SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82A multisensory approach to measure public space quality in the city of Bulawayo, ZimbabweReimagining collaboration in urban planning through a social practice lens: Towards a conceptual framework author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

MAGNI, Peter; SMITH, Mari; JACOBS, Helena  and  MURRAY, Natasha. Differensiële verstedeliking vir nedersettingsbeplanning - 'N wes-kaap-gevallestudie. Town reg. plan. (Online) [online]. 2023, vol.82, pp.81-97. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/trp.v82i.6632.

Die differensiële verstedelikingsmodel is 'n metode om die groeitempo van nedersettings te beoordeel. Die toepassing van die model is hoofsaaklik getoets op nasionale vlak, Suid-Afrika ingesluit. Hierdie studie ondersoek die toepassing van die model op 'n sub-nasionale vlak, die Wes-Kaap provinsie en die Kaapse Wynlynde distrik munisipale vlak. Die studie het bevind dat die model van toepassing is op provinsiale en ook distrik munisipale vlak. Nedersettings van verskillende groottes en ekonomiese belangrikheid het teen veranderende groeitempo's gegroei in verhouding met mekaar in 'n voorspelbare volgorde om oor 'n twintig jaar-periode die stedelike sisteem en hiërargie te vorm. Die bevinding was 'n verrassing aangesien die differensiële verstedelikingsmodel ekonomiese groei, arbeid en sosio-ekonomiese homogeniteit aanneem terwyl hierdie faktore nie eweredig op sub-nasionale vlak verspreid is nie. Die toepassingsmoontlikhede van die model op sub-nasionale vlak is relevant vir die verdeling en toekenning van skaars en beperkte openbare of regeringshulpbronne, veral in klein nedersettings wat onder verstedelikingsdruk verkeer. Die studie ondersteun relevante nasionale, provinsiale en munisipale beplanningsaspekte wat dui op die onderliggende veranderende verband tussen nedersettings van verskillende groottes en funksies, en die belang daarvan vir ruimtelike beplanning as rigtinggewer vir openbare besteding en infrastruktuur investering.

Keywords : Differential urbanisation; infrastructure planning; settlement growth rates; settlement planning; spatial planning; urban hierarchy.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License