SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Historia vol.54 no.2 Durban  2009

 

Die stigting van die Kaapkolonie in die Nederlandse geskiedskrywing

 

The founding of the Cape Colony in Dutch historical writing

 

 

Pieter de Klerk

Pieter de Klerk is professor in Geskiedenis aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit Hy is die skrywer van verskeie artikels op die terrein van die historiografie

 

 


OPSOMMING

In hierdie artikel word 'n aantal Nederlandse geskiedwerke bespreek. Dié geskrifte bestaan uit studies oor die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie en algemene oorsigte oor die geskiedenis van Nederland en sy kolonies. Dit blyk dat die meeste geheeloorsigte oor die Nederlandse geskiedenis slegs baie kortliks na die stigting van die Kaapkolonie verwys. Ook in werke oor die Nederlandse koloniale geskiedenis word meesal nie veel aandag aan hierdie gebeurtenis gegee nie. Gedurende die periode voor ongeveer 1920, het Nederlandse skrywers 'n belangrike bydrae gelewer tot die publikasies wat oor die ontstaansgeskiedenis van die Kaapkolonie verskyn het, maar sedertdien het hulle 'n minder prominente rol gespeel in navorsingswerk oor hierdie onderwerp. Verskeie historici beklemtoon dit dat, hoewel die Nederlanders in verskillende dele van die wêreld kolonies gevestig het, dit slegs in Suider-Afrika is wat daar tans etlike miljoene mense woon met 'n taal en kultuur wat grotendeels van Nederlandse oorsprong is. Onder hierdie historici is daar net een wat aantoon dat die totstandkoming van 'n Nederlandssprekende samelewing aan die Kaap die gevolg was van sowel emigrasie uit Europa, as die aanvaarding van baie aspekte van die Nederlandse kultuur deur die slawe en die inheemse Khoikhoibevolking.

Sleutelwoorde: A. Biewenga; E.C. Godée Molsbergen; G.J. Schutte; J. Romein; Jan van Riebeeck; Kaapkolonie; Khoikhoi; koloniale geskiedenis; N.G. van Kampen; Nederland; Nederlandse geskiedskrywing; Nederlandse kolonies; Nederlandse kultuur; Nederlandse stam; P. Geyl; R. Ross; Simon van der Stel; U.G. Lauts; Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC); W.C. Mees


ABSTRACT

This article examines a number of texts by Dutch historians. These include studies on the early history of the Cape Colony and general reviews of the history of the Netherlands and their colonies. It appears that most overviews refer only briefly to the founding of the Cape Colony. Furthermore, many books on Dutch colonial history do not pay much attention to this event. During the period before about 1920, Dutch writers made an important contribution to the publication of texts on the early history of the Cape Colony, but they have played a less prominent role in research that has since been done on this subject. A number of historians emphasise the fact that, although the Dutch founded colonies in various parts of the world, it is only in Southern Africa that there are a few million people to be found today with a language and culture of mainly Dutch origin. Only one of these historians points out that the establishment of a Dutch-speaking society at the Cape was the result of both emigration from Europe and the acceptance of many aspects of Dutch culture by the slaves and the indigenous Khoikhoi population.

Key words: A. Biewenga; Cape Colony; colonial history; Dutch colonies; Dutch culture; Dutch East India Company (VOC / DEIC); Dutch historical writing; Dutch race; E.C. Godée Molsbergen; G.J. Schutte; J. Romein; Jan van Riebeeck; Khoikhoi; N.G. van Kampen; Netherlands; P. Geyl; R. Ross; Simon van der Stel; U.G. Lauts; W.C. Mees


 

 

Full text available only in PDF format.

 

 

1 G J Schutte, Nederland en de Afrikaners; Adhesie en Aversie (Wever, Franeker, 1986)         [ Links ]
2 Daar is reeds navorsing gedoen oor enkele fasette van die onderwerp W van Ledden, Jan van Riebeeck tussen Wal en Schip; een Onderzoek naar de Beeldvorming over Jan van Riebeeck in Nederland en Zuid-Afrika omstreeks 1900, 1950 en 2000 (Verloren, Hilversum, 2005), handel oor geskiedwerke en ander publikasies wat in Nederland en Suid-Afrika oor Van Riebeeck verskyn het Onder die bibliografiese studies is veral van belang: W P Coolhaas and G J Schutte, A Critical Survey of Studies on Dutch Colonial History (Nijhoff, Den Haag, 1980 - tweede uitgawe)
3 J Landwehr, A Bibliography of Publications relating to the Dutch East India Company, 16021800 (HES, Utrecht, 1991),         [ Links ] gee 'n uitgebreide oorsig van publikasies wat voor 1800 oor die VOC en sy kolonies, insluitende die Kaapkolonie, verskyn het
4 Nederlanders wat 'n tyd lank in Suid-Afrika gewoon het en later weer teruggekeer het na Nederland, soos F Lion Cachet, N Mansvelt, W J Leyds en E C Godée Molsbergen, word in hierdie artikel as Nederlandse geskiedskrywers gereken Nederlandse immigrante wat hulle permanent in Suid-Afrika gevestig het, soos M Borcherds, W J G van Oordt en J Ploeger, se werke word daarenteen nie tot die Nederlandse geskiedskrywing gereken nie
5 J Wagenaar, Vaderlandsche Historie, vervattende de Geschiedenissen der Vereenigde Nederlanden, inzonderheid die van Holland van de Vroegste Tijden af (Tirion, Amsterdam, 1749-1759), 21 bande         [ Links ]
6 W Bilderdijk, Geschiedenis des Vaderlands (Warnars, Amsterdam, 1832-1853),         [ Links ] 13 bande; G Groen van Prinsterer, Handboek der Geschiedenis van het Vaderland (Luchtmans, Leiden, 1846), 2 bande; J van Lennep, De Geschiedenis van Nederland, aan het Nederlandsche Volk Verteld (Sijthoff, Leiden, hersiene druk, s j , omstreeks 1890), 4 bande
7 M J van Oven, Geschiedenis van Nederland, van de Vroegste Tijden tot op Heden (Dannenfelser, Utrecht, s j , omstreeks 1850), p 272         [ Links ]
8 N G van Kampen, Geschiedenis der Nederlanders buiten Europa, of Verhaal van de Togten, Ontdekkingen, Oorlogen, Veroveringen en Inrigtingen der Nederlanders in Aziën, Afrika, Amerika en Australië, van het Laatste der Zestiende Eeuw tot op dezen Tijd (Bohn, Haarlem,1831), 3 bande
9 F Valentyn, Beschrijvinge van de Kaap der Goede Hoope met de Zaaken daar toe Behoorende (1726, herdruk met aantekeninge, Van Riebeeck Vereniging, Kaapstad, 19711973, 2 bande);         [ Links ] dit is 'n gedeelte van sy werk Oud en Nieuw Oost-Indiën, wat uit 5 bande bestaan.
10 Hy gee byvoorbeeld Van Riebeeck se voornaam as Antonie aan en die datum van sy aankoms aan die Kaap as 6 April 1651 Van Kampen, Geschiedenis der Nederlanders buiten Europa, II, pp 31-32 Die foute kom nie voor nie in Valentyn, Beschrijvinge van de Kaap der Goede Hoope, nie
11 Van Kampen, Geschiedenis der Nederlanders buiten Europa II, p 328 Daar het wel in 1672 (dus ná die tyd van Van Riebeeck) 'n kooptransaksie tussen die VOC-amptenare aan die Kaap onder leiding van die besoekende kommissaris Aernout van Overbeke en twee Khoikhoi-hoofmanne plaasgevind, waarvolgens die grond wat reeds onder Kompanjiesbeheer was, amptelik deur die hoofmanne, wat in elk geval nie die enigste Khoikhoihoofmanne was wat in hierdie gebied gewoon het nie, aan die Kompanjie oorgedra is in ruil vir 'n aantal goedere wat in totaal baie min werd was Vergelyk G J Schutte, "Van Overbeke, Aernout", in W J de Kock en D W Krüger (reds ), Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek II (Tafelberg, Kaapstad, 1972), pp 815-816;         [ Links ] R Elphick, Khoikhoi and the Founding of White South Africa (Ravan, Johannesburg, 1985, tweede uitgawe), p 124         [ Links ]
12 Feitlik al die Nederlandse skrywers het tot laat in die vorige eeu die term "Hottentotten" vir die Khoikhoi en "Bosjesmannen" vir die San of Boesmans gebruik
13 Van Kampen, Geschiedenis der Nederlanders buiten Europa II, p 330
14 Van Kampen, Geschiedenis der Nederlanders buiten Europa II, p 330 Dit is oorgeneem uit Valentyn, Beschrijvinge van de Kaap der Goede Hoope II, p 166
15 Van Kampen, Geschiedenis der Nederlanders buiten Europa II, pp 331-332
16 U G Lauts, Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop, Nederlandsche Volksplanting, 1652-1806 (Sijbrandi, Amsterdam, 1854)         [ Links ]
17 Vergelyk J Ploeger, "Ulrich Gerhard Lauts (1787-1865); die Skakel tussen Nederland en die Voortrekkers", Historiese Studies, 4, Mei 1940, pp 1-27 Lauts het reeds vroeë         [ Links ]r 'n ander werk oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis die lig laat sien: De Kaapsche Landverhuizers of Neerlands Afstammelingen in Zuid-Afrika (Hazenberg, Leyden, 1847)
18 Lauts, Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop, p 11 Die bewering wat hy weerlê is nie heeltemal onjuis nie Khoikhoi wat hulle vee verloor het, het dikwels op 'n jagter- en versamelaarsbestaan teruggeval Die San, as jagters en versamelaarsgroepe, was egter in die gebied van die latere Kaapkolonie aanwesig voor die koms van die Nederlanders Vergelyk die opmerkings van Ross, soos weergegee in 'n volgende afdeling
19 Lauts, Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop, p 29
20 Lauts, Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop, p 33
21 Lauts, Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop, p 36
22 F Lion Cachet, De Worstelstrijd der Transvalers aan het Volk van Nederland Verhaald (Amsterdam, Höveker & Wormser, 1898, hersiene uitgawe) Die eerste uitgawe het in 1882 verskyn Vergelyk Van Ledden, Jan van Riebeeck tussen Wal en Schip, p 39
23 Lion Cachet, De Worstelstrijd der Transvalers, p 14 Vergelyk voetnoot 11 hierbo
24 Lion Cachet, De Worstelstrijd derTransvalers, p 22
25 C Busken Huet, Het Land van Rembrand; Studiën over de Noordnederlandsche Beschaving in de Zeventiende Eeuw (Haarlem, Tjeenk Willink, 1886, tweede uitgawe, herdruk 1946)         [ Links ]
26 Busken Huet, Het Land van Rembrand, pp 373-374 Hy skryf verkeerdelik dat Van der Stel aan die Kaapkolonie "den omvang gegeven heeft dien zij nog heden bezit" en dat hy Natal en Delagoabaai tot die kolonie toegevoeg het
27 PL Muller, Onze Gouden Eeuw; de Republiek der Vereenigde Nederlanden in haar Bloeitijd III (Sijthoff, Leiden, s j , waarskynlik 1898), pp 183-184         [ Links ]
28 Muller, Onze Gouden Eeuw III, p 184
29 R Fruin, Verspreide Geschriften X (Nijhoff, 's-Gravenhage, 1905), p 417 Muller was een van die redakteurs van hierdie versameling van Fruin se geskrifte         [ Links ]
30 Dit kom ook voor in J J Meinsma, Geschiedenis van de Nederlandsche Oost-Indische Bezittingen (IJkema, Delft, 1872-1875), p 81         [ Links ]
31 Onder hierdie werke tel: C J van der Loo, Om Leven en Vrijheid! Geschiedenis der Oud-Hollandsche Republieken in Zuid-Afrika (Cohen, Arnhem, 1901);         [ Links ] N Mansvelt, De Betrekkingen tusschen Nederland en Zuid-Afrika sedert de Verovering van de Kaapkolonie door de Engelschen (Breijer, Utrecht, 1902);         [ Links ] W J Leyds, De Eerste Annexatie van de Transvaal (De Lange, Amsterdam, 1906)         [ Links ]
32 EC Godée Molsbergen, De Stichter van Hollands Zuid-Afrika, Jan van Riebeeck, 1618-1677 (Van Looy, Amsterdam, 1912)         [ Links ]
33 A J Böeseken, "Lewe en Werk van E C Godée Molsbergen", Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 8, Nov 1976, pp 119-131         [ Links ]
34 Die ander biografie is A J Böeseken, Jan van Riebeeck en sy Gesin (Tafelberg, Kaapstad, 1974) Bö         [ Links ]eseken het tot meer dokumente toegang gehad as Godée Molsbergen, maar haar boek het, soos die titel aandui, 'n enger fokus
35 Godée Molsbergen, De Stichter van Hollands Zuid-Afrika, pp 96-101, 141-142, 178
36 Godée Molsbergen, De Stichter van Hollands Zuid-Afrika, p 98
37 Godée Molsbergen, De Stichter van Hollands Zuid-Afrika, p 178
38 Godée Molsbergen, De Stichter van Hollands Zuid-Afrika, p 106
39 WC Mees, Maria Quevellerius; Huisvrouw van Jan van Riebeeck, en Haar Omgeving (Van Gorcum, Assen, 1952)         [ Links ]
40 Mees, Maria Quevellerius, pp 59-60
41 Mees, Maria Quevellerius, p 62
42 Mees, Maria Quevellerius, p 70
43 HT Colenbrander, Koloniale Geschiedenis I (Nijhoff, 's-Gravenhage, 1925), pp 156-160         [ Links ]
44 Colenbrander, Koloniale Geschiedenis I, p 156
45 F W Stapel (red ), Geschiedenis van Nederlandsch Indië (Vondel, Amsterdam, 1938-1940), 5 bande         [ Links ]
46 F W Stapel, Geschiedenis van Nederlandsch Indië III (Vondel, Amsterdam, 1939), pp 300, 447-449         [ Links ]
47 Stapel, Geschiedenis van Nederlandsch Indië III, p 300
48 Coolhaas & Schutte, A Critical Survey of Studies on Dutch Colonial History, p 22; vergelyk ook G J Schutte, "De Koloniale Geschiedschrijving", in W W Mijnhardt (red ), Kantelend Geschiedbeeld; Nederlandse Historiografie sinds 1945 (Het Spectrum, Utrecht, 1983), p 291
49 Stapel is ook die alleenouteur van 'n meer beknopte geskiedenis van Nederlands-Indië, waarin die paragrawe oor die stigting van die Kaapkolonie wat in die versamelwerk voorkom, grotendeels herhaal word: F W Stapel, Geschiedenis van Nederlandsch-Indië (Meulenhoff, Amsterdam, 1943, hersiene uitgawe)
50 Van Winter is die outeur van Onder Krugers Hollanders; Geschiedenis van de Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij (De Bussy, Amsterdam, 1937-1938), 2 bande
51 P J van Winter, Zuid-Afrika onder Nederlandsch Bewind (Nijhoff, 's-Gravenhage, 1936)         [ Links ]
52 P J van Winter, "Zuid-Afrika in den Hollandschen Tijd", in H J de Graaff (red ), Nederlanders over de Zeeën; 350 Jaar Geschiedenis van Nederland Buitengaats (De Haan, Utrecht, 1955, hersiene uitgawe), pp 227-251         [ Links ]
53 J A van Houtte en andere (reds ), Algemene Geschiedenis der Nederlanden (De Haan, Utrecht, 1949-1958), 12 bande         [ Links ]
54 WP Coolhaas, "Overzeese Geschiedenis, 1648-1795", in JA van Houtte en andere (reds ), Algemene Geschiedenis der Nederlanden VIII (De Haan, Utrecht, 1955), p 377         [ Links ]
55 Oorsigwerke van bekende historici wat in die periode voor 1970 verskyn het en waarin die stigting van die Kaapkolonie nouliks of glad nie vermeld word nie, sluit die volgende in: H Brugmans (red ), Geschiedenis van Nederland (Vondel, Amsterdam, 1935-1938), 8 bande; J Huizinga, Nederland's Beschaving in de Zeventiende Eeuw (Tjeenk Willink, Haarlem, 1941); I H Gosses en N Japikse, Handboek tot de Staatkundige Geschiedenis van Nederland (Nijhoff, 's-Gravenhage, 1947, hersiene uitgawe); H A E van Gelder, Cultuurgeschiedenis van Nederland in Vogelvlucht (Aula, Utrecht, 1965); L J Rogier, Eenheid en Scheiding; Geschiedenis der Nederlanden, 1477-1813 (Het Spectrum, Utrecht, 1968, hersiene uitgawe)
56 P J Blok, Geschiedenis van het Nederlandsche Volk (Sijthoff, Leiden, 1912-1915,         [ Links ] hersiene uitgawe), 4 bande
57 Blok, Geschiedenis van het Nederlandsche Volk III, p 292
58 P Geyl, Geschiedenis van de Nederlandse Stam I (Wereldbibliotheek, Amsterdam, 1961, hersiene uitgawe), p 9         [ Links ]
59 Geyl, Geschiedenis van de Nederlandse Stam I, p 9
60 P Geyl, Geschiedenis van de Nederlandse Stam III (Wereldbibliotheek, Amsterdam, 1961), p 682         [ Links ]
61 P Geyl, Geschiedenis van de Nederlandse Stam IV (Wereldbibliotheek, Amsterdam, 1961), p 931         [ Links ]
62 P van Hees en A W Willemsen haal in hulle voorwoord tot P van Hees en A W Willemsen (reds ), Geyl in Zuid-Afrika; Verslag van de Lezingtournee langs Universiteiten in Zuid-Afrika, Juli-December 1937 (Suid-Afrikaanse Instituut, Amsterdam, 2000), p ix, 'n koerantberig van 1937 aan, waarvolgens Geyl verklaar het dat as die Afrikaners nie vriendskaplike verhoudinge met die bruinmense aankweek nie, hulle hierdie "600 000 Afrikaans sprekende mensen" nooit vir hulle kultuur sal kan wen nie In sy verslag (p 18) spreek Geyl ook sy kommer uit dat die bruinmense dalk gaandeweg sal verengels Hy laat hom egter nie daaroor uit of hulle as lede van die Nederlandse stam beskou behoort te word of nie
63 P van Hees, "Bij de Honderdste Geboortedag van Pieter Geyl (1887-1966)", Spiegel Historiael, 22, 2, Desember 1987, pp 522-534 Vergelyk: PB M Blaas, "Nederlandse Geschiedschrijving na 1945", in Mijnhardt (red ), Kantelend Geschiedbeeld, p 11
64 P de Klerk, "Afrikaners en Nederlanders: Stamverwante?", Koers, 63, 4, Desember 1998,p 297         [ Links ]
65 De Klerk, "Afrikaners en Nederlanders: Stamverwante?", p 298
66 In die versamelbundel van A H Huussen, E H Kossmann en H Renner (reds ), Historici van de Twintigste Eeuw (Het Spectrum, Utrecht, 1981), is byvoorbeeld opstelle oor Geyl, Romein en drie ander Nederlandse historici van die vorige eeu opgeneem
67 J Romein en A Romein, De Lage Landen bij de Zee; een Geschiedenis van het Nederlandse Volk (Querido, Amsterdam, 1973, hersiene uitgawe)         [ Links ]
68 Romein & Romein, De Lage Landen bij de Zee, pp 690-696
69 Vergelyk Blaas, "Nederlandse Geschiedschrijving na 1945", pp 37-38; Schutte, "Koloniale Geschiedschrijving", p 293; J van Goor, De Nederlandse Koloniën; Geschiedenis van de Nederlandse Expansie, 1600-1975 (Sdu, Den Haag, 1994), p 5
70 Die oplewing in die belangstelling in koloniale geskiedenis blyk onder meer uit die publikasie van die tydskrif Itinerario, vanaf 1977, deur die Werkgroep voor de Geschiedenis van de Europese Expansie aan die Universiteit van Leiden en die TANAP-projek wat in 1997 begin is deur die Nationaal Archief van Nederland in samewerking met die Universiteit van Leiden met die doel om die VOC-argiewe (ook dié in Kaapstad) vir navorsing te ontsluit; www tanap net, soos op 1 September 2008
71 E van den Boogaart en andere, Overzee; Nederlandse Koloniale Geschiedenis, 1590-1975 (Fibula Van Dishoeck, Haarlem, 1982) Die hersiene uitgawe van Algemene Geschiedenis der Nederlanden (Fibula Van Dishoeck, Haarlem), wat 15 bande beslaan, het in 1981 verskyn
72 E van den Boogaart en M A P Meilink-Roelofsz, "Woord Vooraf", in Van den Boogaart en andere, Overzee; Nederlandse Koloniale Geschiedenis, p 12
73 Ross is ook die outeur van enkele ander geskrifte wat betrekking het op die ontstaangeskiedenis van die Kaapkolonie, naamlik "The Cape of Good Hope and the World Economy, 1652-1835", in R Elphick and H Giliomee (eds), The Shaping of South African Society, 1652-1840 (Maskew Miller Longman, Cape Town, 1989, revised edition), pp 243280; en A Concise History of South Africa (University Press, Cambridge, 1999), wat in Nederlands verskyn het as Zuid-Afrika; een Geschiedenis (Arbeiderspers, Amsterdam, 1999) In hierdie publikasies word hoofsaaklik dieselfde interpretasie van die stigtingsgeskiedenis van die Kaapkolonie gegee as in die teks wat hier bespreek word
74 R J Ross, "De VOC in Zuid-Afrika 1652-1795", in Van den Boogaart en andere, Overzee; Nederlandse Koloniale Geschiedenis, p 104
75 Elphick, Khoikhoi and the Founding of White South Africa (die eerste uitgawe het verskyn in 1977 )
76 Ross, "De VOC in Zuid-Afrika 1652-1795", p 106
77 Ross, "De VOC in Zuid-Afrika 1652-1795", p 105
78 Ross, "De VOC in Zuid-Afrika 1652-1795", p 110
79 Ross, "De VOC in Zuid-Afrika 1652-1795", p 112 Hy verskaf nie veel inligting oor die sosiale verhoudinge tussen die setlaars, die ontstamde Khoikhoi en die slawe aan die Kaap gedurende die sewentiende en agtiende eeu nie In die slotparagraaf skryf hy tog dat die koloniale sosiale struktuur van die Nederlandse tydperk onder die invloed van industrialisasie in die laat negentiende en vroeë twintigste eeu die deur oopgelaat het vir die apartheidstelsel Hierdie opmerking word nie verder verduidelik nie en daar kan moeilik hieruit afgelei word dat Ross van mening is dat reeds met die vestiging van die kolonie, grondslae vir die ontwikkeling van die stelsel van apartheid gelê is Ross was medeskrywer van D van Arkel, G C Quispel en R J Ross, 'De Wijngaard des Heeren? een Onderzoek naar de Wortels van die Blanke Baasskap' in Zuid-Afrika (Nijhof, Leiden, 1983) Daarin word tot die gevolgtrekking gekom dat die wortels van blanke baasskap veral in die vroeë negentiende eeu te vinde is en dat die baas-kneg verhouding in die sewentiende en agtiende eeu nog nie sinoniem was met die verhouding tussen mense van (hoofsaaklik) Europese afkoms en mense van (hoofsaaklik) nie-Europese afkoms nie
80 Van Goor, De Nederlandse Koloniën, pp 114-117
81 Van Goor, De Nederlandse Koloniën, pp 361-366
82 A Biewenga, De Kaap de Goede Hoop; een Nederlandse Vestigingskolonie, 1680-1730 (Prometheus, Amsterdam, 1999)         [ Links ]
83 Biewenga, De Kaap de Goede Hoop, p 17
84 Elphick & Giliomee (eds), The Shaping of South African Society, het hoofsaaklik 'n sosiaalekonomiese fokus en gaan nie diep in op die invloed van die Nederlandse kultuur op die inwoners van die kolonie nie In die hoofstuk oor tussen-groepverhoudinge, naamlik R Elphick & R Shell, "Intergroup Relations: Khoikhoi, Slaves and Free Blacks, 1652-1795", in Elphick & Giliomee (eds), The Shaping of South African Society, pp 184-239, word geskryf dat kultuuruitwisseling tussen die verskillende groepe gelei het tot die totstandkoming van 'n gemengde kultuur aan die Kaap met Khoikhoi-elemente, asook elemente afkomstig uit Europa en Suidoos-Asië Dit word egter nie aangetoon dat, hoewel die koloniste beslis deur die oorspronklike kulture van die Khoikhoi en die slawe beïnvloed is, hulle 'n primêr Westerse kultuur behou het, terwyl die Khoikhoi en die slawe uiteindelik min van hulle oorspronklike kulture oorgehou het nie
85 Vergelyk P H Kapp, "Die VOC-tydperk as Navorsingsterrein vir Historici", Historia, 46, 2, November 2001, pp 385-386         [ Links ]
86 Biewenga, De Kaap de Goede Hoop, p 290
87 G J Schutte, "Company and Colonists at the Cape, 1652-1795", in Elphick & Giliomee (eds), The Shaping of South African Society, pp 283-323; F S Gaastra, De Geschiedenis van de VOC (Walburg, Zutphen, 2002, hersiene uitgawe)         [ Links ]
88 Gaastra, De Geschiedenis van de VOC, p 80
89 I Schöffer, "De Republiek der Verenigde Nederlanden, 1609-1702", in I Schöffer, H van der Wee en J A Bornewasser (reds ), De Lage Landen van 1500 tot 1780 (Agon, Amsterdam, 1991), p 206 Dit is 'n hersiene uitgawe van JA Bornewasser en andere,         [ Links ] Winkler Prins Geschiedenis der Nederlanden II (Elsevier, Amsterdam, 1977)
90 A Wildschut, Kleine Geschiedenis van Nederland VI (Waanders, Zwolle, 2007), p 107         [ Links ]
91 A T van Deursen, De Last van Veel Geluk; de Geschiedenis van Nederland, 1555-1702 (Bakker, Amsterdam, 2005), p 340 Hierdie boek is die vierde band in die reeks De Geschiedenis van Nederland.         [ Links ]
92 Van Deursen, De Last van Veel Geluk, p 340
93 Dit is 'n aspek waaroor nog heelwat meer navorsing gedoen kan word Vergelyk P de Klerk, "Die Akkulturasie van die Khoikhoi en die Slawe in die Kaapkolonie (1652-1910) - 'n Historiografiese Ondersoek", Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 21, 1, Junie 2007, pp 1-21
94 GM Theal, History of South Africa (Allen & Unwin, Londen, 1918-1919,         [ Links ] hersiene uitgawe), 11 bande 'n Vroeër weergawe van die werk het al in 1893 verskyn
95 Coolhaas & Schutte, A Critical Survey of Studies on Dutch Colonial History, pp 70-75, bevat 'n lys van studies oor die Kaapkolonie in die VOC-tyd, en hierdie werke is oorwegend van Suid-Afrikaanse oorsprong
96 Hierdie gevolgtrekking word gedeel deur resente skrywers soos Van Ledden en Verstegen Vergelyk Van Ledden, Jan van Riebeeck tussen Wal en Schip, p 41; M Verstegen, De Indische Zeeherberg; de stichting van de Kaapkolonie door de VOC (Europese Bibliotheek, Zaltbommel, 2001), p 9 Laasgenoemde publikasie is 'n populêr-wetenskaplike werk wat net op enkele wetenskaplike geskiedwerke gebaseer is Dit is, sover bekend, die enigste boek wat spesifiek die stigting van die Kaapkolonie as onderwerp het
97 Vergelyk T O Lloyd, The British Empire, 1558-1983 (Oxford University Press, Oxford, 1984), p ix         [ Links ]
98 Vergelyk Lloyd, The British Empire, p 379; L James, The Rise and Fall of the British Empire (St Martin's Press, New York, 1994), pp xv-xvi         [ Links ]
99 Vergelyk Schutte, Nederland en de Afrikaners Volgens H L Wesseling, "Dutch Historiography on European Expansion since 1945", in P C Emmer en H L Wesseling (reds ), Reappraisals in Overseas History (University Press, Leiden, 1979), p 136, het die belangstelling van Nederlandse historici in die geskiedenis van Suider-Afrika teen 1979 feitlik totaal verdwyn en hy suggereer dat dit die gevolg is van die apartheidsbeleid Soos uit die afdeling hierbo oor werke oor die Kaapkolonie blyk, is daar wat die stigting en beginjare van die Kaapkolonie betref reeds ná die werk van Godée Molsbergen in die vroeë twintigste eeu betreklik min navorsing in Nederland gedoen en het verskeie belangrike studies juis in die periode na 1980 verskyn
100 Vergelyk Blaas, "Nederlandse Geschiedschrijving na 1945", veral pp 10-12
101 Streng gesproke vorm Suid-Afrika en Namibië, wat hulle Afrikaanssprekende inwoners betref, nie meer deel van die Nederlandse taalgebied nie Hoewel Afrikaans hoofsaaklik uit Nederlands ontwikkel het, word dit tans algemeen as 'n aparte taal beskou Nederlands is egter byna drie eeue lank as skryftaal in Suider-Afrika gebruik, terwyl Afrikaans vir baie jare as 'n dialektiese vorm van Nederlands gesien is Nederlands was tot 1925 een van die twee amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika Ook as die Nederlandse taalgebied eng omskryf word, het Suider-Afrika tot in die twintigste eeu deel daarvan gevorm
102 A Algra en H Algra, Dispereert niet; Twintig Eeuwen Historie van de Nederlanden (Franeker, Wever, 1964-1965), wat bestaan uit 5 bande, is 'n populêr-wetenskaplike werk waarin heelwat aandag gegee word aan die geskiedenis van die Nederlandse kolonies en ook van Suid-Afrika, selfs na 1806 Daarin word egter nie oor die geskiedenis van Vlaandere gehandel nie
103 Vergelyk P Vries, "De Hoogtijdagen van de Geschiedenis als Sociale Wetenschap en de Terugkeer van het Verhaal", in H Beliën en G J van Setten, Geschiedschrijving in de Twintigste Eeuw; Discussie zonder Eind (Agon, Amsterdam, 1991), pp 223-240;         [ Links ] W H Sewell, "Crooked Lines", American Historical Review, 113, 2, April 2008, pp 393-405         [ Links ]
104 Groter belangstelling in die verspreiding van die Nederlandse kultuur kom reeds na vore in publikasies wat met die vierhonderdjarige herdenking van die stigting van die VOC verskyn het en waarin heelwat aandag aan kulturele aspekte gegee word Vergelyk L Akveld en E M Jacobs (reds ), De Kleurrijke Wereld van de VOC (THOTH, Bussum, 2002); L Blussé en I Ooms, Kennis en Compagnie; de Verenigde Oost-Indische Compagnie en de Moderne Wetenschap (Balans, Leiden, 2002);         [ Links ] G J Schutte (red ), Het Indisch Sion; de Gereformeerde Kerk onder de VOC (Verloren, Hilversum, 2002)        [ Links ]

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons