SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76Perceptions on corruption and compliance in the administration of town planning laws: The experience from Lagos Metropolitan Area, NigeriaCapturing a community's vision as a pattern language: Case study of the Mooiplaas community in Great Kei Municipality, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

GIBBENS, Menini  and  SCHOEMAN, Carel. Beplanning wat gerig is op volhoubare lewensbestaan-ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse landelike konteks: 'N mikro-ontwikkeling benadering. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.76, pp.14-28. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp76i1.2.

In Suid-Afrika het verskillende regeringsfere (nasionaal, provinsiaal en munisipaal) verskillende verantwoor-delikhede ten opsigte van landelike beplanning en ontwikkeling. Landelike ontwikkelingstrategieë word egter oorwegend ontwikkel deur die nasionale en provinsiale regering (gesentraliseerde beplanning), soos byvoorbeeld die Omvattende Landelike Ontwikkelingsprogram (2009) en die konsep Nasionale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (2018). Hierdie werksaamhede van die verskillende regeringsfere het egter steeds nie die gewenste uitwerking op die ontwikkeling van volhoubare landelike lewensbestaan nie, aldus die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, soortgelyk aan beleid en pogings om dit elders in Afrika te implementeer. Benewens die tersaaklike beplanning en implementeringskaal met betrekking tot die ontwikkeling van landelike lewensbronne, is dit ook noodsaaklik om 'n begrip te hê van die aansienlike onderskeid tussen verskillende 'landelike' gebiede in Suid-Afrika. Navorsing betreffende die trefkrag wat mikrovlakbeplanning kan hê om die gewenste ruimtelike ontwikkeling teweeg te bring, soos in hierdie artikel vervat, kan waardevolle insigte bied om volhoubare landelike lewensbronne te verwesenlik in die Suid-Afrikaanse konteks. Die doel van hierdie artikel is dus om ' bondige beskrywing van die begrip 'volhoubare ontwikkeling' te verskaf en voortvloeiend daaruit die ontwikkeling van die volhoubare lewensbronbegrip, asook ' bespreking van mikrovlakbeplanning, deur middel van 'n analise van toepaslike literatuur. Die belangrikste navorsings-vraag wat hier oorweeg word, is die wyse waarop mikrovlakbeplanning kan bydra tot volhoubare landelike lewensbronontwikkeling in Suid-Afrika. Die ingewikkelde aard van die Suid-Afrikaanse landelike ruimte word onder die loep geneem en hoe dit beskou word in die Suid-Afrikaanse ontwikkelingsbeplanningsraamwerk van Suid-Afrika, om sodoende die ruimtelike konteks vir volhoubare landelike lewensbronne te verskaf. Voorbeelde van mikrovlakbeplanningsbenaderings in Afrika en Suid-Afrika word vervolgens bespreek om die toepaslikheid van hierdie benadering vir volhoubare landelike lewensbronne in Suid-Afrika toe te lig. Ten slotte wys die ontleding daarop dat, hoewel daar hoofsaaklik 'n sentralistiese beleid in Suid-Afrika gevolg word om volhoubare landelike ontwikkeling te ondersteun, die verwesenl iking van volhoubare landelike lewensbronne waarskynlik afhanklik is van mikrovlakbeplanningstrategieë. Vir akademici, beplanners en politici behels dit dat daar daadwerklike pogings aangewend moet word om die mikrovlakontwikkeling van volhoubare landelike lewensbronne te ondersteun om sodoende die doelstellings van die Nasionale Ontwikkelingsplan (2012) te bereik, naamlik die uitwis van armoede en om mense aan te moedig om aktiewe deelnemers te wees aan hul eie ontwikkeling.

Keywords : Landelike ontwikkeling; landelike beplanning; mikrovlak-beplanning; volhoubare landelike lewensbestaan; volhoubare ontwikkeling.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License