SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2Maria Hugo - soeker na waarheid: in memorianOom Bun - dosent en historikus: in memorian índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Historia vol.55 no.2 Durban Nov. 2010

 

IN MEMORIAM

 

Professor Bunyan Booyens (14 januarie 1916 - 25 mei 2010)

 

 

Matilda Burden

 

 

 

'n Legende in sy eie leeftyd

Bun Booyens is een van die min mense wat werklik in sy eie leeftyd 'nlegende geword het - 'nalombeminde en verkwiklike legende. 'nGesprek met hom was altyd soos om uit 'nstroom vars bergwater te drink; 'ntydjie saam met hom, en jou lagspiere was lam, jy is gelaat met 'ngevoel van behaaglikheid...

Bunyan Booyens is op 14 Januarie 1916 op Nelsrivier in die distrik Oudtshoorn gebore. Hy het skoolgegaan in 'nplaasskool en die Hoërskool De Rust, in 1934 gematrikuleer en daarna aan die Oudtshoornse Opleidingskollege gestudeer. Na 'npaar jaar in die onderwys, het hy verder aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en in 1946 'nMA-graad in Geskiedenis behaal. Vir nog veertien jaar het hy die onderwys op Worcester, George, Robertson en Oudtshoorn gedien, waarna hy aangestel is as die persoonlike assistent van die rektor van die Universiteit van Stellenbosch. In dieselfde tyd was hy ook redakteur van Matieland. In 1963 is hy aangestel as senior lektor in Geskiedenis en het hy ook 'ndoktorsgraad in Geskiedenis verwerf.

Booyens het 'nleidende aandeel gehad in die samestelling van die omvattende werk Stellenbosch, 1866-1966, Honderd jaar hoër onderwys, wat tot vandag steeds 'nwaardevolle naslaanwerk oor die universiteit en sy voorlopers is. Sy ander publikasies wat die vakgebiede Kultuurgeskiedenis, Volkskunde en Geskiedenis dek, het deur die jare 'ngroot bydrae tot die vakliteratuur van dié dissiplines gemaak en dien as getuies van 'ndeeglike navorser en bekwame skrywer.

In 1967 is hy aangestel as professor in Afrikaanse Kultuur- en Volkskunde en het hoof van hierdie departement gebly tot met sy aftrede in 1981. Sy gewildheid as dosent was legendaries en sy klasse het oorgeloop van talle studente wat nie eers die vak gevolg nie. Hy was ook verantwoordelik vir die instel van die eerste nagraadse professionele Diploma in Museumkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, wat die eerste van sy soort in Suid-Afrika was.

Prof. Booyens het gedien op verskeie rade waar hy betekenisvolle bydraes gelewer het tot die bewaring van die kultuurerfenis en om Suid-Afrikaners bekend te stel aan akademiese kwessies rondom kultuur en erfenissake. Hy was ook dikwels betrokke by radioprogramme en het male sonder tal opgetree as 'nuiters gewilde geleentheidspreker. Met verloop van tyd het hy ook die nodige erkenning vir sy werk en toewyding gekry en 'nhele aantal toekennings van vooraanstaande kultuurorganisasies ontvang.

As sekerlik die gewildste en mees geliefde koshuisvader van alle tye, het Oom Bun vir sewentien jaar die pos van inwonende hoof van die manskoshuis Eendrag op Stellenbosch beklee. In hierdie hoedanigheid het hy in duisende studente se lewens 'nbesondere plek vervul, hulle ondersteun en onderskraag en met 'nvlymskerp humorsin, altyd die positiewe in die lewe laat raaksien.

Oom Bun was passievol oor rugby en het ook op dié terrein bydraes gelewer. Hy was baie, baie lief vir sy honde, vir musiek en vir tuinmaak.

Almal wie se lewens deur hom aangeraak is, het ryker mense geword. Hy is dikwels "die klein mannetjie met die groot gees" genoem, en sy grootheid het gelê in sy eenvoud en nederigheid.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons