SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2Professor Bunyan Booyens (14 Januarie 1916 - 25 Mei 2010): in memorianProf. Bun Booyens - geliefde mens en allemansvriend: in memorian índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Historia vol.55 no.2 Durban Nov. 2010

 

IN MEMORIAM

 

Oom Bun - dosent en historikus

 

 

Hermann Giliomee

 

 

Dit was 'n groot voorreg om die merkwaardige mens te ken wat vir my en so baie ander "Oom Bun" was. Ek het in my laat-twintigerjare by die Departement van Geskiedenis op Stellenbosch aangesluit, net nadat hy daar weg is. Dit was om bepaalde redes 'n moeilike omgewing en hy was altyd bereid om te luister en raad te gee sonder om iemand te na te kom. In baie opsigte was hy 'n wonderlike brug tussen die gevestigde manne en die nuwe geslag van historici wat soms ongeduldig met die ouer garde was. Lojaliteit was by hom 'n wagwoord.

Hy was 'n veel beter historikus as wat besef word en ek het min twyfel dat sy biografie oor die eerste deel van dr. D.F. Malan se lewe van veel hoër gehalte is as die een van prof. Thom oor die tweede deel van Malan se lewe. Die groot verskil was dat hy die mens agter dr. Malan se openbare beeld raak gesien het en nie belang gestel het in die poets van 'n historiese beeld nie.

By hom was daar die onmisbare kwaliteite vir 'n dosent en ook vir 'n historikus: opregte belangstelling, geesdrif, empatie en die bereidwilligheid om baie hard te werk om luisterbaar en leesbaar te wees. Daarsonder is die skryf of doseer van geskiedenis dood.

Dan was daar ook by hom die belangrike besef dat waar die historikus afstand moet hê ten opsigte van die vorige geslagte, hy hulle nie mag afsweer of verguis nie. Die nuwe geslagte is altyd 'n verlengstuk van vorige geslagte. Ons moet op hulle werk voortbou (of dit wat skandelik of oorbodig is, sloop), altyd met die oog daarop om Suid-Afrika 'n beter plek vir al sy mense en gemeenskappe te maak. En hy het die besef uitgeleef dat 'n mens buitengewoon geseënd is om in die Afrikaanse gemeenskap 'n bydrae te kan lewer. "Oom Bun" het Afrikaans-wees 'n plesier gemaak. Ek is baie bly dat ek hom geken het. Sy afsterwe laat 'n groot leemte.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons