SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77Scoping the nexus between climate change and water-security realities in rural South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

VAN ASWEGEN, Mariske; RETIEF, Francois Pieter  and  DREWES, Ernst. Streeksveerkragtigheid in perifere Suid-Afrika: die Noord-Kaap. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.77, pp.1-17. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp77i1.1.

Die rol van streeksbeleidsmeganismes vir verhoogde streeksveerkragtigheid word wyd erken, maar beperkte oorweging word gewy aan die impak van hierdie mega-nismes in spesifiek die periferiese streek. In reaksie hierop ondersoek hierdie artikel die rol van drie sleutelmeganismes, naamlik ekonomiese sektorale samestelling, innovasie- en kennisnetwerke, sowel as regeringsinstellings as beleidsinstrumente vir verhoogde streeksweerstand in 'n periferiese streek in Suid-Afrika. Die rol van elk van hierdie meganismes word gekwantifiseer en gemeet teen gespesifiseerde indekse soos die GVA, die Tress-indeks en die ICT-toegangsindeks, en regeringsaanwysers soos oudituitkomste en diensleweringsdata in vyf beplan-ningsstreke van die Noord-Kaap provinsie. Hierdie artikel beklemtoon dat 'n toestand van dinamiese stabiliteit en veerkragtigheid meer haalbaar is deur beleidsinmenging gefokus op hierdie drie meganismes, tesame met gedetaill eerde streeksanalise. Die artikel beklemtoon ook dat 'n kennisryke streek minder afhanklik sal wees van 'n enkele sektor deur 'n fokus op ekonomiese diversifikasie. Hierdeur kan 'n streek in 'n nuwe ontwikkelingsfase van sekondêre en tersiêre sektorfokus inbeweeg. Die kwesbaarheid van die streek vir eksterne skokke en versteurings sal verminder en streekuitsluiting word voorkom. Ter ondersteuning hiertoe, sal institu-sionele kollektiewe optrede deur 'n reaktiewe en verantwoordbare plaaslike en streeksregering wat buite hul funk-sionele perke werk, die ontwikkeling van die periferiese streek versterk en kwesbaarheid vir eksterne skokke verminder.

Keywords : Beleidsmeganismes; ekonomiese sektorale struktuur; inno-vasie; - en kennisnetwerke; periferiese streek; regeringsinstellings; streeks-ontwikkeling; streeksveerkragtigheid; Suid-Afrika.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License