SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82Planning for sustainable livelihood development in the context of rural South Africa: A micro-level approachBrownfield development is the new green for sustainable mine-dump redevelopment author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

DE JAGER, Anna. Stedelike druk op die rietvlei natuurreservaat in Tshwane, Suid-Afrika: 'n toepassing van die stresmodel van stedelike impak op groen ruimtes. Town reg. plan. (Online) [online]. 2023, vol.82, pp.34-51. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/trp.v82i.7117.

Ten spyte van die ekosisteem-dienste wat stedelike groen ruimtes moontlik kan bied, is daar kommer oor die volhoubaarheid daarvan. Die wisselwerking tussen ontwikkeling, bewaring en pleksin is dus vanuit 'n geografiese perspektief ondersoek. 'n Stresmodel van stedelike impak op groen ruimtes (GSMUI) is ontwikkel deur middel van 'n gevallestudie van die Rietvlei Natuurreservaat in Tshwane, Gauteng-provinsie, Suid-Afrika. 'n Gevallestudie is gebruik om die posisie van 'n stedelike groen ruimte tussen twee snelgroeiende stede te evalueer. Metodes sluit in 'n literatuurstudie, 'n ontleding van grondgebruiksveranderinge op afstandswaarneming-beelde, persoonlike onderhoude, en fokusgroep onderhoude. Bevindings van hierdie navorsing sluit in dat stedelike groei lei tot toenemende menslike behoeftes en verwagtings rakende die ekologiese dienste wat stedelike groen ruimtes bied. Stressors in die reservaat sluit in die watergehalte, die voorkoms van indringer spesies, ontwikkelingsdruk wat vererger word deur die ligging in verhouding tot ruimtelike ontwikkelingskorridors en administratiewe grense, asook onvoldoende omgewingsbewustheid. Suksesvolle plaaslike strategieë ondersteun die idee dat groen ruimtes effektief moet wees en aan die verwagtinge wat die bestaan daarvan skep, moet voldoen. Stedelike beplanningsraamwerke en die bestuur van plaaslike ruimtes wat mense ken en waarvoor hulle omgee, behoort wêreldwye omgewingskwessies in ag te neem. Die fisiese eienskappe en funksies van stedelike groen ruimtes asook die omgewingspersepsie en pleksin-evaluerings van verskillende belanghebbers is belangrik vir die volhoubaarheid van en besluitneming oor ekosisteemdienste.

Keywords : Conservation; development; environmental change; human-environment interaction; urban pressure; geography; water; Rietvlei Nature Reserve; Tshwane.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License