SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2Radio broadcasting for blacks during the Second World War: "It could be dangerous .."Shifting sexual morality? Changing views on homosexuality in Afrikaner society during the 1960s author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

On-line version ISSN 2309-8392

Historia vol.57 n.2 Durban Jan. 2012

 

ARTICLES ARTIKELS

 

Amsterdam as 'n anti-apartheidstad

 

 

H.O. Terblanche

'n navorsingsgenoot in Geskiedenis aan die Nelson Mandela Metrpolitaanse Universiteit, Port Elizabeth. Sy jongste publikasie is die gedenkboek, Uitenhage 200, 1804-2004, wat in 2004 verskyn het

 

 


OPSOMMING

Daar is n noue verbintenis tussen Amsterdam as n anti-apartheidstad en Ed van Thijn, wat van 1983 tot 1994 die burgemeester daarvan was. Amsterdam is in 1986 uitgeroep tot anti-apartheidstad - die eerste stad van dié aard in Nederland. Groot anti-apartheidsdemonstrasies is oor die jare heen in Amsterdam gehou. In 1988, byvoorbeeld, het 50 000 Amsterdammers 'n massabetoging bygewoon. Amsterdamse universiteite het eredoktorsgrade aan ds. C.F. Beyers Naudé en Govan Mbeki as gebaar van solidariteit toegeken. Belangrike konferensies vir Suid-Afrikaanse kunstenaars in ballingskap is in Amsterdam gehou, byvoorbeeld "De kulturele stem van het verzet' (1982) en "Culture in Another South Africa' (1987). Dié konferensies het gestaan in die teken van solidariteit met die ANC. Die ANC het ook in 1989 n eie kantoor in Amsterdam gevestig. Nelson Mandela se vrylating in 1990 is met uitbundige vreugde in Amsterdam gevier. Mandela is beide in 1990 en 1999 soos n held in die stad ontvang. Daar was n noue band tussen Mandela en Amsterdam as n anti-apartheidstad, omdat hy die verpersoonliking van die stryd teen apartheid was.

Sleutelwoorde: African National Congress (ANC); Amsterdam; anti-apartheid; anti-rassisme; Ed van Thijn; kulturele boikot; kulturele konferensies; kunstenaars in ballingskap; massa- demonstrasies; Nelson Mandela; protesteater.


ABSTRACT

There is a close link between Amsterdam as an anti-apartheid city and Ed van Thijn, who was its mayor from 1983 to 1994. Amsterdam was declared an anti-apartheid city in 1986 - the first city of this nature in the Netherlands. Large anti-apartheid demonstrations were held over the years in Amsterdam. In 1988, for example, there was a mass demonstration of 50 000 people of Amsterdam. Reverend C.F. Beyers Naudé and Govan Mbeki received honorary doctorates from Amsterdam universities as a gesture of solidarity. Important conferences for South African artists in exile were held in Amsterdam, for example "The cultural voice of the struggle" (1982) and "Culture in Another South Africa" (1987). These conferences were organised in solidarity with the ANC. The ANC also opened an office in Amsterdam in 1989. Nelson Mandela's release from prison in 1990 was greeted with much jubilation in Amsterdam. Mandela was received as a hero in the city in both 1990 and 1999. There was a close link between Mandela and Amsterdam as an anti-apartheid city, as Mandela was the personification of the struggle against apartheid.

Keywords: African National Congress (ANC); Amsterdam; antiapartheid; anti-racism; artists in exile; cultural boycott; cultural conferences; Ed van Thijn; mass demonstrations; Nelson Mandela; protest theatre


 

 

Inleiding

Amsterdam is in 1986 uitgeroep as 'n anti-apartheidstad - die eerste stad van dié aard in Nederland. Die burgemeester van Amsterdam, Ed van Thijn, het 'n groot rol gespeel om vorm en inhoud aan hierdie deklarasie te gee. Hierdie artikel fokus dus uitsluitlik op Amsterdam en op die anti-apartheidsdemonstrasies wat in dié stad plaasgevind het gedurende die 1970's en 1980's. In hierdie jare was Amsterdam in 'n sekere sin die senusentrum van anti-apartheidsprotesaksies in Nederland.

Hierdie artikel laat veral die soeklig val op die kulturele en politieke aspekte van die stryd teen apartheid, in soverre dit Amsterdam raak. Die klem val op massa protesaksies en op kulturele manifestasies wat in Amsterdam gehou is. Die Nederlandse kultuurboikot teen Suid-Afrika word egter in 'n aparte artikel behandel. Die hele kwessie van ekonomiese sanksies en 'n ekonomiese boikot teen Suid-Afrika val ook buite die bestek van dié artikel.

Nadruk word veral gelê op vreedsame protesaksies teen apartheid. Die links-radikale verset en gewelddadige aksies teen apartheid word in 'n afsonderlike artikel behandel. Hier word veral gedink aan "de overval' op 19 Januarie 1984, toe ongeveer tagtig gemaskerde jeugdige anti-apartheidsaktiviste die Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV) en die Suid-Afrikaanse Instituut (SAI) aan Keizersgracht 141 binnegeval, groot verwoesting gesaai en stapels boeke in die grag gegooi het.

Heelwat publikasies het al die lig gesien oor die diverse aard van die verskillende Nederlandse anti-apartheidsorganisasies. Hierdie artikel gaan dus nie daaroor uitwei nie. Daar is nog betreklik min gepubliseer oor die rol en plek van Amsterdam in die Nederlandse anti-apartheidsverset. Hierdie artikel wil graag daardie leemte vul. Wanneer op Amsterdam as n anti-apartheidstad gefokus word, is die opvallend dat veral die Anti-Apartheids Beweging Nederland (AABN), wat in 1971 gestig is, 'n prominente plek daarin inneem. Juis om daardie rede figureer die bande met die African National Congress (ANC) ook heel sterk.

Amsterdam het deur die eeue heen die reputasie verwerf van 'n "lastige" stad - 'n stad gekenmerk deur opstande, betogings en protesaksies:

Amsterdammers have been tolerant of religious and political refugees from the earliest years. They have been benevolent and sympathetic to the underdog. They have meddled in other countries' politics and still do even today.

Amsterdam het n ware kosmopolitiese karakter, onder meer vanweë die internasionale uitkyk van sy "moeilike" inwoners. In die 1960's het jongmense ook openlik in verset gekom teen gesag, teen die "establishment'. Teen die middel 1960's was Provo die eerste uiting van die nuwe gees. Provo was 'n protesbeweging wat onder meer teen die welvaartstaat gekant was. Amsterdam was die hoofsentrum van dié beweging. Verder was die eerste tekens van die tweede feministiese golf ook gedurende die jare sestig sigbaar. Sake soos vroue-emansipasie het al hoe meer na vore gekom. Nederland is ook geskok deur die studente-opstande in Amsterdam en ander stede in 1969.1

In die laat 1960's en die jare sewentig het internasionale kwessies, soos byvoorbeeld die oorlog in Vietnam, groot aandag in die Nederlandse samelewing gekry. Amsterdam het meer en meer as sentrum van protesaksies op die voorgrond getree. Vanweë die eiesinnige karakter van Amsterdam het onder meer linkse groeperinge gereeld 'n prominente rol in die betogings gespeel. Die Nederlandse historikus, Bart de Graaff, het daarop gewys dat 'n mens in die jare sewentig in Nederland n sekere mate van "verbinnenlandisering" van buitelandse politieke kwessies, soos die protesaksies teen die oorlog in Vietnam en die voortgesette (kern)wapenwedloop, gevind het. Opinievormers en politici het dit meermale aangegryp "om zich in moreel opzicht van elkaar te onderscheiden". Internasionale kwessies is aangewend as n politieke lakmoesproef vir binnelandse gebruik. Die apartheidskwessie is insgelyks aangewend as "een lakmoesproef ter bepaling of iemand al dan niet een 'fatsoenlijk mens' was".2

Op 21 November 1981 was daar 'n massa-demonstrasie teen kernwapens in Amsterdam. Meer as 400 000 mense het vreedsaam daaraan deelgeneem. Dit was die grootste demonstrasie wat nog ooit in Nederland plaasgevind het. Christelike organisasies het die voortou geneem in hierdie vredesbeweging. Die meer as 400 000 mense het van Amsterdam "'n stuwende miernes" gemaak.3 Al hierdie protesaksies sedert die 1960's het as voedingsbodem vir die anti-apartheidsbeweging gedien. Die anti-apartheidsdemonstrasies kan as n verlengstuk daarvan gesien word.

 

Rol gespeel deur Ed van Thijn

Amsterdam as n anti-apartheidstad is sinoniem met Ed van Thijn. Hy was burgemeester van Amsterdam van 16 Junie 1983 tot 18 Januarie 1994. Hierdie termyn oorvleuel dus met 'n belangrike periode in die anti-apartheidstryd. As n passievolle sosiaal-demokraat, het hy 'n leidende rol gespeel in die Partij van de Arbeid (PvdA). Eduard (Ed) van Thijn is op 16 Augustus 1934 in Amsterdam gebore.4 1981.

Die feit dat hy van Joodse afkoms was, het in 'n sekere sin vorm en inhoud aan sy politieke beskouings gegee. Dit is dus belangrik om aandag te gee aan die vervolging en uitroeiing van die Nederlandse Jode tydens die Duitse besetting (1940-1945). In Nederland is ruim 100 000 van die ongeveer 140 000 Jode vermoor: byna 72 persent.5 In 1940 was daar 86 000 Jode in Amsterdam; ná die oorlog was slegs 13 000 Jode in Amsterdam geregistreer. Van die 5 000 Jode in die Portugese Sinagoge voor die Duitse besetting, het slegs sowat 500 oorgebly.6

Ed van Thijn en sy moeder is in Mei 1943, toe hy maar agt jaar oud was, in 'n beestrok na die deurgangskamp Westerbork, in die provinsie van Drenthe, geneem. Tienduisende Jode is gedurende die Tweede Wereldoorlog per trein van dié kamp na die uitwissingskampe in Pole geneem. Gelukkig het sy vader daarin geslaag om hulle aan die begin van Augustus te bevry. Ed het daarna n vlugtelingbestaan gevoer en hy het by agttien verskillende "onderduikadressen" gebly. In Januarie 1945 was hy weer terug in Westerbork, maar gelukkig het die gevreesde deportasietrein nie meer gery nie. Die feit dat sy oupa en ouma op 2 November 1942 in Auschwitz vergas is, het hom diep geskok.7

Die Duitse besetting van Nederland en die vervolging van die Jode het dus n onuitwisbare indruk op die gemoed van Ed van Thijn gemaak en daarom het hy verklaar dat hy "een innerlijke drive" het waar dit om menseregte, anti-diskriminasie en anti-rassisme gaan: "Dat vormde mijn raison d'etre in de politiek', en dit geld vir alle onderdrukte groepe.8 Dit verklaar dan ook die passievolle wyse waarop hy die apartheidsbeleid bestry het. Hy was n kragtige pleitbesorger vir verdraagsaamheid en n bestryder van diskriminasie in Amsterdam en het hom beywer vir n "Amsterdam voor alle Amsterdammers".9

Die Sharpeville skietery op 21 Maart 1960 het skokgolwe deur Nederland gestuur. Die Comité Zuid-Afrika (CZA) is kort na dié gebeure gestig. Ed van Thijn se betrokkenheid by anti-apartheidsprotesaksies dateer uit hierdie periode. Hy was saam met 'n aantal gemotiveerde linkse en ook Christelike politici in die vroeë 1960's aktief betrokke by die CZA. Trouens, hy het as bestuurslid gedien en apartheid fel bestry in artikels wat hy vir die Informatiebulletin van die CZA geskryf het. Hy was mede-organiseerder van verskeie protesaksies, demonstrasies en boikotbewegings. Aan die einde van 1962 was hy deel van 'n groep "angryyoung (wo)men" wat binne die CZA gemanifesteer het met die oogmerk om die Comité in 'n meer radikale rigting te stuur. Die Comité moes naamlik 'n ware strydorganisasie word, wat die Nederlandse openbare mening ryp moes maak vir die toepassing van sanksies teen Suid-Afrika. Van Thijn, wat deel van hierdie radikale groepering was, het in November 1962 lid van die Amsterdamse Gemeenteraad geword.10

As burgemeester van Amsterdam (1983-1994) het Ed van Thijn hom as n passievolle anti-apartheidsaktivis geopenbaar. Dit is insiggewend om sy toesprake by herdenkingsgeleenthede van die Tweede Wereldoorlog te ontleed. Hy het konsekwent sterk te velde getrek teen rassisme en fascisme, in welke vorm ook al. Hy het die "duivelse scenario van de Uebermensch" sterk veroordeel. Volgens hom was die gees van die Uebermensch in alle openheid nog vaardig in Suid-Afrika. Op 4 Mei 1987 het Van Thijn 'n monument ter nagedagtenis aan die vermoorde Joodse proletariaat in die Transvaalbuurt in Amsterdam onthul. Hy het dit toe gekoppel aan n anti-apartheidsmonument wat ook daar onthul sou word, en daarby gevoeg: "Deze buurt is het aan zijn geschiedenis verplicht een bolwerk van anti-fascisme te zijn, en ongenaakbaar als het gaat om racisme, in binnen- en buitenland"11 Van Thijn was ook van mening dat "het apartheidssysteem de voortzetting van de Tweede Wereldoorlog met andere middelen" was. Apartheid was "de voortzetting van de rassenleer uit de nazi-periode".12

Volgens Van Thijn was apartheid gelykstaande aan fascisme, en daarom het Amsterdam apartheid verafsku: "De universele waarden van onze menselijke beschaving bevatten een plicht om te protesteren wanneer een blanke minderheidsdictatuur met een racistische ideologie zijn bevoorrechte positie in stand probeert te houden ... Apartheid is een systeem dat de ene witte mens superieur is aan de andere zwarte mens." Hy het daarby gevoeg: "Apartheid' is de treurige bijdrage van de Nederlandse taal aan het internationale politieke jargon - maar Amsterdam is en blijft anti-apartheid'. Vir hom was dit 'n verleentheid dat "in Nederland kunnen wij het woord Apartheid, het woord Robbeneiland zonder accent uitsprekeri'en dat Hendrik Verwoerd in Amsterdam gebore is.13

As burgemeester sou hy toesien dat Amsterdam rassisme en rassediskriminasie beveg, ook op plaaslike vlak, veral vanweë dié stad se geskiedenis van verdraagsaamheid. Om maar twee voorbeelde te noem van riglyne wat die gemeenteraad neergelê het: "We do punish owners of bars, dancings, restaurants, who admit their clients on a racist basis: by cancelling their licence ... We teach our police what racism is about. Their task is to guarantee the rights of members of minority groups, to fight acts of discrimination and to abstain from racist acts themselves!"14

 

Gemeenteraad se anti-apartheidsbeleid

Burgemeester Ed van Thijn het apartheid beskou as "de meest verwerpelijke vorm van systematisch georganiseerd en gelegitimeerd racisme in de wereld'. Daarby het hy gevoeg: "En als Amsterdam ergens de oorlog tegen heeft verklaard dan is het tegen die rassenleer'.15 Amsterdam het toe in Maart 1986 "oorlog" verklaar toe dié stad as die eerste "anti-apartheidstad" in Nederland uitgeroep is. Op 20 Maart 1986 het die Gemeenteraad op voorstel van die burgemeester en wethouders n beleidsnota, "Amsterdam en het Zuidafrikaanse apartheidsregime", aangeneem.16

Hierdie beleidsnota het onder meer geïmpliseer dat Amsterdam as stad nouer bande sou smee met alle anti-apartheidsbewegings binne en buite Nederland. Amsterdam sou hom ook streng hou by die reeds bestaande internasionale sportboikot van Suid-Afrika. Sportlui wat op die sogenaamde swartlys van die Verenigde Nasies (VN) was, sou onwelkom in Amsterdam wees. Dit het ook vir die kultuurboikot teen Suid-Afrika gegeld. Kunstenaars wat op die swartlys van die VN voorgekom het, sou nie welkom in Amsterdam wees nie. Dit het natuurlik nie gegeld vir kunstenaars wat n anti-apartheidstandpunt gehuldig het nie. Sulke kunstenaars het uiteraard nie op die swartlys voorgekom nie. Amsterdam sou dus poog om kulturele bande met die verset teen apartheid aan te knoop.

Strate in die Transvaalbuurt wat die name van Boeregeneraals gedra het, sou vernoem word na anti-apartheidsversetstryders. 'n Anti-apartheidsmonument sou ook in die Transvaalbuurt onthul word. Die bedoeling was verder dat die African National Congress (ANC) 'n kantoor in Amsterdam sou open.17 n Aksiegroep, "Amsterdam bouwt mee aan het nieuwe Zuid-Afrikd", is in 1987 in die lewe geroep om verder inhoud en vorm aan Amsterdam se anti-apartheidsbeleid te gee. Een van hulle doelstellings was om fondse in te samel vir die ANC wat in 1987 reeds 75 jaar lank bestaan het. 'n Week van solidariteit met die ANC is ook gedurende Junie 1987 georganiseer.18

 

Anti-apartheidsdemonstrasies

Conny Braam, wat jare lank die voorsitter van die AABN was, het haar soos volg oor Amsterdam se demonstratiewe karakter uitgelaat: "De stad had een sterke antifascistische en antiracistische traditie, er werd vaak en veel gedemonstreerd tegen onrecht". Die Duitse besetting van Nederland en die vervolging van die Jode het vorm en inhoud aan Braam se geskiedbeskouing gegee. Daarby was haar ouers ook aktief in die Nederlandse versetbeweging.19

Wanneer die anti-apartheidsdemonstrasies in Amsterdam ontleed word, val dit op dat daar twee keerpunte was, naamlik die Sharpeville skietery op 21 Maart 1960 en die begin van die Soweto opstand op 16 Junie 1976.20 Geen wonder nie dat die Nederlandse historikus, Stefan de Boer, se boek die titel Van Sharpeville tot Soweto dra. Die Sharpeville skietery het tot felle reaksie in Nederland aanleiding gegee. De Boer meld dan ook dat daar in Amsterdam en Den Haag protesdemonstrasies plaasgevind het waaraan tussen vyfhonderd en 'n duisend mense deelgeneem het: "Vlak na Sharpeville werd in Nederland apartheid bijna algemeen afgekeurd, zij het met uiteenlopende argumenten," aldus De Boer.21

Ongeveer 'n duisend mense het op 18 Junie 1976 in Amsterdam betoog teen die brutale optrede van die Suid-Afrikaanse oproerpolisie in Soweto. Dié demonstrasie is georganiseer deur die AABN. Van die baniere het gelui: "Vorster moordenaar van scholieren" en "Solidair met die bevolking van Soweto". Dié betoging is deur die AABN as 'n groot sukses bestempel, "want het was de eerste keer dat er in Nederland een grote demonstratie rond Zuid-Afrika werd georganiseerd".22

Om hulle solidariteit met die verset in Soweto te toon, het 'n betoging weer op 28 Augustus 1976 in Amsterdam plaasgevind. Dat die Amsterdammers erg verontwaardig was oor die "bloedige onderdrukking van het verzet in Zuid-Afrika', blyk uit die groot opkoms by hierdie tweede demonstrasie. Ruim tweeduisend mense het betoog onder baniere wat gelui het: "Tegen politie terreur in Zuid-Afrika" en "Geen steun aan het racistisch regiem".23 Honderde mense het ook op 18 Junie 1977 in Vondelpark die byeenkoms "Eén jaar na Soweto" bygewoon. Dit is deur die AABN georganiseer.24

In September 1984 en Maart 1985 was daar in Amsterdam verdere betogings teen Suid-Afrikaanse polisiegeweld in swart woonbuurte. Op Sharpevilledag, 21 Maart 1986, is Sharpeville weer herdenk op die Dam in Amsterdam. Dié byeenkoms is deur verskeie anti-apartheidsorganisasies gereël. Die 75ste bestaansjaar van die ANC in 1987 is met verskeie byeenkomste in Amsterdam gevier. Junie 1987 is beskou as 'n " aktiemaand voor het ANC'. Die Amsterdamse veldtogte ten behoewe van die ANC is afgesluit met n byeenkoms op 28 Junie 1987 in Vondelpark waar Godfrey Motsepe van die ANC n tjek in ontvangs geneem het.25

Op 11 Junie 1988 was Amsterdam die toneel van die grootste massa-demonstrasie teen apartheid in die Nederlandse geskiedenis. Sowat 50 000 Nederlanders het op die Amsterdamse Museumplein saamgetrek. Dié massa-betoging het natuurlik ook in die teken van Mandela se sewentigste verjaarsdag gestaan. Al die anti-apartheidsgroeperinge en van die kerklike organisasies wat hulleself deel gevoel het van die anti-apartheidstryd was betrokke by die reëlings van dié saamtrek. Hierdie opkoms het almal se stoutste verwagtinge oortref. Dr. Allan Boesak het as een van die hoofsprekers opgetree.26

 

Die Transvaalbuurt se karakter verander

Die Transvaalbuurt wat in die oostelike deel van Amsterdam geleë is, is een van die twee groot behuisingskemas wat teen die einde van die negentiende eeu in Amsterdam ontwikkel is. Die Amsterdamse gemeenteraad het in ongeveer 1912 besluit om dié nuwe uitbreiding Transvaalbuurt te noem. Dit het eers bekend gestaan as Afrikanerbuurt. Dit is bekend dat die Nederlanders gedurende die twee Anglo-Boereoorloë met 'n gevoel van meelewende Boeresimpatie vervul was. Talle strate en pleine is dus in die Transvaalbuurt na Boeregeneraals en ander Boereheldefigure vernoem: "Dis omtrent soos 'n Wie's Wie van die Anglo-Boereoorlog".27

Namate Amsterdam n anti-apartheidskleed aangetrek het, kon n mens verwag dat van hierdie pleine en strate se name sou verander. Dit het dan ook inderdaad gebeur. In 1978 is Pretoriusplein na Steve Bikoplein verander en in 1987 is Louis Bothastraat tot Albert Luthulistraat hernoem. "Apartheid riekende" straatname moes dus die wyk neem en strate sou vernoem word na " Zuidafrikaanse verzetstrijders". Dit was n uitvloeisel van Amsterdam se anti-apartheidsbeleid. n Groep van die bewoners van die Transvaalbuurt het as n drukgroep opgetree. Vanweë onder meer die koste-aspek, was dit egter nie moontlik om méér name te verander nie.28

Burgemeester Ed van Thijn het op 20 Junie 1987 'n anti-apartheidsmonument in die Transvaalbuurt onthul. Hierdie kunswerk teen apartheid en rassisme staan, ironies genoeg, op Krugerplein, op die hoek van Schalk Burgerstraat en Albert Luthulistraat. Krugerplein vorm die hart van die buurt. Hierdie buurt was vroeër oorwegend Joods, nou woon daar baie Turke. Die beeld simboliseer "de onnatuurlijke scheiding die apartheid teweeg brengt". Die monument is in opdrag van die Gemeente Amsterdam en op inisiatief van n groep bewoners van die Transvaalbuurt gemaak. Dit illustreer die woorde van Van Thijn wat verklaar het dat die stryd teen apartheid "een zaak is die ons allen aangaat, ook op plaatselijk niveau".29

 

Toekenning van eredoktorsgrade

Die bekende ds. C.F. Beyers Naudé, direkteur van die ekumeniese, nie-rassige Christelike Instituut, was vanweë sy radikale anti-apartheidsuitsprake n doring in die vlees van die apartheidsbewind. Omdat hy deel van die struggle teen apartheid was, is hy hoog geag in Nederlandse anti-apartheidskringe. Die Vrije Universiteit te Amsterdam (VU) het gevolglik op 20 Oktober 1972 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken. Volgens die bekende Nederlandse historikus, prof. Gerrit Schutte, was dié eerbetoon "een afscheid van de oude traditie van 'stamverwantschap' en 'geestverwantschap'". Dit het 'n duidelike boodskap gestuur: "De VU koos tegen de apartheid en voor solidariteit met de slachtoffers daarvan".30

In sy dankwoord by dié plegtigheid het Naudé dié eerbetoon gesien "as apublic identification on yourpart with the struggle for racialjustice in South Africa, as a deed of Christian solidarity with black and white". Hy het ook n beroep op Christene gedoen "to lend full support to the removal of all forms of racial discrimination and racial injustice". In sy outobiografie het Naudé gemeld dat die Afrikaners én die NG Kerk die eredoktoraat as "verraad" beskou het.31

Die begin van die Soweto opstand in Junie 1976 en die dood van Steve Biko in September 1977 het die klimaat geskep vir die besluit van die Universiteit van Amsterdam (UvA) om 'n eredoktorsgraad aan Govan Mbeki toe te ken. Hy het in daardie stadium lewenslange gevangenisstraf op Robbeneiland uitgedien. Mbeki het in 'n brief (Robbeneiland, 14 Januarie 1978) die UvA bedank vir die eredoktoraat en sy spyt uitgespreek dat hy nie die plegtigheid kon bywoon nie. Daarby het hy gevoeg: "However, one must draw consolation by expressing the hope that 'more is nog 'n dag". Volgens die AABN het die eredoktoraat "een konkrete, schitterende erkenning van het ANC" beteken. Die plegtigheid op 9 Januarie 1978 "werd een machtig teken van solidariteit met het ANC". Mbeki se seun, Moeletsi, het die toekenning namens hom in ontvangs geneem. n Groot banier is ook vertoon met die woorde: "Mbeki moet Vrij". Die plegtigheid het in die teken van "een politieke manifestatie" gestaan.32

Die UvA het in 1978 ook die Govan Mbeki Fonds tot stand gebring. Dié fonds het as oogmerk gehad "hetfinancieel ondersteunen van Zuidafrikaanse studenten die ten gevolge van de apartheidspolitiek niet in staat zijn hun studie in eigen land te verrichten en het stimuleren van wetenschappelijk werk in het voetspoor van Govan Mbeki". Die fonds moes dus 'n bydrae lewer tot "het wetenschappelijk onderzoek van het ANC".33

Oliver Tambo, president van die ANC in ballingskap, het op 5 September 1983 die rede gevoer by die amptelike opening van die akademiese jaar van die UvA. Dit was die eerste keer dat n president van 'n belangrike bevrydingsbeweging só 'n uitnodiging ontvang het. Dié uitnodiging aan Tambo kan beskou word as "een politieke erkenning van het ANC als drager van hetperspektief op een vrij Zuid-Afrika', aldus die AABN.34

 

Tentoonstellings en protesteater

Die feit dat daar n kritiese klimaat in Amsterdam geheers het ten opsigte van apartheid blyk ook uit die tentoonstellings wat daar gehou is. Die Anne Frank Stichting is betrokke by tydelike tentoonstellings by die Anne Frankhuis, Prinsengracht 263, digby die Westerkerk. Aktuele temas word gedek, soos die Tweede Wereldoorlog, ekstreem-nasionalisme, vooroordele, rassisme, diskriminasie en etnies-kulturele diversiteit. Die Anne Frank Stichting wil graag deur sy werk mense oral ter wêreld inspireer om hulle aktief te beywer vir vryheid, menseregte en demokrasie.35 Van 1971 tot 1973 was daar byvoorbeeld 'n tentoonstelling oor Suid-Afrika, Namibië en Rhodesië in die Anne Frankhuis. Dit is saamgestel deur die AABN en die tema was "Nazisme in Zuid-Afrika'. Dit het heelwat foto's, tekste en dokumentasie ingesluit. Apartheid is tot 'n groot mate aan nazisme gelykgestel. Apartheid is uitgebeeld as die mees verregaande vorm van rassediskriminasie in die wêreld, veral omdat die onderdrukking van die swart mense in toenemende mate met geweld en polisieterreur gepaard gegaan het.36

Gedurende 1994 is 'n tentoonstelling "Nederland tegen apartheid' in die Amsterdamse Historisch Museum gehou. Dit het onder meer die internasionale solidariteit met die stryd teen apartheid uitgebeeld. Groot klem is uiteraard gelê op die Nederlandse anti-apartheidsorganisasies, wat tot die sterkste bondgenote in die stryd teen apartheid behoort het. Dié verhaal is deur middel van tentoonstellingsmateriaal, insluitend foto's, plakkate en brosjures, vertel.37

'n Kulturele verdrag is in 1951 tussen Nederland en Suid-Afrika onderteken. Dit is in 1953 bekragtig. Die anti-apartheidsorganisasies het veral in die 1970's 'n veldtog gevoer teen die wyse waarop die bepalings van die verdrag deur die betrokke Suid-Afrikaanse instansies uitgevoer is. Die anti-apartheidsaktiviste het geoordeel dat slegs wit, nasionalistiese Afrikaners daardeur bevoordeel is en dat die swart bevolking nie daarby gebaat het nie. Die Nederlandse regering het gevolglik die bepalings van die verdrag in 1977 bevries. Die verdrag is in 1981 amptelik opgehef.38

Intussen het meer en meer swart kunstenaars uit Suid-Afrika hulle as uitgewekenes in Amsterdam gevestig. In Maart 1975 het die Suid-Afrikaanse digtersgroep, Mayibuye, in Amsterdam opgetree. Hulle program was 'n collage van tekste en gedigte oor apartheid en die stryd daarteen. Die Mayibuye-digters het almal in ballingskap gewoon en was betrokke by die stryd teen apartheid. Hulle het in September 1975 vir 'n tweede besoek na Nederland gegaan. 'n Boek met hulle tekste en gedigte is ook gepubliseer. Die titel was: Mayibuye! Poëzje tegen apartheid. Die boek kon onder meer by die AABN bestel word.39

Die swart musiekgroep, Jabula, wat 'n jong Miriam Makeba ingesluit het, het Nederland in April 1977 besoek. Hulle het n plaat met as titel "Jabula in Amsterdam" opgeneem. Op die plaat, wat 'n produksie van die AABN was, is versetpoësie van die digtersgroep, Mayibuye, ook ingesluit. Die ANC het musiek beskou as n onderdeel van die bevrydingstryd. Jabula het in April 1978 vir 'n tweede besoek na Nederland gereis. Hulle plaat is intussen in Suid-Afrika verbied.40

'n Solidariteits-musiekfees, "Beat Apartheid', is op 13 Junie 1981 in Amsterdam afgesluit. ANC-sangers, sowel as ander anti-apartheidskunstenaars, het daar opgetree. Dit was ongetwyfeld "het grootste en spektakulairste initiatief' wat die AABN in die byna tien jaar van sy bestaan onderneem het. Dié fees was 'n onderdeel van die aksie "Het volk zal regeren". Uit n AABN oogpunt was hierdie musiekfees n groot sukses.41

Amandla, die kulturele groep van die ANC, het gehore in Nederland in Desember 1983 met dans en sang, drama en musiek vermaak. Die program het sterk op die verset teen apartheid gefokus. Dit het n beeld geskets van wat apartheid in die daaglikse lewe van die swart mense beteken het. Dit was "politiek muziek-theater op hoog internationaal niveau". Amandla het geïllustreer dat kultuur 'n gedugte wapen in die stryd teen apartheid kon wees. Amandla het ook 'n nuwe plaat met die titel "Amandla' uitgegee.42

 

"De kulturele stem van het verzet"

Uitgewekenes het nog altyd tuis in Amsterdam gevoel: "De culturele reputatie van Amsterdam vindt haar wortels diep in de geschiedenis. Amsterdam is altijd de stad van het vrije woord geweest, een vluchtstad voor vervolgde schrijvers', aldus Ed van Thijn.43 Die anti-apartheidsaktivis, Bart Luirink, was ook van mening dat Amsterdam 'n lang tradisie ken van solidariteit met volkere wat vir hulle vryheid veg: "Amsterdam is een gastvrije, multi-culturele stad. Honderden gevluchte Zuidafrikanen vinden onderdak in onze stad. Ook zij zetten zich, ver weg van huis, in tegen de apartheid'. Daarby het Luirink gevoeg: "Omdat we het racisme in onze eigen samenleving verafschuwen, steunen we het ANC."44

Sedert ongeveer 1975 was daar in Nederland n stuwende stroom van kulturele kontak met swart Suid-Afrikaners: "Al in Mei 1976 kreeg de kulturele solidariteit een belangrijke nieuwe impuls".45 Die sosiaal-kulturele sentrum, De Populier, het in samewerking met die AABN die konferensie "Kunst contra apartheid" ("Kunstenaars tegen apartheid') gereël. Dit het van 7 tot 9 Mei 1976 in Amsterdam plaasgevind. Ongeveer dertig Suid-Afrikaanse skrywers, musici en beeldende kunstenaars en net soveel Nederlandse kunstenaars het die geleentheid gehad om ervarings en gedagtes uit te wissel, en "gezamenlijk een strategie te bepalen om hun artistieke strijd tegen het apartheidssysteem te effectueren". Daar was eenstemmigheid dat die bestaande kulturele verdrag opgesê moes word.46

Die konferensie "De kulturele stem van het verzet - Nederlandse en Zuidafrikaanse kunstenaars tegen apartheid' het van 13 tot 18 Desember 1982 in Amsterdam plaasgevind. Dit is deur die AABN, die kulturele sentrum De Populier en die Nederlandse Organisatie voor Internationale Samenwerking (NOVIB) georganiseer. Die konferensie moes vorm en inhoud gee aan n alternatief vir die kulturele verdrag wat in 1981 amptelik opgesê is. Nouer kontak en samewerking met Suid-Afrikaanse versetkunstenaars sou ook aandag geniet.

Meer as vyftig Suid-Afrikaanse kunstenaars-in-ballingskap van regoor die wêreld het na Amsterdam gereis om die konferensie by te woon. Onder hulle was skrywers, digters, skilders, sangers, akteurs, fotograwe en musici. Eén ding het hulle in gemeen gehad: almal was kunstenaars en stryders teen apartheid. Die konferensie het in wese gehandel oor die rol van kunstenaars en van kultuur in die stryd teen apartheid. Dit het oor die vraag watter rol die kunste en kultuur in die versetbewegingspeel, gegaan.47

Meer as 150 Nederlandse kunstenaars het aan die verskillende werkswinkels deelgeneem. Die aspekte wat onder die loep geneem is, was literatuur (die taal as onderdrukking én as bevryding), die beeldende kuns, teater, fotografie, film en musiek. Die betekenis van die werkswinkels lê daarin dat die eerste samewerking tussen Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars daardeur gestalte gekry het: "Dit was de eerste echt grootscheepse manifestatie van Zuidafrikaanse kultuur in Nederland".48

Conny Braam, voorsitter van die AABN, het in haar welkomswoord klem gelê op die noue bande met die ANC, wat in 1982 reeds vir 70 jaar bestaan het: "De Nederlandse kunstenaar ... gaven de voorkeur aan direkte banden van vriendschap en samenwerking met de kunstenaars in verzet, met en via het ANC ... De konferentie staat in het teken van solidariteit met het ANC". Sy het die hoop uitgespreek dat die konferensie "een onderdeel zal vormen van onze steun aan het verzet'.4 Daar was natuurlik ook heelparty Nederlandse kunstenaars wat nie hierdie sentimente gedeel het nie.

Barbara Masekela het namens die ANC die woord gevoer en daarop gewys dat die konferensie n historiese gebeurtenis was, aangesien dit die eerste keer was wat n dergelike byeenkoms plaasgevind het. Sy het haar ten gunste uitgespreek van die totale kulturele isolasie van Suid-Afrika, daarom was sy verheug dat die kulturele verdrag in 1981 opgesê is: "Deze daad vormde een uiterst belangrijke bijdrage tot het algemene internationale offensief tegen het apartheidsbewind" Daarbenewens moet "de demokratische krachten van het verzet' gesteun en aangemoedig word.50

Die Suid-Afrikaanse digter en skrywer, Cosmo Pieterse, was reeds sedert 1964 in ballingskap. Volgens hom was die konferensie "een explosie van de levende kultuur van het nieuwe Zuid-Afrika". Hy het daarop gewys dat daar n heftige debat gevoer is oor die rol van enkele blanke skrywers wat in hulle werk in n mindere of meerdere mate krities ingestel jeens die apartheidsbeleid was. Dit het om Breyten Breytenbach, Athol Fugard en André P. Brink gegaan. Omdat hulle soveel aandag in die Westerse media gekry het, kon 'n mens volgens hom maklik die gevolgtrekking maak "dat zij de kulturele vertegenwoordigers van het Zuidafrikaanse verzet zijn. Maar ze kennen de strijd niet en ze houden zich er verre van". In 'n sekere sin het hulle die internasionale mening oor die bevrydingsstryd gevorm, "Maar zij doen dat niet vanuit de (zwart) realiteit".51

Cosmo Pieterse het ook onder groot byval op die konferensie 'n pleidooi gelewer vir die herwaardering van Afrikaans: "Afrikaans, zo betoogde hij, was niet alleen de taal van de blanke onderdrukker, het was evenzeer de taal van de onderdrukte, de gedomineerde klasse die in dit geval niet-blank was". Volgens Pieterse was Afrikaans tot 'n groot mate geskik om 'n gevoel van onvryheid uit te druk. Hy het in dié verband na eietydse swart digters soos Sipho Sepamla en Sandile Dikeni verwys, wat eweneens Afrikaans gebruik het om hulle gevoelens van onvryheid uit te druk.52

'n Ander kwessie wat die konferensie aangespreek het, was "dat een helejonge generatie van nieuwe (verzets)kunstenaars niet alleen binnen de grenzen van Zuid-Afrika, maar ook internationaal vrijwel kansloos is". Die probleem was dat baie van hulle geskrifte vanweë die streng sensuur in Suid-Afrika verbied is. Baie van die " verzetskunstenaars" was in isolasie waar hulle hulle in ballingskap bevind het. Die konferensie in Amsterdam het wel aan tientalle van hulle n verhoog gebied, "maar de follow-up is belangrijk".53

Die konferensie het in 'n slotverklaring skrywers, musici en andere opgeroep om Suid-Afrika te boikot en om alle bande met Suid-Afrika te verbreek. Moontlikhede moes ook ondersoek word om uitgeweke Suid-Afrikaanse kunstenaars te ondersteun en bekendheid te gee. Die konferensiegangers het hulle verder uitgespreek ten gunste van n alternatiewe kulturele ooreenkoms, wat die belange van alle Suid-Afrikaners sou dien.

Gevolglik is besluit om alle Nederlandse kunstenaars en kulturele organisasies op te roep om saam te werk met die ANC deur kulturele werkers in die verset te ondersteun. Daar is ook besluit om by die Nederlandse regering aan te dring "dat een alternatiewe kulturele overeenkomst met het ANC wordt aangegaan". Daar moes dus nou met die ANC saamgewerk word ten opsigte van die ontwikkeling van kulturele projekte. Ten einde hierdie doelstellings na te strewe is besluit om die stigting Cultureel Alternatief Zuid-Afrika (CAZA) op te rig. Met dié konferensie is dus "een flinke stap voorwaarts gezetin de richting van een kulturele overeenkomst tussen Nederland en het ANC".54

 

"Culture in Another South Africa"

Amsterdam was van 9 tot 21 Desember 1987 die gasheerstad van die belangwekkende "Culture in Another South Africa' of CASA-konferensie. Byna driehonderd Suid-Afrikaanse kunstenaars (skrywers, digters, akteurs, musici, sangers, fotograwe, joernaliste en beeldende kunstenaars) het in Amsterdam byeengekom om te besin oor "de culturele toekomst van een Zuid-Afrika zonder apartheid'. Dit was n baie besondere konferensie, omdat dit aan Suid-Afrikaanse kunstenaars wat in ballingskap geleef het of wat nog in Suid-Afrika gewoon het, die geleentheid gebied het om gesamentlik, en in vryheid, gedagtes oor die kulturele toekoms van hulle land te wissel. Hulle het ook in gesprek met hulle Nederlandse kollegas getree.55

Dié konferensie en al die uitstallings en opvoerings is deur die Stichting CASA en die AABN, in oorleg met die kulturele departement van die ANC georganiseer. Van die befondsers was die Amsterdamse Gemeenteraad en die ministeries van Cultuur en Ontwikkelingssamenwerking. Uitstallings en opvoerings is onder meer gehou in die Muziektheater, die Stadsschouwburg, die Amsterdams Historisch Museum, die Stedelijk Museum en die Nieuwe Kerk op die Dam. Die Nieuwe Kerk was vir die duur van die konferensie met n ANC-vlag versier. Volgens die organiseerders het duisende Nederlanders die uiteenlopende kulturele evenemente bygewoon.56

In 1987 was Amsterdam die kulturele hoofstad van Europa. Gedurende die byna twee weke van die konferensie het Amsterdam in die woorde van Barbara Masekela, kulturele woordvoerder van die ANC, "the cultural capital of South Africa' geword.57 Op 14 Desember het die burgemeester van Amsterdam, Ed van Thijn, die konferensie amptelik geopen. Hy het daarop gewys dat die byna 300 Suid-Afrikaanse kunstenaars die ware Suid-Afrikaanse kultuur verteenwoordig, "which cannot be segregated or silenced by the apartheid regime". Hy het apartheid bestempel as "white dictatorship based upon racist ideologies ... Apartheid isfacism". Net soos wat Amsterdam teen fascisme geveg het, sou hulle ook teen apartheid veg. Hy het na die ANC-verteenwoordigers verwys as " our friends".

Van Thijn het daarop gewys dat Amsterdam in die verlede nog altyd n toevlugsoord vir uitgeweke kunstenaars was. Hy het onder meer hier na uitgeweke Duitse skrywers verwys wat hulle in die 1930's in Amsterdam bevind het. Hy het benadruk dat "art is not only important for its own sake. Art can be as well a form of resistance against oppression - a very active one, since many regimes have come to an end thanks to the work of the opposing artists". Hy het gevolglik die hoop uitgespreek "that in this city resistance against apartheid finds a permanent home"?58

Conny Braam, voorsitter van die AABN, was van mening dat CASA die grootste kraginspanning was wat ooit deur die AABN gelewer is. Sy het die betekenis van die CASA-konferensie soos volg saamgevat:

Het was de tijd van de grote verwachting. Het ANC brak door barrières heen ... De internationale sancties hadden Zuid-Afrika tot een afgelegen fort gemaakt. Maar het ANC doorbrak dat isolement, voor hen die over een nieuwe toekomst wilden praten, ook voor kunstenaars. De Amsterdammers . kwamen met duizenden luisteren naar de poëzie en de muziek. De theaters waren uitverkocht?55

Die redakteur van die Zuidelijk Afrika Nieuws het dan ook gemeld dat die CASA-konferensie "zo uniek en zp beslissend voor de ontwikkeling van de kultuur-tegen-apartheid in Zuid-Afrika zijn geweest".60

Die belangrikheid van dié konferensie lê daarin dat "the texts of the Preamble and the Resolutions' must be read within the framework of the implementation of the Freedom Charter (1955), that seeks to guarantee 'all the rights to speak, to organize, to meet, to print, to preach' and the 'free exchange of ideas". In die aanhef van die konferensie is 'n verskil gemaak tussen die "vibrantpeople's culture, rooted in South African realities and steeped in democratic values" en die "racist, colonialist culture of apartheid'66

Die aanhef en besluite van die konferensie het van die veronderstelling uitgegaan dat kultuur n integrale deel is van die nasionale demokratiese stryd en daarom moet kultuur beskou word "in the context of people's struggle". Klem is gelê op die feit dat "cultural activity and the arts are partisan and cannot be separatedfrom politics. Consequently a great responsibility devolves on artists and cultural workers to consciously align themselves with the forces of democracy and national liberation in the life-and-death struggle to free our country from racist bondage'61

Die konferensie was sterk ten gunste van die totale isolasie van apartheid Suid-Afrika. As deel van hierdie veldtog was die akademiese en kulturele boikot van groot belang en moes dit nog strenger toegepas word. In die lig hiervan is die volgende twee besluite geneem:

that apartheid South Africa be totally isolated and that cultural workers and academics not be allowed to enter the country, save and except in those instances where such movement, after consultation with the national liberation movement, is considered to be in furtherance of the national democratic struggle;

that South African artists, individually or collectively, who seek to travel and work abroad should consult beforehand with the mass democratic movement and the national liberation movement?63

Hierdie CASA-konferensie neem n prominente plek binne die konteks van Amsterdam as 'n anti-apartheidstad in. Die Amsterdammers het die uitgeweke Suid-Afrikaanse kunstenaars in hulle huise en harte verwelkom en hulle ook heeltemal vereenselwig met die kultuurstrewe en -stryd van die swart Suid-Afrikaners. Die bekende skrywer, Nadine Gordimer, het ná die konferensie uitgewei oor die betekenis daarvan. Sy het in dié verband verwys na "the amazing sound of a huge choir of Dutch people singing in African languages". Sy het die belangrikheid daarvan dat die konferensie juis in Amsterdam gehou is, beklemtoon: "As it turned out, Amsterdam and the Dutch people were not only the catalyst that brought us together, they were that essential element in the creation of a new, free culture in South Africa ... "64 Die swart Suid-Afrikaanse kunstenaars kon mekaar in Amsterdam ontmoet "in vrijheid, zonder bang te hoeven zijn voor arrestatie, de gevangenis, censuur en banning-orders".65

Amsterdam het reeds so vroeg as 1976 'n sagte plek vir swart kunstenaars gehad. Op 24 September 1976 is die galery De Speer geopen. De Speer was 'n inisiatief van die AABN. Dit het ook die ondersteuning van die gemeentebestuur van Amsterdam geniet. Swart Afrikaanse kunstenaars se werke is daar verkoop ten bate van die ANC. Reg September, hoofverteenwoordiger van die ANC in Wes-Europa, het die woord gevoer en verklaar dat die ANC verheug was "met deze nieuwe blijk van solidariteit met onze strijd'.66

Burgemeester Van Thijn het op 27 Mei 1992 die opening van Studio Thami Mnyele, 'n gasateljee vir Suid-Afrikaanse beeldende kunstenaars in Amsterdam, waargeneem. Die gemeenteraad het reeds in Februarie 1989 gepleit vir die oprigting van so 'n gasateljee. Volgens Van Thijn het dit in die kader van Amsterdam as 'n anti-apartheidstad gepas en was dit 'n uitvloeisel van die CASA-konferensie. Volgens hom was daar in Amsterdam nog altyd belangstelling "voor de kunstuitingen van andere culturen".66

 

ANC-kantoor in Amsterdam

Die ANC het eers aan die begin van 1989 n eie, beskeie kantoor in Amsterdam ingerig. Die ANC het sedert 1981 'n "exile mission" in Brussel gehad. Godfrey Motsepe was agt jaar lank (1981-1988) die ANC se verteenwoordiger in Brussel en wel vir die Benelux-lande (België, Nederland en Luxemburg).68 Op voorstel van die AABN en die Komitee Zuidelijk Afrika (KZA) het die gemeenteraad van Amsterdam dit vir die ANC moontlik gemaak om n kantoor in dié stad te open. Die gemeenteraad was verantwoordelik vir die huur van die kantoor en dit is betaal deur die Commissie Ontwikkelingssamenwerking Amsterdam (COA).69

Die ministerie van Buitelandse Sake het hulle nie verset teen die vestiging van n ANC-kantoor in Amsterdam nie. Die voorwaarde is wel gestel dat die ANC-verteenwoordigers hulle moes beperk tot die verstrekking van inligting aan die Nederlandse publiek. Die kantoor sou dus as n inligtingsburo funksioneer.70 Kumar Sanjay was al sedert die eerste helfte van 1988 die ANC se nuwe "Man in Amsterdam". Burgemeester Van Thijn het die ANC-kantoor in Amsterdam op 14 Februarie 1989 amptelik geopen. Vir hom was dit 'n oomblik van vreugde en van trots: "This office will remind us again and again that the real opponents are the South African regime and their supporters, and that the real South Africans find their representative here in the ANC'.71

Die amptelike opening is ook deur die ambassadeurs van Kuba, Indië, Nicaragua en die Sowjetunie (USSR), en verteenwoordigers van Nederlandse anti-apartheidsorganisasies bygewoon. Sanjay het onder meer by dié geleentheid verklaar: "The opening of our office here represents a blow struck for freedom by the freedom-loving people of the Netherlands'?72 Sanjay was net meer as twee jaar die amptelike verteenwoordiger van die ANC in Amsterdam, want op 23 Mei 1991 het burgemeester Van Thijn van hom afskeid geneem en ook beklemtoon dat die veldtog teen apartheid volgehou moes word.73

Die AABN het op 28 April 1989 sy eie anti-apartheidswinkel aan die Amsterdamse Marnixstraat geopen. In dié winkel sou van alles verkrygbaar wees wat op enige wyse met Suidelike Afrika en die stryd teen apartheid te make gehad het. Daar was byvoorbeeld Suid-Afrikaanse literatuur en musiek, koerante, aksiemateriaal soos plakkate, gebruiksartikels en T-hemde. Dié winkel het dus in n sekere sin aangesluit by die ANC-kantoor in Amsterdam, veral wat die verskaffing van inligting betref.74

 

 

Malibongwe vrouekonferensie

Ruim 170 Suid-Afrikaanse vroue het van 6 tot 18 Januarie 1990 aan die Malibongwe vrouekonferensie in Amsterdam deelgeneem. Die vroue wat van Suid-Afrika gekom het, het n groot verskeidenheid van organisasies verteenwoordig. Die vroue van "buite" was almal verbonde aan die ANC in ballingskap. Die ANC-Vroueliga en die Stichting Malibongwe in Nederland was verantwoordelik vir die organisering van die konferensie. Een van die belangrikste besprekingspunte was uiteraard die verhouding tussen apartheid en vroue-onderdrukking. Daar was eenstemmigheid dat "vrouwenstrijd een integraal onderdeel van de nationale bevrijdingsstrijd moet zijn". Die ondergeskikte posisie van vroue binne die anti-apartheidsorganisasies, het ook aandag geniet.75

Klem is gelê op die feit dat die bevryding van vroue prioriteit op die sakelyste van die ANC en van alle progressiewe organisasies moes kry: "We moeten de term feminisme niet vermijden ..." Die ANC moes daarvolgens veral in die landelike gebiede vroue-kwessies in hulle programme van politieke skoling opneem. Vroue moes dus op alle vlakke meer mag in die organisasies kry. Eenstemmigheid is ook op die konferensie bereik dat die toekomstige vrye Suid-Afrika benewens nie-rassig en demokraties, ook nie-seksisties moes wees.76

In sy afsluitingstoespraak het burgemeester Van Thijn hulde gebring aan al die swart vroue wat onder die geweld van apartheid gely het. Daarby het hy gevoeg: "A woman's place is in the struggle ... We must fight together till the very end against apartheid'. Daarna het hy die volgende profetiese woorde uitgespreek: "I sincerely hope that very soon we'll be in a free and democratic South Africa. And what would be better than having Nelson Mandela as president of this free South Africa!' Hierdie toespraak is twee weke voor pres. F.W de Klerk se toespraak van 2 Februarie 1990 gehou!77

Nelson Mandela en Amsterdam

Die AABN het sedert 1980 spesifiek 'n veldtog rondom Nelson Mandela begin voer - natuurlik in oorleg met die ANC-in-ballingskap: "In de volgende tien jaar werd Mandela het boegbeeld van de strijd tegen apartheid'?78 Die AABN het in Augustus 1980 in samewerking met Kairos 'n handtekeningaksie, "Nelson Mandela vrij', van stapel gestuur. (Die werkgroep Kairos is in 1970 opgerig as 'n steungroep vir die Christelike Instituut van ds. Beyers Naudé). Binne 'n paar maande het 45 organisasies hulle steun aan hierdie veldtog beloof. Handtekeninge is onder meer op die Dam in Amsterdam versamel. Op 26 November 1980 het Conny Braam, voorsitter van die AABN, 56 000 handtekeninge aan 'n amptenaar van die ministerie van Buitelandse Sake oorhandig.79

Met Mandela se sewentigste verjaarsdag in 1988 het 150 000 mense gereageer op 'n oproep van die AABN om 'n verjaarsdagkaart aan Mandela te stuur. Die AABN is oorval met kaarte en briewe uit alle lae van die bevolking: "De actie toonde aan hoezeer de anti-apartheid zich had uitgezaaid over werkelijk alle sectoren van de samenleving'. Op 16 Julie 1988 is elf possakke met gelukwense persoonlik deur 'n AABN-vrywilliger by Winnie Mandela in Soweto afgelewer.80

Pres. F.W de Klerk se historiese toespraak van 2 Februarie 1990, waarin die vrylating van Mandela in die vooruitsig gestel is, is met groot vreugde in Amsterdam ontvang. Die burgemeester van Amsterdam het by die geleentheid die ANC-vlag op die stadhuis gehys. Uitbundige vreugde het in die kantoor van die AABN geheers. Conny Braam vertel: "Meer en meer mensen drongen het kantoor binnen, opgewonden uitroepen vol ongeloof slakend. Ik werd omhelsd engekust, gefeliciteerd ... Het was een grootse overwinning. Hier was dertigjaar naar uitgezien ... Ik belde mijn moeder. 'Kind, jullie hebben gewonnen', zei ze met warmte in haar stem".81

Selfs voor Mandela se vrylating is daar in Nederland 'n "Welkom Mandela Comité' opgerig. Omtrent twee miljoen Nederlanders het na die regstreekse televisieverslag van Mandela se vrylating op 11 Februarie 1990 gekyk. Burgemeester Van Thijn, Conny Braam en juigende AABN'ers het die vrylating by Lauriergracht 116 (die AABN se kantoor) meegemaak. Mandela se vrylating was vir die AABN "de dag van de capitulatie van de apartheid ... En de mensen in Zuid-Afrika weten, en wij in die AABN weten, vanaf vandaag regeert Mandela dit land".82

Op die Dam in Amsterdam het 'n spontane volksfees, 'n vreugdevolle massa-demonstrasie los gebars. Ongeveer 20 000 Amsterdammers het onder aanvoering van burgemeester Van Thijn deur die stad na die Leidseplein beweeg, wat tydelik na Nelson Mandelaplein herdoop is. Conny Braam vertel dat sy nog nooit so 'n vrolike demonstrasie meegemaak het nie: "Auto's stopten en toeterden om de stoet door te laten, de wachtende trams hadden aan weerszijden ANC-vlaggetjes. Er werd gelachen en geroepen ... De burgemeester van Amsterdam werd omringd door een grote groep juichende, vooral zwarte kinderen"}83

Dié feestelike optog van 11 Februarie was 'n spontane uitbarsting van vreugde. Ses dae later, op 17 Februarie 1990, is Mandela se vrylating opnuut gevier en wel op die Dam. Duisende mense was daar vergader om na die optredes van musiekgroepe en toesprake te luister.84

Saterdag, 16 Junie 1990, was n gedenkwaardige dag vir antiapartheids-Nederland, want daardie dag is Mandela soos n vors in Amsterdam verwelkom. Mandela sou Nederland aanvanklik nie besoek het nie. 'n Paar dae voor sy aankoms het Wim Kok, destyds die Nederlandse minister van Finansies, Mandela in Düsseldorf by n kongres van die SPD, die Duitse sosiaal-demokratiese party, raakgeloop. Hy het Mandela toe oorgehaal om Nederland tog te besoek.85

Die 16de Junie is Mandela deur 20 000 mense op die Amsterdamse Leidseplein, toe nog Nelson Mandelaplein, toegejuig. Hy het die skare van die balkon van die Stadsschouwburg toegespreek. Burgemeester Van Thijn het moeite gehad om sy emosies te bedwing toe hy "de man van de eeuw' groet. Vir Conny Braam was dit "het allermooiste moment dat ik heb beleefd in de stad" Sy skets die oomblik toe Mandela op die balkon verskyn het:

Het Leidseplein stond vol, zo ver het oog reikte zag je opgeheven verwachtingsvolle gezichten. Kinderen zaten op schouders, trams stonden stil, auto's werden omgeleid ... cafés waren opgesierd met vlaggen van de vrijheid, drie oude dames hadden witte duiven in een kooi bij zich. Er hing een ingehouden stilte ... Toen steeg er een oorverdovend gejuich op ... De witte duiven vlogen nu hoog boven de hoofden. Ik huilde?86

Dit was in alle opsigte n erg emosionele dag: "De man (Mandela) die een uitzinnige schare toesprak, was voor haar geen mens, maar een halfgod.87

Die helde-ontvangs wat Mandela op sy eerste besoek aan Amsterdam gekry het, was "voor hem slechts aan één andere Zuidafrikaan ten deel gevallen: de Transvaalse president in ballingschap Paul Kruger. Van Paul Kruger naar Nelson Mandela ... "88

Koningin Beatrix het in 'n toespraak op 30 September 1996, tydens haar staatsbesoek aan Suid-Afrika, ook verwys na Mandela se triomfantelike besoek aan Amsterdam: "U heeft toen zelf gezien met welk een enthousiasme de Nederlanders U begroetten. Al die jaren was U het symbool gebleven van de strijd voor de vrijheid; nu konden zij uitdrukking geven aan hun vreugde U als vrij man in hun midden te zien".89

Ed van Thijn het op 18 Januarie 1994 as burgemeester van Amsterdam uitgetree. By sy afskeid het Mandela in n videoboodskap onder meer verklaar: "Voor de onderdrukte inwoners van Zuid-Afrika werd Amsterdam een symbool voor de betrokkenheid van de Nederlanders bij hun bevrijding'.90

Mandela het op 17 tot 18 Februarie 1994 sy tweede besoek aan Amsterdam gebring. Met die oog op die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika is n fondsinsamelingsveldtog ten bate van die ANC en die verkiesingsproses geloods. Mandela het in n televisieprogram met die titel "Geef Zuid-Afrika een eerlijke kans" opgetree. Hy het ook n toespraak by die World Trade Centre in Amsterdam gehou.91

Wat die bilaterale betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika betref, was die staatsbesoek van pres. Mandela aan Nederland van 11 tot 12 Maart 1999 'n onbetwiste hoogtepunt. Dit was sy eerste besoek as president van Suid-Afrika. Dit was egter ook sy afskeidsbesoek. Hy is met groot entoesiasme, opregte warmte en bewondering deur die Nederlanders ontvang: "Voor hen is Mandela welhaast een heilige ..."91 By die staatsbanket het Mandela ook, en wel in Afrikaans, melding gemaak van "die fantastiese ontvangs wat my te beurt val ... "93

Die burgemeester van Amsterdam, S. Patijn, het op 11 Maart 1999 die Goue Medalje van Amsterdam aan Mandela oorhandig. By dié geleentheid het Patijn die betekenis van Mandela soos volg saamgevat: "You are a symbol of hope, a shining light in the darkness. You are the personification of the struggle against racism, repression and humiliation put together in one word: 'apartheid*'. In sy dankwoord het Mandela na Amsterdam verwys as "one of the strongest anti-apartheid cities in the world".94

Een van die besliste hoogtepunte van Mandela se tweedaagse besoek was die rondvaart op die gragte van Amsterdam. Duisende entoesiastiese Amsterdammers het Mandela toegejuig. Op die brue langs die roete het vyftien kore swart Afrikaanse liedere en strydliedere gesing. Hierdie helde-ontvangs het 'n onvergeetlike indruk gemaak.95 By die ontleding van Amsterdam as 'n anti-apartheidstad is dit duidelik dat Nelson Mandela daarin 'n sleutelrol gespeel het. Hy was per slot van rekening die verpersoonliking van die stryd teen apartheid.

 

Gevolgtrekking

Die burgemeester van Amsterdam, Ed van Thijn, en anti-apartheidsorganisasies het 'n sterk moralistiese boodskap uitgedra. Die morele skeidslyne is sterk en duidelik geteken. Daar was geen nuanses in hulle boodskap nie. Die Hollandse moralisme het gepaard gegaan met 'n sekere beterweterigheid, arrogansie en onverdraagsaamheid. Die anti-apartheidsaktiviste het opgetree as tipiese vingerwysende morele sedepredikers. Die swart mense in Suid-Afrika was per definisie "goed' en die wittes "fout'. Die Nasionale Party en sy leiers was "fout' en die ANC en sy leiers "goed'. Suid-Afrika het 'n simbool geword, n toetssaak vir goed en kwaad. Nederland het dus opgetree as die morele gewete van die wêreld, veral wat menseregte betref.

 

 

1. J.B. Farber, ... but give me Amsterdam (Kosmos - Z & K Uitgevers, Utrecht/ Antwerpen, 1998), pp 143-148; H. Kaal en J. Kennedy, "Op Gespannen Voet: Amsterdam en Nederland in de Twintigste eeuw", Ons Erfdeel, Mei 2007, pp 44-51; J.M. Fuchs, Amsterdam, een lastige stad: Rellen, Oproeren en Opstanden in de loop der eeuwen (De Boekerij nv, Baarn, 1970); G. Mak, Een kleine geschiedenis van Amsterdam (Uitgeverij Atlas, Amsterdam, 1995); G. Mak, De eeuw van mijn vader (Olympus, Amsterdam, 2005), pp 448-459.
2 B. Luirink (red.), Voor Nelson Mandela: Verhalen en voetnoten uit Nederland bij Zijn negentigste verjaardag (Mets & Schilt, Amsterdam, 2008), p 177.
3 D. Hellema, Buitenlandse Politiek van Nederland: De Nederlandse rol in de wereldpolitiek (Spectrum, Utrecht, 2006), pp 316-317; P. Brood, R. Kok en E. Somers (reds.), Het Jaren 80 Boek (Waanders Uitgevers, Zwolle, 2009), pp 72-73; E. Jansen, "Ons wil lewe! is oral die wekroep", Beeld, 4 Desember 1981.
4 "Eduard (Ed) van Thijn", http://nl. wikipedia.org, toegang 10 Maart 2012.
5 Mak, De eeuw van mijn vader, p 271. Kyk ook WJ. van Bekkum, "The Jews in the Netherlands", The Low Countries, 1998-1999, pp 161-169; B. Moore, Victims and Survivors: The Nazi persecution of the Jews in the Netherlands 1940-1945
6 Farber, . but give me Amsterdam, pp 66-68.
7 E. van Thijn, Het verhaal (Meulenhoff, Amsterdam, 2001), pp 7-13.
8 Van Thijn, Het verhaal, p 144; H.O. Terblanche, "Die Tweede Wereldoorlog en die Indonesiese kwessie as strydpunte in die Nederlands-Suid-Afrikaanse debat oor apartheid", Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Junie 1999, pp 118-124.
9 E. van Thijn, BM (Uitgeverij Augustus, Amsterdam, 2003), stofomslag.
10 C. van Lakerveld (red.), Nederland tegen Apartheid (Sdu Uitgeverij, Amsterdam, 1994), pp 7, 49-52; G.L. Klein, "De strijd tegen apartheid: The role of the anti-apartheid organisations in the Netherlands, 1960-1995", MA mini-thesis, University of Pretoria, 2001, pp 57-59.
11 Mayibuye Archives (hierna MA), Universiteit van Wes-Kaapland (UWK): MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn.
12 B. Luirink, "Verdwijnt met apartheid de beweging?", De Anti- Apartheidskrant, September/Oktober 1990, p 29; Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1984, pp 4-6.
13 MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn.
14 MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn. Dié toespraak is op 12 September 1985 gelewer by die opening van 'n konferensie wat deur die Komitee Zuidelijk Afrika gereël is.
15 Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1984, pp 4-6.
16 Gemeenteblad 1987, 1, 1557, p 3421.
17 Gemeenteblad 1987, 1, 1557, pp 3421-3433; Gemeenteblad 1989, 1, 1101, pp 2851-2852; "Amsterdam, Anti-Apartheidsstad", Amandla, Februarie 1986, pp 25-26; "Gemeentelijk anti-apartheidsbeleid", Amandla, Oktober 1987, pp 14-16; Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1986, p 13.
18 Anti-Apartheidskrant, 1987 (maand en bladsy nie vermeld).
19 C. Braam, Operatie Vula: Zuidafrikanen en Nederlanders in de strijd tegen apartheid (Meulenhoff, Amsterdam, 1992), p 255; H. Rossouw, "Die spioen wat uit die koue teruggekom het," Insig Mei 2004, pp 52-55; Die Burger, 19 Mei 2004.
20 Daar was natuurlik 'n derde keerpunt ook, naamlik die vrylating van Nelson Mandela in 1990, maar dit word in 'n afsonderlike afdeling bespreek.
21 S. de Boer, Van Sharpeville tot Soweto: Nederlands regeringsbeleid ten aanzien van apartheid, 1960-1977 (Sdu Uitgevers, Den Haag, 1999), pp 84, 87.
22 Anti-Apartheids Nieuws, Junie 1976, pp 2-4; Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1979, pp 15-21.
23 Zuidelijk Afrika Nieuws, Oktober 1976, p 5; F. van Aurich, C. Braam en ander (reds.), Lauriergracht 116: Anti-Apartheids Beweging Nederland 1971-1994 (AABN, Amsterdam, 1994), pp 19-20.
24 Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1977, p 9.
25 Van Aurich, Braam en ander (reds.), Lauriergracht 116, p 108; Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1986, p 5 en Junie 1987, p 9.
26 Amandla, Augustus/September 1988, p 12; Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus/September 1988, p 10.
27 F. Joubert, "In die ou Transvaal, Holland", Die Burger, 16 November 2010; http://nl.wikipedia.org/wiki/Transvaalbuurt, toegang 25 Maart 2012; G.J. Schutte, Nederland en de Afrikaners: Adhesie en Aversie (Uitgeverij T.Wever, Franeker, 1986), pp 73-93.
28 "CASA-programmakrant", Bylaag, Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1987 (bladsy nie vermeld); Anti-Apartheidskrant, 1987 (maand en bladsy nie vermeld); Amandla, Februarie 1989, p 12. Einde 1988 is besluit om 'n straat in die Transvaalbuurt na Dulcie September te vernoem. Sy was die ANC se verteenwoordiger in Frankryk en is op 29 Maart 1988 in Parys vermoor - De Anti-Apartheidskrant, November 1988, p 1.
29 Amandla, Februarie 1986, p 26; Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1985, p 2; Zuidelijk Afrika Nieuws, Junie 1987, p 9; Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1987, p 20; "4 Mei Krugerplein", http://www.geheugenvanoost.nl, toegang 13 September 2011.
30 G. Schutte, De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika, 1880-2005 II (Uitgeverij Meinema, Zoetermeer, 2005), pp 511-515, 656; VU Magazine, November 1972, 13 September 2011.
31 Memorandum on the relationship between the Free University Amsterdam and the Potchefstroom University for Christian Higher Education: An exchange of views on apartheid (VU, Amsterdam, 1975), Annex IB, pp 5-7; C.F.B. Naudé, Verzet en verzoening: Autobiografie (Uitgeverij Ten Have, Baarn, 1997), p 112.
32 Zwartboek over wetenschappelijke kontakten tussen Nederland en Zuid-Afrika (AABN, Amsterdam, 1980), pp 9, 51, 64; AABN Jaarverslag 1977 (Amsterdam, 1978), pp 16-17; Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1977, pp 1-5 en Februarie 1978, p 16.
33 Zwartboek over wetenschappelijke kontakten ... IV, p 73; Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1983, p 5.
34 Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1983, p 5 en Oktober 1983, p 11.
35 Anne Frank Huis: Een museum met een verhaal (Anne Frank Stichting, Amsterdam, geen datum).
36 Anti-Apartheids Nieuws, April 1973, p 12.
37 Van Lakerveld (red.), Nederland tegen Apartheid, p 13.
38 S.E. van der Watt, "Die opsegging van die Kultuurverdrag Nederland/ Suid-Afrika: 'n Kritiese ontleding", MA-verhandeling, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1992.
39 "Mayibuye!", Anti-Apartheids Nieuws, April 1975, p 7 en September 1975, p 3.
40 Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1977, p 13 en April 1977, p 3; Zuidelijk Afrika Nieuws, April 1978, pp 6, 20.
41. Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1981, pp 8-10.
42. Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1983, p 4 en Februarie 1984, p 7.
43. Van Thijn, BM, p 193.
44. Anti-Apartheidskrant, 1987 (maand en bladsy nie vermeld).
45. Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1982, p 3.
46. BOA Bulletin, Mei 1976, pp 2-5; Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1987, p 8; Nieuwe Rotterdamse Courant (NRC), 16 April 1976.
47. Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet (CAZA, Amsterdam, 1982), pp 1-4; Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1982, pp 3-4 en Februarie 1983, pp 7-10; Amandla, Januarie 1983, pp 6-8.
48. Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet, pp 1-2; Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1987, pp 8-9.
49. Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet, pp 6-8.
50. Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet, pp 9-13; NRC Handelsblad, 14 Desember 1982; E.Jansen, " Kunstenaars over Apartheid", De Volkskrant, 18 Desember 1982.
51. Amandla, Januarie 1983, pp 6-8; NRC Handelsblad, 15 Desember 1982.
52. L. Nas, "Steun voor studie Nederlands uit onverwachte hoek", Zuid-Afrika, November/Desember 1991, pp 192-193.
53. Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1983, pp 7-10.
54. Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet, pp 52-59; Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1983, p 10.
55. Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1987, pp 8-10 en Februarie 1988, pp 3-23; Amandlas Desember 1987, pp 21-22 en Januarie 1988, pp 4-6.
56. CASA Krant (Amsterdam, 1987); CASA Programma Krant (Amsterdam, 1987).
57. W Campschreur and J. Divendal (eds), CASA: Culture in Another South Africa (Zed Books Ltd, London, 1989), p 207.         [ Links ]
58. MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn.
59. Braam, Operatie Vula, pp 133-135.
60. Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1988, p 2.
61. Campschreur & Divendal (eds), CASA, pp 210-215.
62. Campschreur & Divendal (eds), CASA, pp 214-217.
63. "Preamble and Resolutions of the CASA Conference", http://www.sahis-tory.org.za/article/preamble-and-solutions-casa-conference, toegang 20 September 2011.
64. "The value of a conference", http://www.sahistory.org.za/article/value-conference, toegang 20 September 2011.
65. "Amsterdam Memories", De Anti-Apartheidskrant, September-Oktober 1990, p 23.
66. "Galerie De Speer open", Zuidelijk Afrika Nieuws, Oktober 1976, p 8.
67. MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn.
68. H.O. Terblanche, "Vlaandere en Suid-Afrika: Die donker skaduwee van apartheid", Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, Junie 2010, pp 96-97; "Interview met Godfrey Motsepe", Amandla, October 1988, p 25.
69. Gemeenteblad 1991, Bijlage K, p 40.
70. Reformatorisch Dagblad, 26 Junie 1987; I. van Kessel en N. Tellegen (reds.), Afrikanen in Nederland (KIT/Afrika Studiecentrum, Amsterdam/Leiden, 2000), p 75.
71. MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn; Amandla, Oktober 1988, p 25.
72. "ANC office in Amsterdam", Sechaba, Mei 1989, p 11.
73. MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn.
74. De Anti-Apartheidskrant, April/Mei 1989, p 1.
75. Amandla, Februarie 1990, pp 14-15.
76. De Anti-Apartheidskrant, Februarie-Maart 1990, pp 1, 5-8.
77. MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn.
78. I. van Kessel, Nelson Mandela in een notendop (Uitgeverij Bert Bakker, Amsterdam, 2010), p 146.
79. Webdossier Nelson Mandela en Nederland II (Internationaal Instituut voor Sociale Geschiedenis, Amsterdam, 2011), pp 9-11.
80. Webdossier Nelson Mandela en Nederland II, pp 14-15.
81. Braam, Operatie Vula, pp 252-253.
82. Van Aurich en Braam (reds.), Lauriergracht 116, pp 82-83; Amandla, Maart 1990, p 6.
83. Braam, Operatie Vula, pp 254-255 ; De Anti-Apartheidskrant, September/Oktober 1990, p 31; Van Thijn, BM, pp 148-149; Webdossier Nelson Mandela en Nederland I, pp 16-17.
84. Van Aurich en Braam (reds.), Lauriergracht 116, pp 85, 109; Die Burger, 19 Februarie 1990.
85. "Wim Kok: Mandela een vader voor ons allemaal", http://www.iisg.nl/collections/anü-apartheid/mandela/meeting-kok.php, toegang 31 Augustus 2011.
86. Van Thijn, BM, p 149; Webdossier Nelson Mandela en Nederland II, pp 18-21.
87. Reformatorisch Dagblad, 18 Junie 1990.
88. G.J. Schutte, De Roeping ten aanzien van het oude Broedervolk: Nederland en Zuid-Afrika, 1960-1990 (SAI, Amsterdam, 1993), p 5.
89. Zuid-Afrika, Oktober 1996, p 164.
90. Webdossier Nelson Mandela en Nederland II, p 23.
91. Webdossier Nelson Mandela en Nederland I, pp 22-23; Webdossier Nelson Mandela en Nederland II, pp 22-23.
92. "Nelson Mandela in Nederland", Zuidelijk Afrika I, 1999, pp 4-5.
93. President Mandela in the Netherlands (Embassy of South Africa, Den Haag, 1999), p 15.
94. President Mandela in the Netherlands, pp 16-19.
95. "Man van de eeuw in Nederland!" NiZA Nieuws, Voorjaar 1999, 1, p 1.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License