SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

Print version ISSN 0018-229X

Historia vol.55 no.1 Durban May 2010

 

Die Dorslandtrekke na Angola en die redes daarvoor (1874-1928)

 

The Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind them

 

 

Nicol Stassen

 

 


OPSOMMING

Gedurende die laat negentiende eeu het verskeie georganiseerde trekke Transvaal verlaat. Die eerste van hierdie trekke het die ZAR in Mei 1874 verlaat. Nadat die eerste drie trekke hulle verenig het, het hulle na bykans sewe jaar in Januarie 1881 by Humpata op die Huila-hoogland in die Portugese kolonie Angola gevestig. Vanaf 1892 tot 1894 het drie verdere graot trekke gevolg. Na die laaste groot trek in 1907 het die Portugese owerheid verdere Boeretrekke verbied. In1928 is ongeveer 2 000 Angola-Boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer, terwyl 380-470 persone in Angola agtergebly het.
Dié trekke was komplekse verskynsels as gevolg van ekonomiese, godsdienstige en politieke faktore. Aanvanklik was teenkanting teen die "ongodsdienstige" en "Iiberale" regering van T.F. Burgers die belangrikste trekredes. Nuwe arbeidswetgewing, onsekere politieke toestande, interne verdeeldheid in Transvaal en ekonomiese redes het ook bygedra. Gebrek aan grond, bevolkingsdruk, armoede, vrees vir nuwe belasting en die soeke na nuwe jagvelde het waarskynlik 'n minder belangrike rol gespeel. Vrees vir die beskawing en Britse imperialisme, die koms van intensiewe boerdery, goudkoors, draogtes of natuurrampe en die "trekgees" of "trekkoors" het waarskynlik geen rol gespeel nie.

Sleutelwoorde: Angola; Angola-Boere; T.F. Burgers; Doppers; Dorsland; Dorslandtrek; Dorslandtrekkers; Gereformeerde Kerk; Humpata; jagters; Jerusalemgangers; migrasie; Transvaal; trek; trekgees; trekredes; Zuid-Afrikaansche Republiek.


ABSTRACT

During the late nineteenth century a number of organised treks left the Transvaal. The first of these left the ZAR in May 1874. Seven years later, in January 1881 , after the amalgamation of the first three treks, they settled at Humpata on the Hufla highlands in the Portuguese colony of Angola. From 1892 to 1894 three further major treks followed. After the last major trek in 1907 the Portuguese government prohibited further treks. In 1928 about 2 000 Angola Boers were repatriated to South-West Africa, while 380-470 remained in Angola.
These treks were complex phenomena as a result of economic, religious and political factors. Initially, resistance to the "irreligious" and "liberal" government of T.F. Burgers were the most important reasons for the trek. New labour legislation, political uncertainty, internal dissent in the Transvaal and economic factors also contributed to the dissatisfaction. Lack of sufficient farming land, population pressure, poverty, misgivings about new taxes and the search for new hunting grounds probably played a minor role. Dread of modernisation and British imperialism, the introduction of intensive farming, gold fever, drought or natural disasters and the "trekking spirit" or "trek fever" probably played no role at all.

Keywords: Angola; Angola Boers; T.F. Burgers; Doppers; Thirstland; Thirstland Trek; Thirstland trekkers; Reformed Church; Humpata; hunters; Jerusalemgangers; migration; Transvaal; trek; trek spirit; reasons for trekking; South African Republic.


 

 

Inleiding

Vandag het die Dorslandtrekke in 'n mate uit die historiese geheue van die Afrikaners verdwyn. 'n Gesaghebbende werk van meer as 650 bladsye oor die geskiedenis van die Afrikaners (2004) deur 'n leidende historikus, Hermann Giliomee, wy slegs een paragraaf daaraan.1 Reeds in 1897, toe baie van die oorspronklike Dorslandtrekkers nog geleef het, het AJ. van der Walt bevind dit is moeilik om betroubare inligting daaroor in te win.2 J.L. Hattingh het eweneens opgemerk dat oor feitlik al die Dorslandtrekke min primere bronne bewaar gebly het.3 Hierdie stelling is deur latere navorsers oor die onderwerp herhaal.4 J. von Moltke het gevolglik beweer:

Die ongelukkige gevolg hiervan is dat ' 0 menigte wanindrukke oor die geskiedenis van die Dorslandtrekke, hul oorsake en hul betekenis, lank genoeg kans gekry het om in die volksgedagte wortel te skiet.5

Verskeie boeke is al oor die Dorslandtrekke en die Afrikaners in Angola gepubliseer.6 Die eerste omvattende en omvangryke werk vir die tydperk tot 1895 is deur Hattingh (1975) onderneem. Dit is die enigste werk wat die verskillende trekke uit die twee Boererepublieke in samehangende verband ondersoek, beskryf en probeer verklaar.7 Die omvangrykste studie oor die Dorslandtrekke is die van N.A. Burger (1978). Dit behels onder meer 'n diepgaande en besonder volledige beskrywing van verskillende trekke en die redes daarvoor.8 Die omvangrykste studies oor die Afrikaners van Angola, H.F. Heese se MA-verhandeling (1974) en sy doktorale proefskrif (1976), konsentreer op die tydperk 1881-19289

 

Voorlopers van die Dorslandtrekke (1868-1873)

Die Dorsland is die deel van die Kalahari waardeur die Dorslandtrek na Angola plaasgevind het.10 Die Dorsland val grootliks in die Sentraal-Kalahari in die huidige Botswana en was reeds teen 1840 aan Griekwas, Transvaalse jagters en Engelse handelaars en sendelinge bekend. In 1851 het die eerste Transvaalse jagters tot by die Ngamimeer deurgedring op soek na nuwe jagvelde.11

In 1868 was daar sprake daarvan dat Hendrik van Zyl met 'n groep jagters na Damaraland sou trek. Onder die ekspedisielede was Hendrik Adriaan Greeff (die skoonvader van genl. J.H. de la Rey en die stigter van Lichtenburg); die bekende Transvaalse pionier en grootwildjagter Jan Viljoen; ene Jacobs, ene Engelbrecht, Barend Bouwer en Lucas Marthinus Swartz.12 Hendrik van Zyl en sy seuns; Stephanus Oosthuizen, Cornelius Louwrens en sy seuns; Barend Bouwer, Flip Scheepers en Jan MacDonald was die voorlopers van die latere georganiseerde trekke.13 Dit Iyk nie of hulle georganiseerde trekke beplan het om Transvaal permanent te verlaat nie, hoewel die meeste van hulle in later jare tog in Angola beland het.

Teen 1873 was daar gerugte van 'n nuwe emigrasie, die eerste groep trekkers wat beoog het om die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) permanent te verlaat. Stephanus Oosthuizen was onder die eerstes wat die ZAR verlaat het en hy het op 8 Maart 1873 van die omgewing van Zeerust vertrek.14

 

Die eerste drie Dorslandtrekke (1874--1880)

Die sogenaamde "Dorslandtrek" het eintlik uit 'n aantal afsonderlike trekke uit die Zuid-Afrikaansche Republiek bestaan. Die eerste trek onder leiding van Gert Alberts sou later as die Van der Merwe-Alberts-trek bekend staan. Nadat die eerste trekkers (aanvanklik dertien gesinne) op 20 Mei 1874 by die Elandsrivier in die Groot-Marico bymekaargekom het, het hulle die ZAR in Mei 1875 verlaat.15 Oit lyk nie of die eerste trekkers aanvanklik 'n spesifieke bestemming in die oog gehad het nie.16

Op die eerste trek se spoor het 'n kleiner trek gevolg, bestaande uit die gesinne van Gerhardus Marthinus Smit en Petrus Chrisparus Jacobs. Hulle het later by die Meer omgedraai en by die tweede trek aangesluit.17 Die Meer was die rivier wat uit die Ngamimeer na die Zambezi gevloei het, terwyl die Ngamimeer die Dam of die "Lake" genoem is.18

Die tweede trek (aanvanklik sewe gesinne) het op 29 April 1875 by Zoutpanslaagte aan die Apiesrivier bymekaargekom en in April 1877 die ZAR verlaat. Jan Greyling is aanvanklik as kommandant en Louw du Plessis as veldkornet verkies. As gevolg van interne verdeeldheid en die gebrek aan goeie leierskap het hierdie groep se leiers voortdurend verwissel. Later het nog trekkers by hulle aangesluit, tot die groep uit meer as 100 gesinne, 128 waens, 'n geskatte 480 persone, 1958 trekosse, 7 536 beeste, 483 perde, 1 034 skape en bokke, 32 donkies, 213 honde en 486 stuks pluimvee bestaan het.19 Die meerderheid van hierdie trekkers was lidmate van die Gereformeerde Kerk.20 Hulle was by benadering uit die volgende distrikte in die ZAR afkomstig: Pretoria (50 gesinne); Rustenburg (37 gesinne); Potchefstroom (7 gesinne); Waterberg (6 gesinne); Heidelberg (3 gesinne); Marico (2 gesinne) en onbekend (4 gesinne), wat 'n totaal van 109 gesinne gee.21

Die derde trek (8 gesinne, 40 persone) onder Jacobus Frederik (Koos) Botha het op 24 April 1877 op die plaas Dwarsspruit by Rustenburg bymekaargekom en kort daarna die ZAR verlaat.22

Veral die tweede trek is gekenmerk deur onbeskryflike Iyding as gevolg van honger en dors in die Kalahariwoestyn en malaria en koors aan die Okavango. Die tog het so 'n diep indruk op sommige mense gemaak dat dit al bestempel is as "the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race".23 Van die ongeveer 600 persone wat uit die ZAR vertrek het, het minder as die helfte Angola bereik. Sowat 'n kwart van die trekkers het aan ontbering, siektes (veral malaria), die eet van giftige veldplante en jagongelukke beswyk of is deur Boesmans vermoor, terwyl 'n ander kwart van hulle nie vir verdere ontberings kans gesien het nie en na Transvaal teruggekeer het. Een moeder het in 1881 aan ds. Jan Lion Cachet verklaar dat "als wij ooit weder naar Transvaal terug willen en het pad vergeten zijn, dan zullen wij het kunnen weervinden langs de graven onzer kleinen."24

 

Vestiging in Angola (1881-1890)

Nadat die eerste drie trekke verenig en vir 'n paar jaar in die noorde van SuidwesAfrika rondgetrek het, het vader Charles (Carlos) Duparquet van die Orde van die Heilige Gees (Congregation du Saint Esprit et du Saint Coeur de Marie) hulle aangeraai om na die vrugbare gebied by Huila en Humpata in Portugees Wes-Afrika te trek.25 Teen September 1880 het die gesamentlike trekgeselskap, bestaande uit 57 gesinne (270 persone), 61 waens, 840 trekosse, 2 160 beeste, 120 perde en 3 000 skape en bokke, in Angola aangekom.26

Nadat 'n afvaardiging van nege Boere onderhandelinge met die Portugese goewerneur van Moc;amedes, Sebastiao Nunes de Mata, aangeknoop het, is op 18 September 1880 'n ooreenkoms bereik waarvolgens, onder meer, grand aan hulle afgestaan is en hul onderneem het om die Portugese owerheid en wette te eerbiedig27 Hierdie ooreenkoms is op 28 Desember 1880 bekragtig.28

Op 4 Januarie 1881, mi ses jaar van rondswerf, het 55 tot 60 gesinne (270 tot 277 person e) hulle te Sao Januario de Humpata op die waterryke hoogland van Angola gevestig.29 In 1882 het die graaf van Mayo die oorlewendes van die trek by Humpata soos volg getipeer: "A finer set of men I have never seen. Without doubt, during that terrible journey it was a case of the survival of the fittest."30

Teen 1 Julie 1883 het die Boerekolonie aangegroei tot 325 blankes en 43 swart arbeiders. Hulle het 61 huise gehad maar hulle besittings het gedurende die vorige twee jaar verder afgeneem tot 52 ossewaens, 523 trekosse, 511 beeste, 8 perde, 71 skape en 79 bokke? Mettertyd het hulle ook elders op die hooglande van Angola (soos Bie, Mombolo, Que, Cubal, Caconda, Hanha, Sacanjimba en ander) gevestig en klein Afrikanergemeenskappies gevorm. Hulle het hoofsaaklik 'n bestaan van boerdery, jag en transportry gemaak.

 

Latere trekke na Angola (1891-1928)

'n Klompie kleiner trekke het gedurende 1891-1892 uit Transvaal vertrek en op die trekpad verenig in 'n "vierde trek" van elf gesinne in sewentien waens, onder Willem Prinsloo se leiding, wat teen 20 Desember 1892 in Humpata aangekom het.32 Hulle is in die loop van 1892 gevolg deur gesinne van die Rustenburg-omgewing wat via die Ngamimeer na Angola getrek het33 In Junie 1892 het ongeveer 30 gesinslede van die Rustenburgse broers lO.M.S. en W.F.A. Kirsten en hulle swaer P.O. Breedt per skip na Humpata vertrek34

Op 3 Desember 1892 het nog 'n trek (die "vyfde trek") van sewe huisgesinne onder Koos Hamman van die distrik Bethal vertrek. Hulle het op II November 1893 in Humpata aangekom. Sommige van hulle was oorlewendes van die rampspoedige tweede Dorslandtrek wat in Of 1878 6f 1887 na Transvaal teruggekeer het.35

Teen die einde van 1892 het 'n verdere groep mense van die Hoeveld van OosTransvaal begin trek. Trekkers uit Rustenburf het teen die einde van Mei 1893 hulle plase verlaat en by hierdie groep aangesluit.3 In die loop van 1893 het ongeveer 100 huisgesinne van hierdie gesamentlike trek (die "sesde trek") Transvaal verlaat. Een gedeelte -bestaande uit 63 gesinne (66 waens) onder kommandant I.M. Lombard het oor die bekende Dorsland-trekroete oor Ngami tot by Ohanzi getrek waar 'n tweede trek -28 waens onder PJ. en H -I. Steyn, wat oor Lehututu en Kang in die suide van Betsjoeanaland getrek het -by hulle aangesluit het. Teen hierdie tyd het sewe waens by Ngami omgedraai en na Transvaal teruggekeer. Later het die trek weer in twee groepe verdeel. Ongeveer 70 gesinne het na Angola getrek, en die res na Suidwes-Afrika37 Sommige gesinne wat aanvanklik na Suidwes-Afrika getrek het, het later ook na Angola getrek. Omdat die lede van die sesde trek meer in die sentrale dele van Angola by Que, Bie, Cubal, Caconda en Mombolo gaan woon het, was hulle in 'n mate geografies en kultureel van die Afrikaners by Humpata ge'isoleer.38

Ná die Anglo-Boereoorlog het 'n aantal individue, vir redes wat met die Anglo-Boereoorlog verband hou, na Angola verhuis. Dit was meestal enkellopende mans wat gedurende die oorlog gevange geneem of ge'interneer is of hulle familielede verloor het.

Die "sewende trek" het op 9 Mei 1905 van Palapye vertrek en op 8 Mei 1906 in Belmonte, Bie die laaste keer uitgespan. Dit het uit 11-12 gesinne (31 volwassenes en 27 kinders) in 13 waens uit die Waterberg bestaan39

Na 1907 was daar geen groot trekke na Angola nie, waarskynlik omrede die maatreels wat waarnemende goewerneur-generaal Henrique Mitchell de Paiva Couceiro ingestel het om verdere trekke aan bande te le.40

Benewens die groot georganiseerde trekke het 'n individue of lede van kleiner trekgroepe vanaf 1880 tot 1927 by die Angola-Boere aangesluit. Een groep het vir sowat twaalf jaar getrek voordat hulle Angola in 1924 bereik het.41 Gedurende 1911 1912 het 'n trek bestaande uit die weduwee Cecilia Johanna Scholtz met drie volwasse kinders asook F.N. (Frikkie) de Flamingh en S.O. (Fanie) Lambert van Grootfontein in Duits-Suidwes-Afrika na Angola getrek.42

By afloop van die Rebellie in 1914-1915 het Manie Maritz en enkele van sy rebelle deur Duits-Suidwes-Afrika na Angola gevlug, voordat hulle in Angola en Portugal vir die duur van die oorlog geTnterneer is. Onder hulle was Manie (Salomon Gerhardus) Maritz (wie se vrou en kinders later by hom aangesluit het); Koos de Klerk (wat in Alcobaça op 19 Maart 1919 met Maria Catarina Leão de Almeida e Silva getroud is); en Dietlof Siegfried Mare (wat in Angola op 2 lanuarie 1918 met Anna Susanna Catharina Groesbeek getroud is). Nfl die oorlog is die meeste van hulle weer terug na Suid-Afrika.43

In Oktober 1921 het nege gesinne van Ghanzi getrek en gedurende 1922 by Sacanjimba in Bie aangekom.44 Gedurende die tydperk 1923-1925 het 'n verdere 45 Suid-Afrikaanse immigrante hulle in Angola gevestig.45

Hierdie groot aantal individue wat by die Afrikanergemeenskap in Angola aangesluit het (of onder hulle ingetrou het), is al as 'n "agste Dorslandtrek-groep" bestempel. Onder hulle was daar ander Afrikaners, Engelssprekende Suid-Afrikaners, Engelse, elf Duitsers, ses Nederlanders, 'n Belg, 'n ltalianer, 'n Pool, !wee Switsers, Portugese van Portugal, Macau, die Kaap-Verdiese Eilande en Madeira en selfs 'n Portugese lood van Marokko.

Mettertyd het die verhouding met die Portugese owerheid begin versuur. Nil bykans 50 jaar het die Boere in 1928 besluit om Angola te verlaat en na die destydse Suidwes-Afrika te repatrieer. Vanaf 22 Augustus 1928 tot 27 Februarie 1929 is 1922 persone (ongeveer 373 gesinne) met die "Groot Trek uit Angola" na Suidwes-Afrika gerepatrieer.46 Ongeveer 380-470 Afrikaners het in Angola agtergebly.

 

Redes waarom die Afrikaners na Angola getrek het

Oor die redes waarom verskillende groepe mense gedurende die laat negentiende eeu deur die droe westelike dele van Suider-Afrika na Angola getrek het, is tot op hede nie eenstemmigheid bereik nie. Dit word ook tot vandag toe nie afdoende verklaar nie. Daar kan egter aanvaar word dat die trekke komplekse verskynsels was wat waarskynlik die gevolg van 'n hele aantal ekonomiese, godsdienstige en politieke faktore was.47 Dit sou ook 'n fout wees om te dink dat al die trekke gemeenskaplike oorsake het, hoewel daar soms heelwat ooreenkomste in die oorsake van die verskillende trekke is.48

I. Godsdienstige redes

Hattingh meen dat daar godsdienstige redes gesoek moet word omdat die meeste trekkers lidmate van die Gereformeerde Kerk was.49 Die vroegste bronne noem "de ongodsdienstigheid der regering; de geheele vrijmaking der gekleurden; en andere onbestaanbare wetten" as redes waarom hulle getrek het.50

Onder "de ongodsdienstigheid der regering" moet ontevredenheid met die "Iiberale" regering van die nuwe president Thomas François Burgers (presidentstermyn 1872-1877) verstaan word51 Van die vernaamste besware teen Burgers was sy "dwaalleringe"; sy onderwyswet wat godsdiensonderrig in skole tydens skoolure verbied het; die feit dat hy soms op Sondae gereis het, soms by danspartye en dinees aanwesig was en dat hy 'n Vrymesselaar was.52 Pres. Burgers het veral sterk teen stand uit die geledere van die Doppers (Iidmate van die Gereformeerde Kerk) gekry.53 Dit is dus geen wonder nie dat die meerderheid Dorslandtrekkers uit die geledere van hierdie kerk se lidmate gekom het nie.54 Onder die trekkers was verskeie stigterslede van die Gereformeerde Kerk soos RJ. (Dolf) Holtzhausen, SJ. Kruger, PJ. (Piet) Venter (Paul Kruger se stiefpa), J.J. (Jurie) Bekker, G.C. (Gert) Snyman, L.A. (Louw) Snyman, L.M. (Louw) du Plessis, D. Erasmus, F. Robbertse en J. Robbertse.55

Een moontlike trekrede wat tot dusver weinig aandag van historici geniet het, was die gebrekkige leierskap van die Gereformeerde predikante, die onderlinge kerklike twiste en die "algemene doodsheid" in die Gereformeerde Kerk in Transvaal. Die feit dat ds. NJ.R. Swart as Gereformeerde predikant van Pretoria (1866-1871) bedank het om staatsekretaris van die "liberale" Thomas Burgers te word en die feit dat sy opvolger ds. J.S.L. Venter (1872-1880) 'n "dubbele rol tydens die anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1877 gespeel" het, het waarskynlik in geen geringe mate tot die ontevredenheid van die Gereformeerde lidmate bygedra nie.56 Dit sou ook 'n verklaring kon bied hoekom juis Gereformeerde lidmate van die Rustenburg-Pretoria-omgewing so 'n groot deel (sowat 80%) van die eerste drie trekke uitgemaak het.

Onder die godsdienstige beweegredes moet die soeke na 'n aardse paradys of Nuwe Jerusalem nie uit die oog verloor word nie. Claasen het reeds verwys na die verband tussen prominente lerusalemgangers en persone wat aan die Dorslandtrek deelgeneem het.57 Dit word gestaaf deur 'n verklaring van William Worthington Jordan: "Gert Alberts again said that his father [Andries] prophesied that the Transvaal was but a resting place for them for a time, and that they like the Children of Israel will have to cross the river Jordan. If not they, their children."58 Dit is 'n amper woordelikse eggo van ds. Andrew Murray se woorde in 1849 oor die Jerusalemgangers: "Zij zijn degenen, die op weg zijn naar Jeruzalem en hunne tegenwoordi~e woningen slechts als een rustplaats beschouwen op den weg daarhenen."59

Die gebrek aan geestelike leierskap deur predikante het moontlik aanleiding gegee tot die belangrike rol wat profete, visioene en drome gespeel het in die he Ie trekbeweging. Onder die Jerusalemgangers het 'n "pro fetes" Mietjie Gous byvoorbeeld 'n belangrike rol gespeel.60 Dit word ook bevestig deur 'n verklaring van Anna Francina Bezuidenhout, een van die vroegste trekkers: "Die Van der Merwes het op 'n droom van hul moeder uit Transvaal getrek; netsoas sy gedroom het, so het hulle getrek en alles het so gebeur [ .. .]"61

2. Nuwe arbeidswetgewing in die ZAR en die vrees vir gelykstelling

Onder "de geheele vrijmaking der gekleurden; en andere onbestaanbare wetten" is dit moontlik dat onkunde oor die nuwe arbeidswetgewing in die ZAR en die gevolglike vrees vir gelykstelling tussen swart en blank 'n belangrike rol gespeel het.62 In De Volksstem het "Dom Boer Dagon" gedurende hierdie tyd geskryf:

God heeft een onderscheid gemaakt maar UEd. [die Volksraad] wi l dat onderscheid verbreken en de Kaffers gelijk maken met ons Christenen. God heeft aan hen door kleur en haar en reuk dat onderscheid gemaakt en gezegd dat zij zullen houthouwers en waterputters zijn, maar UEd. wi l dit veranderen en mij ook teen Gods woord in verzet laten komen [...]63

Onder "andere onbestaanbare wetten" word moontlik bedoel die nuwe arbeidswetgewing ten opsigte van swart bywoners op blanke plase in die ZAR wat na afloop van 'n kommissie van 1871 van krag geword het.64 Hieronder val moontlik ook die Paswet van 1873 wat daarop gemik was om gedwonge diensbaarheid op te hef en aan swartes die reg te gee om hulle na willekeur te verhuur.65

Hattingh noem die arbeidsprobleme in die ZAR en die probleem om arbeiders in die hande te kry as 'n moontlike trekrede. Hy slaag daarin om arbeidstoestande in Transvaal en die Vrystaat in die laaste kwart van die negentiende eeu suksesvol te ontleed.66 Hy slaag egter nie daarin om die verband tussen arbeidsprobleme en gevolglike trekbewegings aan te toon nie. Hy het byvoorbeeld geen poging aangewend om te ondersoek of die meeste trekkers uit die distrikte met die grootste arbeidsprobleme gekom het nie.

As die probleem om arbeiders in die hande te kry een van die trekredes was, sou 'n mens verwag dat heelwat trekkers uit die Vrystaat sou kom, omdat die grootste tekort aan arbeiders gedurende hierdie tyd in die Vrystaat ondervind is . Dit was egter nie die geval nie. (In Transvaal is vyf swart gesinne per plaas aanvanklik as voldoende arbeid beskou, hoewel die arbeidsbehoefte in later jare groter was. In die Vrystaat was daar teen 1880 maar ses swartes vir elke vyf blankes, terwyl die oorgang na intensiewe boerdery verder gevorder was, sod at die arbeidstekort in die Vrystaat veel groter was.67)

Nie een van die trekkers het dit ooit gestel dat hulle trek omrede ontevredenheid oor die gebrek aan arbeiders nie. Hattingh meld ook dat daar geen bewys bestaan dat burgers na ander landstreke getrek het met die hoop om beter of meer werkers te bekom nie.68 Die trek na Angola het byvoorbeeld nie die AngolaBoere se arbeidsprobleme opgelos nie, want hulle moes steeds self in hulle arbeidsbehoeftes voorsien, hoewel hulle darem ook van die dienste van die "mak volk" en later van slawearbeid gebruik gemaak het.

3. Onsekere politieke toestande

'n Mens moet ook die onsekere politieke en gevolglik ekonomiese toestande in Transvaal gedurende die sestiger-en sewentigerjare van die negentiende eeu in ag neem. Hier kan die Transvaalse burgeroorlog; die ontruiming van Soutpansberg (Schoemansdal); die Sekoekoeni-oorlog; "naturelle-onruste"; verlies van die Diamantveld; en gebreke in die geldstelsel genoem word.69

Daar was diepe verdeeldheid in Transvaal en van 'n nasionale bewussyn nouliks sprake. Op kerklike gebied is die samelewing verdeel in drie kerkgenootskappe. Die kerklike verdeeldheid het onderlinge wantroue en politieke verdeeldheid in die hand gewerk. Kort tevore was daar nog 'n burgeroorlog in Transvaal. Van Jaarsveld identifiseer dit as "ontbindende kragte" in die Transvaalse samelewing en bestempel dit as 'n "totaal gemis aan vaderlandsliefde" en "geen bindkrag van die regering nie".70

President Burgers word in 'n mate ten onregte die skuld gegee vir onenigheid in die land en die daaropvolgende trekke uit die ZAR. Sy bewind het egter op 'n tydperk van groot onstuimigheid in die ZAR gevolg. Voor sy bewind het die land nooit 'n stabiele regering gehad nie. Dit is te betwyfel of enige persoon in Transvaal oor die wysheid en takt beskik het om die middelpuntvliedende kragte in die verdeelde Transvaalse samelewing te oorkom. Burgers was eweneens nie opgewasse vir hierdie taak nie hoewel hy met 'n groot meerderheid tot president verkies is.

Harry Struben vertel dat die "fine old 'Dopper' Voortrekker" Rudolf Holtzhausen die ZAR verlaat het nadat Struben, as voorsitter van die grondkommissie, in 'n hofsaak teen hom moes beslis het, hoewel hy gevoel het dat Holtzhausen se opponent, ene Boshoff, Holtzhausen bedreig het. Nadat Holtzhausen hom met trane in die 01: bedank het, het Holtzhausen besluit om die ZAR te verlaat omdat hy ingesien het dat onder die ZAR-regering die wette nie goed was nie en onregverdigheid in die hand gewerk het.71 Struben meen selfs dat die Dorslandtrekkers Transvaal verlaat het omdat hulle hul regering nie vertrou het nie, weens die algemene onrus en armoede as gevolg van wanbestuur.72

'n Nasionale bewussyn onder die Afrikaners in die ZAR sou eers met die Eerste V ryheidsoorlog (1880-1881) ontstaan.73 Die ontdekking van goud kort daarna het die land se finansies op 'n gesonde grondslag help plaas en stabiliteit in die hand gewerk.

In die jare na 1890 het "politieke ontevredenheid onder die Republikeinse bevolking" tot nuwe trekke uit die Vrystaat en Transvaal aanleiding gegee. Hierin het oningeligtheid, wantroue en opstokery geen geringe rol gespeel nie. Baie trekkers was ontevrede met in die besonder die bewind van Paul Kruger in die ZAR en die van F. W. Reitz in die Vrystaat. Indie presidentsverkiesing van 1893 het Kruger met 'n klein meerderheid aan bewind gekom. Daarna het baie ontevredenes die land verlaat.74

4. Vrees vir Britse imperialisme

Daar was ook diegene wat die trekke gesien het as tydige ontkoming van Britse imperialisme en die latere Britse anneksasie van 12 April 1877, die sogenaamde "Rooi Dingaan"75 Dit is vermoedelik 'n dowwe eggo van ds. Andrew Murray se woorde oor die lerusalemgangers in 1849 (toe daar wei Engelse inmenging in Transvaal was):

Er is een klein aantal, dat zich als het heilig volk des Heeren wil voorgeven, dat, wegens de verbastering der Kerk in de woestijn is gevlugt, om nog eenmaal naar het Heilige land de reize aan te nemen, en zij hebben mij, na voorafgaand onderzoek, niet kunnen goedkeuren, en wei daar ik nog onder het Engelsche Gouvemement (den Antichrist, een van de hoomen van het beest, enz,) ben [...].76

Onder diegene wat waarskynlik gekant was teen 'n Engelse regering was enkele families waarvan familielede aan rebellekant betrokke was by die Siagtersnekopstand van 1815. Onder hulle was die Prinsloos, Bothmas, Coetzers, De Beers en De Klerks77 Interessant genoeg was onder die Dorslandtrekkers ook ander families wat aan regeringskant betrokke was, onder andere die afstammelinge van veldkornet P.A. Opperman.78 Die feit dat sommige Dorslandtrekkers familie was van mense wat by Siagtersnek betrokke was, moet dalk eerder daaraan toegeskryf word dat baie Dorslandtrekkers se voorouers voor die Groot Trek uit die Tarka (distrik Cradock) en die Baviaansrivier (distrik Somerset-Oos) gekom het.

Die belangrikste beswaar teen Engelse druk as 'n trekrede is dat geen Dorslandtrekkers dit ten tye van die trek (dit wil se voor 1877) as een van die trekredes opgee nie. Daar is wei 'n enkele verwysing: "Zij zeggen dat de Transvaal door Engelschen overstroomd wordt en zij kunnen met hen niet zamenwonen," maar hierdie uitspraak is deur Hendrik van Zyl se jagters gemaak en nie deur die Dorslandtrekkers nie.79 Dit is verder vreemd omdat die periode sedert die Sandrivierkonvensie (1852) tot 1877 volgens Van laarsveld juis nie gekenmerk is deur Engelse druk in Transvaal nie. Hy identifiseer inteendeel die afwesigheid van enige Engelse druk as een van die oorsake van die interne verdeeldheid in Transvaal.80

Hierdie trekrede is ook problematies as in ag geneem word dat die eerste drie trekke voor die anneksasie plaasgevind het, geen trekke tydens die Britse bewind (1877-1881) plaasvind het nie en latere trekke eers gevolg het toe Transvaal nie meer onder Britse bewind was nie. Dit is ook vreemd dat geen trekkers na die anneksasie van Basoetoland (1868) en die Diamantveld (1871), en selfs later, uit die Vrystaat getrek het nie -soos wat 'n mens tog sou kon verwag as vrees vir Engelse imperialisme wei 'n trekrede was.

5. Vrees vir die beskawing

Daar is selfs bespiegel, dikwels deur Engelse skrywers, dat die trekke bloot pogings was om die aankomende beskawing te ontvlug.81 Hierdie bespiegelings kan nooit ernstig opgeneem word nie omdat dit nooit deur kritiese ondersoek ondersteun word nie.

6. Gebrek aan grand en gevalglike bevalkingsdruk

Sommige trekkers het Transvaal verlaat omdat hulle geen grond besit het nie. Volgens William Worthington Jordan, een van die vroegste ooggetuies: "One van der Merwe told me he trekked because the Transvaal was too thickly populated."82

Dit moet gesien word teen die agtergrond van die feit dat die totale blanke bevolking in Transvaal in hierdie jare ongeveer 30 000 was.83 Aanvanklik het elke burger van die ZAR bo die ouderdom van sestien jaar die reg op twee plase gehad. Dit is in 1859 na een plaas verminder vir burgers wat na 1852 die land ingekom het. Verdere grondaantekening in die Zuid-Afrikaansche Republiek is onverwags in 1869 deur die Volksraad verbied. Daar was teen 1876 nog groot dele van Transvaal wat onbewoon was, hoewel dit Of in ongesonde streke gelee was, of watergebrek gehad het Of deur swart stamme bedreig is. In 1883 was daar in Transvaal nog 1525 onbesette plase.84

Wanneer plase wei verkoop is, is dit vir onrealisties lae bed rae verkoop. Dit Iyk nie of die begrip dat grond 'n beperkte kommoditeit is en mettertyd nie meer vrylik beskikbaar sou wees nie, toe al onder die Transvaalse bevolking posgevat het nie.85 Die bewering dat 'n gebrek aan grond in Transvaal 'n belangrike trekrede vir die eerste drie trekke was, moet dus versigtiger beoordeel word. Uit die Vrystaat, waar minder grond beskikbaar sou wees en waarvandaan gevolglik meer trekkers verwag sou kon word, was daar in elk geval geen trekkers nie.

'n Noukeurige ondersoek van die sensuslys van 1873 toon dat die meerderheid Dorslandtrekkers uit die Rustenburg-distrik voor die trek bywoners was. Gemiddeld het ongeveer drie tot vier bywonergesinne op elke plaas gewoon86

Teen 1890 was grond in sekere streke van Transvaal nie meer beskikbaar nie. Die Burgerregtekommissie het in 1890 bevind dat daar 4100 burgers was wat wettige aansprake op burgerregplase gehad het. Die staat het egter nie oor soveel staatsgrond beskik dat 'n volle plaas aan elke burgerreghouer toegeken kon word nie. In 1891 is gevolglik besluit om aan elke burgerreghouer 'n paar dorpserwe in verskillende dorpe toe te ken. Dit het tot groot ontevredenheid aanleiding gegee en gou het 'n hele paar georganiseerde trekke die ZAR verlaat.87 Daaronder was verskeie trekke na Angola tussen 1891 en 1894.

Hoewel die gebrek aan grond een van die redes was waarom hierdie mense Transvaal en die Vrystaat verlaat het, was daar selfs in 1895 nog nouliks sprake van oorbevolking in hierdie !wee lande.88

7. Armoede

Hattingh noem die "onvergenoegdheid van die Republikeinse bevolking weens hulle armoede" as een van die trekredes. Hy skets die slegter wordende ekonomiese omstandighede en grootskaalse verarming van die landelike bevolking in die laaste kwart van die negentiende eeu en toon aan dat trek moontlik vir die betrokkenes 'n oplossing vir hierdie probleme sou kon wees. 89 Die tydperk voor 1877 word wei gekenmerk deur die swak ekonomie in Transvaal, skuld wat die land opgebou het, handel wat tot stilstand gekom het en waardelose papiergeld.90

Hierteenoor is daar getuienis van Dorslandtrekkers se tydgenote dat die Dorslandtrekkers welaf was voordat hulJe Transvaal verlaat het.91 As 'n mens kyk na die opgawe van hulJe veegetalJe met die aanvang van die trek en in ag neem dat heelwat van die trekkers diakens en ouderlinge in die Gereformeerde Kerk was (en daar gevolglik na hulJe opgesien is), word hierdie indruk bevestig. HulJe is egter deur die rampspoedige trek aansienlik verarm.

In die distrik Rustenburg, waarvandaan 'n groot aantal van die Angolatrekkers gekom het, was ongeveer 80 persent van die agterstalJige belastingpligtiges Engelssprekendes.92 As armoede een van hulJe trekredes was, sou 'n mens verwag dat daar meer Afrikaanssprekende belastingagterstalJiges sou wees.

8. Vrees vir nuwe belastings

Ineen tydgenootlike bron word "vrees voor meerdere belasting" as 'n moontlike trekrede genoem.93 Onder die nuwe belasting wat gedurende hierdie tyd gehef is, was 'n ekstra hoofbelasting van 2/6 ter verbetering van die open bare paaie, 'n ekstra belasting van 30 sjielings ter dekking van die rente op die spoorweglening en 'n oorlogsbelasting van £2 tot £10 per burger en £l2 vir vreemdelinge ter dekking van oorlogskoste.94 Hattingh is egter van mening dat nuwe belastings wat sedert 1874 gehef is nie van die redes vir die Dorslandtrekke kon wees nie.95 Dit is moontlik, want hierdie belastings is eers in Junie en September 1876 ingevoer, toe sommige trekkers reeds getrek het en ander reeds op die punt gestaan het om te vertrek.96 Appelgryn is daarteenoor van mening dat gerugte gedurende hierdie tyd die rondte gedoen het dat die regering van voornemens was om belasting te hef op onder meer aile horingvee, perde, pluimvee en honde en dat elke burger verplig sou word om elke drie jaar krygsdiens te verrig en dat die oningeligte Transvalers sulke gerugte maklik as die waarheid sou aanvaar.97

Sommige trekkers was ongelukkig omdat hulle soms vir militere diens opgeroep is en dan nie hulle landerye kon bewerk nie. Die feit dat hulle volgens die nuwe krygswet geen kompensasie ontvang het vir gekommandeerde waens en osse wat tydens oorlo15 teen inheemse stamme in die slag gebly het nie, het tot verdere ongelukkigheid aanleiding gegee.98

9. Goudkoors

Hattingh noem die "verderflike goudkoors" ook as 'n moontlike trekrede vir latere trekke en skryf: "Daar bestaan dus 'n verband tussen die goudkoors en die trekneiging van die negentigerjare [van die negentiende eeu]."99 Hy slaag egter nie daarin om hierdie verband te identifiseer nie. Indie geval van die eerste drie trekke na Angola was dit allermins een van die trekredes en die ontdekking van goud en die gevolglike rykdom wat dit sou bring, het nog in die toekoms gele. Dit was wei reeds teen 1859 bekend dat goud in Betsjoeanaland voorkom.100

10. Ekonomiese redes

Trek is die sleutelwoord in die Afrikanerhistoriografie. Lawrence Green het dit soos volg gestel: "Trek! There is no more powerful word in the Afrikaans language. For that reason, no doubt, it has been taken over by English dictionaries."101 Met een of twee uitsonderings het die ekonomiese implikasies daarvan nog min aandag geniet. 102

Om te trek (en dus goedkoop grond in die hande te kry), was vir die trekboere die enigste manier om hulle gebrek aan kapitaal, vaardighede en ekonomiese geleenthede die hoof te bied. Dit sou egter 'n fout wees om die Boere se avontuurlus en onafhanklikheidstrewe uit die oog te verloor. Oorbeweiding en bevolkingsdruk het ook tot verdere migrasie aanleiding gegee. Stygende grondpryse en intensiewe landbou het mettertyd die doodsklok vir die trekbeweging gelui.103 Volgens Neumark was die trekboere van die begin af by 'n markekonomie ingeskakel en was die aantrekkingskrag van markte, eerder as bevolkingsdruk, 'n belangrike dryfveer vir die trekboerbeweging. 104

Volgens een van die Dorslandtrekkers van 1893-1894, Daniel Jacobus (Ou Daan) Robbertse, het die mense getrek nadat vroeere trekkers en familielede hulle van die gunstige toestande in Angola vertel het:

en as gevolg van wat [hulle] die mense omtrent daardie land vertel het, het daar 'n trekgees onder hulle ontstaan. Die mense het gereken dat hull e hul posisie sou verbeter deur na Angola te trek, hoewel hulle dit goed gehad het in die Transvaal. 105

Dit is insiggewend dat toe die enigste groot groep Afrikaners wat stelselmatig na die redes vir hul nomadiese bestaan gevra is -die armblanke trekboere in SuidAfrika in die dertigerjare van die twintigste eeu -96 persent van hulle aangedui het dat die bestaansmoontlikhede te gering geword het op die plek waar hulle eers gewoon het en dat hulle gevolglik getrek het. Slegs 4 persent het om ander, persoonlike redes die trekpad aangedurf.106

II. Nuwejagvelde

Hattingh noem die "Iokstem van die jagterslewe" as een van die redes waarom so baie burgers in die laaste kwart van die negentiende eeu Transvaal en die Vrystaat verlaat het.107 Die soektog na nuwe jagvelde het 'n belangrike rol gespeel in die geval van Hendrik van Zyl en sy jagters wat die ZAR reeds voor die Dorslandtrekke verlaat het. Die ineenstorting van die jagtersekonomie in Transvaal weens uitdunning van die wild teen die einde van die sestigerjare van die negentiende eeu sou ook 'n belangrike rede vir die Dorslandtrekke kon wees.108 Teen 1865 was daar afgesien van 'n paar olifante by Potgietersrus bykans nie meer olifante in Transvaal nie,109 en teen 1878 was die olifante in Mashonaland110 en sekere dele van Betsjoeanaland111 grootliks uitgeskiet. Dit is opvallend dat baie min gesinne uit die Soutpansberg-streek aan die Dorslandtrek deelgeneem het,112 hoewel mens die teendeel sou verwag as die wild kort tevore in daardie streke uitgeskiet is en die Boere op soek na nuwe jagvelde was.

Die meeste trekkers van die eerste drie trekke het uit die distrikte Pretoria en Rustenburg gekom, waar die wild al ten minste 'n dekade voor die trekke uitgeskiet was. Lede van die latere trekke het ook uit distrikte gekom waar die wild lank voor hulle vertrek reeds uitgeskiet was.

12. Die korns van intensiewe boerdery

Volgens Hattingh was "die koms van meer intensiewe boerdery" een van die redes waarom sekere burgers van die Vrystaat en Transvaal in die laaste kwart van die negentiende eeu hierdie lande verlaat het.113 Oit is interessant dat Hattingh dit as 'n moontlike trekrede opgee want 'n mens sou eerder verwag dat meer intensiewe boerdery en gevolglike stygende grondpryse die doodsklok vir die trekbeweging sou lui, soos wat elders gebeur het.114 Oit kon egter nouliks die rede gewees het waarom die eerste drie trekke na Angola plaasgevind het, hoewel dit moontlik by latere trekke 'n rol kon gespeel het. Eerstens het hierdie proses in Transvaal gedurende hierdie tyd nog in sy kinderskoene gestaan. Tweedens was daar geen trekke uit die Vrystaat na Angola nie, wat 'n mens tog sou verwag omdat hierdie proses in die Vrystaat al verder gevorder het. Derdens gee tydgenootlike bronne (van hierdie trekke) dit nie as 'n trekrede aan nie.

13. Droogtes en natuurrarnpe

Hattingh noem dat droogtes en ander natuurrampe moontlik 'n rol kon gespeel het maar dat dit nie dieselfde uitwerking op die boere kon gehad het as in die laaste dekade voor die aanvang van die Groot Trek in die Kaapkolonie nie.115 Dit word nooit deur tydgenootlike bronne as een van die moontlike trekredes genoem nie.

14. Die trekgees

'n Omvangryke studie oor die trekgees en die trekverskynsel is deur die historikus PJ. van der Merwe onderneem.116 Teen die einde van die tydperk waarin Van der Merwe sy navorsing voltooi het (die veertigerjare van die twintigste eeu), het die verskynsel nog nie uitgesterf nie. Changuion meen dat die logiese konsekwensie van Van der Merwe se studie sou wees om die Iyn deur te trek na die Afrikaners in Oos-Afrika.117 Daar is reeds pro beer om die Dorslandtrekke te verklaar as die resultaat van die trekgees. Verskeie werke het reeds aangetoon dat die verskynsel van Afrikanergemeenskappe in die vreemde verband hou met die trekgees.118

'n Mens moet egter versigtig wees om al hierdie verskynsels aan die een of ander trekgees toe te skryf. Sosiale, ekonomiese, ekologiese en politieke toestande van die gemeenskap wat Van der Merwe ondersoek het, verskil net te vee I van die toestande van latere gemeenskappe wat getrek het. Van der Merwe het tot die gevolgtrekking gekom:

Daarom kan ons konkludeer dat die Groot Trek geensins 'n voortsetting was van die trek, trek, trek en steeds verder trek van die tyd van die trekboere, wat al in die tyd van Simon van der Stel begin het en tot in die allemuutste tyd [1937] onafgebroke voortgegaan het nie. 119

Dit sou eweneens 'n fout wees om die trekverskynsel soos wat Van der Merwe dit in die veertigerjare van die twintigste eeu in die droe gebiede van Kaapland waargeneem het sonder meer te vergelyk met die Dorslandtrekke of die insidentele migrasie of nomadisme van sommige Angola-Boere gedurende die negentiende en twintigste eeu.

Omdat sekere skrywers die ekonomiese faktore onderliggend aan die trek van Afrikaners na die binneland van Afrika nie kon begryp of verklaar nie, het hulle gewag gemaak van 'n "trekgees" onder Afrikaners, wat dan hierdie onverstaanbare en selfs irrasionele redes vir die trek moes verklaar.

In die geval van die Dorslandtrekke was die trekkers ook nie altyd seker van die redes vir die trek nie: "Waarom ons ons dierbare Vaderland verlaat het kan aileen die voor trekkers op Andwoord geven."120 Een van die trekkers het in 'n uitspraak wat dikwels aangehaal word, verklaar:

Ons had 'n roerende gees in ons halt van trek. Die rede van hierdie trekJus was nie te deursien nie [ ...] Maar 'n drywende gees van trek was in ons harte, waarvan ons self nie kon begryp wat die roerende oorsake was nie.121

Daar is selfs bespiegel dat hierdie trekgees sterker aanwesig is in sommige individue of families en dat daar dus die een of ander "erflike" (dit wil se genetiese) basis daarvoor moet wees.122 Hierdie bespiegelings is nooit deur wetenskaplike ondersoeke opgevolg ofbevestig nie.

Daar is verskeie probleme met die benadering om die verskillende trekbewegings in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aan die een of ander inherente "trekgees" eie aan die Afrikaner toe te skryf.

Eerstens is dit nie 'n unieke eienskap inherent aan Afrikaners nie. Hattingh het die "trekgees" as 'n moontlike rede vir die trekke uit Transvaal en die Vrystaat teen die laaste kwart van die negentiende eeu indringend ondersoek.123 Hy het daarop gewys dat hoewel sekere skrywers meen dat dit 'n unieke eienskap van Afrikaners is, dit 'n universele eienskap van aile mense is.124 Die Dorslandtrekke moet dus as deel van die groter verskynsel van menslike migrasie begryp word. Sedert die vroegste tye het die verskuiwing van kleiner en groter groepe nuwe samelewings help skep, bestaande vestigingspatrone en nedersettings verander en die menslike bevolking oor die aardbol versprei. 125 Sommige skrywers beweer selfs "migration is the history of the world". Boonop is mense gebore migrante: Menslike evolusie word juis gekoppel aan die spesifieke gebeurtenis toe die vroegste protomense uit die woude na die vlaktes van Afrika beweeg het. Om van een habitat na 'n ander te beweeg en by die nuwe omgewing aan te pas, is dus onlosmaaklik deel van die erfenis van alle mense.126

Tweedens moet daarteen gewaak word om elke trek aan 'n bepaalde gees of mentaliteit of 'n "rustelose swerwersnatuur" toe te skryf. Dit kan dan maklik gebeur dat mitologie en geskiedenis met mekaar verwar word. Dit help ook nie om begrip van die verskynsel te bevorder nie.127 Daar was waarskynlik eerder eksterne redes buite hul beheer vir die Dorslandtrekke. 128

Derdens sou 'n mens kon aantoon dat hierdie "trekgees" by die meerderheid Afrikaners ontbreek. Hancock sluit hierby aan wanneer hy die wens uitspreek dat "one would like to see a statistical and historical study, as precise as the evidence permits, of one central, but seemingly half-forgotten fact of Afrikaner history ... They did not all trek."129

In 'n studie oor die beweeglikheid van die Afrikaners, wat ongeveer die helfte van die manlike bevolking van die Kaapkolonie in 1883-1884 gedek het, het Pauw bevind dat die meeste vanne onder Afrikaners nie egalig versprei is nie en dat die beweeglikheid van Afrikaners dus oordryf word. Elke distrik het 'n unieke samestelling van vanne. Sekere vanne kom slegs in sekere distrikte voor en in ander glad nie. Daar het dus oor geslagte heen min verwisseling van Afrikaners tussen verskillende distrikte en na ander dele van die land plaasgevind. Sommige van die oudste vanne (met 'n groot aantal individue) is ook oorweldigend in sekere distrikte teenwoordig. In die noordooste van die Kaapkolonie was 85% van die Venters, 66% van die Krugers, 51 % van die Coetzees, 45% van die Pretoriusse en 40% van die Du Plessis's.130 Hierdie vanne kom vera I baie onder die Dorslandtrekkers voor.

Dit was verder opvallend dat families in die grensdistrikte van die Kaapkolonie groter gesinne gehad het as die families wat in die gevestigde dele agtergebly he!. Die studie het ook bevestig dat Afrikaners baie familiegebonde is en dat daar nie sonder meer van 'n "bloedseenheid" van aile Afrikaners gedurende hierdie tydperk (1883-1884) gepraat kan word nie. Die sogenaamde "trekgees" het hom dus nie baie sterk in die Kaapkolonie geopenbaar nie en enige stellings daaroor is waarskynlik eerder op indrukke as feite gebaseer.131 Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand het groter mobiliteit van die Afrikaners teweeggebring, maar dit het eers na die eerste drie Dorslandtrekke gebeur.

Vierdens bied die argument wat die verskillende trekbewegings in die SuidAfrikaanse geskiedenis aan die een of ander inherente "trekgees" eie aan die Afrikaner toeskryf, nie 'n verklaring waarom daar sekere tydperke was wanneer die Afrikaners nie aan massatrekbewegings deelgeneem het nie. Die tydperke 1842-1873 (tussen die Groot Trek en die eerste Dorslandtrek) en 1877-1890 (tussen die derde en die vierde trekke na Angola) is voorbeelde van sulke tydperke.

Laastens is dit opvallend dat die "trekgees" nie in enige van die kere (in 1928, 1958 en 1975) wat Afrikaners op groot skaal Angola verlaat het, as een van die trekredes opgegee word nie -iets wat 'n mens juis by die Angola-Boere sou verwag indien die "trekgees" so buitengewoon sterk in hulle voorsate aanwesig was.

Die historikus PJ. van der Merwe het drie irrasionele oorsake van mobiliteit onder die pioniersamelewing geïdentifiseer en dit benoem as die trekgees, die trekgewoonte en die trektradisie.132

Hoewel hy al 'n bepaalde ongemak ervaar het met die term "trekgees", het hy gevoel dat die woord al te diep ingeburger is om van die gebruik daarvan af te sien. Hy het gevolglik besluit om die woord "trekgees" te gebruik "in verband met individue wat 'n hoer graad van psigologiese beweeglikheid vertoon as die gewone mens". Die enkele gevalle wat hy identifiseer as voorbeelde van die "trekgees" is hoofsaaklik van anekdotiese aard en werp nie juis lig op die verskynsel nie. Hy is van mening dat dit onmoontlik is om die "trekgees" as een van die moontlike oorsake van mobiliteit te isoleer en die invloed daarvan kwantitatiefte bepaal. 133

Dit is jammer dat Van der Merwe nie meer aandag gee aan die tweede "irrasionele oorsaak van mobiliteit" (die "trekgewoonte") nie. Tn die res van sy werk is dit duidelik dat trek feitlik 'n "ingewortelde gewoonte" van sommige lede van die Afrikanergemeenskap was. 134 Daar sou gespekuleer kan word dat die Dorslandtrekke 'n voortsetting van 'n nomadiese leefwyse was wat reeds so vroeg as 1657 onder sommige Afrikaners begin posvat het en dat dit gevolglik tweede natuur onder die Dorslandtrekkers was.135 Dit sou dan glad nie so 'n irrasionele oorsaak van mobiliteit wees as wat Van der Merwe beweer nie.

In geval van die derde "irrasionele oorsaak van mobiliteit" (die "trektradisie") wys Van der Merwe daarop dat "die norme en sanksies van die pioniersmaatskappy geen inhiberende krag op die trekimpuls, of die begeerte om op grond van ander oorsake te trek, uitgeoefen het nie".136 Die feit dat die ekonomiese tradisie, boerderymetodes en histories gekondisioneerde sosiale trekgewoontes 'n belangrike rol in die "trektradisie" gespeel het, dui miskien daarop dat hierdie oorsaak glad nie so irrasioneel is as wat Van der Merwe beweer nie.

Van der Merwe sluit sy ontleding van die "trektradisie" af deur te wys op die invloed van die trekgeskiedenis in die Ou Testament op mense wat feitlik net die Bybel gelees het. Die ooreenkoms met hulle lewensomstandighede en die van die Israeliete was net te opvallend dat hulle dit sou ignoreer.137 Oat hierdie OuTestamentiese denkbeelde by die pioniersbevolking van die Kaapkolonie, die Voortrekkers en later by die Jerusalemgangers en die Dorslandtrekkers inslag gevind het, hoef dus geen verbasing te wek nie.

 

Gevolgtrekking

Die Dorslandtrekke was komplekse verskynsels wat waarskynlik die gevolg van 'n hele aantal ekonomiese, godsdienstige en politieke faktore was. Aile trekke het ook nie gemeenskaplike redes gehad nie, hoewel daar soms heelwat ooreenkomste in die redes van die verskillende trekke is. Aanvanklik was teenkanting teen die "ongodsdienstige" en "Iiberale" regering van T.F. Burgers die belangrikste trekredes. Nuwe arbeidswetgewing, onsekere politieke toestande, interne verdeeldheid in Transvaal en ekonomiese redes het ook bygedra. Gebrek aan grand, bevolkingsdruk, armoede, vrees vir nuwe belasting en die soeke na nuwe jagvelde het waarskynlik 'n minder belangrike ral gespeel. Vrees vir die beskawing en Britse imperialisme, die koms van intensiewe boerdery, goudkoors, draogtes of natuurrampe en die "trek gees" of "trekkoors" het waarskynlik geen ral gespeel nie.

 

 

Nicol Stassen is uitvoerende direkteur van Protea Boekhuis, 'n uitgewery en 'n boekwinkelgroep. Hy doen doktorale navorsing oor die Afrikaners in Angola en ander Afrikaner-diasporagemeenskappe aan die Depaltement Historiese en Erfenisstudies aan die Universiteit van Pretoria. Hierdie artikel is gebaseer op sy doktorale proefskrif "Die Afrikaners se Laaste Halfeeu in Angola, 1928-1975".

 

 

1. H. Gi liomee, Die Afrikaners: 'n Biograjie (Tafelberg, Kaapstad, 2004), p 148.
2. A.J. van der Walt, Afrikaner, wees UzeJf! Historisch-Romantische Schetsen (op die Waarheid Gegrond) (Hoveker & Wormser, Amsterdam, 1897), p 153.
3. J.L. Hattingh, "Die Trekke uit die Suid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat, 18751895." D.Phil-proefskrif, Universiteit van Pretoria, 1975, p vii.
4. J. von Moltke, Veldsmanne (Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1958), pp 204-205; W.A. de Klerk, Die Laer (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1964), p 343.
5. Transvaalse Argiefbewaarplek, Nasionale Argief, Pretoria (hiema TAB): Aanwins AI694 J. von Moltke-versameling, J. von Moltke, "Die Dorslandtrekke en hul Betekenis vir die Beskawing van Wes-en Suidwes-Afrika", p 1; en J. von Moltke, "Die Oorsake van die Dorslandtrekke (1874-7)", pi.
6. Sien o.a. A. Alberts, In Vreemdelingskap (A. Alberts, Groblersdal, 1990); A. Alberts, Swart Weerlig (A. Alberts, Groblersdal, 1997); J.A. Coetzee, Dorsland-trekkers (Dirk Pons, Potchefstroom, 1925); J.A. Coetzee, Die Swerwers: Sketse uit die Dorsland Trek (J.L. van Schaik, Pretoria, 1925); J.A. Coetzee, Dorsland-awontllur (Voortrekkerpers, Johannesburg, 1942); J.A. Coetzee, Groot Avontllur: Sketse uit die Dorslandtrek (Transvaalse Uitgewersmaatskappy, Pretoria-Noord, 1977); J.P. Jooste, Gedenkboek van die Dors/andtrek (Potchefstroom Herald, Potchefstroom, 1974); D. Postma, Eenige Schetsen voor Eene Geschiedenis van de Trekboeren [. ..} (Hoveker & Wormser, Amsterdam en Pretoria, 1897); G.S. Preller, Voortrekkers van Suidwes (Nasionale Pers, Kaapstad, 1941); J.G. Prinsloo en LG. Gauche, In die Woeste Weste (J.H. de Bussy, Pretoria en HAUM, Kaapstad, 1933); P.J. van der Merwe, Ons Halfeeu in Angola (1880--1928) (Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1951).
7. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS".
8. N.A. Burger, "Die Dorslandtrek.'n Histories-geografiese Studie, 1870-1954." D.Philproefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1978.
9. H.F. Heese, "Genealogie as Hulpwetenskap van die Geskiedenis met verwysing na die Boeretydperk in Angola 1881-1928." MA-verhandeling, Universiteit van Kaapstad, 1974; H.F. Heese, "Die Afrikaners in Angola, 1880-1928." D.Phil.-proefskrif, Universiteit van Kaapstad, 1976, wat verwerk is in manuskripvorm as H.F. Heese, "Transvalianos en Estrangeiros: Afrikaners in Angola, 1880-1928." Manuskrip, 2003.
10. F.F. Odendal en R.H. Gouws (reds.), HAT: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Pearson Education South Africa, Kaapstad, 2005), p 181.
11. TAB: Staatsekretaris (hierna SS) 4, R450/52, Reisverslag van Pieter Daniel du Preez (1852); FJ. Potgieter, "Die Vestiging van die Blanke in Transvaal (1837-1886) met Spesiale Verwysing na die Verhouding tussen Mens en Omgewing", Argief-jaarboek vir SuidAfrikaanse Geskiedenis, 21 (II) (Staatsdrukker, Kaapstad, 1959), p 179; S.D. Ie Roux, Baanbrekers en Jagters van Suid-Afrika, 1760-1890 (Nasionale Pers, Kaapstad, 1940), p 82.
12. Anon., "Uebersicht liber den Gegenwiirtigen Stand Unserer Arbeit", Berichte del' Rheinischen Missions-Gesellschaft,, Nr. I, Januarie 1869, p 15; John Montgomery, "Jan Viljoen's Hunting Trip and Dreadful Privations in the Interior, as Narrated to Mr John Montgomery, by Jan Viljoen himself', The Friend ofthe Free State and Bloemfontein Gazette, 24 June 1869, p 57; Nimrod, "African Reminiscences", The Friend ofthe Free State and Bloemfontein Gazette, 6, 13,20 and 27 October 1881 and 3, 10 and 17 November 1881 ; J.P.R. Wallis (ed), The Northern Goldfields Diaries of Thomas Baines: First Journey, 1870-1871, II (Chatto & Windus, London, 1946), pp 486-488; J. von Moltke, Jagkonings (Nasionale Pers, Kaapstad, J943), pp 4-5, 7; G. du Preez (Greef!), Stigter van Lichtenburg: Kommandant HA. GreefJ (L ichtenburgse Drukkery, Lichtenburg, 1960), pp 15-19; Z. Rowan, "Nonnie de la Rey, 1856-1923." MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 2003, pp 19-26; I. and R. Rudner, Axel Wilhelm Eriksson of Hereroland (i846-1901) (Gamsberg Macmillan, Windhoek, 2006), p 70.
13. Anon., "Die Boers im Hererolande", Berichte del' Rheinischen Missions-Gesellschafi, nr. 3, Miirz 1875, pp 67-73; Von Moltke, Jagkonings, pp 7, 86-87; Private versameling: FJ.N. Stassen (hierna FJNS): J. von Moltke: "Nuwe Lig op au Suidwes-Afrika", Manuskrip, pp 167-168; G.PJ. Trlimpelmann, "Die Boer in Suidwes-Afrika", Argief-jaarboek vir SuidAfrikoanse Geskiedenis, II (ll) (Staatsdrukker, Kaapstad, 1948), p 14.
14. Ferdinand Postma-biblioteek, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys (nou Noordwes-Universiteit) (hierna PU): A.F. Bezuidenhout, "Vertel deur Ou Tante Anna Fransina Bezuidenhout (geb. Oosthuizen)", p 2; Anon., "Emigratie", De Maandbode, I Augustus 1873; "Het Trekken naar het Noorden", De Volksstem, 22 Augustus 1873, p 2. Daar is verwarring 001' Oosthuizen se name. Dit kon Of Stephanus Jacobus Adriaan Of Stephanus Johannes Daniel Of Stephanus Johannes Jacobus gewees het.
15. 20 Mei 1874 volgens TAB: A1694, Alberts, "Mimorando van Ammogratsie", p I, en Postma, Eenige Schetsen, p II ; 27 Mei 1874 volgens W.W. Jordan, "Journal of the Trek Boers", Cape Quarterly Review, I, 188 1, pp 145-146; W.W. Jordan, "Journal of the Trek Boers to Mossamedes", in D.C.F. Moodie, The History of the Battles and Adventures of the British, the Boers and the Zulus, &c., in Southern Africa From the time of Pharaoh Necho, to 1880. With Copious Chronology (Murray & St. Leger, Cape Town, 1888), pp 300-301 ; Preller, Voortrekkers van Suidwes, p 93.
16. Anon., "Verhuizing naar het Noorden", De Volksstem, II Maart 1876, p 2.
17. Anon., "Twee Trekkers aan die Aand van 'n Lewensdag van Durf en Daad: Uit die Swerwerstye van Weleer", Die Vaderland, 29 April 1933, p 14.
18. Namibie Nasionale Argief, Windhoek (hierna NAN): Aanwins A 100 J. von Moltkeversameling, "Verklaring van Daniel Jacobus Robbertse oor die Trek van 1893", p 3.
19. Jordan, "Journal of the Trek Boers", pp 157-159; Jordan, "Journal of the Trek Boers to Mossamedes", p 313-314; PU: C.J.H. and L.M. du Plessis, "Die Do[r]slandtrek, soals Vertel deur die Trekkers C.J.H. du Plessis en L.M. du Plessis", p 1.
20. Gedurende September 1876 was van die 198 volwassenes (409 siele) aan die Krokodilrivier 174 lidmate van die Gereformeerde Kerk, 18 van die NG Kerk en 6 van die Hervormde Kerk Anon., "Kerknieuws. Emigratie", De Maandbode, I November 1876.
21. Hierdie statistiek is verkry deur verwerking van die opgawe van PU: Du Plessis & Du Plessis, "Die Do[r]slandtrek".
22. Postma, Eenige Schetsen, p 29.
23. L.G. Green, Lords ojthe Last Frontier (Howard B. Timmins, Cape Town, 1952), p 162.
24. J.L. Cachet, "Een Bezoek bij de Afrikaansche Emigranten te St. Januario, Humpata", II, Het Zuid Afrikaansch Tijdschrifi, X, Augustus 1882, p 81; Postma, Eenige Schetsen, p 136; Anon., "De Trekboeren Gevonden", De Zuid-Ajrikaan en Volksvriend, 7 Januarie 1880; Anon., "De Trekboeren Gevonden", De Maandbode, I Februarie 1880.
25. C. Duparquet, Viagens na Cimbebasia (Versiio e Pre facio de Gastao de SOllsa Dias) (Museu de Angola, Luanda, 1953), p 163; G.S. Dias, "0 Padre Duparquet e os Boeres da Huila", Portugal em Africa, 2, 3, 1946, pp 28-31; Anon., Arquivos de Angola, segunda serie, 7, 30, Outubro de 1950, p 118 n.
26. Jordan, "Journal of the Trek Boers", p 167; Jordan, "Journal of the Trek Boers to Mossamedes", p 323. Hierdie syfers stem Doreen met 'n Iys wat die Portugese owerheid in Desember 1880 gemaak het -F. Amaral, "Apontamentos Para a Historia do Estabelec imento da Colonia 'S. Januario', nos Terrenos de Humpata (Districto de Mossamedes)", I, Boletim da Sociedade de Geografla de Lisboa, 2, 4, 188 1, pp 305, 307-309. Volgens 'n tweede Iys wat in Desember 1880 deur die Portugese owerheid gemaak is, het die trekgeselskap toe uit 60 gesinne en 277 persone bestaan -A. de A. Feiner, Angola: Apontamentos Sabre a Colonização dos Planaltos e Litoral do Sui de Angola, III, pp 196-197, "Relação do Pessoal de que se Com poe a Colonia de S. Januario, em 28 de Dezembro de 1880". Die getal van 3 000 bokke en skape is waarskynlik nie korrek nie.
27. Amaral, "Apontamentos Para a Historia", pp 305-307; Feiner, Angola: Apontamentos Sabre a Coloniza9iio, pp 192-194, "Termo d' Apresenta,iio de Boers, 18 de Setembro de 1880".
28. Amaral, "Apontamentos Para a Historia", pp 309-310; Feiner, Angola: Apontamentos Sabre a Coloniza9iio, pp 194-195, "Termo de Declara,oes e de Acordo com os Colonos Boers -Huila, 28 de Dezembro de 1880".
29. Amaral, "Apontamentos Para a Hist6ria", p 305, gee 55 gesinne met 270 persone aan. Feiner, Angola: Apontamentos Sabre a Coloniza9iio, gee Of 55 (p 195) Of 60 gesinne met 277 persone (pp 196-197) aan.
30. D.R.W. Bourke [Earl of Mayo], "A Journey from Mossamedes to tbe River Cunene, S.W. Africa", Proceedings of the Royal Geographic Society and Monthly Record of Geography, July 1883, pp 458-473,504 (kaart).
31. A. de Paiva, "Concelho de Humpata. Rela,iio Estatistica dos Boers Portuguezes Estabelicidos na Humpata, Relativa a I de Julho de 1883", Boletim Official do Governo Geral da Provincia de Angola, II, 17 de Mar,o de 1884, pp 173-178. Dis ook gepubliseer in Anon., Arquivos de Angola, segunda serie, 7, 30, Outubro de 1950, pp 131-142.
32. Anon., "Van Transvaal Overland naar Humpata", De Volksstem , 22 Maart 1893; PU: S.C.P.M. Prinsloo, Herinneringe "Vertel deur Mevrou die Weduwee Susanna Catharina Petronella Magdalena Prinsloo geb. Labuschagne", p 33; A. Alberts, "Willem Prinsloo -Dorslandtrekker", Tydskrifvir Volkskunde en Volkstaal, November 1988, p 30; S.M. Strijdom, "Meester Opperman Trek na Angola", Potchefstroom Herald, 2 Oktober 1992; Alberts, In Vreemdelingskap, pp 58-59, gee 12 gesinne en 18 waens aan.
33. NAN: A 100, "Verklaring van Daniel Jacobus Robbertse oor die Trek van 1893", p 1.
34. Anon., "De Humpata Trek", De Volksstem, 25 Mei 1892; Anon., "Zij trekken weg!", De Volksstem, 8 Junie 1892.
35. M. W. Hamman, "'n Dorslandtrekker Vertel", Die Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-AJrika, 1946, pp 132-135.
36. Anon., "De Groote Trek naar Damaraland", De Volksstem, 10 Junie 1893, p 3; Anon., "De Groote Trek naar Damaraland", De Express en Oranjevrijstaatsch Advertentieblad, 16 Junie 1893; NAN: Al 00, "Verklaring van Daniel Jacobus Robbertse oor die Trek van 1893", p 2.
37. P.J. en I.H. [= J.H.] Steyn, "Humpatha", Het Kerkblad, 15 Junie 1895; NAN: A100, F.G.A. Siemens, Klein handgeskrewe dagboekie; "Verklaring van Daniel Jacobus Robbertse oor die Trek van 1893"; Briewe, J.M. Lombard – J. von S. von Moltke, 30 Oktober 1928 en 6 Januarie 1929; SAUK: Acc.168300, Onderhoud H.W. Siemens; D.J. Kotzé, Dapper Kinders van Suid- Afrika (Die Sondagskool-boekhandel, Bloemfontein, Tweede druk, s.d.), p 103; R. McDonald, "Die Geskiedenis van die McDonalds en van Oupa Brits in Suidwes-Afrika", Hertzog-Annale, 12, 1965, pp 43–45.
38. PU: A. Alberts, "Rita McDonald: Geskiedenis van die McDonalds: Voorwoord", Manuskrip, pp 1-2; Albelts, Swart Weerlig, pp 59, 168.
39. Nasionale Afrikaanse Museum en Letterkundige Navorsingsentrum, Bloemfontein (hierna NALN): Jan AlbeIt Coetzee (Ms 2561/83) 716.5, Brief BJ. Ludeke, Lushongule, SuidRhodesie -Dirk Pons & Ko. Potchefstroom, ongedateer (ca. 1925); CJ. Diederiks,
"Correspondentie: West Afrika", Het Kerkblad, I Julie 1908, p 8; SAUK: 58/8 18/57-59(58), Onderhoud Mnr Engelbrecht, 2 Oktober 1958.
40. "Oficio Confidencial n.o 42, do G.G. Henrique de Paiva Couceiro para 0 Consul de Portugal na Cidade do Cabo", 16 de Dezembro de 1907, in Anon., Arquivos de Angola, segunda serie, 14,55/58, Janeiro-Dezembro de 1957, pp 109-110; "Oficio Confidencial do G.G. Henrique de Paiva Couceiro para 0 MSENMU.", 25 de lunho de 1908, in Anon., Arquivos de Angola, segunda serie, 15, 59/62, Janeiro-Dezembro de 1958, p 62; Arquivo Hist6rico Ultramarino, Lissabon (hiema AJ-IU): Junta Consultiva do Ultramar (hiema ICU), Rep. I, 27 de Maio de 1909, Cx. 40. Registo Liv. 9. no. 0096, Briewe Governador Geral -Ministro, 5 Maart 1909; Gov. Geral -Ministro, 17 Mei 1909; Director Geral -Ministro, lunie 1909; Gov. Geral -Ministro, 14 Januarie 1910; H. de P. Couceiro, Angola (Dois anos de governo, Junho 1907-Junho /909) , p 177.
41. Alberts, in Vreemdelingskap, pp 5-6; Burger, "Die Dorslandtrek", pp 386-405.
42. Private versameling, prof. H.M. Roos, Maplelaan 47, Clydesdale, Pretoria: C.J. Scholtz, "Dagboek van C.J. Scholtz. Hoe ik van Damra Lam Trek naar Portgies Lam", 204 pp; PU: S.O. Lambert, Herinneringe, "Vertel deur Stephanus Oskar Lambert." Manuskrip, p 25.
43. Nederduitsch Hervormde Kerkargief, Pretoria (hiema NHK): G25 3/2/2, Lidmateregister Nederduitsch Hervonnde Gemeente Humpata; D. de Klerk, The Boers in Portugal (D. de Klerk, Lisbon, 1985), pp 111-126; M. Maritz, My Lewe en SO'ewe (Manie Maritz, PretoriaNoord, s.d.), pp 85-94.
44. J.G.W. Zahn, "Uit Angola", Suidwes Nuus, 20 Oktober 1922, pi; J.G.W. Zahn, " Uit Angola", Sliidwes Nuus,, II Mei 1923; A.D. Luckhoff, "Ver en Gou Gery, 11", De Kerkbode, 30 Julie 1924, p 985; Private versameling: J.J. van der Berg, Posbus 278, Aranos: "Die Van der Bergs", pi; Persoonlike onderhoud: Jacoba Francina Potgieter (nee Taljaard), Parksorg Versorgingsentrum, Escombeweg, Westcliff, Johannesburg, I Junie 2008.
45. Anon., "Os Estrangeiros em Angola", A Provincia de Angola, II de Setembro de 1926.
46. NAN: A10 en Sentrale Argiefuewaarplek, Nasionale Argief, Pretoria (hiema SAB): Buitelandse Sake (hiema BTS) 86/7/1, vol. I, Statistieke: Aanwysende die totale getal persone met besittings wat uit die verskillende distrikte van Angola verhui s, ca. 1928. Hierdie getal stem ooreen met die getal in NAN: A273 H. van Rensburg-versameling, SAB: Prime Minister (hi ema PM) 1/4/ 195 EM2 /81 en SAB: BTS 86/7/1/, vol. 3, Adv A. Broeksma, Memorandum "The Angola Boers", 1 Junie 1936, pp 6, 7.
47. Kyk o.a. The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg (hiema WlTS): A322f, J.L. Cachet, "Hoe ik Kerstfeest Vierd te St. Januario Humpata"; PJ. Veth en J.F. Snelleman (reds.), Daniël Veth's Reizen in Angola (B.D. Tjeenk Willink, Haarlem, 1887), pp 287-289; TAB: A 1694, Von Moltke, "Die Dorslandtrekke" en "Die Oorsake"; Trlimpelmann, "Die Boer in Suidwes-Afrika", pp 20-22; Jooste, Gedenkboek van die Dorslandtrek, p 14; Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS"; J.L. Hattingh, "Die Trekneiging by die Afrikaner tussen 1875 en 1895", Die Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 7, November 1975, pp 43-61.
48. Burger, "Die Dorslandtrek", p 1.
49. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", p 27; Hattingh, "Die Trekneiging", p 46.
50. Anon., "Emigratie", De Maandbode, I Augustus 1873.
51. Private versameling, Paul van Zijl, Tom Jenkinslaan 136, Rietondale, Pretoria: W.W. Jordan, "Memoirs", p 16; H.W. Struben, Recollections of Adventures (Maskew Miller, Cape Town, 1920), p. 147; Herinneringe van OJ. Erasmus, in AJ. van der Walt, Naordwaarts! 'n verhaal uit die Darsland-Trek (De Nationale Pers, Kaapstad, Stellenbosch, Bloemfontein & Maritzburg, 1920), p 218.
52. F.A. van Jaarsveld, Die Ontwaking van die Afrikaanse Nasianale Bewussyn. 1868-/881 (Voortrekkerpers, Johannesburg, 1959), pp 109-111; Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 22-27; Burger, "Die Dorslandtrek", pp 9-24.
53. Burger, "Die Dorslandtrek", pp 12-13,21-24.
54. Gedurende September 1876 was van die 198 volwassenes (409 siele) aan die Krokodilrivier 174 lidmate van die Gereformeerde Kerk, 18 van die NG Kerk en 6 van die Hervormde Kerk Anon., "Kerknieuws. Emigratie", De Maandbade, I November 1876.
55. B. Spoelstra, Die "Dappers" in Suid-Afi"ika, 1760-1899 (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, (963), p 256.
56. Spoelstra, Die "Dappers ", pp 255-256, 259-260; H. Turkstra, "Die Gereforrneerde Gemeente Pretoria 1859 tot 1930: 'n Kultuurhistoriese Studie." MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 1988, pp 58-68, 73-76, 96-97; Burger, "Die Dorslandtrek", pp 22-23.
57. J.P. Claasen, "Die Jerusalemgangers, met Besondere Verwysing na J.A. Enslin." MAverhandeling, UNlSA, 1978, pp 102-105; J.P. Claasen, Die Jerusalemgangers. met Besondere Verwysing na J.A. Enslin (J.P. Claasen, Pietersburg, (981), pp 99-102. Kyk ook A. von Danckelmann, "Ein Besuch in den Portugiesischen Kolonien Slidwestafrikas, Sommer 1883", Deutsche Geagraphische Blatter (Bremen), 7, I, 1884, P 58; Burger, "Die Dorslandtrek", p 34.
58. Jordan, "Memoirs", pp 16-17.
59. Ds. Andrew Murray soos aangehaal deur S.P. Engelbrecht, "Die Jerusalemgangers", Almanak van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, 41, 1947, p 62.
60. Claasen, Die Jerusalemgangers , pp 51-53, 57-58.
61. PU: Bezuidenhout, "Vertel deur Ou Tante Anna Fransina Bezuidenhout", p 8.
62. Burger, "Die Dorslandtrek", pp 24-26.
63. Dom Boer Dagon, "Correspondentie: Aan 'Een Boer."', De Volkssfem, 22 Januarie 1876, p 3.
64. Vir 'n volledige verslag van die kommissie se werksaamhede kyk J.S. Bergh en F. Morton (eds), "To make them serve ... H: The 1871 Transvaal Commission on African Labour (Protea Book House, Pretoria, 2003).
65. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", p 462; Burger, "Die Dorslandtrek", p 24; M.S. Appelgryn, Thomas Franr;ois Burgers, Slaafspresidenl 18 72-1877 (HAUM, Pretoria, 1969), pp 63, 101.
66. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 445-468. Anon., "Verhuizing naar het Noorden", De Valksstem, II Maar! 1876, p 2, noem "gebrek aan werkvolk" as 'n moontlike trekrede.
67. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 453,459.
68. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 466-467.
69. Spoelstra, Die "Dappers ", p 256; Burger, "Die Dorslandtrek", pp 2-8. J.G. Perry, "The Social and Economic Conditions of the Transvaal from 1852 to the First Annexation in 1877." MA dissertation, UNISA, s.d., gee 'n uitgebreide ontleding van die ekonomiese toestande in Transvaal tot 1877.
70. Van laarsveld, Ontwaking, pp IOI-114; Hattingh, "Die Trekneiging", pp 46-49; Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", p 53.
71. Struben, Recollections of Adventures, p 111.
72. Struben, Recollections of Adventures, p 176.
73. Van Jaarsveld, Ontwaking, pp 121 -140.
74. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 577-589.
75. Jordan, "Memoirs", p 16; Herinneringe van DJ. Erasmus, in Van der Walt, Noordwaartsl, p 218; TAB: A787, dr. G.S. Preller-versameling, 121B, '''Jagt.' Storie, Een Langen Dorst, met Goed Gevolgen", p 218; Burger, "Die Dorslandtrek", pp 27-34.
76. Ds. Andrew Murray soos aangehaal deur Engelbrecht, "Die Jerusalemgangers", p 62.
77. J.A. Heese, Siagtersnek en sy Mense (Tafel berg, Kaapstad, 1973), pp 75, 114, 116, 120-122, 130-131, 168-169, 182-183. Alberts, In Vreemdelingskap, p 7, noem ook die name van Willem en Paul Venter, Ignatius Labuschagne en Johanna Elizabeth Margaretha Bester (x Gert Andries Jacobus Alberts), maar dit word nie deur Heese gestaaf nie.
78. Heese, Siagtersnek en sy Mense, pp 75, 171-172.
79. Anon., "Aan het Trekken", De Valksstem, 21 Februarie 1874. Hendrik van Zyl word hier verkeerdelik Piet van Zyl genoem.
80. Van Jaarsveld, Ontwaking, pp 8, 102, 111-114.
81. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", p 370; Hattingh, "Die Trekneiging", p 46.
82. Jordan, "Memoirs", p 16. Kyk Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 469-509, vir 'n volledige bespreking van "grondlose burgers" as 'n trekrede.
83. Potgieter, "Vestiging van die Blanke", p 107; Van Jaarsveld, Ontwaking, p 102; kyk ook p 185 n 4. Volgens 'n sensus van die inwoners van die ZAR (TAB: SS 165, R2160173 en R2177173) was daar 18 211 blankes in die Potchefstroom, Rustenburg, Lydenburg, Soutpansberg, Wakkerstroom, Utrecht, Waterberg, en Marico distrikte. As die getal vir die distrikte Pretoria, Heidelberg, Bloemhof en Nazareth op ongeveer 10 000 tot 12 000 geskat word, was daar ongeveer 28 000 tot 30 000 inwoners in die ZAR. F. Jeppe, Transvaal Almanac and Directory for 1877(The State Library, Pretoria, Reprint no. 80, 1976), pp 34-35 meen dat die bevolking gewoonlik op ongeveer 25000 tot 30 000 geskat word maar dat dit selfs so hoog as 40 000 tot 45 000 kan wees.
84. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 472-474, 485, 487, 489. Op p 485 word die jaartal 1899 vermeld, maar dit is duidelik dat dit 'n tikfout is en 1869 bedoel word.
85. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 480, 485.
86. TAB: SS 165, R2160/73, Opgave van Personen en Plaatsen (Cencuslijsten) (1873).
87. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 477,487-490.
88. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS". p 509.
89. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 536-576.
90. Van Jaarsveld, Ontwaking, p 105.
91. Anon., "The Trek Boers. An Appeal for Help", The Cape Argus, 6 September 1879; Anon., "Die Transvaalse Trekboere in Damaraland", Di Afrikaanse Patl'iol, 4, 160, 12 September 1879, p 1.
92. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", p 543.
93. Anon., "Verhuizing naar het Noorden", De Volksstem, II Maar! 1876, p 2.
94. JN. Susan (samest.), Index der Staatscouranten over de Jaren i871 101 en met Juli 1881 (Staatsdrukkerij der Z.A. Republiek, Pretoria, 1898), pp 73, 76-77; F. Jeppe, Transvaal Almanac and Directory for 1877, pp 44, 58; Struben, Recollections of Adventures, pp 143-144.
95. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", p 545.
96. F. Jeppe, Transvaal Almanac and Directoryfor 1877, p 58.
97. Appelgryn, Thomas François Burgers, p 63.
98. A. Anderson, Twenty-flve Years in a Waggon: Sport and Travel in South Africa (C. Struik, Cape Town, Facsimile edition, 1974), p 271.
99. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 510-535.
100. TAB: SS 29, R3192/59, Brief J.W. Viljoen -M.W. Pretorius, ongedateer (1859).
101 . Green, Lords ofthe Last Frontier, p 176.
102. W.K. Hancock, "Trek", The Economic History Review, Second series, 10, 3, 1958, P 331.
103. Hancock, "Trek", pp 333-334, 336.
104. S.D. Neumark, Economic Influences on the South African Frontier, 1652-1836 (Stanford University Press, Stanford, 1957), pp 172-178.
105. NAN: A100, "Verklaring van Daniel Jacobus Robbertse oor die Trek van 1893", p 1.
106. R.W. Wilcocks, Die Armblanke. Verslag van die Carnegie-kommissie. Die Armblankevraagstuk in Suid-Afrika, Deel II: Psychologiese verslag (Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1932), p 11.
107. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 398–418, gee volledig hieraan aandag.
108. W.G.R. Clarence Smith, "Mossamedes and its Hinterland, 1875–1915." D.Phil thesis, University of London, 1975, p 91. Volgens F.C. Selous, "Big Game in South Africa and its Relation to the Tsetse Fly", Journal of the Royal African Society, 8, 30, January 1909, pp 115, 119, 124, 126, was wild gedurende die sewentigerjare van die negentiende eeu nog volop maar teen 1880 was die wild grootliks uitgeroei.
109. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 103, 105, 399, 401. Schoemansdal is in 1867-1868 ontruim, deels as gevolg van die ineenstorting van die jagtersekonomie in die distrik Soutpansberg.
110. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", p 64.
111. Anon., "The Interior", The Friend of the Free State and Bloemfontein Gazette, 31 January 1878.
112. PU: Du Plessis en Du Plessis, "Die Do[r]slandtrek", lys geen gesinne uit die Soutpansberg nie. H.J.W. en N.J. Grobler, J.F. Botha, J.H du Plessis, P.J.S. van Staden en F.B.R.M. Lottering (Frans Lottrie) het wel 'n tyd lank in die Soutpansberg vertoef.
113. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 419-444.
114. Vg1. Hancock, "Trek", p 331.
115. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 432-435.
116. PJ. van der Merwe, Die Noordwaartse Beweging van die Baere voor die Groot Trek (1770-1842) (W.P. v Stockum & Zoon, Den Haag, 1937); PJ. van der Merwe, Die Trekboer in die Geskiedenis van die Kaapkolonie (1657-1842) (Nasionale Pers, Kaapstad, 1938); PJ. van der Merwe, Pioniers van die Dorsland (Nasionale Pers, Kaapstad, 1941); PJ. van der Merwe, Trek: Studies oor die Mobiliteit van die Pioniersbevolking aan die Kaap (Nasionale Pers, Kaapstad, 1945).
117. L.J.S. Changuion, "Die Verhuising van Boere na Oos-Afrika, 1902-1914." MA-verhandeling, Universileit van Pretoria, 1975, p 3.
118. Sien o.a. Changuion, "Die Verhuising", pp 7-19; Preller, Voortrekkers van Suidwes; R.M. du Toit, The Boers in East Africa: Ethnicity and identity (Bergin & Harvey, WestpOit and London, 1998); B.M. du Toit, Colonial Boer, an Afrikaner Settlement in Chubut, Argentina (Edwin Mellen, Lewiston, Queenstown and Lampeter, 1995).
119. Van der Merwe, Die Noordwaartse Beweging, p 379.
120. TAB: A1694, Alberts, "Mimorando van Ammogratsie", p 1.
121. Postma, Eenige Schetsen, p 11, soos aangehaal en vertaal in G.S. Preller, Voortrekkers van Suidwes, p 90.
122. Wilcocks, Die Armblanke, p 12.
123. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 365–397. Kyk ook Burger, "Die Dorslandtrek", pp 35–37.
124. Hattingh, "Trekke uit die SAR en die OVS", pp 365–366.
125. National Geographic, October 1998, soos aangehaal deur J. van Rooyen, The New Great Trek: The Story of South Africa’s White Exodus (Unisa Press, Pretoria, 2000).
126. R. King (ed), Origins: An Atlas of Human Migration (Struik, Cape Town, 2008), p 8.
127. Neumark, Economic Influences, p 3.
128. S. Pauw, "Trekgees van die Afrikaners", Die Huisgenoot, 11 Augustus 1944, p 33.
129. Hancock, "Trek", p 339.
130. Pauw, "Trekgees van die Afrikaners", pp. 8–9.
131. Pauw, "Trekgees van die Afrikaners", pp 9, 33.
132. Van der Merwe, Trek, pp 284–299.
133 . Van der Merwe, Trek, pp 284–294.
134 . Van der Merwe, Trek, pp 294–296.
135. Veth & Snelleman (reds.), Daniël Veth's Reizen in Angola, p 288.
136 . Van der Merwe, Trek, pp 296–299.
137. Van der Merwe, Trek, pp 297-299.
        [ Links ]