SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81Regional resilience in peripheral South Africa: The Northern Cape caseReflections on how the implementation of sustainable development goals across the UK and Ireland can influence the mainstreaming of these goals in English planning practice índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

HUGO, Mareli  e  BHANYE, Johannes. Die invloed van klassieke 'groen' teorieë op kontemporêre industriële beplanningspraktyke: 'n oorsigstudie. Town reg. plan. (Online) [online]. 2022, vol.81, pp.39-52. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp81i1.4.

Daar is toenemende bewyse dat groen nywerheidsbeplanningbenaderings die sinvolle alternatief in die moderne era geword het, met beklemtoning op volhoubaarheid. Hierdie artikel bespreek die invloed van klassieke 'groen' teorieë op kontemporêre industriële beplanningspraktyke (eko-industrialisering in die era van klimaatsverandering). Die artikel volg 'n kwalitatiewe metodologiese benadering in die vorm van 'n lessenaaroorsigstudie. Altesaam 45 artikels is gekies vir analiese. Die studie demonstreer dat klassieke 'groen' teorieë relevant bly en volhoubare benaderings tot industrialisering kan inspireer, veral die eko-industriële park (EIP)-benadering. Terwyl sommige van die klassieke 'groen' teorieë, soos die 'garden city'-teorie, terugdateer na die 1900's, is dit steeds relevant in vandag se industriële beplanningspraktyke. Die 'garden city'-teorie bied 'n grondslag vir industriële ligging en regeneratiewe teorieë wat die beplanning van EIP's sterk beïnvloed. Daar is ook 'n positiewe verband tussen EIP's en die industriële liggingsteorie, aangesien EIP's fokus op die interaksie en ruimtelike verspreiding van verskillende industrieë in die gegewe geografiese gebied, terwyl die sosiale en ekonomiese aspekte beklemtoon word. Die EIP's-benadering volg ook die karaktereienskappe van 'n geslote omgewing, industriële simbiose, die regeneratiewe teorie en die groen politieke teorie, wat onder andere volhoubare industriële stelsels bevorder. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat die begrip van die verband tussen die klassieke 'groen' teorieë en EIP, stadsbeplanners en nyweraars kan help met die ontwerp en implementering van funksionele EIP's wat nywerheidspark-bestuursprestasie, omgewingsprestasie, sosiale prestasie en ekonomiese prestasie verseker.

Palavras-chave : Eco-Industrial Parks; classical 'green' theories; planning practice; climate change; industrial symbiosis; Africa.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons