaan.40 Binne die konteks van 'n gemitologiseerde beeld van Afrikanergeskiedenis (wat so kenmerkend is van kulturele nasionalisme) het die OB homself gesien as die fakkeldraer van die Afrikaner se vryheidsideaal met 'n byna uitsluitlike koppeling en definiëring van hierdie ideaal met die stryd teen Brittanje. Hierdie ideaal, geartikuleer in die vorm van verset, was een van die belangrikste faktore wat die OB se eiesoortige nasionalisme beïnvloed het. Van verdere belang is die OB se geskiedbeeld wat rondom die stryd teen Brittanje gebou was.

Die OB het homself beskou as die noodwendige gevolg van die Afrikaner se stryd teen Brittanje wat volgens die beweging se geskiedbeskouing sover terug getrek kan word tot die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795.41 Slagtersnek (18151816), die Britse onderdrukking op die Oosgrens, die Groot Trek, die anneksasie van Natal (1842), die anneksasie van die Transvaal (1877) en gevolglike Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) en die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899-1902), was alles beskou binne die konteks van die vryheidsideaal. Die OB se selfbeskouing as erfgenaam van hierdie stryd, wat ook deel uitmaak van die oorgrote Afrikanernasionalistiese mitologisering van geskiedenis, blyk duidelik uit 'n manifes van 1942:

1. Die Groot Trek van honderd jaar gelede was die geboorte van die Afrikanervolk. 'n Trek weg van die Empire, na die eie Republiek, wat later deur die Empire vernietig is.

2. Honderd jaar later het die Tweede Trek begin. Gesimboliseer deur die Ossewatrek van 1938 het die Afrikaner-siel aanskoulik geword en het die innerlike losmaking van die Empire gekom.

3. Hierdie losmaking het vorm gekry in die Ossewa-Brandwag, gebore uit die Ossewatrek van 1938, die geswore soldate van die Republiek wat oortuig is dat hierdie Tweede Trek onverbiddelik gaan kulmineer in die onafhanklike Republiek ...42

Die Rebellie van 1914 was besonders belangrik vir die OB se historiese posisionering van homself. Die OB het 'n kontinuïteit tussen die Rebelle van 1914 en hulle eie rebellie teen nog 'n "Britse oorlog" gesien - vandaar dat die beweging na homself verwys het as die "Tweede Rebellie".43

Die belangrikheid van die bogenoemde historiese gebeure was nie beperk tot die OB nie, inteendeel, die OB se geskiedbeeld vloei direk uit die organisasie se plek binne die breë Afrikanernasionalistiese beweging. Soos T.D. Moodie uitwys was geskiedenis sentraal tot die kulturele nasionalisme en die siviele godsdiens van Afrikanernasionalisme.44 Geskiedenis was die "sacred saga of Afrikanerdom".45Alhoewel die genoemde historiese gebeure n reuse invloed op Afrikanernasionalisme uitgeoefen het, het die OB die stryd om onafhanklikheid van Brittanje geabstraheer tot die sentrale fondament van sy "vryheidsideaal".

As die Voortrekkers as enkele voorbeeld gebruik moet word, was hulle in die breër nasionalistiese beweging as helde beskou. Die Afrikanernasionaliste wou veral in 1938 selfvertroue en etniese identifikasie uit hierdie gemitologiseerde beeld onder die volk aanwakker. Die OB het weer die Voortrekkers se heldhaftige verset teen Brittanje sterker beklemtoon. Dit word gereflekteer in 'n verklaring van die dagbestuur van die Grootraad (die hoogste gesagsorgaan van die OB) in Oktober 1940: "Dat die Ossewa-Brandwag, onder andere, ook die vryheidsideaal van die Voortrekkers aanvaar, te wete die stigting van 'n vrye onafhanklike Christelik-Nasionale Republiek".46 Verdere historiese simbole van suksesvolle verset teen Brittanje het sentraal tot OB ikonografie geword. Die Boere se oorwinning by Amajuba in 1881 was só belangrik dat die berg in die OB se wapen opgeneem is.

Natuurlik was onafhanklikheid van Brittanje ook sentraal tot die oorkoepelende Afrikanernasionalistiese ideologie, maar die stryd was ekonomies en kultureel eerder as uitsluitlik 'n stryd teen Brittanje of oorlogsdeelname. Tog is die verband met die NP duidelik soos dit blyk uit die woorde van E. Louw aan D.F. Malan:

Ons moet die feit erken dat die Engelse seksie van die bevolking "sterker" is as die Afrikaner-seksie. Op taalgebied is hulle sterker omdat hulle taal 'n wereldtaal is. Op ekonomiese gebied is hulle veel sterker omdat feitlik al die besigheid van die hele land in hul hande is. Die "gemiddelde" Engelse Suid-Afrikaner is beter opgevoed ("educated") as die gemiddelde Afrikaanssprekende - en wel omdat die gros van die Afrikaanssprekendes op die platteland en op boereplase woon, terwyl die gros van die Engelse stedelinge is. Dan ook gee die "Britse konneksie" aan die Engelse n sekere mate van politieke en morele sterkte ...47

Die OB het nie die kulturele en ekonomiese probleme afgeskeep nie, soos gereflekteer in die beweging se beleid en aksie. Die verwyt en stryd teen Brittanje, aangevuur deur Suid-Afrika se deelname aan die oorlog en die beweging se selfbeskouing, het egter baie sterker op die voorgrond getree as in die geval van die Nasionale Party en gepaardgaande kultuurbewegings. Anna Neethling-Pohl, stoere OB-lid en een van enkele vroulike Stormjaers, som dit effektief op in 'n onderhoud gevoer in 1979:

... my hele jeug, my vroegste herinneringe, my mooiste herinneringe - was altyd deurweef met hierdie een silwer draad: die bereiking van ons vryheid ... van daardie vyand, daardie denasionaliserende vyand van destyds wat in ons skole, in ons meubels, in ons kuns, in ons alles ons probeer verkleineer het.48

Die ontwikkeling van die OB uit die Afrikanernasionalistiese beweging van die 1930s is dus duidelik, tesame met die kontinuïteite tussen die twee. Die eiesoortige nasionalisme van die OB het die vryheidsideaal verbind aan 'n Nasionaal-Sosialistiese oplossing en in besonder van belang vir hierdie artikel, die beweging se verset teen Brittanje geïnspireer deur Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wereldoorlog. Gegewe hierdie agtergrond is dit vanselfsprekend dat daar ook verbande tussen die ikonografie van die OB se vryheidsideaal en die ikonografie van Afrikanernasionalisme is. Ten einde te slaag in die analise van geïnterneerdes se voortgesette verset in die vorm van artefakte is dit nodig om kortliks te let op Afrikanernasionalistiese ikonografie soos gemanifesteer in die 1938 Voortrekker Eeufees. Die Eeufees is ideaal hiervoor, aangesien die OB sy "geboorte" en bestaansreg direk aan die fees koppel en omdat die Eeufees elke nasionalisties-gesinde Afrikaner saamgesnoer het.

 

Afrikanernasionalistiese ikonografie soos vergestalt gedurende die 1938 Voortrekker Eeufees

Die groei van Afrikanernasionalisme gedurende die 1930s het die geleentheid gevind vir sy uiting in die Eeufeesherdenking van die Groot Trek in 1938. Die vierings was die kulminasie van dertig jaar se werk deur Afrikanernasionaliste om die geskiedenis van die volk te konstrueer, mitologiseer en populariseer. Afrikanernasionalistiese en etnosentriese sentimente het beide spontaan onder feesgangers uitdrukking gevind en is ook aangevuur deur nasionalistiese toesprake. Die fees self het begin met 'n beskeie gedagte van slegs een wa vanaf Hartenbos na Pretoria. Dit het uiteindelik soveel belangstelling uitgelok dat nege waens langs veertien roetes getrek het.49 Die waens is elkeen na historiese persoonlikhede uit die Groot Trek vernoem met die uitsondering van die wa "Vrou en Moeder". Die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) was verantwoordelik vir die Simboliese Trek. Na 'n reis van byna vier maande het agt waens in Pretoria aangekom vir die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1938.

Die Simboliese Ossewatrek was n emosionele impuls in Afrikanergeledere wat die verpersoonliking van die eiening van hulle identiteit geword het. Volgens A.J.H. van der Walt (wat aan die fees deelgeneem het) "was dit die geweldigste demonstrasie vir selfhervinding, vir sedelike herbewapening en ideale-beweging wat Suid-Afrika nog gesien het."50 T.D. Moodie noem dat die "Tweede Trek" besonder belangrik was vir die etniese mobilisasie van die Afrikaner. Volgens hom was die Groot Trek vir nasionaliste "formal proof of God's election of the Afrikaner volk and His special destiny for them". Om hierdie rede verwys hy na die Simboliese Ossewatrek as die oomblik waarin "the civil faith became a guaranteed effective ideological agency of social and economic mobilization".51 Die simboliek van die Eeufees was nie beperk tot die Simboliese Ossewatrek nie. Saam met emosies het die ikonografie van Afrikanernasionalisme hoogty gevier. Die krag van hierdie simboliek kan nie onderskat word nie.52 Die verband tussen die hede en die verlede is hierdeur gesmee. In 1938 skryf I.D. MacCrone, as buitestaander:

As symbols... [the ox-wagons] serve to provide for some of those participating in the present centenary celebration a psychological vehicle for the expression of group spirit and group ideal, a group reaction to a situation which is no less real and no less psychologically significant than was the original Great Trek itself.53

Die Ossewa is die vernaamste simbool in Afrikanernasionalistiese ikonografie tesame met die Voortrekkers. J.H. Conradie het tydens sy feesrede verklaar: "[H]ulle sal verander in triomfwaens - simbole nie van die ontbering en leed van die Voortrekkers nie, maar simbole van die triomf van die beskawing in Suid-Afrika". Verwysings na die Groot Trek en die geesdrif van die fees het oral gepaard gegaan met liriese uitlatings: "Die volk het sy siel aan die Simboliese Ossewatrek op die Pad van Suid-Afrika gegee." 54 Die belang van die Ossewa vir die Ossewa-Brandwag hoef nie uitgewys te word nie. Die verskillende simboliese trekke het op "al die geskiedkundige paaie van Suid-Afrika" beweeg en saam met die Ossewa is die sogenaamde "Pad van Suid-Afrika", die wapad, opgeneem in Afrikanernasionalistiese ikonografie. Gedurende die Eeufees het Afrikaanse koerante en tydskrifte oorgeloop van illustrasies wat hierdie ikonografie uitbeeld. Die Ossewa, Voortrekkers en die "die Pad van Suid-Afrika" word hieronder uitgebeeld in twee publikasies van die ATKV.

Die fakkel is n verdere simbool van Afrikanernasionalisme. Brandwag verwys na die Voortrekkers wat gedurende die Groot Trek in die aande met 'n fakkel moes wagstaan buite die laers. Tydens die Eeufees het die Voortrekkerbeweging 'n fakkelloop georganiseer wat verder die volk se verbeelding aangegryp het. Die fakkelloop het op die aand van 30 November 1938 in Kaapstad begin met die aansteek van vyfhonderd fakkels. Die spreker, W. de Vos-Malan, het die fakkel interpreteer as "die Lig van Idealisme, die Lig van die Blanke Beskawing en die Lig van die Christelike Godsdiens".57 Drieduisend lede van die Voortrekkerbeweging het aan die fakkelloop deelgeneem wat 13 Desember, met die fakkel se aankoms in Pretoria, geëindig het.58Drieduisend fakkels is daardie aand aangesteek.59 Die fakkel is geïnterpreteer as 'n lig op die pad van Suid-Afrika. Die hoofleier van die Voortrekkers, N.J. van der Merwe, vertolk dit soos volg:

Ons volk het weer opnuut "Die Lig op die Wapad" gesien. Dit het ook onder n kragtige besef gekom van die bande van geestelike en stoflike knegskap wat moet afgeskud word, as ons die Volksideale wat daardie Lig vertolk, wil verwesenlik.60

Afrikanernasionalistiese ikonografie is ryk in simboliek en dit is onmoontlik om n gedetailleerde uiteensetting en interpretasie van elkeen te gee. Die bogenoemde simbole van die ossewa, wapad en fakkel is uitgesonder omdat dit spesifiek ook groot betekenis vir die OB gedra het en vergestalting gevind het in die skeppings van geïnterneerdes.

 

Afrikanernasionalistiese ikonografie in die interneringskampe van die Tweede Wêreldoorlog en gepaardgaande manifestasies van die OB se vryheidsideaal

Die grootskaalse internering het verskeie Afrikaners verbitter.62 Benewens hierdie verbittering het die internering ook "onmeetbare stukrag" aan Afrikanernasionalisme gegee.63 Alhoewel dit juis verset is wat in baie gevalle tot internering gelei het, het geïnterneerdes steeds voortgegaan met hierdie verset-ideaal binne die kampe en tronke vir politieke gevangenes. Die verset binne kampe het verskeie vorme aangeneem, in sekere gevalle was fisiese verset teenwoordig, in ander het verset meer op ideologiese wyse na vore getree. Die reaksie teen aanhouding in die kampe het gewissel van groep tot groep, van individu tot individu, en ook van kamp tot kamp. Verskeie geïnterneerdes het gereageer deur te appelleer teen hulle internering.64 In die beginfase van die internering het daar ook grootskaalse ontsnappingspogings geseëvier.65

Wanneer die vryheidsideaal van die OB ter sprake is, is dit belangrik om in ag te neem dat hierdie ideaal binne die kampe ook teenwoordig was. Ten spyte van fisiese aanhouding het verskeie OB-lede binne die kampe steeds hierdie vryheidsideaal nagestreef. Ontsnappings en appèl teen aanhouding is twee wyses waardeur die "fakkel van vryheid vir die Afrikanerdom hooggehou" is, aangesien dit so deur die OB geïnterpreteer was.66 Die persoonlike motivering agter ontsnapping moet egter nie uit die oog verloor word nie. Die fisiese pogings om weer vryheid te bekom, hoofsaaklik deur te appelleer teen internering of om pogings tot ontsnapping, kan nie noodwendig altyd aan nasionalisme gekoppel word nie.67 Tog het sekere geïnterneerdes hul internering self as 'n vorm van patriotisme beskou. Hierdie tydgenote het hulle tyd in die interneringskampe as deel van hulle plig teenoor die Afrikanerdom bestempel.

Die OB, het verklaar dat die geïnterneerdes minstens vanuit hulle eie tydgenootlike perspektief, "die fakkel van vryheid van die Afrikanerdom hooggehou" het deur te volhard in die kampe.68 Die volgende gedig, dikwels voorgelees in die kampe, vang die patriotiese gevoel van die geïnterneerdes vas:

Uit die Vrystaat en Kaap,

Uit Natal en Transvaal,

Kom na Koffiefontein,

Boere met n wil van staal.

Die vervolgsug en nyd

Van die swartste Verraad,

Sal ons louter en sterk

In ons liefde en haat!

Soos trompetgeskal

Wat weerklink teen die blou,

'Rys die lied van 'n Volk

Wat ontwaak uit die rou:

Daar's n God om te eer,

Daar's n taak te verrig,

Daar's n nasie te dien

Dis ons heilige plig!69

Hierdie gedig is n kreatiewe voorstelling wat daarop dui dat van die geïnterneerdes die internering as "[hulle] heilige plig" teenoor die Afrikanerdom geïnterpreteer het. Weereens word die Groot Trek en die tema van die Suid-Afrikaanse Oorlog ingespan deur na die geïnterneerdes as "boere" te verwys. Die vryheidsideaal van die geïnterneerdes word dus gekoppel met dié van die Voortrekkers en die Boere tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog. Die verband met die Afrikanernasionalistiese mitologisering van geskiedenis is dus duidelik.

Namate die Tweede Wêreldoorlog aangeloop het, het die geïnterneerdes al meer op aspekte van die Afrikaner se geskiedenis staatgemaak om hulle agentskap as OB-lede te laat geld. Met spesifieke verwysing na Figuur 4 (onder) se 1943- en 1944-naamlyste is verskeie aspekte van Afrikanernasionalisme opmerklik. Wanneer die republikeinse sentimente van OB-lede ter sprake is, wat in hulle geval eksplisiet verset teen Brittanje veronderstel, is daar drie elemente in hierdie visuele voorstelling wat uitstaan: die vierkleur, die Kaaps-Hollandse gewel, en die Voortrekkers. n Duidelike kontinuïteit met Afrikanernasionalistiese ikonografie is te bespeur, maar ingekleur met die geïnterneerdes se eie konteks.

Die vierkleur is die sterkste simbool van verset, maar ook die sterkste simbool van hoop binne die konteks van OB-lede se nastreef van die "republikeinse ideaal". Die vierkleur vergestalt die hoogste strewe van die Ossewa-Brandwag - n republiek onafhanklik van Brittanje.72 OB-lede was juis getrou aan die beweging se anti-parlementêre aard, aangesien OB-lede van mening was dat partypolitiek op daardie stadium nie gelei het tot Afrikanereenheid nie en nog minder gelyk het na die beste opsie vir die daarstel van n onafhanklike republiek.73 Die vierkleur wink terug na die "goue era" van die twee Boererepublieke vry van Britse beheer. Dit is die laasgenoemde ideaal wat gelei het tot die meerderheid OB-lede in Koffiefontein se internering en die afleiding kan gemaak word dat die vierkleur bemoediging agter tralies verskaf het - dit is immers geïnkorporeer in die OB se amptelike wapen.74 Dit is ook opvallend om te sien dat die twee Voortrekkers aan beide kante van die voorstelling opkyk na die vierkleur - wat vir die OB die ideaal van vryheid vergestalt het.75 Die lyding waardeur die Voortrekkers (volgens die Afrikanernasionalistiese interpretasie) bereid was om te gaan vir die verwesenliking van die ideaal van onafhanklikheid van Brittanje, is soortgelyk aan die opoffering van geïnterneerdes se vryheid van beweging (en status as broodwinner) in die kampe.76 Dit is dieselfde Voortrekkerideaal wat geïnterneerdes se gevangenisskap veroorsaak het, maar dit is duidelik dat hulle, hulle posisie verhef tot een waar die fakkel van vryheid selfs in die kampe hoog gedra word. Soos genoem, was n byna ooridentifisering met die Voortrekkers gedurende die Eeufees n hoofkenmerk van die fees.77

Ons sien in hierdie voorstelling n kontinuïteit met daardie identifisering aangesien die Voortrekker wat binne die Kaaps-Hollandse gewel staan, 'n geïnterneerde is wat die vlag hys. Die gewel kan natuurlik interpreteer word as n Afrikanersimbool, maar in besonder ook as 'n simbool van tuiste - die gewel van 'n huis. Weerskante van die gewel is twee deure met die kamp in die agtergrond. Dit is opvallend om te sien dat die gewel ook bo die name van geïnterneerdes verskyn - dit, as't ware, "omhels". Vir jare was Koffiefontein die tuiste van baie OB-lede en die gewel vergestalt die voorneme om van Koffiefontein 'n Afrikanertuiste te maak, of om bloot die ervaring van gevangenisskap as een waar Afrikaners saam woon, te handhaaf -verenig in hulle vasberadenheid om te baklei vir n republiek.78 Die persoonlike konteks van die geïnterneerdes blyk dus ook duidelik te wees.

Die ikonografie van die fakkel was van groot belang vir die OB. Die "vryheidsfakkel" is dikwels fisies in kunswerke uitgebeeld, soos in Figuur 5 wat tussen 1944 en 1945 deur J. (Kokkie) van Heerden in die Pretoriase Sentrale Gevangenis geteken is. Die sentrale tema is die vryheidsfakkel wat omhoog gehou word, met die OB-wapen wat prominent voor op die fakkel uitgebeeld word. Wat hier opvallend is, is hoe lidmaatskap duidelik gemaak is met die inkorporering van die OB-wapen. Die wapen is verder simbolies van belang, omdat die OB op daardie stadium vir OB-lede byna sinoniem met die republikeinse strewe was. Die OB word dus as die weg tot vryheid uitgebeeld. Rondom die vryheidsfakkel is die woorde "Voor in die wapad brand 'n lig" geskryf. Die genoemde ikonografie van die wapad en die fakkel word hier met mekaar verbind. Die verband met die wapad-ikonografie, uitgebeeld in die 1938 Desemberuitgawe van Die Taalgenoot, (sien Figuur 2) is duidelik.

 

 

Van Heerden se skets toon n sterk ooreenkoms met die ikonografie wat vergestalting gevind het gedurende die Eeufees. "Voor in die wapad brand n lig" verskyn ook op die voorblad van Die Taalgenoot. Marx se argument dat nasionalistiese simbole in ander vorme gegiet kan word binne nuwe kontekste word deur hierdie illustrasie bevestig. Waar die wapad en fakkel "idealisme", "blanke beskawing", "Christelike godsdiens" en "volksideale" gedurende die Eeufees vergestalt het, is dit die ideale van die OB wat in hierdie skets uitgebeeld word. Dit veronderstel ook die OB as draer van die Eeufees-ideale en die vryheidsideaal en republikeinse lig wat voor in die wapad wag. Hierdie is ook die ideale van Afrikanernasionalisme in die breë, maar hier verbind aan die OB se eiesoortige Afrikanernasionalisme. Die lig is hier ook n Nasionaal-Sosialistiese fakkel. Temas van ossewaens, ossewawiele, osse, en ander Voortrekkersimbole is hier nie fisies uitgebeeld nie, maar "wapad" as gelaaide woord sluit hierdie ikonografie in.

In ander sketse soos Figuur 6 is fisiese uitbeeldinge van Voortrekkertemas meer sigbaar. Figuur 6 is in 1947 deur V. Ferreira in die Pretoriase Sentrale Gevangenis geskets. Die aanvanklike ontwerp is bedoel vir n reeks publikasies wat nooit die lig gesien het nie. In die skets is n rollende ossewawiel te sien,80 n tema wat gereeld uitgebeeld word om die vorentoe-gedrewenheid van die Afrikanerdom (op daardie stadium 'n sterk simbool) te versinnebeeld.81 Die titel van die publikasiereeks sou "Jong Suid-Afrika" wees, wat wink na die leserskring wat bereik wou word. Onderaan die tekening is die volgende woorde duidelik: " .. die stryd wat ons vadere begin het sal woed tot ons sterf of gewen het" (sien Figuur 3). Omdat die aktiviste van die Tweede Wereldoorlog hulself as die erfgename van die vryheidsgeveg geag het, verwys hierdie "stryd", binne die konteks van die Tweede Wereldoorlog, na die stryd van die Afrikanerdom se onafhanklikheid van Brittanje. Ons sien dus die OB se eiesoortige nasionalisme in hierdie illustrasie, maar "die stryd wat ons vadere begin het sal woed tot ons sterf of gewen het" sluit aan by E. Louw se woorde aan D.F. Malan oor die Afrikaner se agterstand teenoor die Engelse bevolking van Suid-Afrika en die stryd wat in die stede, skole, universiteite en staatsdiens gevoer was rondom die "ophef" van die Afrikaner. N.J. van der Merwe se toespraak gedurende die Eeufees verwys na die "geestelike en stoflike knegskap wat moet afgeskud word". Die "stryd" waarna hier verwys word wink dus na verskeie Afrikanernasionalistiese motiewe, maar in die geval van die OB een wat sterker gekoppel word aan die vryheidsideaal.

Hierdie figure is nie die enigste illustrasies wat Afrikanernasionalistiese ikonografie uitbeeld nie. Soos genoem, was die persoonlike konteks van geïnterneerdes, veral gevangenisskap, geïntegreer met Afrikanernasionalistiese ikonografie. Twee van die vroeë ontwerpe van die Bond vir Oud-Geïnterneerdes (BOPG) bevestig hierdie verskynsel.83 Die BOPG is in 1946 gestig (twee jaar voor die laaste politieke gevangenes vrygelaat is).84 Die konsep van só 'n bond het al in die vroeë stadium van internering begin posvat. Binne die kampe en tronke is van die eerste ontwerpe vir die bond se wapen ontwerp.

Figuur 7 is in 1943 deur 'n geïnterneerde OB-lid, S.C. van Rooyen, in die Koffiefontein-kamp vervaardig. Omdat die BOPG in 1943 slegs 'n konsep-idee was, is die wapen eerder as 'n simbool vir drie van die kampe (Leeukop, Ganspan en Koffiefontein), waar Afrikaners aangehou is, gebruik. In die wapen kan 'n rollende ossewawiel gesien word wat losbreek van die kettings wat die wiel aan beide kante vashou. Onder die ossewawiel is 'n huisie soos dié wat binne die interneringskampe gebou is. Die hele wapen is omring met doringdraad wat n simbool is van geïnterneerdes se fisiese gevangenisskap en gebrek aan vryheid. Die kettings is ook verbind hieraan. Die ikonografie van die ossewawiel staan sentraal. Dit is baie interessant dat die ossewawiel die kettings van gevangenisskap losbreek. Dit is by uitstek 'n abstraksie van Afrikanernasionalistiese doelwitte gekoppel aan die simboliese ossewa. n Drieledige betekenis is dus te bespeur: i) die OB-lede se persoonlike gevangenisskap; ii) die Afrikaner se knegskap wat deur Afrikanernasionalisme gebreek kan word en iii) binne die OB-weergawe van nasionalisme versinnebeeld die Ossewa en kettings die tydgenote se strewe om van Britse oorheersing los te breek. Dit word verder bevestig deur die berg agter die huisie wat byna presies uitgebeeld word soos Amajuba in die OB se amptelike wapen. Soos genoem was Amajuba vir die OB uiters belangrik, aangesien die oorwinning van die Boere oor Brittanje ook as suksesvolle oorwinning van die vryheidsideaal besondere betekenis gedra het. Dit is ooreenstemmend met die Afrikanernasionalistiese mitologisering van geskiedenis wat n bron van inspirasie geword het.

Die noue koppeling van die strewe om onafhanklikheid van Brittanje, verbind met die OB se verset-ideaal, is tydens die oorlog aangevuur. Van belang het hierdie ideaal groot hoeveelhede OB-lede in interneringskampe en tronke laat beland. Steeds binne die konteks van gevangenisskap is die tydgenote bereid om hulle agentskap te laat geld deur anti-Britse sentimente, en die Afrikaner se vryheidsideaal uit te beeld met kultuurskeppings. Die Smutsregering se implementering van verskeie noodregulasies het hierdie anti-Britse sentimente nie gedemp nie, maar inteendeel verder aangevuur. Deur Afrikanersimbole soos die ossewawiel te gebruik, het OB-lede verseker dat anti-Britse sentiment deurentyd in kunswerke voorgestel word binne die breër simboolsisteem van Afrikanernasionalistiese ikonografie, ingekleur deur persoonlike konteks, in te span. Interessant genoeg was nie net die wapad en Ossewa verbind aan geïnterneerdes se persoonlike ervaring in die kampe nie, maar die fakkel het ook hier n rol gespeel.

Figuur 8 is tussen 1945 en 1947 in die Sentrale Gevangenis in Pretoria geskets. Hierdie ontwerp is aanvanklik bedoel om as die amptelike wapen van die Bond van Oud-geïnterneerdes en Politieke Gevangenes te dien. Omdat die skets te ingewikkeld was vir n wapen is n ander wapenontwerp later gekies. Hierdie tekening vergestalt weereens die OB-lede se mitologisering van die "fakkel van vryheid vir die Afrikanerdom" selfs "agter tralies en doringdraad".87 n Duidelike verskil tussen die eerste wapen (1943, Figuur 7) en die tweede wapen (c. 1945-1947, Figuur 8) is opmerklik. In die eerste een is daar meer klem op die kampe geplaas, met die klem op tralies in die tweede. Hierdie klemverskuiwing is weens die kampe wat stelselmatig leeg geword het teen 1945, omdat die meerderheid van die laaste politieke gevangenes eerder in tronkselle aangehou is.

Bo aan die wapen sit die OB-arend (soos dit voorkom in die amptelike wapen), as n voorstelling van OB-ideale wat beide die republikeinse vryheidsideaal en die Nasionaal-Sosialistiese gesagstaat voorstel. Direk onder die vryheidsarend is n suurdeegbroodjie (ook bekend as "tronkbrood") wat die geïnterneerdes en gevangenes in die kampe en tronke ontvang het. Die broodjie is omring deur rondekettingskakel. Die broodjie kan op twee wyses interpreteer word. Omdat die broodjie heeltemal omring is met 'n kettingskakel dui dit moontlik op die Unieregering se aanhouding van broodwinners.

Hierdie broodjie word ook spesifiek as 'n "suurdeeg"-broodjie uitgeken, daarom is die omsirkeling daarvan moontlik simbolies vir die aktivistiese suurdeeg van die Afrikanerdom (naamlik OB lede/Stormjaers soos waarna verwys is deur dr. Van Rensburg) wat deur die Unieregering se noodregulasies bekamp word. Die aanhouding van broodwinners en die suurdeeg van aktivisme was n groot deel van OB-propaganda.88 Dit is veelseggend dat die fakkel agter die tralies vasgehou word. Die fakkel dui daarop dat diegene wat geïnterneer en gearresteer is hulleself as die fakkeldraers van die vryheidsideaal geag het - selfs in die tronke. Die handhaaf van die vryheidsideaal te midde van fisiese aanhouding is opmerklik. Die woorde "Diens ons belydenis" wat onderaan die skets verskyn dui op die geïnterneerdes en gearresteerdes se oortuiging dat hulle aanhouding ten diens van die Afrikanerdom is. Dit is ook ooreenstemmend met die Taalgenoot van Januarie 1938 (sien Figuur 1) se "handhaaf en bou". Dit stem ooreen met die woorde van die geïnterneerde wat in die begin van hierdie artikel aangehaal is:

Ons is geen helde of martelare nie; ons is bloot volkskamerade wat die lot van internering te beurt geval het. Ons nuwe tuiste is n sprekende bewys dat ons nie die knie voor die vyand wou buig nie. Daarom is dit ook geen skande om hier te sit nie, maar veeleer 'n grootste voorreg.89

Dit kan nie uit die oog verloor word dat anti-Britse sentimente, die republikeinse ideaal en ontevredenheid en kritiek teen Smuts se oorlogspoging en beleid sentraal tot Afrikanernasionalisme en die Nasionale Party se grondbeginsels gestaan het nie. Die OB was nie die enigste draer van hierdie ideale nie en die kontinuïteit en ooreenstemmings tussen die twee is belangrik vir n verstaan van die verskeie manifestasies van Afrikanernasionalisme.

D.C. Boonzaaier was sedert 1915 die spotprenttekenaar van Die Burger wat die vernaamste mondstuk van die NP was.90 In 1935 het die NP weggebreek van die nuutgestigte Verenigde Party en die regtervleuel van die NP, onder D.F. Malan, het die "Gesuiwerde Nasionale Party" gestig. K. du Pisani noem dat Die Burger die spreekbuis van die nasionalisties-gesinde Afrikaner geword het met beide voorstanders van Smuts se Suid-Afrikanisme en Britsgesinde imperialiste en jingo's as vyande van volkseenheid. J.B.M. Hertzog en sy "Smelters" was ook Die Burger se politieke vyande.91Daar kan geargumenteer word dat sonder die Gesuiwerde Nasionale Party se konstruksie van kulturele nasionalisme,92 die OB nooit sou kon bestaan nie.93 Die beweging se ideologie, buiten die ekstreme Nasionaal-Sosialisme,94 was vervleg met dié van die Gesuiwerdes insluitende die weerstandige houding teenoor Smuts se visie vir Suid-Afrika en die NP se anti-Britse houding. Die volgende tekening van Boonzaaier reflekteer die NP se houding jeens Smuts en sy idees so vroeg as 1919:

 

Figuur 9

 

Die verband tussen die nasionalisties-gesinde Afrikaners se ontevredenheid met Suid-Afrika se plek in die Britse Ryk gedurende en ná die Eerste Wereldoorlog - en spesifiek teenoor Smuts - blyk duidelik uit die volgende houtbeelde wat in die Koffiefontein kamp tydens die Tweede Wêreldoorlog gemaak is:

 

Figuur 10

 

Die houtbeeldjies is n spottende voorstelling van Generaal Smuts. In beide gevalle word Smuts in n hurkende posisie uitgebeeld, net soos n sittende bobbejaan. Aan die regterkantste beeldjie is daar ook 'n ketting, wat simboliseer dat Smuts (en gevolglik die Unie) aan die Britse Ryk vasgebind en onderdanig is - in hierdie geval 'n verwysing na die Smuts-regering se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Die beeldjies dui daarop dat tydgenote in die kampe n sterk bewussyn van politiek en die geskiedenis van Suid-Afrika getoon het en dat historiese gebeure en ideologiese invloede hulle optrede wat tot internering gelei het ongetwyfeld beïnvloed het. Die beeldjies illustreer verder dat die tydgenote beïnvloed was deur Smuts en Suid-Afrikanisme se lang verbintenis en geskiedenis met Brittanje. Ná die bekende 1919-spotprent het Boonzaier gereeld die bobbejaan-karakter gebruik om vir Smuts of die Smutsregering uit te beeld.98 Die beeldjies wys dat ten spyte van hulle gevangenisskap as "straf" vir optrede teen die Smutsregering, dit geen effek op geïnterneerde tydgenote se sentimente teenoor Smuts uitgeoefen het nie - dit was in elk geval reeds vergestalt in hulle lidmaatskap aan die OB en internering het vyandigheid immers aangevuur. Die verbintenis tussen die OB en NP is wel duidelik hier te bespeur wat veronderstel dat die OB nie los van oorkoepelende Afrikanernasionalistiese houdings beskou moet word nie - selfs al was die vryheidsideaal ietwat meer radikaal nagestreef.

 

Gevolgtrekking

Die Smutsregering se implementering van die noodregulasies het ongetwyfeld tot verbittering onder Afrikaners gelei. Hierdie verbittering het op sy beurt weer tot n versnelling van Afrikanernasionalistiese sentimente gelei. Die geïnterneerdes en gevangenes het hulle agentskap in die kampe toegepas om die algemene verset-ideaal teen die Smutsregering voort te sit wat vir die OB neergekom het op die vryheidsideaal - die Afrikaner se bereik van onafhanklikheid van Brittanje - die "fakkel van vryheid van die Afrikanerdom".99 In hierdie verband is Afrikanernasionalisme dikwels ingespan as beide 'n bron van inspirasie vir verset en as versetmiddel wat vergestalting gevind het in die gebruik van die ikonografie van Afrikanernasionalisme in die kampe, ingekleur deur OB-spesifieke Afrikanernasionalistiese tendense.

Om die ikonografie in die kampe te verstaan moet die OB se aard as versetbeweging en die konteks van die Tweede Wêreldoorlog in ag geneem word tesame met die plek van die OB binne die breër konteks van Afrikanernasionalisme en ooreenstemmings met bewegings wat ook laasgenoemde verteenwoordig. Die OB as versetbeweging is diep gewortel in die Tweede Wêreldoorlog wat hulle beskou het as n voortsetting van Britse onderdrukking wat in die Afrikanernasionalistiese mitologisering van Afrikanergeskiedenis al begin het met tydelike Britse beheer in 1795. Die OB se eiening van die erfenis van die Rebellie van 1914 as die "Tweede Rebellie" van 1939 tot 1945 het ook 'n beduidende invloed uitgeoefen op die beweging se versetkarakter en die gepaardgaande vryheidsideaal.

Die ikonografie van die artefakte toon n duidelike ooreenkoms met Afrikanernasionalistiese ikonografie soos vergestalt gedurende die 1938 Voortrekker Eeufees. Van belang vir hierdie artikel is dit duidelik dat die geïnterneerde OB-lede die ikonografie van Afrikanernasionalisme duidelik in hulle skeppings geïntegreer het, maar dat die vryheidsideaal van die OB ook na vore tree. Hierdie vorme was ooreenstemmend met die OB se radikale kulturele nasionalisme, die beweging se raison dêtre as anti-Britse en anti-oorlogse versetbeweging en dui ook op die geïnterneerdes se koppeling van hulle eie ingeperkte vryheid as gevangenes met die Afrikanerdom se vryheidstrewe teen Britse oorheersing. Ten spyte van die sentraliteit van die vryheidsideaal binne die konteks van die OB se "radikale" Afrikanernasionalisme was dit nie 'n breek met Afrikanernasionalisme in die breë nie, maar eerder n klemverskuiwing na sekere simbole en ideale wat sterker op die voorgrond getree het in OB-spesifieke nasionalisme.

Die verskillende manifestasies van Afrkanernasionalistiese ikonografie is kenmerkend van nasionalisme self. Soos Marx uitwys: "Invented traditions need not be the result of sheer imagination, for existing customs can be remodelled and formalised into unchangeable 'traditions' in completely new contexts".100 Die "remodelled" in "completely new contexts", verklaar waarom die OB bestaande ikonografie kon opneem in die OB se simboolsisteem soos gereflekteer in die skeppings van OB-lede in die interneringskampe. Dit sluit aan by Grundlingh en Sapire se argument dat:

[T]he function of political myths as a largely artificial construct of knowledge cast in dramatic and exaggerated form and constantly reshaped to provide meaning for present realities... is distinguished not so much by the degree of verifiable 'truth' it contains, but by the fact that because it makes sense of people's present experience it is believed to be true.101

Dit verklaar nie net die herinterpretasie van die ikonografie in die OB nie, maar ook die persoonlike kontekste van geïnterneerdes wat aan nasionalistiese simbole van vryheid gekoppel was. Soos uitgewys is hulle eie "present experience" van gevangenisskap ook in die ikonografie van hulle skeppings ingebou en het die vryheidsideaal vir hulle n simbool en betekenis gebied wat sin gegee het aan die realiteit van internering en die persoonlike gevangenisskap. Dit het n kollektiewe en politieke dimensie aangeneem waar die inperk van individuele vryheid verbind was met die onderdanige gebrek aan vryheid van die Afrikaner as deel van die Britse Ryk. Die idee dat hulle die vryheidsideaal in die kampe steeds nagestreef het, het moontlik ook die inperk van persoonlike vryheid meer draaglik gemaak.

Aan die ander kant is die reaksie op aanhouding in die kampe wisselend en was die voorkoms van Afrikanernasionalisme en OB anti-Britse verset geensins universeel nie. Dit is wel onbetwyfelbaar dat OB-lede ten nouste geraak is deur internering op verskeie dimensies. Terwyl sekere geïnterneerdes geappelleer het teen aanhouding, het ander weer ontsnappingspogings geloods. Ander het weer hul dienste beskikbaar gestel binne die kampe. Vir meeste was dit egter n doelwit om die lewe binne die kampe te vergemaklik en die tyd te verdryf.102 Die geïnterneerdes het egter nie alleenlik moeilike tye in die kamp deurgebring nie. Stormjaer-luitenant L.J. Marais gaan so ver om te meen dat hy "verlang" na sy kampdae.103 In dieselfde oortuiging meen OB-lid E.P. Mostert ook dat die geïnterneerdes "baie goeie behandeling gekry" het.104 Ten spyte van die verskeie afleidings in die kamp was die afsondering van die buitewêreld steeds problematies vir die geïnterneerdes.105 Die verlange na die huis en na vryheid word deur tydgenote as "draadkoors",106 of "draadkou" verwys.107 Sulke terme toon aan dat die internering die geïnterneerdes op beide 'n fisieke en emosionele vlak geraak het. Die persoonlike konteks as invloed op die geïnterneerdes se skeppings word veral gereflekteer deur die doringdraad motief wat by bestaande ikonografie geïntegreer is.

Ons sien dus n direkte verband tussen die ikonografie van Afrikanernasionalisme met die eiesoortige ikonografie van die OB se nasionalistiese vryheidsideaal wat, tesame met die persoonlike inperking van vryheid ervaar in die kampe, in die geïnterneerdes se skeppings vergestalting gevind het.

 

BRONNELYS

Beaumont, J., "Introduction: Internment in Australia, 1939-1945", in Beaumont, J., O'Brien, I.M. and Trinca, M. (eds), Under Suspicion: Citizenship and Internment in Australia during the Second World War (National Museum of Australia Press, Canberra, 2008).         [ Links ]

Blake, A., Wit Terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare (Tafelberg, Kaapstad, 2018).         [ Links ]

Blignaut, C., "Volksmoeders in die Kollig: 'n Histories-teoretiese Verkenning van die Rol van Vroue in die Ossewa-Brandwag 1938 tot 1954", MA verhandeling, Noordwes Universiteit, 2012.         [ Links ]

Coetzee, K., Fakkelloop Gedenkboek van die Voortrekkers 1938 (Nasionale Pers, Kaapstad, 1949).         [ Links ]

De Jager, C., "'I am no 'Hensopper' or Coward, I am a Boer': Heroic Masculinity, Afrikaner Nationalism and the Case of C.M. Bakkes during the Second World War", MA dissertation, Carleton University, 2019.         [ Links ]

De Klerk, P., "Die Ideologie van die Ossewa-Brandwag", in Van der Schyff, P.F. (red.), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras (PU vir CHO, Potchefstroom, 1991).         [ Links ]

Du Pisani, K., "Hegemoniese Afrikanermanlikheid en die 'Ander' in die Voorapartheidsfase: D.C. Boonzaier se Hoggenheimerkarikatuur", Historia, 47, 2 (2002).         [ Links ]

Du Toit, A., "No Chosen People: The Myth of the Calvinist Origins of Afrikaner Nationalism and Racial Ideology", The American Historical Review, 88, 4 (1983).         [ Links ]

Du Toit, M., "The Domesticity of Afrikaner Nationalism: Volksmoeders and the ACVV, 1904-1929", Journal of Southern African Studies, 29, 1 (2003).         [ Links ]

Dubow, S., "Afrikaner Nationalism, Apartheid and the Conceptualization of 'Race'", Journal of African History, 33, 2 (1992).         [ Links ]

Ferreira, O.J.O. "Die Geskiedenis van die Sentrale Volksmonumentekomitee", MA verhandeling, Universiteit van Pretoria, 1970.         [ Links ]

Fokkens, A.M., "Afrikaner Unrest within South Africa during the Second World War and the Measures Taken to Suppress it", Journal for Contemporary History, 37, 2 (2012).         [ Links ]

Fokkens, A.M., "The Role and Application of the Union Defence Force in the Suppression of Internal Unrest, 1912-1945", MMil thesis, Stellenbosch University, 2006.         [ Links ]

Furlong, P.J., Between Crown and Swastika: The Impact of the Radical Right on the Afrikaner Nationalist Movement in the Fascist Era (Wits University Press, Johannesburg, 1991).         [ Links ]

Gilfillan, F.R. de K., "Afrikaans in die Koffiefonteinse Interneringskamp", in Stoker, H.G. (red.), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

Giliomee, H., "Constructing Afrikaner Nationalism", Journal of Asian and African Studies, 18, 1/2 (1983).         [ Links ]

Giliomee, H., "The Beginnings of Afrikaner Ethnic Consciousness", in Vail, L. (ed.), The Creation of Tribalism in Southern Africa (UCLA Press, Berkeley, 1989).         [ Links ]

Grundlingh, A. and Sapire, H., "From Feverish Festival to Repetitive Ritual? The Changing Fortunes of Great Trek Mythology in an Industrializing South Africa, 1938-1988", South African Historical Journal, 21, 1 (1989).         [ Links ]

Hyslop, J., "Problems of Explanation in the Study of Afrikaner Nationalism: A Case Study of the West Rand", Journal of Southern African Studies, 22, 3 (1996).         [ Links ]

Kaiser, E., "Redes vir Internering en Appelle", in Stoker, H.G. (red.), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

Kleynhans, E., "Documenting Afrikaner Fascism: A Historical Overview of the Ossewabrandwag Archive", Unpublished paper presented at the Historical Association of South Africa (HASA/HGSA) Conference, University of the Free State, 20-22 Junie 2018.         [ Links ]

Kotzé, D., "Cartoons as a Medium of Political Communication", Communicatio, 14, 2 (1988).         [ Links ]

La Grange, A., "Die Impak van die Unie van Suid-Afrika se Noodregulasies op die Ossewa-Brandwag teen die Agtergrond van Suid-Afrika se Deelname aan die Tweede Wereldoorlog, 1939-1948", MA verhandeling, Noordwes Universiteit, 2020.         [ Links ]

Luiting, H., "Spanninge", in Stoker, H.G. (red.), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

MacCrone, I.D., "The Great Trek and its Centenary Celebration in the Light of Group Psychology", Race Relations, 4, 4 (1938).         [ Links ]

Marais, J.F., "Geskiedenis van die Kampe en Tronke van die Tweede Wereldoorlog", in Stoker, H.G. (red.), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

Marx, C., "'Dear Listeners in South Africa': German Propaganda Broadcasts to South Africa, 1940-1941", South African Historical Journal, 27, 1 (1992).         [ Links ]

Marx, C., Oxwagon Sentinel: Radical Afrikaner Nationalism and the History of the Ossewabrandwag (Unisa Press, Pretoria, 2008).         [ Links ]

McConnachie, K., "Camps of Containment: A Genealogy of the Refugee Camp", Humanity: An International Journal of Human Rights, Humanitarianism, and Development, 7, 3 (2016).         [ Links ]

Moodie, T.D., The Rise of Afrikanerdom: Power, Apartheid, and the Afrikaner Civil Religion (University of California Press, Berkeley, 1975).         [ Links ]

Moshenska, G. and Myers, A., "An Introduction to Archaeologies of Internment", in Myers, A. and Moshenska, G. (eds), Archaeologies of Internment (Springer, New York, 2011).         [ Links ]

O'Neil, C., "Die Interneringsbeleid van die Smutsregering gedurende die Jare 19391948", BA Honneurs, PU vir CHO, 1989.         [ Links ]

O'Meara, D., Volkskapitalisme: Class, Capital and Ideology in the Development of Afrikaner Nationalism, 1934-1948 (Cambridge University Press, Cambridge, 1983).         [ Links ]

Prinsloo, P.J.J., "Kultuuraktiwiteite van die Ossewa-Brandwag", in Van der Schyff, P.F. (red.), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras (PU vir CHO, Potchefstroom, 1991).         [ Links ]

Quass, F.W., Die Tweede Rebellie: n Roman uit die Dae toe die Vierkleur Opnuut die Simbool was van alles wat die Afrikaner Verteenwoordig het (Afcet-uitgewers, Johannesburg, 1975).         [ Links ]

Robinson, H.M., "Die Ossewa-Brandwag-uitstalling: 'n Perspektief", Ongepubliseerde pamflet, PU vir CHO, 1988.         [ Links ]

Stoker, H.G. (red.) Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

Stoker, H.G., "Opmerkings oor Boerekamp", in Stoker, H.G. (red), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

Stokes, R.G., "Calvinism and Economic Action: The Weberian Thesis in South Africa", American Journal of Sociology, 81, 1 (1975).         [ Links ]

Strydom, J., "Ontsnappings uit Kampe", in Stoker, H.G. (red), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

Terblanche, H.O., "John Vorster se Internering: Redes en Verweer", Historia, 31, 3 (1986).         [ Links ]

Terblanche, H.O., John Vorster, OB-generaal en Afrikanervegter (CUM, Roodepoort, 1983).         [ Links ]

Theron, E., Sonder Hoed of Handskoen (Tafelberg, Kaapstad, 1983).         [ Links ]

Van der Schyff, P.F. (red), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras (PU vir CHO, Potchefstroom, 1991).         [ Links ]

Van der Schyff, P.F., "Agtergrond en Stigting", in Van der Schyff, P.F. (red), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras (PU vir CHO, Potchefstroom, 1991).         [ Links ]

Van der Walt, A.J.H., n Volk op Trek: n Kort Geskiedenis van die Ontstaan en Ontwikkeling van die Ossewa-Brandwag (Publicité, Johannesburg, 1941).         [ Links ]

Van der Westhuizen, C., White Power & the Rise and Fall of the National Party (Struik Publishers, Cape Town, 2007).         [ Links ]

Van Rensburg, A.P.J., Monumentaal die Bouwerke: 'n Halfeeu op die Voorpos - die Verhaal van die Ontstaan, Groei en Prestasie van die ATKV(Caxton, Pretoria, 1980).         [ Links ]

Van Rensburg, H., Their Paths Crossed Mine (Central News Agency, Cape Town, 1956).         [ Links ]

Van Rensburg, J.F.J., "Afrikanerverset in die Tweede Wêreldoorlog", in Stoker, H.G. (red.), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953).         [ Links ]

Verster, F.P. en Coreejes-Brink, P., "Adoons-hulle: 'n Satiriese Dierestrokie deur T.O. Honiball", South African Journal of Cultural History, 20, 2 (2006).         [ Links ]

Vincent, L., "Bread and Honour: White Working Class Women and Afrikaner Nationalism in the 1930s", Journal of Southern African Studies, 26, 1 (2000).         [ Links ]

Voortrekkerbeweging, Die Voortrekkers Bied Aan: 'n Nasie Hou koers. Die Enigste Volledige Rolprentopname van die Gebeurtenisse van die Simboliese Ossewatrek, die Skouspelagtige Fakkelloop en die Eeufeesviering van 1938, Soewenier-program (Voortrekkerbeweging, 1938).         [ Links ]

 

 

1 C. Marx, Oxwagon Sentinel: Radical Afrikaner Nationalism and the History of the Ossewabrandwag (Unisa Press, Pretoria, 2008), p 124.
2 P.J.J. Prinsloo, "Kultuuraktiwiteite van die Ossewa-Brandwag", in P.F. van der Schyff (red.), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras (PU vir CHO, Potchefstroom, 1991), pp 332-400.
3 A.J.H. van der Walt, 'n Volk op Trek: 'n Kort Geskiedenis van die Ontstaan en Ontwikkeling van die Ossewa-Brandwag (Publicité, Johannesburg, 1941), p 42.
4 Ossewa-Brandwag Argief (hierna OBA): G.P.J. Trümpelmann-versameling, 1/3 omslag 9: Kamplewe, "Die Taak van Ons Kamp", 1 Augustus 1942, p 3.
5 E. Kleynhans, "Documenting Afrikaner Fascism: A Historical Overview of the Ossewabrandwag Archive", Ongepubliseerde referaat by die Historiese Genootskap van Suid-Afrika (HGSA)/HASA, Universiteit van die Vrystaat, 20-22 Junie 2018, p 6. In die volgende (mees onlangse) publikasies word daar net sylangs na die impak van die interneringsbeleid op die OB verwys: H.M. Robinson, "Die Ossewa-Brandwag-uitstalling: 'n Perspektief", Ongepubliseerde pamflet, PU vir CHO, 1988; C. O'Neil, "Die Interneringsbeleid van die Smutsregering gedurende die Jare 1939-1948", BA Honneurs, PU vir CHO, 1989; H.O. Terblanche, John Vorster, OB-generaal en Afrikanervegter (CUM, Roodepoort, 1983); Van der Schyff (red.), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras; P.J. Furlong, Between Crown and Swastika: The Impact of the Radical Right on the Afrikaner Nationalist Movement in the Fascist Era (Wits University Press, Johannesburg, 1991); C. Marx, "'Dear Listeners in South Africa': German Propaganda Broadcasts to South Africa, 1940-1941", South African Historical Journal, 27, 1, 1992, pp 148-172; Marx, Oxwagon Sentinel; C. Blignaut, "Volksmoeders in die Kollig: 'n Histories-teoretiese Verkenning van die Rol van Vroue in die Ossewa-Brandwag, 1938 tot 1954", MA verhandeling, NWU, 2012; A.M. Fokkens, "Afrikaner Unrest within South Africa during the Second World War and the Measures Taken to Suppress it", Journal for Contemporary History, 37, 2, 2012, pp 123-142; A. Blake, Wit Terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare (Tafelberg, Kaapstad, 2018); C. de Jager, "'I am no 'Hensopper' or Coward, I am a Boer': Heroic Masculinity, Afrikaner Nationalism and the Case of C.M. Bakkes during the Second World War", MA dissertation, Carleton University, 2019.
6 G. Moshenska and A. Myers, "An Introduction to Archaeologies of Internment", in A. Myers and G. Moshenska (eds), Archaeologies of Internment (Springer, New York, 2011), p 2.
7 Moshenska and Myers, "An Introduction to Archaeologies of Internment", p 2.
8 K. McConnachie, "Camps of Containment: A Genealogy of the Refugee Camp", Humanity: An International Journal of Human Rights, Humanitarianism, and Development, 7, 3, 2016, p 402.
9 J. Beaumont, "Introduction: Internment in Australia, 1939-1945", in J. Beaumont, I.M. O'Brien and M. Trinca (eds), Under Suspicion: Citizenship and Internment in Australia during the Second World War (National Museum of Australia Press, Canberra, 2008), p 2.
10 E. Kaiser, "Redes vir Internering en Appelle", in H.G. Stoker (red.), Agter Tralies en Doringdraad (Pro Ecclesia, Stellenbosch, 1953), p 175.
11 Van der Walt, 'n Volk op Trek, pp 42-43.
12 Van der Walt, 'n Volk op Trek, p 43.
13 OBA: Bandopnames, Onderhoud transkripsie (hierna tr.), bandnrs. 34-35, 1974: H.M. Robinson/H.C. van Rooy/G. Cronjé, p 9; OBA: Dankie, 1969, 9, 2, p 12.
14 OBA: W.J.B. Pretorius-versameling, B/L 1/1, omslag 5: Redes vir Internering, byvoegsel tot die opsomming gedateer 11 Mei 1942 van die Redes vir die Internering van W.J.B. Pretorius; OBA: G.J. Grobbelaar-versameling, B/L 1/1, omslag 2: Redes vir Internering, 29 Julie 1942; OBA: C.L. de Jager-versameling, B/L 1/2, omslag 8: Redes vir Internering, 12 Oktober 1942; O.L. Nel-versameling, B/L 1/1, omslag 3: Redes vir internering, 16 Oktober 1942; OBA: D.R. de Klerk-versameling, B/L 1/1, omslag 2: Redes vir Internering, 26 November 1942; OBA: H.G. Stoker-versameling, B/L 1/1, omslag 12: Interneringstukke, Redes vir Internering, 30 Desember 1942; M.J. de Beer-versameling, B/L 1/1, omslag 2: Redes vir Internering, 1 November 1944; Kaiser, "Redes vir Internering en Appelle", pp 175-184; H.O. Terblanche, "John Vorster se Internering: Redes en Verweer", Historia, 31, 3, November 1986, pp 49-60.
15 J.F. Marais, "Geskiedenis van die Kampe en Tronke van die Tweede Wêreldoorlog", in Stoker (red.), Agter Tralies en Doringdraad, p 174.
16 Marais, "Geskiedenis van die Kampe en Tronke", pp 172, 174.
17 OBA: Die OB, 27 Junie 1945.
18 OBA: Bandopnames, Onderhoud (tr.), onbekende bandnommer, getiteld as "Kampleier teen Wil en Dank", 1978: J. Trümpelmann, p 20.
19 OBA: Die OB, 13 Desember 1944.
20 OBA: Die OB, 10 Desember 1941; Die OB, 3 November 1943; Die OB, 14 Februarie 1945.
21 OBA: Die OB, 18 Maart 1942; Die OB, 1 Julie 1942; Die OB, 28 Oktober 1942; Die OB, 25 November 1942; Die OB, 27 November 1943; Die OB, 22 Maart 1944; Die OB, 19 April 1944; Die OB, 3 Mei 1944; Die OB, 7 Junie 1944; Die OB, 19 Julie 1944; Die OB, 2 Augustus 1944; Die OB, 9 Augustus 1944; Die OB, 16 Augustus 1944; Die OB, 27 September 1944; Die OB, 11 Oktober 1944; Die OB, 18 Oktober 1944; Die OB, 25 Oktober 1944; Die OB, 8 November 1944; Die OB, 20 Desember 1944; Die OB, 14 Februarie 1945; Die OB, 21 Februarie 1945; Die OB, 21 Maart 1945; Die OB, 25 April 1945; Die OB, 27 Junie 1945; Die OB, 4 Julie 1945; Die OB, 25 Julie 1945.
22 OBA: Die OB, 3 Januarie 1945.
23 OBA: Bandopnames, Onderhoud (tr.), "Kampleier teen Wil en Dank", 1978: J. Trümpelmann, p 20.
24 OBA: Die OB, 25 Februarie 1942.
25 OBA: Die OB, 3 Desember 1941.
26 Marx, Oxwagon Sentinel, p 525.
27 In sekere bronne word hierdie kamp as "Leeuwkop" beskryf, in ander bronne word daar weer na die kamp as "Leeukop" verwys. Hierdie artikel gebruik "Leeukop".
28 Dieselfde verwysingskwessie is ook met hierdie kamp se benaming teenwoordig. Sekere bronne verwys na die kamp as "Sonderwater", ander as "Zonderwater". Hierdie artikel gebruik die tweede benaming, "Zonderwater".
29 Fokkens, "Afrikaner Unrest within South Africa during the Second World War", p 135; A.M. Fokkens, "The Role and Application of the Union Defence Force in the Suppression of Internal Unrest, 1912-1945", MMil thesis, Stellenbosch University, 2006, p 117; Robinson, "Die Ossewa-Brandwag-uitstalling: 'n Perspektief", pp 7-8.
30 Fokkens, "Afrikaner Unrest within South Africa during the Second World War", p 135. Alhoewel tydgenote dikwels tussen kampe geskuif is, en in verskeie gevalle tydelik in kampe aangehou is voordat n finale verskuiwing plaasgevind het, is meeste Afrikaners in een van die volgende vier kampe aangehou: Baviaanspoort, Ganspan, Leeukop en Koffiefontein. Soos wat die oorlog verloop het, is die oorgrote meerderheid Afrikaner geïnterneerdes in Koffiefontein-kamp aangehou. Soveel so dat dit onder die tydgenote as die "Afrikanerkamp" geken is. Afrikanergeïnterneerdes is wel nooit in Andalusia of Zonderwater gehuisves nie.
31 Marais, "Geskiedenis van die Kampe en Tronke", p 174.
32 Marais, "Geskiedenis van die Kampe en Tronke", p 174.
33 Marx, Oxwagon Sentinel, p 526.
34 OBA: Die OB, 3 Oktober 1945.
35 Sien byvoorbeeld: T.D. Moodie, The Rise of Afrikanerdom: Power, Apartheid, and the Afrikaner Civil Religion (University of California Press, Berkeley, 1975); R.G. Stokes, "Calvinism and Economic Action: The Weberian Thesis in South Africa", American Journal of Sociology, 81, 1, 1975, p 80; A. du Toit, "No Chosen People: The Myth of the Calvinist Origins of Afrikaner Nationalism and Racial Ideology", The American Historical Review, 88, 4, 1983, pp 920-952; H. Giliomee, "Constructing Afrikaner Nationalism", Journal of Asian and African Studies, 18, 1-2, 1983, pp 83-98; D. O'Meara, Volkskapitalisme: Class, Capital and Ideology in the Development of Afrikaner Nationalism, 1934-1948 (Cambridge University Press, Cambridge, 1983); H. Giliomee, "The Beginnings of Afrikaner Ethnic Consciousness", in L. Vail (ed.), The Creation of Tribalism in Southern Africa (UCLA Press, Berkeley, 1989); S. Dubow, "Afrikaner Nationalism, Apartheid and the Conceptualization of 'Race'", Journal of African History, 33, 2, 1992, pp 209-237; J. Hyslop, "Problems of Explanation in the Study of Afrikaner Nationalism: A Case Study of the West Rand", Journal of Southern African Studies, 22, 3, 1996, pp 373-385; C. van der Westhuizen, White Power and the Rise and Fall of the National Party (Struik, Cape Town, 2007).
36 C. Marx het hewige kritiek gelewer op sommige van Moodie se gevolgtrekkings, o.a. Moodie se standpunt dat "Neo-Fichteaanse" idees, beperk tot 'n klein hoeveelheid intelligentsia, een van die dryfvere agter Afrikanernasionalisme was. Dit is egter net een aspek van Moodie se werk en sy klem op kultuur, etnisiteit en gemitologiseerde geskiedenis as sentraal tot Afrikanernasionalisme kan nie ontken word nie.
37 Marx, Oxwagon Sentinel, p 173.
38 Marx, Oxwagon Sentinel, p 312.
39 P. de Klerk, "Die Ideologie van die Ossewa-Brandwag", in Van der Schyff (red.), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras, p 294 (Outeurs se klem).
40 De Klerk, "Die Ideologie van die Ossewa-Brandwag", p 298.
41 P.F. van der Schyff, "Agtergrond en Stigting", in Van der Schyff (red.), Die Ossewa-Brandwag: Vuurtjie in Droë Gras, p 3.
42 OBA: D.J.M. Cronjé-versameling, B/L 1/5, omslag 4: Die Ossewa-Brandwag: Vanwaar en waarheen? (1942), p 59.
43 Sien in hierdie verband die roman wat dié spesifieke tydsgees saamvat: F.W. Quass, Die Tweede Rebellie: 'n Roman uit die Dae toe die Vierkleur Opnuut die Simbool was van alles wat die Afrikaner Verteenwoordig het (Afcet-uitgewers, Johannesburg, 1975).
44 Moodie, The Rise of Afrikanerdom, pp 1-21.
45 Moodie, The Rise of Afrikanerdom, p 1.
46 Van der Walt, 'n Volk op Trek, p 28.
47 Giliomee, Die Afrikaners: 'n Biografie (Tafelberg, Kaapstad, 2004), p 357.
48 OBA: Bandopnames, Onderhoud, (tr.), bandnr. 75, 1979: H.M. Robinson/A. Neethling-Pohl, p 3. Neethling-Pohl was deel van duisende OB-lede wat ten gunste was van "rebellie sonder gewere". Sien E. Theron, Sonder Hoed of Handskoen (Tafelberg, Kaapstad, 1983), p 41.
49 O.J.O. Ferreira, "Die Geskiedenis van die Sentrale Volksmonumentekomitee", MA verhandeling, Universiteit van Pretoria, 1970, p 83.
50 Van der Walt, 'n Volk op Trek, p 10.
51 Moodie, The Rise of Afrikanerdom, pp 3, xvii.
52 Sien A. Grundlingh and H. Sapire, "From Feverish Festival to Repetitive Ritual? The Changing Fortunes of Great Trek Mythology in an Industrializing South Africa, 19381988", South African Historical Journal, 21, 1, 1989, pp 19-38.
53 I.D. MacCrone, "The Great Trek and its Centenary Celebration in the Light of Group Psychology", Race Relations, 4, 4, 1938, p 82.
54 A.P.J. van Rensburg, Monumentaal die Bouwerke: 'n Halfeeu op die Voorpos: Die Verhaal van die Ontstaan, Groei en Prestasie van die ATKV (Caxton, Pretoria, 1980), pp 102, 107.
55 Die Taalgenoot, 7, 2, Januarie, 1938.
56 Die Taalgenoot, 8, 1, Desember, 1938.
57 K. Coetzee, Fakkelloop Gedenkboek van Die Voortrekkers 1938 (Nasionale Pers, Kaapstad, 1949), p 17.
58 Coetzee, Fakkelloop Gedenkboek, p 11.
59 Coetzee, Fakkelloop Gedenkboek, p 57.
60 'n Nasie Hou Koers. Die Enigste Volledige Rolprentopname van die Gebeurtenisse van die Simboliese Ossewatrek, die Skouspelagtige Fakkelloop en die Eeufeesviering van 1938, Soewenier-program (Voortrekkerbeweging, 1938), p 1.
61 Coetzee, Fakkelloop Gedenkboek, p 6.
62 Fokkens, "Afrikaner Unrest within South Africa during the Second World War", p 136.
63 OBA: Bandopnames, Onderhoud, (tr.), "Kampleier teen wil en dank", 1978: J. Trümpelmann, p 24.
64 OBA: J.M.A. de Wit-versameling, 1/2 omslag 1: Brief aan hoogbestuursbeampte, 6 Januarie 1944; OBA: C.L. de Jager-versameling, 1/2 omslag 5: Interneringstukke, appèl, 23 November 1942; OBA: F.A. Faurie-versameling, 1/1 omslag 4: Interneringstukke -appèl, 1 April 1943; OBA: A.R. Fleischack-versameling, 1/3 omslag 1: Appèl teen internering - G.L. Brits; OBA: A.R. Fleischack-versameling 1/3 omslag 2: Appèl teen internering - P.W.R. Ferwick.
65 J. Strydom, "Ontsnappings uit Kampe", in Stoker (red.), Agter Tralies en Doringdraad, pp 368-377.
66 OBA: Die OB, 3 Oktober 1945.
67 A. la Grange, "Impak van Unie van Suid-Afrika se Noodregulasies op die Ossewa-Brandwag teen die Agtergrond van Suid-Afrika se Deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, 1939-1948", MA verhandeling, NWU, 2020, pp 157-175.
68 OBA: Die OB, 3 Oktober 1945.
69 OBA: G.P.J. Trümpelmann-versameling 1/3 omslag 9: Kamplewe.
70 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M1843.
71 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M1844.
72 OBA: Grootraad van die Ossewa-Brandwag, Die Ossewa-Brandwag: Vanwaar en Waarheen? (Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1942), p 11.
73 OBA: Voorligtingsdiens van die Ossewa-Brandwag, Die Ossewa-Brandwag en die Parlementsverkiesing, die Soldate, die Kommuniste (Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1943), pp 1-9.
74 OBA: OB-fotoversameling, Rekordnommer M0645: OB-Wapen; Organisasie-hoofkwartier, Wapens en Kentekens: Betekenis en Gebruik Daarvan.
75 OBA: Grootraad van die Ossewa-Brandwag, Die Ossewa-Brandwag: Vanwaar en Waarheen? p 9; Voorligtingsafdeling van die Ossewa-Brandwag, Iets oor die Ossewa-Brandwag (Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1946), p 106.
76 Stoker (red.), Agter Tralies en Doringdraad, pp 109, 209, 386, 409.
77 Sien n tydgenootlike beskrywing buite die Afrikanerdom: MacCrone, "The Great Trek and its Centenary Celebration in the Light of Group Psychology", pp 81-84.
78 Stoker (red.), Agter Tralies en Doringdraad, pp 23-38; 260-301.
79 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M1547.
80 Die tema is moontlik geïnspireer deur Totius se Vergewe en Vergeet.
81 Sien in hierdie verband die werk van L. Vincent en M. du Toit wat as verdere voorbeeld uitwys hoe verskeie dele van die Afrikanerdom (in hierdie geval nasionalistiese-gesinde vroue) die Voortrekkersimbole ingespan het as inspirasie in die gesig van die onstuimigheid van die dertiger- en veertigerjare van die twintigste eeu: L. Vincent, "Bread and Honour: White Working Class Women and Afrikaner Nationalism in the 1930s", Journal of Southern African Studies, 26, 1, 2000, pp 64-65; M. du Toit, "The Domesticity of Afrikaner Nationalism: Volksmoeders and the ACVV, 1904-1929", Journal of Southern African Studies, 29, 1, March 2003, pp 155-176.
82 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M0923.
83 Op 22 April 1946, ses jaar voor die ontbinding van die OB, is die BOPG amptelik gestig. Hoewel hierdie organisasie reeds voor die OB-ontbinding gestig is, het dit nie saam met die OB gesterf nie. Die BOPG het 'n geleentheid vir verskeie voormalige OB-lede gebied om weer funksies saam met oud-vriende en kennisse by te woon.
84 OBA: BOPG-versameling, Band 8: BOPG Notuleboek, p 3. Notule van die BOPG se Eerste Algemene Vergadering te Pretoria.
85 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M0120.
86 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M1736. Hierdie ontwerp is egter nie as die BOPG se finale wapen benut nie. Die skets is wel steeds belangrik omdat dit tussen 1945 en 1947 in die Sentrale Gevangenis in Pretoria ontwerp is. Dit vang die gees van verset en die vryheidsideaal van die OB wat binne die kampe en tronke geseëvier het, vas.
87 OBA: Die OB, 3 Oktober 1945.
88 H. van Rensburg, Their Paths Crossed Mine (CNA Ltd, Cape Town, 1956), p 151.
89 OBA: G.P.J. Trümpelmann-versameling, 1/3 omslag 9: Kamplewe, dokument met titel: "Die Taak van Ons Kamp", 1 Augustus 1942, p 3.
90 Die Burger is aanvanklik as De Burger in 1914 gestig.
91 K. du Pisani, "Hegemoniese Afrikanermanlikheid en 'Ander' in die Voorapartheidsfase, D.C. Boonzaier se Hoggenheimerkarikatuur", Historia, 47, 2, 2002, p 587.
92 Giliomee, Die Afrikaners: 'n Biografie, p 380.
93 Aanvanklike was daar 'n goeie verhouding tussen die OB en NP, maar namate die OB se politieke aspirasies gegroei het, het die NP een van die OB se vernaamste vyande geword en Die Burger is ook ingespan as 'n wapen te dien in die bitter geveg teen die OB.
94 Du Pisani het wel uitgewys dat anti-Semitisme tog ook 'n faktor in NP politiek was, maar nie n beduidende een nie. Sien ook Furlong, Between Crown and Swastika.
95 Spotprent geneem uit: D. Kotzé, "Cartoons as a Medium of Political Communication", Communicatio, 14, 2, 1988, p 65. Oorspronklik gepubliseer in Die Burger, 20 Augustus 1919.
96 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M0341.
97 OBA: OB fotoversameling, Rekordnommer M0026.
98 F.P. Verster en P. Coreejes-Brink, "Adoons-hulle: 'n Satiriese Dierestrokie deur T.O. Honiball", South African Journal of Cultural History, 20, 2, 2006, pp 142-143.
99 OBA: Die OB, 3 Oktober 1945.
100 Marx, Oxwagon Sentinel, p 173.
101 Grundlingh and Sapire, "From Feverish Festival to Repetitive Ritual", p 19.
102 Marx, Oxwagon Sentinel, p 527.
103 OBA: Bandopnames, Onderhoud, (tr.) bandnr. 109, 1975: L.J. Marais, p 12.
104 OBA: Bandopnames, Onderhoud, (tr.), bandnr. 175, 1978: L.M. Fourie, p 9.
105 OBA: Bandopnames, Onderhoud, (tr.), "Kampleier teen Wil en Dank", 1978: J. Trümpelmann, p 5.
106 OBA: Bandopnames, Onderhoud, (tr.), "Kampleier teen Wil en Dank", 1978: J. Trümpelmann, p 16.
107 In Stoker (red.), Agter Tralies en Doringdraad, sien: J.F.J. van Rensburg, "Afrikanerverset in die Tweede Wêreldoorlog", p 44; F.R. de K. Gilfillan, "Afrikaans in die Koffiefonteinse Interneringskamp", p 263; H.G. Stoker, "Opmerkings oor Boerekamp", p 315; H. Luiting, "Spanninge", p 328; en J. Strydom, "Ontsnappings uit Kampe", p 370.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License