SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachersBook Feature author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Historia

    Print version ISSN 0018-229X

    Historia vol.55 no.1 Durban May 2010

     

    Herinneringe: diegene wat my besiel en belnvloed het: Ou Dok McGill

     

    Reminiscences: those who inspired and influenced me: Ou Dok McGill

     

     

    At van Wyk

     

     

    As ek op skool nie met dr D.C. McGill te doen gekry het nie, het ek sekerlik op 'n onhistoriese pad beland -wat ' n aaklige gedagte. Ek praat van my onnie in geskiedenis aan die Hoerskool Koffiefontein in die Suid-Vrystaat waar ek aan die begin van 1948 inval vir Standerd IX en matriek na ek van Sub A tot Standerd VIII klaargemaak het aan die Junior Hoërskool Goedemoed aan die Vrystaatse oewer van die Groot Gariep tussen Aliwal-Noord en Bethulie.

    Ou Dok, soos ons hom genoem het, was van Skotse afkoms, ' n raps oor die ses voet lank in die ou taal, sproeterig, effens geboe, met 'n betreklik kalerige kop en lang hare wat hy skuins agteroor gekam het, skelerig in een ~Og, met 'n bril -en 'n skelm humorsin. Hoe hy en sy mooi klein vroutjie Mary op Koffiefontein beland het, weet ek nie -dalk vanwee die Engelssprekende gemeenskap wat feitlik deur die bank verbonde was aan die dorp se tamaai, oop diamantmyn in De Beers se besit; en jare lank hul eie Presbiteriaanse kerk op die dorp gehad het.

    Hy gee onderwys aan dieselfde skool vir 'n leeftyd sonder om bevorder te word, hoewel hy uitgeknip is om skoolhoof te word. Benewens die feit dat hy by die leerlinge en ouers gewild is, het hy sedert 1943 ' n doktoraat in geskiedenis by die Universiteit van Kaapstad oor die onderwerp, "A History of the Transvaal 1853-1864, with a New Interpretation of the Transvaal-Zulu War of 1879". Inmy boek, The Birth ofa New Afrikaner (1991 , p 63) vertel ek van my klasse in geskiedenis en Engels by Ou Dok "whose undoing in the eyes of the educational authorities was his Scottish extraction, non-membership of the Dutch Reformed Church and non-Nationalist spirit" ...

    He taught me to look at the past with critical eyes, but I found it unsettling to learn from him that the Voortrekkers had not been the saints I had imagined and that the longstanding accusation against them of turning captured black children into slaves was not unfounded. My regard for him as an open-minded man and teacher allowed me to reconcile my own nationalist beliefs with his views.

    My onderskeiding in geskiedenis onder sy leiding in matriek, sy kritiese kyk op die verlede en sy geesdrif om Boertjies Engels te leer, maak dat ek in 1950 by die Universiteit van die (Oranje-)Vrystaat inskryf vir BA met Geskiedenis en Engels my hoofvakke. Daar kom ek onder die invloed van prof. C.J. (Charlie) Uys, hoof van die departement, met sy fynbesnede bokbaardjiegesig, wat bekend bly om sy In the Era of Shepstone; en breedgeskouerde prof. J.J. Oberholster (Obie), twee jaar lank my rugbyafrigter -vroeër gevierde stut van die Matiespan.

    Twee meer uiteenlopende karakters is kwalik te bedink, maar albei met kennis van en liefde vir hul yak. Terwyl Obie voorbereide lesings dikteer teen 'n pas wat jou gewrigsontsteking gee, sit Charlie by sy tafel en vertel jou flenters van die RetiefDingane-traktaat of die geboortedag van Paul Kruger wat bakens word in sy lesingportefeulje van daardie tyd. Of hy kom in en skiet jou met vrae oor die politiek van die dag teen die doek van die verlede.

    So vat hy Ou Dok se skoolse voorlesings en kritiese kyk verder en wyer en voltooi ek my graadjaar met onderskeiding in Geskiedenis voordat ek die volgende jaar Honneurs in Geskiedenis verwerf. Indie loop van hierdie jaar doen ek op Obie se advies (en sonder enige voorkeur aan my kant) aansoek by Die Volksblad waar ek in 1954 lid van die redaksie word onder die vermaerde Hubert Coetzee, bestuurder/redakteur.

    In my joernalistieke loopbaan van 15 jaar by verskillende nuusorganisasies leer ek om Afrikaans op die man af met eenvoud en liefde te gebruik -'n praktiese opleiding wat vir niks ter wereld te verruil is nie en in Durban ten einde loop. Indie jare sestig kom my oudkamermaat op Kovsies, Jan St Elmo Pretorius, na Durban as hoof van die departement geskiedenis by die Universitit Durban-Westville en oorreed my in 1969 om ' n pos as junior lektor in sy departement te aanvaar -'n gewaagde loopbaanverandering wat ek nog nooit betreur het nie.

    Ek word dadelik MA-student onder my ou leermeester, prof. Obie Oberholster van UV, en voltooi my skripsie, "Dinuzulu en die Usutu-opstand van 1888" in ' n jaar of twee, waarna ek met doktorale navorsing onder hom begin -huisvriende word -en in 1977 die D.Phil-graad verwerf met as onderwerp "Politieke Woelinge in Natal 1910-1915". Toe is ek by Tukkies in Pretoria waarheen prof. Floors van Jaarsveld my met etlike briewe gelok het -ek het hulle as bewysmateriaal -om vir die "room van die volk" (Boerekinders) te kom klasgee. Ek vind uit die room raak ook maar suur soos elkeen graag wil weet wat die eksamenvrae gaan wees.

    Ek raak bevriend met prof. C.F.J. Muller, 'n naby-buurman en na vier jaar verskuif ek na Unisa onder hom as hoof van die departement waar ek in 1992 uittree. So speel ses mense elk 'n betekenisvolle rol in my wording as historikus -dr D.C. McGill, proff. C.J. Uys, J.J. Oberholster, Elmo Pretorius, F.A. van Jaarsveld en C.FJ. Muller -met heel voor in die tou, Ou Dok McGill.

    In die voorwoord van my proefskrif bedank ek in November 1977 vir prof. Obie Oberholster as my promotor en vervolg: "'n Hartlike dankwoord ook aan dr D.C. McGill van Koffiefontein wie se liefde vir die geskiedenis in sy laat sewentigerjare nog net so sterk soos in die voorafgaande halfeeu brand. Aan Ou Dok, wat geslagte leerlinge aan hierdie klein Vrystaatse dorpskool ge"inspireer het, word die dissertasie opgedra."

    Kort nadat ek die graad verwerf het, bel ek hom een laatmiddag van Bloemfontein af en vra of ek hom kan besoek -hy nooi my hartlik uit. Toe ek skemerdonker by hom stilhou, wag hy my ooparms op sy sypaadjie in en lei my die huis binne vir 'n geskiedeniskuier van duskant twee uur. Ons groet daarna is ons laaste fisieke aanraking van mekaar.

    Ou Dok, wat ook 'n boek oor Koffiefontein skryf, skuif later met sy vrou na 'n aftreeoord naby hul dogter Mary, getroud met Nico Bester, by Ficksburg. Daar bel ek hom van tyd tot tyd en hy beland later in 'n rolstoel, maar sy gees bly borrel. "My bene wil nie," se hy, "maar my kop hou." Inderdaad, ja, want elke belslag eindig in 'n geskiedenisles.

    Een oggend bel Mary en se hy's in die nag dood en wil ek iets op sy begrafnis kom se? Bittergraag, ja, maar ons kar staan opgepak vir 'n reis Kaap toe. Ek faks 'n afskeidsgroet aan Ou Ook wat op die begrafnis voorgelees word, se Mary later. My ou leermeester is dood -rondom 97 jaar oud.

    Wat 'n verrassing toe ek in 2009 my gevoel vir hom uit onverwagte oord onderskryf kry. My manuskrip vir my boek oor die geskiedenis van Hansard, Hoar! Hoor! Hansard -Honderd Jaar Debat 1910-2010, word toe op Stellenbosch geredigeer deur Linde Dietrich. Met ons uitruil van persoonlike inligting lees sy van Koffiefontein en, skryf sy, raak sy weemoedig, want haar pa, prof. 1.1. de Villiers van die Kweekskool op Stellenbosch en vroeer in die jaar dood, het in 1938 matriek geskryf op Koffiefontein en altyd vertel van sy liefde vir sy geskiedenisonnie D.C. McGill.

    Met liefde en agting vir Ou Dok McGill.