SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.83Scoping the nexus between climate change and water-security realities in rural South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

VAN DER WALT, Bradley  y  PRETORIUS, Ockert. Vervoer-georiënteerde ontwikkeling, ontwikkelingskorridors en ekonomiese toegang: die impak van die Louis Botha-ontwikkelingskorridor. Town reg. plan. (Online) [online]. 2023, vol.83, pp.1-17. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.38140/trp.v83i.7472.

Apartheid se impak op Suid-Afrika se stedelike ruimtelike patrone duur voort, wat lei tot ruimtelike fragmentasie en ongelykheid. Onvolhoubare stedelike uitbreiding vererger uitdagings verbonde aan ekonomiese toegang. Om genoemde uitdagings aan te spreek, het die Stad Johannesburg (CoJ) die 'Corridors of Freedom' (CoF) inisiatief geïmplementeer, met klem op ekonomiese insluiting. Te midde van aansienlike investering deur die publieke sektor, het die inisiatief die Louis Botha Ontwikkelingskorridor (LBDC) beklemtoon om 'n digte, gemengde gebruik, loopbare stedelike omgewing te skep. Nietemin, beperkte navorsing het tans die LBDC se impak vanuit 'n ekonomiese toegangsperspektief ondersoek. Hierdie studie ondersoek hoe die LBDC ekonomiese toegang verbeter het en verskaf beleidsinsigte vir stedelike gebiede in Suid-Afrika, binne die raamwerk van vervoer-georiënteerde ontwikkeling (TOD) en ontwikkelingskorridors. 'n Kwantitatiewe navorsingsbenadering met gebruik van 'Network Analyst' toon dat die Rea Vaya Bus Rapid Transit (BRT) stelsel ekonomiese toegang met 16% verbeter het in vergelyking met ander LBDC vervoerdienste. Hierdie studie demonstreer die potensiaal van die gesamentlike implementering van TOD en ontwikkelingskorridors om ekonomiese toegang in die studie area te bevorder en sluit af met beleidsaanbevelings wat sentreer op geïntegreerde vervoerstelsels, onder andere.

Palabras clave : Development corridors; economic access; Louis Botha Development Corridor; spatial data analysis; transit-oriented development.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons