SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

JACOBS, Niké  y  CORNELIUS, Selna. Boublokke in beplanning-navorsingsmetodologie: 'N padkaart vir navorsingsontwerpopsies. Town reg. plan. (Online) [online]. 2022, vol.80, pp.105-117. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trptrp80i1.10.

Om sin te maak van die magdom beskikbare navorsingsontwerpopsies is dikwels 'n moeisame taak vir navorsers. Deeglike navorsingsontwerp word dikwels in Beplanningsnavorsing nagelaat met oppervlakkige uitsette tot gevolg. Om die ontwerp van navorsing te vereenvoudig, is ' padkaart saamgestel met 'boublokke' wat beskikbare opsies vir navorsingsontwerp organiseer. Ondersteunende en rigtinggewende literatuurverwysings word ook vir elke gelyste opsie verskaf om as vertrekpunt vir navorsers te dien. Hierdie 'boublokke' is saamgestel deur middel van 'n sistematiese oorsig van eweknie-geëvalueerde artikels, boeke en grys literatuur oor metodologie vir sosiale en toegepaste wetenskappe (met 'n spesifieke fokus op Beplanning). Beplanningstudente en -navorsers kan hierdie 'boublokke' gebruik as uitgangspunt om opsies te identifiseer en te kies tydens die samestelling van hul eie navorsingsontwerp. Beplanningsopvoedkundiges kan dit benut om ' deeglike navorsings-metodologie-kursus te ontwerp.

Palabras clave : Beplanningsnavorsing; filosofiese posisie; gemengde metodes navorsing; kwalitatiewe navorsing; kwantitatiewe navorsing; literatuurstudie; multi-metode navorsing; navorsingsmetodologie; navorsingsontwerp; navorsingsmetodes.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons