SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79Building a food-resilient city through urban agriculture: The case of Ilorin, NigeriaStructuring South Africa's national economic space: A regional corridor network model approach índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

ACHAMWIE, Peter Kwame  e  DANSO-WIREDU, Esther Yeboah. The rental system in Ghana's low-income housing communities, challenges and adaptation strategiesDie huurstelsel in Ghana se lae-inkomstebehuisingsgemeen skappe, uitdagings en aanpassingstrategieë. Town reg. plan. (Online) [online]. 2021, vol.79, pp.67-78. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp79i1.8.

Afgesien van kos en klere is skuiling een van die fundamentele behoeftes vir menslike oorlewing. Die verskaffing van voldoende behuising om mense in stedelike gebiede te akkommodeer bly 'n uitdaging in ontwikkelende lande insluitend Ghana. Dit het veroorsaak dat baie Ghanese, veral die lae-inkomstegroep, na die huursektor oorgegaan het vir hul behuisingsbehoeftes. Dit word wyd in die literatuur bespreek dat elke stadsgebruiker die nodige reg moet kry om dit wat in die stad bestaan, te benut, insluitend ordentlike akkommodasie. Hierdie artikel ondersoek die strategieë wat deur lae-inkomstehuishuurders ingestel is om die uitdagings van die huur van huise in die Wenchi Munisipaliteit die hoof te bied om sodoende stedelike behuisingsreg te benut. Die studie het 'n kwantitatiewe benadering en 'n vraelysopname gebruik om data van 245 huurderhuishoudings in te samel. Doelgerigte en sistematiese steekproeftegnieke is gebruik om die respondente vir die studie te selekteer. Die data is met SPSS ontleed. Die studie het aan die lig gebring dat huurprobleme en aanpassingsmaatreëls wat ontwikkel is om hierdie probleme in stede en groter dorpe die hoof te bied, nie verskil van probleme wat in die kleiner dorpe bestaan nie. Die studie het aanbeveel dat huurbeheer versterk moet word om sy pligte in die huursektor goed genoeg uit te voer om die belange van die stedelike lae-inkomste huurders te beskerm.

Palavras-chave : Behuisingskwaliteit; huurakkommodasie; huurstelsel; lae-inkomste behuising; lae-inkomste huurders; uitdagings; Wenchi; Ghana.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons