SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Exploring panarchy and social-ecological resilience: Towards understanding water history in precolonial Southern AfricaPerforming the aporias of the archive: Towards a future for South African music archives índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Historia vol.61 no.1 Durban may. 2016

http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a9 

ARTICLES ARTIKELS

 

Tendense in populêre werke oor Suid-Afrikaanse rugby, 1948-1995: 'n Historiografiese studie

 

 

Wouter de Wet*

Wouter de Wet is 'n dosent in Geskiedenis by die Universiteit van die Vrystaatse Qwaqwa-kampus

 

 


OPSOMMING

Die hervatting van internasionale rugby na die Tweede Wereldoorlog het nuwe belangstelling onder rugby ondersteuners wêreldwyd gekweek. Tientalle populêre rugbyboeke het in die daaropvolgende jare in Suid-Afrika verskyn en rugby het een van die land se grootste sporte geword. Rugbyboeke het algemene items op Suid-Afrikaanse boekrakke geword. Hierdie artikel stel ondersoek in na die ontwikkeling van tendense in populêre Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing tussen 1948 en 1995. Tendense word geïdentifiseer en binne kontekstuele verband nagevolg deur middel van 'n noukeurige studie van die inhoud en stilistiese aspekte van die boeke. Daar word gekyk na wat in populêre rugbyboeke geskryf is, hoe daar geskryf is, en gevra waarom daar so geskryf is. Dit word duidelik dat hierdie tendense deur die veranderende politieke- en sosiale landskap van die twintigste eeu beïnvloed is. Die polities gemotiveerde betogings teen die Springbokke op oorsese toere, die uiteindelike internasionale sportboikot van die Springbokke, asook die koms van televisie in 1976 het elk 'n merkbare impak op Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing gehad.

Sleutelwoorde: Suid-Afrika, twintigste eeu; rugby; historiografie; sport; Springbokke; sportboikot


ABSTRACT

The resumption of international rugby after the Second World War sparked a renewed interest in sport among supporters worldwide. In South Africa dozens of popular rugby books were published in subsequent years and rugby grew tobe one of the country's biggest sports. These rugby books became popular items on the South African bookshelf. This article investigates the tendencies in popular South African rugby historiography. Trends are identified in the changing political context from 1948 to 1995 and studied by means of an in-depth analysis of their content and stylistic aspects. Questions relating to what was written in popular rugby books, how it was written, as well as why it was written, are explored. It becomes apparent that these trends were influenced by the changing socio-political landscape of twentieth-century South Africa. The politically motivated protests against the Springboks on tours overseas, the eventual boycott of the Springboks and the introduction of television to the country in 1976 all had a noticeable influence on popular South African rugby historiography.

Keywords: South Africa; twentieth century; rugby; historiography; sport; Springboks; sports boycotts


 

 

Inleiding

Die sportjoernalis Archie Henderson vertel van sy jongdae op die Vrystaatse platteland toe hy 'n obsessie met rugby begin kweek het. Hy het nooit die geleentheid gehad om na belangrike rugbywedstryde te gaan kyk nie. Sy enigste toegang tot groot rugby was deur die boeke wat Danie Craven geskryf het.1

Rugby en boeke oor rugby is al vir dekades lank deel van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die publiek, veral wit Suid-Afrikaners, was nog altyd honger vir rugby en met 'n boek wat oor hul geliefde sport handel, kan hulle iets tasbaars van die spel besit. Die belangstelling in die sport is groot, maar daar is nog weinige aandag aan die literatuur oor rugby gegee. Hierdie artikel gaan tendense in populäre werke oor Suid-Afrikaanse rugby identifiseer en die ontwikkeling daarvan binne kontekstuele verband navolg.2 Die werk lê op die breekvlak tussen 'n studie van die historiografie en 'n studie van die letterkunde. Daar gaan gekonsentreer word op wat in die populêre rugbygeskiedenis staan en hoe daar geskryf is. Deurgaans gaan daar gevra word waarom daar dan juis so geskryf is.

Die doel is om 'n bydrae tot die ontwikkelende veld van Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis te lewer. Die omvang word beperk tot die jare tussen 1948 en 1995. Voor 1948 was daar slegs 'n handjievol Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenisboeke, waarvan Ivor Difford se History of South African Rugby Football (1933) die mees noemenswaardige publikasie is. Die 1948-49 seisoen het ook die hervatting van internasionale rugby na die Tweede Wereldoorlog gesien. Dit het 'n bepaald nuwe belangstelling in die sport gekweek wat onder andere gelei het tot meer boeke wat aan die geskiedenis van die sport aandag skenk. Die jaar 1948 is verder ook noemenswaardig weens die feit dat die Nasionale Party aan bewind gekom het en hul beleid van apartheid 'n invloed op rugby in Suid-Afrika sou hê. In 1995 was daar 'n belangrike keerpunt - rugby het wêreldwyd sy amateurstatus vir professionele status verruil. Die professionele era en die gepaardgaande kommersialisasie van rugby het 'n invloedryke dinamika in die mediavoorstelling van die sport teweeg gebring.3 Die werke binne die omvang van hierdie studie bied 'n vrugbare bron van geskiedkundige kennis en kan 'n betekenisvolle bydrae tot Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis maak.

 

Kroniek-styl

Die mees opvallende tendens in die populêre rugbygeskiedskrywing in die jare direk na 1948 is die kroniek-styl waarin daar geskryf is. Boeke het 'n sterk fokus op die chronologiese afloop van gebeure gehad. In Ons Toetsprestasies (1954) begin Danie Craven sy beskrywing van die Springbokke se 44-0 oorwinning teen Skotland in 1951 as volg:

Ek onthou nog dat die wedstryd deur ons begin is en dat Hansie Brewis nie na sy voorspelers se kant toe afgeskop het nie, maar na Buks Marais se lyn en dat die bal hom net geflous het, anders was daar reeds op daardie stadium moeilikheid vir die Skotte. 'n Oomblik hierna breek die Skotte verwoedend weg en 'n hele ry wit truie kom deur en gee die bal lyn se kant toe aan. Een van hierdie aangeë gaan op 'n kritieke tydstip verlore, maar die bal word aangedribbel en Johnnie Buchler en Paul Johnstone is by om die bal in ons hoek oor die kantlyn te skop. Hier wen ons die lynstaan en Fonnie stuur die Skotte ver terug. Ons wen hierdie lynstaan ook en Stephen Fry kry die bal van Salty, stuur Buks weg, ontvang dit weer 'n tweede keer, vorder daarmee en stuur Salty oor vir die eerste drie ...4

In Green and Gold: A Sporting Miscellany (1954), beskryf R.K. Stent die 1951 toetswedstryd tussen die Springbokke en Ierland as volg:

Finally, he set the three-quarter line alight and, after Lategan had broken through and given Ochse a hectic dash for the line, another scrum formed on the Irish "twenty-five". Muller stayed out of it and, as Brewis feinted to feed the open side, he took the pass and flashed round on the blind side. Here the Springbok captain drew the Irish wing, McKee, and passed to Ochse who had just the room he needed in a 25-yard burst to score.5

Daar is op só wyse geskryf dat daar 'n "en toe ... en toe..." verhaallyn ontwikkel. Die meeste outeurs van hierdie populäre werke was joernaliste.6 Soos dit die geval met Franse sportgeskiedenis van dieselfde tyd was, is daar 'n tipe joernalistieke geskiedenis geskryf. Hierdie werke was onkrities, gebeurtenis-georiënteerd en dikwels buite konteks.7 Daar is dus minimaal geskiedenis geskryf. Hierdie boeke kan dus as voorbeelde van verhalende geskiedskrywing beskou word. FA van Jaarsveld definieer verhalende geskiedskrywing as:

[dit] vertel die "verhaal", 'n "storie", en dié het as ruggraat die verloop in die tyd van 'n gebeurtenis of gebeurtenisse wat op mekaar volg. Die skrywer wil meedeel wat "gebeur" of hoe dit "plaasgevind" het. Die verhaal word in chronologiese segmente ingedeel.8

Hierdie kroniek-styl en verhalende geskiedskrywing was 'n algemene tendens in populäre rugbyboeke tot die 1970's, maar het daarna gekwyn. Hoekom is daar in hierdie styl geskryf en hoekom het ditverander?

Rugbyboeke, tesame met koerante en radio uitsendings, was die enigste media vorme waardeur die groter rugbypubliek toegang tot die sport kon kry. Daar was 'n tekort aan ander vorme van beriggewing en min mense kon wedstryde, en oorsese wedstryde spesifiek, self bywoon. Skrywers moes dus so veel as moontlik detail in hul boeke bevat. Die beste manier om dit te doen, was om 'n chronologiese weergawe van gebeure, feit vir feit soos dit afgespeel het, weer te gee. Só kon lesers nie slegs feite bekom nie, maar ook in hul geestesoog sien hoe wedstryde afgespeel het.

Die koms van televisie in Suid-Afrika in 1976 het die einde van hierdie tendens in die geskiedskrywing beteken. Televisie het rugby meer toeganklik gemaak. Skielik was dit nie meer nodig vir skrywers om wedstryde chronologies en in soveel detail te beskryf nie, want die publiek kon dit self op televisie sien. "Saterdagmiddag voor die televisie was 'n geleentheid waarna [die publiek] reikhalsend uitgesien het sover dit rugby betref."9

Danksy rugby op die televisie het rugbyboeke anders daarna begin uitsien. Chris Greyvenstein beskryf in Springbok Sage (1977) 'n wedstryd tussen die besoekende Britse Leeus en die Springbokke in 1924 as volg:

In die laaste toets, wat op 'n nat en modderige Nuweland gespeel is, was Truter en Mostert albei weer terug in die span. Dit was 'n aantreklike wedstryd en albei spanne het met ondernemingsgees gespeel. Die Springbokke het uiteindelik met 16-9 gewen, nadat Kenny Starke (linkervleuel) tien van hul punte behaal het.10

Daar is nou meer oorsigtelik na wedstryde gekyk en dit is nie meer chronologies en in kroniek-styl beskryf nie.

 

Verwysings na die natuur en die skep van 'n landelike beeld

'n Tweede prominente tendens is verwysings na die natuur. Baie van die vergelykings, metafore en spreekwoorde wat ingespan is om die spel en sy spelers te beskryf, het verwysing na die natuur gemaak. In die inleiding van Green and Gold: A Sporting Miscellany (1954), skryf Stent:

... [for] we are about to travel through the annals of Springbok sporting history, first across the rolling and victorious plains of our rugby matches, then through the occasionally mountainous but always scenic route of our cricket progress ...11

In Ons Toetsprestasies (1955), 'n boek waarin Craven die Springbokke se beste en swakste toetse bespreek, handel 'n hele hoofstuk oor wedstryde wat onder moeilike weersomstandighede gespeel is. Dit beskryf toetse wat in "modder, reën, sneeu, wind, waterpoele, fonteine [en] snikkende hitte" gespeel is.12 Alhoewel rugby deur weersomstandighede beïnvloed kan word, is die wy van 'n hele hoofstuk hieraan 'n bewys van skrywers se hoogskatting van die belangrikheid van die elemente. Craven stel dat daar met die "natuur ... altyd rekening gehou [moet] word en dit verskil nie in rugby van die gewone lewe nie."13

Daar is gereeld vergelykings tussen spelers en diere getrek. Japie Krige is vergelyk met 'n jaghond op pad na 'n haas, en hy het deur die opponente se lyne geglip soos 'n rot deur 'n drein.14 Hansie Brewis het "soos 'n vetgesmeerde paling na die doellyn vir 'n drie" gehardloop.15 Die Wallaby-speler "Jones het afgesit soos 'n muil wat skielik tier ruik. Muller het hom agterna gesit, maar die 'Windhond' was nie by magte om daardie stukkie blits in te loop nie".16 Die Springbokke is ook beskryf as "wilde monsters"17 en dat hulle soos perde "met die stang tussen hul tande die Wallabies met 'n wrok op hulle lyn gehou het".18 Vergelykings soos "voorosse"19 en spreekwoorde soos "hier boer ons"20 is ook gereeld gebruik.

Toeskouers is soms ook met behulp van diere-vergelykings beskryf. In Die Grondbeginsels van Rugby (1948) onderskei Craven tussen drie soorte rugby ondersteuners, naamlik vurige-, lou- en toevallige ondersteuners. Hy beskryf lou ondersteuners as "wild op 'n man se plaas. Hulle is nie joune nie en nie jou buurman s'n nie. Hulle wei waar daar volop gras is ..."21

Met Australië se toer na Suid-Afrika in 1953, het die Wallabie spanbestuurder, Wylie Breckenridge, die Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap met die volgende vergelyking gewaarsku:

The ostrich is a famous South African bird which is said to bury its head in the sand when there is danger. The rugby football people of this country must beware that they do not do the same thing!22

Geskiedskrywers se gebruik van verwysings na die natuur het aan rugby 'n bepaalde landelike beeld gegee. Tydens die Internasionale Rugbyraad se algemene jaarvergadering in 1957 is daar 'n direkte verband tussen die rugby en 'n landelike leefstylgetrek:

The similarity of farming lifestyles in South Africa and New Zealand was then pointed out. In the life of a farmer, strength, reflexes, and endurance were all-important, and hardship was a way of life that became ingrained. It simply made for the toughest fighters in farming - and in rugby.23

Waarom het skrywers rugby só met die natuur vergelyk en in die proses hierdie landelike beeld van die spel geskep? Hiervoor is daar twee verklarings. Eerstens is daar bloot kommentaar gelewer op die aard van die spel en die spelers. Rugby is 'n harde en onvergeeflike sport wat brute krag vereis - 'n situasie vergelykbaar met diere in die natuur en die aard van 'n landelike bestaan.

In die tweede plek was hierdie tipes vergelykings, metafore en spreekwoorde deel van die spreektaal van die tyd, veral Afrikaans. Toe hierdie populäre werke in die middel twintigste eeu verskyn het, het talle Afrikaners, wat sekerlik die grootste deel van alle Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners uitmaak, nog 'n landelike lewe gelei. Teen die einde van die eerste golf van Afrikaner verstedeliking in 1926 was sowat 41 persent in stede woonagtig, terwyl sowat 50 persent van Afrikaners na die tweede golf van verstedeliking in stede gewoon het.24 Baie Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners het dus op plase en die platteland gewoon, of was afkomstig van 'n generasie wat voorheen 'n landelike bestaan gevoer het. Dit is dus logies dat verwysings na die natuur deel sou wees van die spreektaal van mense met 'n landelike agtergrond en -verwysingsraamwerk. Wanneer hierdie verwysings dan in boeke gebruik is, het dit tot die lesers gespreek en kon dit bydra tot die sukses van die boek. Danie Craven, seker die mees produktiewe skrywer van die era na 1948, het 'n "verwondering met die Suid-Afrikaanse landelike agtergrond" gehad25 - 'n sentiment wat sterk in sy boeke deurskemer.

Hierdie sentiment het na die sewentigerjare uit die populêre rugby historiografie verdwyn. Die rede hiervoor is waarskynlik die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en omdat hierdie tipe taalgebruik dan algaande as argaïes beskou is, moontlik en deels weens die verdere verstedeliking van Afrikaners. Die veranderende tendens is veral sigbaar in die werke van Greyvenstein, wie se persoonlike styl oor die jare verander het. In Springbok-seges in Krieket en Rugby (1968) en die eerste uitgawe van Springbok Sage (1977) gebruik hy telkens verwysings na die natuur. In die tweede, derde en vierde uitgawes van laasgenoemde boek, wat onderskeidelik in 1981, 1989 en 1992 verskyn het, bevat die nuut geskrewe hoofstukke minimaal, indien enigsins, sulke verwysings.

 

'n Onderliggende nasionale sentiment

Die verhouding tussen rugby en nasionale politiek in Suid-Afrika was nog altyd kompleks. Daar bestaan 'n aantal hedendaagse werke wat hierdie onderwerp ondersoek, met dié van Albert Grundlingh, Dean Allen en John Nautright van die vernaamstes.26 In die populêre werke tussen 1948 en die vroeë 1970's is daar 'n onderliggende nasionale sentiment te bespeur. Tekens van die verhouding tussen rugby en nasionale politiek lê nooit te ver onder die oppervlak nie.

In die inleiding van Die Grondbeginsels van Rugby (1948) stel Craven dat rugby "ons nasionale spel" is.27 In 1954 skryf hy: "Dis mooi dat ons mense een ding het waarvan ons almal hou en wat ons een maak. As daar 'n toets is, vergeet ons politiek en al die dinge wat ons verdeel en ons staan saam. Dis mooi."28 Hy praat ook oor 'n "[uiterste] blydskap en vreugde en samehorigheidsgevoel wat Suid-Afrika eensgesind gemaak het. As rugby dit mag doen, mag ons altyd sulke toetse hê."29

Met die Maties op die Rugbyveld (1955) se inleidende boodskap is deur Eerste Minister J.G. Strijdom geskryf. Hy beskryf rugby meer as een keer as "ons Nasionale Spel".30 Verder in hierdie boekword daar, tong in die kies, oor 1948 geskryf dat:

[Geen] span van die Maties vanjaar 'n kompetisie gewen [het] nie. Dit het, na verneem word, volgens plan geskied. Die Maties wou die nuwe regering nie in die skaduwee stel nie en het toe maar besluit om lyf weg te steek om nie die donder oftewel "shine" van die "Gowermint" te steel nie.31

Craven sluit dan die boek af met die:

hoop dat al wat Matie is hierdeur meer onder die besef sal kom dat, as hy sy bes in die donkerrooi trui doen, hy sy bes nie alleen vir Stellenbosch doen nie, maar ook vir Suid-Afrika. Dis jou roeping, Matie!32

Rugby in Suid-Afrika (1964) bevat 'n inleidende boodskap van Staatspresident C.R. Swart. In hierdie brief van gelukwensing aan die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARR) skryf Swart dat die parlementêre lewe soms 'n ooreenkoms met rugby toon: "Daar word dikwels geskrum, wanneer dit ook maar rowwerig kan toegaan - nie met die arms, bene en skouers van Theuns Kruger, Jaap Bekker of Jan Pickard nie, maar met tonge en kele van volksvaders!"33

Die bogenoemde aanhalings is voorbeelde van 'n subtiele sinspeling op 'n nasionale sentiment in die populêre rugby historiografie. Gerhard Viviers se Rugby agter doringdraad (1970) is egter meer direk. Dié boek handel oor die Springbokke se 1969-70 toer na Brittanje en lê veral klem op die polities gemotiveerde betogings wat die Suid-Afrikaners hier teëgekom het. Viviers sluit die boek af met aanhalings uit toesprake wat op die toer gelewer is. Dié van Glyn Hughes, voorsitter van die Barbarian Rugbyklub, staan veral uit:

No one can doubt the sincerity of the South African Government in their determination, by every means in their power, to lead the various Bantu national groups to effective self-government in their own homelands under conditions best suited to them ... Whatever our views and criticisms may be, I do plead for a more sympathetic approach to the problems of the South African Policy. Nation can help nation very much more by not interfering."34

Hy skryf ook dat die betogings deur kommunisme, "'n sieklikheid in die [Britse] gemeenskap", geïnspireer is.35 Viviers maak geen geheim van sy politieke oortuigings.

Hoekom is daar hierdie onderliggende nasionale sentiment in sommige rugbyboeke van die tyd? Die meeste voorbeelde van hierdie tendens kom voor in werke van Danie Craven bloot omdat hy die mees produktiewe skrywer van hierdie era was. Daar moet egter in gedagte gehou word dat hy nie 'n lid van die Nasionale Party was nie, maar eerder die Verenigde Party, voorheen die Suid-Afrikaanse Party. Paul Dobson vat Craven se politieke oortuiging goed saam:

He was asked to join the Torch Commando, but did not. He was offered a United Party seat, but turned it down, though he remained a "Smuts man" long after Smuts died. And when Dawie de Villiers stood for the Nationalists in a by-election in the Johannesburg West constituency in November 1972 and used Springbok rugby players in his campaign, Craven was cross. For him it was the breaking of a code: "Rugby is played by all political parties. Therefore we have to be careful that we do not give the impression that we use rugby for political gain." And at that time he declared, echoing Oubaas Markötter: "My party is South Africa."36

Hierdie tendens moet binne die betrokke tydsgees van Afrikaner nasionalisme geïnterpreteer word. Dié gevoel van nasionalisme het waarskynlik oorgespoel na geskiedskrywers en is dan só in die populêre werke van die tyd vasgevang. Die boeke het dus deel gemaak van die nasionalistiese inslag van die dag. Skrywers kon ook moontlik met 'n nasionalistiese ondertoon die sukses van hul boek verhoog. Met 'n inleiding wat deur die eerste minister of staatspresident geskryf is, kon die boek waarskynlik meer aansien onder lesers kry en selfs die verkope daarvan verhoog.

Waarom het hierdie tendens na 1970 verdwyn? Die mees logiese verklaring is omdat Springbokrugby, veral nâ die 1969-70 toer na Brittanje, direk gekonfronteer is met die werklikhede van die aanslag teen apartheid in sport Dit was die eerste oorsese Springbok rugbytoer wat politieke protesaksie gesien het. Die daaropvolgende internasionale toere na Australië in 1971 en Nieu-Seeland in 1981 is ook deur protes gekenmerk en die wisselwerking tussen sport en politiek het verder verdiep. Dit het skrywers waarskynlik gemotiveer om op die spel te fokus en die politiek onaangeraak te laat. Hierdie tendens het gevolglik ten einde geloop.

 

Bybelse- en godsdienstige vergelykings

'n Vierde tendens in die populêre rugbygeskiedskrywing is die gebruik van Bybelse-en godsdienstige vergelykings. Om rugbyspelers en ander aspekte van die spel te beskryf, het geskiedskrywers gereeld gebruik gemaak van verwysings wat religieus van aard is.

In Green and Gold: A Sporting Miscellany (1954), beskryf Stent vir Nuweland as "die Mekka van ons nasionale spel".37 Hy skryf dat Geffin "klein gate in Nuweland se 'heilige grond' geskop het".38 Craven bestempel die Springbokke se 44-0 oorwinning oor Skotland in 1951 as 'n "rugbywonderwerk waaroor gepraat sal word solank rugby gespeel word".39 Die beroemde Maties afrigter A.F. Markötter is as "die alfa en omega van Stellenbosse rugby" beskou.40 Oubaas Mark, soos hy algemeen bekend gestaan het, het op 'n keer gesê: "Ek het nie godsdiens nie. Ek het nie politiek nie. Rugby is my godsdiens en my politiek."41 Na afloop van die Springbokke se 1969-70 toer na Brittanje het een kommentator gesê: "To us in South Africa, rugby is really our god with a small letter, and to be defeated like that - the mishaps, the players who were injured - itwas abnormal. God spoke to us."42

In die beskrywing van 'n beseerde speler se terugkeer tot fiksheid vir die 1951-toer na Brittanje, skryf Craven dat "[die] verlore seun se tuiskoms iets is wat [hy] daardie dag aangevoel het".43 In Rugby in Suid-Afrika (1964) word die atmosfeer van 'n gevulde rugbystadion as 'n "geroesmoes van stemme ... erger as dié van Babel" beskryf.44 Daar word van die Engelse voorspeler W.W. Wakefield geskryf dat dit so moeilik was om hom te stuit "as wat dit was om die Bul van Basaan te keer".45 'n Bybelse vergelyking wat veral uitstaan, is:

Die speel-reēls is opgestel in die dae toe ons nog met kar en perde gery het en rugby-ampsdraers moet die feit onder die oë sien dat hulle nou in die eeu van die spuitvliegtuig lewe. Selfs die taal van die Bybel is onlangs gemoderniseer. Dus, waarom nie ons rugbyreēls nie?46

Dit behoef geen betoog nie dat hierdie voorbeelde duidelike konneksies tussen rugby, godsdiens en die Bybel maak. Sommiges is subtiel en ander meer eksplisiet, maar dat daar 'n air van religie in populêre rugbyboeke is, is onbetwisbaar.

Dit is opvallend dat Bybelse- en godsdienstige vergelykings hoofsaaklik in die Afrikaanse geskiedskrywing voorkom. Alhoewel daar enkele sulke gevalle in Engelse werke te vinde is, is dit in die minderheid. Die breër konneksie tussen rugby en geloof is egter 'n internasionale verskynsel. Daar word byvoorbeeld geskryf hoe rugby eintlik die geloof van Nieu-Seelanders is.47

'n Verklaring vir hierdie tendens in populêre rugbygeskiedskrywing is in die konteks van die 1950's en 1960's te vinde. Gedurende hierdie tyd is "die kerk beskou as verreweg die belangrikste instelling in die Afrikanergemeenskap".48 D.F. Malan, eerste minister van 1948 tot 1954 en ook 'n NG Kerk dominee, het geredeneer dat:

[die] kerk in Suid-Afrika die koloniste 250 jaar lank bymekaar gehou en op godsdienstige grondslag verenig [het]. Die kerk is dus die instelling wat God gebruik om die Afrikaners te lei en in 'n eenheid te smee. Die kerk is die waarborg van die Afrikaners se "nasionaliteit".49

Die kerk en geloof was tydens hierdie era integrale fasette van die Afrikaner se identiteit en kulturele weefsel. Dat dit dan in die vorm van Bybelse- en godsdienstige vergelykings in sy geskiedskrywing gemanifesteer het, is nie vreemd nie. Enige studie van die historiografie bied nie slegs 'n blik op dit wat geskryf is nie, maar dit is ook 'n weerspieëling van dié wat dit geskryf het.

Hierdie tendens het vanaf die sewentigerjare gekwyn. Die mees waarskynlike verklaring hiervoor is omdat populêre rugbygeskiedskrywing nou deur 'n nuwe generasie skrywers geskryf is. Waar Danie Craven en R.K. Stent voor die 1970's die mees produktiewe skrywers was, was Chris Greyvenstein en Paul Dobson nâ hierdie tyd die mees vername outeurs. In teenstelling met hul voorgangers het hul skrywe nie hierdie religieuse verwysings bevat nie, en hierdie tendens het gevolglik ten einde geloop.

Die 1970's was 'n tydperk van verandering vir Suid-Afrikaanse rugby. Nuwe skrywers het die geskiedenis daarvan geskryf, televisie-uitsendings het die sport vir Jan Alleman meer toeganklik gemaak en oorsese toere is deur politieke demonstrasies gekenmerk. Dit sou uiteindelik tot die internasionale boikot van die Springbokke lei. Soos die sosio-politiese konteks rondom rugby verander het, só ook het tendense in die populêre geskiedskrywing daarvan daarna anders uitgesien.

 

Kontrasterende reaksies op politieke protes

Die protesaksies wat oorsese Springboktoere vanaf 1969 gekenmerk het, het die populêre geskiedskrywing verdeel. Hierop was daar twee verskillende reaksies. Enersyds is betogers en hul optrede gekritiseer en veroordeel; andersyds is hierdie gebeure nie aangespreek nie, en in gevolg is die idee geskep dat rugby groter as politiekis.

Die bekende rugbykommentator Gerhard Viviers se Rugby agter doringdraad (1970) is 'n uitstekende voorbeeld van hoe die geskiedskrywing die proteste kritiseer en veroordeel. Viviers is baie grafies in sy beskrywing van die betogers. Die boek begin met 'n bespreking van "'n klompie lustelose betogers" met "perverse gedagtes".50 Betogers word beskryf word as "duistere magte met duistere motiewe",51"bleekgesig huurlinge van die bose politieke magte"52 en "[mense] sonder ambisie of doel".53 Daar word deurgaans snedig na hulle verwys as "langhare"54 en "rioolrotte".55Viviers vertel verder hoe die polisie met die betogers omgegaan het:

gedagtes".50 Betogers word beskryf word as "duistere magte met duistere motiewe",51 "bleekgesig huurlinge van die bose politieke magte"52 en "[mense] sonder ambisie of doel".53 Daar word deurgaans snedig na hulle verwys as "langhare"54 en "rioolrotte".55 Viviers vertel verder hoe die polisie met die betogers omgegaan het:

Reg voor my is 'n langhaar 'n kloofhou op die gesig deur 'n polisieman geslaan. Toe dit agteroor val en die liggaamsbou duidelik word, is besef dat dit 'n jong dame is. Sy is sukkelend orent gehelp deur nog een van haar skaam-vir-water-vriende met 'n seer kopvel. Slinger-slinger en huil-huil het die twee die opening van die pawiljoen bereik en na buite gestap (skrywer se kursief).56

Staaltjies soos dié bly die leser langer by as vertellings oor die rugby. Ironies genoeg doen hierdie boek dan dieselfde as waarvan dit die Ierse Sondagkoerante beskuldig - daar word 'n "groter ophef oor die betogers se pogings as oor die rugby" gemaak.57

Daar is ook gepoog om die idee tuis te bring dat die publiek en instansies van die lande waarheen die Springbokke getoer het, óók teen die betogings gekant was. Viviers se boek bevat 'n brief wat 'n lid van die Britse publiek aan die Springbokbestuur gestuur het:

As an Englishman I get very depressed as I read the daily newspapers and see what is happening in this once proud, strong country ... My purpose in writing to you is to let you know that while they may not take practical action as I do, the majority of intelligent and responsible persons in this country think and feel as I do and are out of sympathy with the irresponsible politicians, church leaders, hippies and students and their recent hooligan behaviour towards the South African rugby team whose sportsmanship and tolerance one very much admired.58

In The Unbeatables (1971) verstrek Kim Shippey die volgende twee uittreksels uit koerantartikels wat die betogings tydens die toer na Australië in 1971 veroordeel:

Righto, you demonstrators, you've made your point, now how about laying off? Making such a din that they lose all their sleep at night will not change one South African law and will not go one step toward helping the South African blacks. But it may get a reputation for bad sportsmanship. The Springboks are here to play Australia's best 15, not 10 000 of us.59

The more deeply and sincerely people feel about apartheid the less likely they are to throw stones through motel windows, bellow slogans all night, and otherwise harass to the point of exhaustion a group of visitors here only to play football.60

Daar is 'n paar moontlikhede waarom hierdie twee boeke hierdie reaksie op die proteste openbaar. Dit is dalk bloot net hoe die skrywers oor die saak gevoel het. Geen verbeelding is nodig om te sien dat Gerhard Viviers, byvoorbeeld, nie van die betogers gehou het nie. Tweedens wou skrywers waarskynlik die Suid-Afrikaanse leser laat voel dat die betogers in die minderheid was, en dat die meerderheid van die rugbywêreld ook teen hulle gekant was. Só kon daar 'n dualisme tussen ons (Suid-Afrika) en hulle (betogers), asook tussen reg en verkeerd ontstaan. By implikasie was ons dus reg en hulle verkeerd. Só maak dit dan deel uit van nasionalistiese sportgeskiedskrywing.

Dit is ook moontlik dat daar met hierdie tendens gepoog is om die moraal van die Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners te lig. In Suid-Afrika, waar wit Suid-Afrikaners rugby as die nasionale sport beskou het, was dit sleg om die Springbokke te sien gebuk gaan onder politieke demonstrasies. Die idee van geen Springbokrugby op internasionale vlak was ondenkbaar. In 'n poging om te verhoed dat die publiek ontmoedig word en belangstelling in die sport verloor, is daar dus op só 'n manier geskryf dat die internasionale proteste as 'n nietigheid afgemaak is. Viviers was weens sy rol as kommentator baie gewild, en selfs invloedryk, onder Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners. Dit wat in sy boek staan, kon dus maklik by die rugbypubliek inslag vind.

Nie alle geskiedskrywers het egter soos Viviers en Shippey op die betogings gereageer nie. Ander populêre werke het die politieke protes en internasionale boikot op 'n meer gematigde manier benader. Skrywers soos A.C. Parker en Chris Greyvenstein bespreek die kwessie nooit in detail nie. Wanneer daar wél daarna verwys word, word dit oorsigtelik gedoen en in 'n breër konteks geplaas. Daar word nie kritiek teenoor die betogers uitgespreek of 'n oordeel oor hulle gevel nie. Die inleiding tot Parker se The Springboks (1970) lui:

As this is written the Sixth Springboks, captained by Dawie de Villiers, are engaged in a particularly difficult rugby tour of Britain. Apart from the opposition on the field of play which is exacting enough, political forces have been at work aimed at disrupting and even causing the abandonment of the tour. The first match, against Oxford University, took place in unprecedented circumstances, with the venue being kept secret until the last possible moment to foil the long-haired demonstrators intent on making things as unpleasant as possible for a team concerned only with playing rugby football as sportsmen.

Fortunately, the rugby folk of Britain have given a warm and sincere welcome to their Springbok guests. Officials and rank-and-file players of the four home unions have shown that they want to preserve the links forged with South African rugbybackin 1891...61

Parker se diplomatiese houding teenoor die betogings word geëggo deur Greyvenstein in sy reeks van vier Springbok Sage boeke. Hy wei nie oor die proteste en betogings uit nie, en in die gevalle waar hy dit wel noem, word dit in 'n wyer konteks geplaas. Deurgaans bly die fokus egter op rugby. Sy opsomming van die 1969-70 toer na Brittanje dien as goeie voorbeeld:

Te midde van hordes betogers wat op die skuinswalle hul haat uit jil en drukspykers en rookbomme op die veld gooi, het Dawie de Villiers en sy Springbokke hul toer van 1969-1970 in Brittanje voltooi ... Die toer sal enersyds onthou word vir die Springbokke se waardigheid en selfbeheersing selfs nâ die grootste uittarting en onder die grootste druk. Maar dit sal ook onthou word vir die morele moed van hul gashere en teenstanders, wat hulle nie deur die ergste politieke veldtog wat nog teen 'n sportspan gevoer is, laat intimideer het nie.62

In ander werke is die kwessie van betogings geensins aangespreek nie. Hennie Gerber se Danie Craven se top Springbokke (1977) is 'n gesprek tussen dié twee persone waarin Craven 'n denkbeeldige ideale Springbokspan van alle tye saamstel. Gerber verkies om met hierdie boek te roem in die glorieryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby eerder as om homself te bemoei met die gebeure van die tyd waarin dit geskryf is.

Benewens hierdie meer gematigde benadering tot die betogings en boikot, is daar verder ook populäre boeke wat swart rugby in 'n positiewe lig beskou. In vergelyking met werke wat vroeër verskyn het wat geen aandag aan swart rugby geskenk het nie, is hierdie vernuwende werke. Greyvenstein beskryf die wedstryd tussen die Franse toerspan en die eerste gemengde Suid-Afrikaanse span in 1975:

Die name van die vier pioniers wat in hierdie span gespeel het, sal vir altyd 'n spesiale plek in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby hê. [...] Suid-Afrika se eerste veelrassige span het baie goed gespeel, en die groot Nuwelandse skare se toejuiging was groot toe die wakker Noble 'n grondskoppie van Dawie Snyman slim en netjies opgevolg en toegeval het vir 'n drie. Dit was die eerste glimp van 'n nuwe daeraad in Suid-Afrikaanse rugby, die begin van 'n nuwe era wat dalk tot prestasie kan lei gelyk aan dié van die verlede of selfs nog beter.63

'n Groot aksiefoto van John Noble vergesel hierdie verslag. Verder in dieselfde boek haal Greyvenstein aan uit 'n artikel wat in die Cape Times verskyn het:

As mens in die breedste sin daarna kyk, is hierdie liefde vir die spel volstrek in nasionale belang. In ons land vandag bestaan geen sterker afbreker van rasse- en klassegrense as rugby nie. Dit gee aan albei rasse en alle stande 'n gemeenskaplike belangstelling, dit voorsien hulle 'n prettige gespreksonderwerp, dit bevorder nasionale trots op behoorlike wyse ... en dit lei vinnig tot beter begrip.64

Wanneer hierdie stelling vandag teen die politieke status quo van die sewentigerjare beskou word, is dit idealisties. Nietemin dui dit op die skrywer se optimisme en positiwiteit oor swart rugby, en moontlik ook sy weerstand teen apartheid in sport.

In die populêre werke van die tagtigerjare word daar taamlik op Errol Tobias, die eerste swart Springbok, gefokus. Greyvenstein, uit wie se pen die mees noemenswaardige werke van hierdie tyd gevloei het, stel Tobias deurgaans in 'n positiewe lig. Hy beveg selfs dié speler se kritici na afloop van die Springbokke se kontroversiële 1981-toer na Nieu-Seeland. Sommige koerante en lede van die publiek was van mening dat Tobias se insluiting in die toergroep oëverblinding was, waarop Greyvenstein geantwoord het dat die kritiek polities geïnspireerd was en dat Tobias op meriete tot die Springbokgroep verkies is.65 Wessel Oosthuizen se fotoboek Fokus op Rugby (1980) gee ook betekenisvolle aandag aan swart rugby. Dit is die eerste populäre rugbyboek wat 'n spanfoto van die Luiperds, Suid-Afrika se uitsluitlike swart rugbyspan, bevat. Op die agterblad is daar 'n groot foto van Errol Tobias, wat elders in die boek as '"n lang tree na veelrassige rugby in Suid-Afrika" bestempel is.66In WP Rugby Centenary(1983) skryf Parker heelhartig oor die vooruitgang wat die Westelike Provinsie in terme van ras gemaak het. Hy maak melding van die instelling van gemengde proewe in 1975, die verwydering van die term "European" in 1978, asook hoe die Westelike Provinsie Liga vanaf 1981 met die Western Province Rugby Football Union geaffilieer was.67

Hoekom het sekere skrywers nie die betogers gekritiseer en die politieke kwessies rondom Springbokrugby bespreek nie? Die mees logiese verklaring is dat hierdie skrywers eerder oor rugby as oor politiek wou skryf. Hulle wou waarskynlik die aandag van die Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners op rugby gevestig hou sodat hul moraal nie negatief beïnvloed sou word deur die politieke kontroversie wat die sport oorheers het nie.

Waarom het die populêre rugbygeskiedskrywing van die tagtigerjare, in vergelyking met vroeëre werke, swart rugby in hierdie positiewe lig beskou? Skrywers moes eenvoudig tred hou met die ontwikkeling van die sport in die veranderende Suid-Afrikaanse sosio-politiese konteks. Soos rugby en ras gedurende die jare tagtig 'n groter strydvraag geword het, moes die geskiedskrywing daaroor saam met die sport ontwikkel. Dit is 'n ope vraag oor hoe 'n groot rol hierdie populêre werke gespeel het in die verandering van die wit publiek se persepsie oor swart rugby in Suid-Afrika.

 

Heldeverering

Tydens die sewentiger- en tagtigerjare het Springbokrugby onder politieke betogings, gekanselleerde toere en 'n internasionale boikot gebuk gegaan. Dit is teen hierdie agtergrond dat daar 'n merkbare poging in die historiografie was om spelers as nasionale helde op te hemel. Waar daar voorheen merendeels op die prestasie van die span gefokus is, was daar 'n oorgang na 'n beprysing van die indiwidu.

Vir sowat twee dekades na 1948 het die geskiedskrywing na figure soos Paul Roos en Bennie Osler verwys as "groot spelers". Vanaf die sewentigerjare het die bewoording verander en is spelers as "helde" beskryf. Voorbeelde van heldeverering is volop. Felix du Plessis, H.O. de Villiers, asook die hele Springbokspan wat in 1955 teen die Britse Leeus gespeel het, word almal in die geskiedskrywing met die woorde "nasionale helde" beprys.68 Gerhard Viviers skryf hoe die Springbokke van 1969-70, ten spyte van hul moeilike omstandighede, groot helde was.69 Boy Morkel het soos die Romeinse generaal Cincinnatus sy ploeg agtergelaat omdat sy land hom nodiger as sy plaas gehad het.70 Phillip Nel, Springbokkaptein in 1937, het sy uittrede aangekondig deur sy stewels in die see te gooi. Soos Alexander die Grote was daar vir hom geen meer wêrelde om te verower nie.71 Frik du Preez het Frik die Grote geword.72 Du Preez is een speler wie veral in die geskiedskrywing as held opgehemel word.

'n Springbokspan sonder Frik is ondenkbaar. Hoewel Frik die raaisel van Suid-Afrikaanse rugby is - die een wedstryd briljant, só briljant dat hy as die beste slot ter wêreld bestempel word, net om in die volgende wedstryd teleur te stel - is hy een van die min werklike helde in die rugbywêreld."73

In The Unbeatables (1972) word daar 'n hele hoofstuk aan Du Preez se laaste Springboktoets teen Australië gewy. Fokus op Rugby (1980) begin met 'n huldebetuiging aan "Frik die Rugbyreus", bestaande uit talle foto's van dié speler,74 en Parker beskryf Du Preez as die "Koning van Loftus".75

Hoekom het geskiedskrywers spelers in hierdie tyd as helde vereer? Hiervoor is daar 'n paar moontlike verklarings. Die vanselfsprekende antwoord is dat die spelers inderdaad helde was. Groot sportsterre in die moderne era het nog altyd ikoonstatus in die samelewing geniet. Met die wêreldwye sukses van die Springbokke en televisie wat vanaf 1976 rugby meer toeganklik gemaak het, het die gewildheid van spelers net verder gegroei. Hierdie tendens in die geskiedskrywing is dus 'n blote beskrywing en bevestiging van spelers se heldestatus.

Hierdie tendens kan ook beskou word as 'n teenvoeter vir die realiteite wat Springbokrugby tydens die sewentiger- en tagtigerjare in die gesig gestaar het. Die politieke kwessies rondom die sport het die moraal van Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners negatief beïnvloed. In 'n meningspeiling wat in 1977 gedoen is, het wit Suid-Afrikaners die gebrek aan internasionale sport as een van die drie mees skadelike nagevolge van apartheid beskou.76 Geskiedskrywers hetwaarskynlik gevoel dat wanneer hulle spelers as helde vereer, die negatiewe invloed van die boikot teëgewerk kan word en die moraal van die publiek dan só moontlik herstel kon word. Sidney Hook argumenteer dat 'n tyd van krisis 'n held benodig omdat die behoefte aan leierskap, in welke vorm ookal, onontbeerlik in enige samelewing is.77 Die 1970's en 1980's was ongetwyfeld 'n krisistydperkvir Suid-Afrikaanse rugby en in hierdie lig is daar dus helde in die populêre rugbygeskiedskrywing geskep.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat hierdie tendens in die historiografie in 'n spesifieke tydvak van die Suid-Afrikaanse geskiedenis afgespeel het. Gedurende die jare sewentig en tagtig het Afrikaners se volksfeeste die vermoë om die volk te verenig stelselmatig begin verloor, hoofsaaklik weens politieke verdeling en talle nasionale krisisse. Ongeag hierdie volksfeeste wat vir baie Afrikaners ouderwets geword het, het rugby as kulturele verskynsel steeds sy bekoring behou. Dit is in hierdie konteks van kulturele en politieke onstuimigheid dat rugby en sy sterspelers 'n groter deel van die Afrikaner se openbare kultuur geword het.78

 

Herdenkingsgeskrifte

Voor die 1980's het populêre rugbygeskiedenis hoofsaaklik op Springbokrugby gefokus. Daar is min, indien enigsins oor die geskiedenis van rugby op klub- en provinsiale vlak geskryf. Gedurende die tagtigerjare het dit verander en 'n stortvloed werke wat klubs en unies se belangrike verjaarsdae vier, het verskyn.

Die rugbyklubs van die universiteite van Stellenbosch (Maties) en Pretoria (Tukkies) het onderskeidelik in 1980 100 jaar oud en in 1984 75 jaar oud geword. Rugbyklubs op die dorpe Malmesbury (1981) en Potchefstroom (1985) het ook hul honderdjarige bestaan gevier. Verskeie provinsiale rugby-unies het hul eeufeeste in hierdie tydperk gevier - die Westelike Provinsie in 1983, Griekwaland-Wes in 1986, die Oostelike Provinsie in 1988 en Natal in 1990, terwyl die Noord-Transvaalse Rugby-Unie in 1988 50 jaar oud geword het. Die Suid-Afrikaanse Rugbyraad het in 1989 ook sy 100-jarige bestaan gevier.

Al die bogenoemde verjaarsdae is met die uitgee van 'n stuk geskiedskrywing herdenk. Hierdie werke deel almal rofweg dieselfde eienskappe. Die leser word op 'n chronologiese reis deur die betrokke klub of unie se geskiedenis geneem, met 'n fokus op die ontstaansjare, bepalende gebeurtenisse, uitstaande prestasies en belangrike persone. Die blote getal herdenkingsgeskrifte maak dit 'n onmiskenbare tendens in populêre rugbygeskiedskrywing van dié dekade.

Hoekom dit nodig geag is om herdenkingsgeskrifte te publiseer, kan aan verskeie moontlike redes toegeskryf word. Eerstens is dit bloot toevallig dat baie klubs en unies in die tagtigerjare hul eeufeeste gevier het. Rugby is sedert die laat negentiende eeu in Kaapstad en omgewing gespeel, en het van daar na die binneland versprei. Dit is dus vanselfsprekend dat klubs en unies dan 100 jaar later 'n groot verjaarsdag gehad het om te herdenk.

Herdenkingsgeskrifte het tweedens moontlik 'n gaping in die populêre rugbygeskiedskrywing gevul. In die lig van die kontroversiële gebrek aan Springbokrugby gedurende die 1980's, het klubs en unies 'n verhoogde status verkry. Edward Griffiths skryf hoe Suid-Afrika in 1982 en 1983 slegs 'n dieet van Curriebeker wedstryde gegun is.79 Klubrugby en die Curriebeker het gevolglik, in die leemte wat internasionale mededinging gelaat het, 'n vername posisie ingeneem. Om hul verhoogde status te beklemtoon en selfs te bevorder, is belangrike verjaarsdae met herdenkingsgeskrifte herdenk. Dit was 'n manier vir klubs en unies om aanspraak te maak op hul aandeel in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby.

Herdenkingsgeskrifte het moontlik ook 'n rol te speel gehad in die lig van die moraal van Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners. Soos met die tendens van heldeverering, kon herdenkingsgeskrifte in 'n onstuimige tyd van Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis help om die aandag van die ondersteuners op die positiewe aspekte van die spel te vestig. Die léser van só 'n boek kyk nostalgies terug na die verlede en herinneringe van 'die goeie ou dae' word opgeroep.

 

Samevatting

Suid-Afrika het in 1992 tot die internasionale speelveld teruggekeer met wedstryde teen Nieu-Seeland en Australië. Drie jaar later het die Springbokke die Wereldbeker op eie bodem gewen, en dit was ook die begin van die era van professionele rugby. Daar was opnuut 'n belangstelling in die sport en vir die eerste keer het professionele historici in Suid-Afrika óók oor rugby begin skryf. Beide die sport en die uitbeelding daarvan in die media het vanaf 1995 onherroeplik verander. Soos politieke betogings en televisie die tendense in populêre Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing in die sewentigerjare verander het, só ook het professionalisasie 'n merk op rugby historiografie gelos - 'n historiografie wat tot nou toe geen akademiese aandag geniet hetnie.

 

 

* Hierdie artikel is 'n verwerking van sy MA-dissertasie getiteld "Tendense en Tematologie in Populêre Werke oor Suid-Afrikaanse Rugby, 19481995: 'n Historiografiese Studie", Universiteit van Stellenbosch, 2013.
1 A. Henderson, "Picking the Best of the Boks", 28 November 2011, beskikbaar by http://www.timeslive.co.za/opinion/columnists/2011/11/28/Picking-the-best-of-the-Boks (Besoek 12 Januarie 2016).
2 Met "populêre werke" word daar na algemene rugbygeskiedenisboeke verwys. Dit is werke wat handel oor enige aspek van die geskiedenis van rugby in Suid-Afrika - die geskiedenis van Springbokrugby, spesifieke Springboktoere, provinsiale rugby, universiteitsrugby, fotoboeke, en so meer. Alhoewel biografiese werke ook onder populêre werke kan tel, word dit nie in hierdie artikel bestudeer nie, want dit is 'n studie op sy eie. Die volgende bron was behulpsaam met die identifisering van populêre werke: South African Sports Documentation and Information Centre (hierna SASI), South African Rugby 1889-1989: A Bibliography of Monographs (HSRC, Pretoria, 1989).
3 A. Grundlingh, "Rugby, Rands and Religion: Ramifications of the Professionalisation of the Game, 1995-2013", in A. Grundlingh, Potent Pastimes: Sport and Leisure Practices in Modern Afrikaner History (Protea Book House, Pretoria, 2013), pp 155-191.         [ Links ]
4 D. Craven, Ons Toetsprestasies (Afrikaanse Pers Boekhandel, Johannesburg, 1954), p 13.         [ Links ]
5 R.K. Stent, Green and Gold: A Sporting Miscellany (Longman, Green & Co., Cape Town, 1954),p 61.         [ Links ]
6 H. Snyders, "The Brightest Promise which the Immediate Future Holds - Reflections on Sports Studies and Rugby League Memory in South Africa", Seminar paper presented at the University of Stellenbosch, 23 July 2013,p 4.
7 T. Terret, "Is there a French Sport History? Reflections on French Sport Historiography", The International Journal of the History of Sport, 28, 14 (September 2011),p2062.         [ Links ]
8 F.A. van Jaarsveld, 'n Inleiding tot die Studie van Geskiedenis (Nasou, Kaapstad, 1974), p24.         [ Links ]
9 H. Gerber, Craven (Tafelberg, Kaapstad, 1982), p 194.         [ Links ]
10 C. Greyvenstein, Springbok Sage: Die Verhaal in Beeld - van 1891 tot Vandag (Human & Rousseau, Kaapstad, 1977), p 75.         [ Links ]
11 Stent, GreenandGold,p 6.
12 Craven, Ons Toetsprestasies, p 62.
13 Craven, Ons Toetsprestasies, p 136.
14 Stent, Green and Gold, p 12.
15 Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Rugby in Suid-Afrika (Johnston & Neville, Kaapstad, 1964), pp 183-184.
16 Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Rugby in Suid-Afrika, p106.
17 Craven, Ons Toetsprestasies, p 68.
18 Craven, Ons Toetsprestasies, p 132.
19 Craven, Ons Toetsprestasies, p 38.
20 Craven, Ons Toetsprestasies, p 52.
21 D. Craven, Die Grondbeginsels van Rugby (Nasionale Pers, Kaapstad, 1948), p 16.         [ Links ]
22 Stent, Green and Gold,p 66.
23 T. Partridge, A Life in Rugby (Southern Book Publishers, Pretoria, 1991), p 79.         [ Links ]
24 H. Giliomee, DieAfrikaners - 'n Biografie (Tafelberg, Kaapstad, 2004), pp 274-276.         [ Links ]
25 B. Booyens, Danie Craven (Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Kaapstad, 1975), p 49.         [ Links ]
26 A. Grundlingh, "Playing for Power? Rugby, Afrikaner Nationalism and Masculinity in South Africa, c.1900-c.1970", in J. Nauright, and T.J.L Chandler (eds), Making Men: Rugby and Masculine Identity (Frank Cass, London, 1999), pp 181-204;         [ Links ] D. Allen, "Beating Them at their Own Game: Rugby, the Anglo-Boer War and Afrikaner Nationalism, 1899-1948", The International Journal of the History of Sport, 20, 3 (2003), pp37-57.         [ Links ]
27 Craven, Die Grondbeginsels van Rugby, p 6.
28 Craven, Ons Toetsprestasies, p 127.
29 Craven, Ons Toetsprestasies, p 49.
30 D. Craven en P. Jordaan, Met die Maties op die Rugbyveld, 1880-1955 (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1955), p 9.         [ Links ]
31 Craven en Jordaan, Met die Maties op die Rugbyveld, p 184.
32 Craven en Jordaan, Met die Maties op die Rugbyveld, p 162.
33 Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Rugby in Suid-Afrika, p 183.
34 G. Viviers, Rugbyagterdoringdraad (J.P. van der Walt, Pretoria, 1970), p 100.         [ Links ]
35 Viviers, Rugby agter doringdraad, p110.
36 P. Dobson, Doc: The Life ofDanie Craven (Human & Rousseau, Kaapstad, 1994), p 135.         [ Links ]
37 Stent, Green and Gold, p 9 (Eie vertaling).
38 Stent, Green and Gold, p50 (Eie vertaling).
39 Craven, Ons Toetsprestasies, p 15.
40 Craven, Die Grondbeginsels van Rugby.
41 Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Rugby in Suid-Afrika, p 182.
42 R. Nixon, "Apartheid on the Run: The South African Sports Boycott", Transitions, 58 (1992),p75.         [ Links ]
43 Craven, Ons Toetsprestasies, p 24.
44 Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Rugby in Suid-Afrika, p 190.
45 Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Rugby in Suid-Afrika, p 222.
46 Suid-Afrikaanse Rugbyraad, Rugby in Suid-Afrika, p 192.
47 K.R. Ward, Losing our Religion? Changing Patterns of Believing and Belonging in Secular Western Societies (Wipf & Stock, Oregon, 2013), p 204.         [ Links ]
48 Giliomee, DieAfrikaners, p 335.
49 Giliomee, DieAfrikaners, p 337.
50 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, p 12.
51 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, p 12.
52 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, p 43.
53 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, p 45.
54 Viviers, Rugby agter doringdraad, p 24.
55 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, p 51.
56 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, p 25.
57 Viviers, Rugby agter doringdraad,p 77.
58 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, pp 107-108.
59 K. Shippey, The Unbeatables: Springboks in Australia (Self published, 1972). Geen bladsynommers word verstrek.
60 Shippey, The Unbeatables.
61 A.C. Parker, TheSpringboks, 1891-1970 (Cassel, London, 1970), p viii.
62 Greyvenstein, SpringbokSage, p 198.
63 Greyvenstein, SpringbokSage, p 238.
64 Greyvenstein, Springbok Sage, p 83.
65 C. Greyvenstein, Springbok Saga: 100 Years of Springbok Rugby, 3rd edition (Human & Rousseau, Cape Town, 1989), p 287.         [ Links ]
66 W. Oosthuizen, Fokus op Rugby (Wessel Oosthuizen, Johannesburg, 1980), p 157.         [ Links ]
67 A.C. Parker, WP Rugby Centenary, 1883-1983 (WPRFU, Cape Town, 1983), pp 130155.         [ Links ] Alhoewel sommige skrywers positiewe verwysings na swart rugby maak, moet dit in die breër konteks van die tyd beskou word. Ongeag die stappe wat die Westelike Provinsie Rugby Unie geneem het, was die meeste rugbyspelers van ander bevolkingsgroepe steeds aan die strukture van SARFF (South African Rugby Football Federation) en SARA (South African Rugby Association) verbonde. Besprekings oor hierdie twee instansies sou van nut wees om vir die leser 'n breër konteks te gee. Dit het egter nie gebeur nie en die gevolg is dat die positiewe verwysings na swart rugby in 'n vals konteks geïnterpreteer moes word.
68 C. Greyvenstein, "Vyf uit Vyf vir Okey", in C. Greyvenstein, Springbok-seges in Krieket en Rugby (Buren Uitgewers, Kaapstad, 1968), p 18;         [ Links ] C. Greyvenstein, "Driekuns op Nuweland", in Greyvenstein, Springbok-seges, pp 36-37; Greyvenstein, Springbok Sage, p 231; Greyvenstein, SpringbokSage, p 168.
69 Viviers, Rugbyagterdoringdraad, p 9.
70 Greyvenstein, SpringbokSage, p 65.
71 Greyvenstein, SpringbokSage, p 125.
72 Q. van Rooyen, "Frik se Triomf", in H. le Roux, Spitse op die Sportveld: Ooggetuieverslae van Suid-AfrikaanseSporthoogtepunte (Makro Boeke, Pretoria), p 120.         [ Links ]
73 Van Rooyen, "Frik se Triomf", p 117.
74 Oosthuizen, Fokus op Rugby, pp 8-25.
75 Parker, WP Rugby Centenary, p 242.
76 Nixon: "Apartheid on the Run", p 75.
77 S. Hook, The Hero in History: A Study in Limitation and Possibility (Beacon Press, Boston, 1962), pp 3-13.         [ Links ]
78 A. Grundlingh, "Playing with Purpose: Rugby and its Wider Significance in Afrikaner Society, c 1900-c 1989", in Grundlingh, PotentPastimes, pp 54-92.
79 E. Griffiths, The Captains (Jonathan Ball Publishers, Jeppestown, 2001), p 339.         [ Links ]

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons