Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Town and Regional Planning
On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X
Abstract
MAHLAKANYA, Itumeleng and WILLEMSE, Lodene. 'N lewensomstandigheidsindeks (lci) vir hoof- en agterplaas-'shacks' en agterplaaskamers in gauteng se metropolitiaanse munisipaliteite: 2001 tot 2011. Town reg. plan. (Online) [online]. 2022, vol.80, pp.21-39. ISSN 2415-0495. http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp80i1.4.
Die fisiese behuisingstoestande en omgewingseienskappe beïnvloed mense se lewensomstandighede. Die artikel het ten doel om veranderinge in die lewensomstandighede van mense wat in hoof- en agterplaas-'shacks' en agterplaaskamers in die CoJ, CoT en EMM woon, vanaf 2001 tot 2011, te bepaal. Die metodes het die berekening van persentasies behels om profieleienskappe te bepaal, berekening van 'n gemiddelde lewensomstandigheidsindeks (LCI)-telling per hoofplek vir 2001 en 2011, en kartering van die gemiddelde LCI-tellings deur tematiese en 'hot spot' ontledings. Resultate toon dat jong, Swart, en enkellopende mans meestal in hierdie wonings woon. Mense is beter opgelei en het 'n hoër inkomste in agterplaaskamers, vergeleke met hoof-'shacks', terwyl dienslewering soortgelyke patrone toon. Mense in al die behuisingstipes en munisipaliteite ervaar oor die algemeen swak tot gemiddelde LCI-tellings, met geen telling wat hoër as 60% is nie. Agterplaaskamers produseer egter gewoonlik hoër LCI-tellings, vergeleke met hoof-'shacks'. Belangrike beleidsimplikasies word uitgelig.
Keywords : Living conditions index (LCI); main shacks; backyard shacks; backyard rooms; City of Johannesburg (CoJ); City of Tshwane (CoT); Ekurhuleni (EMM).