SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79Building a food-resilient city through urban agriculture: The case of Ilorin, NigeriaStructuring South Africa's national economic space: A regional corridor network model approach author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

ACHAMWIE, Peter Kwame  and  DANSO-WIREDU, Esther Yeboah. The rental system in Ghana's low-income housing communities, challenges and adaptation strategiesDie huurstelsel in Ghana se lae-inkomstebehuisingsgemeen skappe, uitdagings en aanpassingstrategieë. Town reg. plan. (Online) [online]. 2021, vol.79, pp.67-78. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp79i1.8.

Afgesien van kos en klere is skuiling een van die fundamentele behoeftes vir menslike oorlewing. Die verskaffing van voldoende behuising om mense in stedelike gebiede te akkommodeer bly 'n uitdaging in ontwikkelende lande insluitend Ghana. Dit het veroorsaak dat baie Ghanese, veral die lae-inkomstegroep, na die huursektor oorgegaan het vir hul behuisingsbehoeftes. Dit word wyd in die literatuur bespreek dat elke stadsgebruiker die nodige reg moet kry om dit wat in die stad bestaan, te benut, insluitend ordentlike akkommodasie. Hierdie artikel ondersoek die strategieë wat deur lae-inkomstehuishuurders ingestel is om die uitdagings van die huur van huise in die Wenchi Munisipaliteit die hoof te bied om sodoende stedelike behuisingsreg te benut. Die studie het 'n kwantitatiewe benadering en 'n vraelysopname gebruik om data van 245 huurderhuishoudings in te samel. Doelgerigte en sistematiese steekproeftegnieke is gebruik om die respondente vir die studie te selekteer. Die data is met SPSS ontleed. Die studie het aan die lig gebring dat huurprobleme en aanpassingsmaatreëls wat ontwikkel is om hierdie probleme in stede en groter dorpe die hoof te bied, nie verskil van probleme wat in die kleiner dorpe bestaan nie. Die studie het aanbeveel dat huurbeheer versterk moet word om sy pligte in die huursektor goed genoeg uit te voer om die belange van die stedelike lae-inkomste huurders te beskerm.

Keywords : Behuisingskwaliteit; huurakkommodasie; huurstelsel; lae-inkomste behuising; lae-inkomste huurders; uitdagings; Wenchi; Ghana.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License