SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76Planning for sustainable livelihood development in the context of rural South Africa: A micro-level approach índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

BADIORA, Adewumi I.. Persepsies oor korrupsie en nakoming van die administrasie van stadsbeplanningswette: Die ervaring van Lagos Metropolitaanse Gebied, Nigerië. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.76, pp.1-13. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp76i1.1.

Hierdie artikel ondersoek korrupsie in stadsbeplanningspraktyke en hoe dit die reputasie van die plaaslike beplanningsowerheid en inwoners se nakoming van beplanningswette beïnvloed. Dit is ondersoek aan die hand van 'n steekproef van 362 deelnemers aan 'n stelselmatige steekproefopname in die Lagos metropolitaanse gebied, Nigeria. Bevindinge toon dat die gedrag van beplanningsbeamptes beïnvloed beduidend inwoners se nakoming van beplanningswette. Resultate toon ook dat die gebruik van prosedurele geregtigheid (billikheid) in die omgang met die publiek uiters belangrik is in die opbou van die reputasie van plaaslike owerheidsbeplanning (legitimiteit). Die opname het bevind dat, wanneer die stadsbeplanningsbeamptes korrup optree (in die uitvoering van hul pligte), die publiek disrespekvol is teen beplanningswette en die stadsbeplanningsowerheid. Strukturele vergelyking model resultate toon dat sekere sosio-ekonomiese kenmerke van inwoners voorspel of hulle gaan voldoen aan die beplanningswette, onafhanklik van die korrupte gedrag van beplanningsamptenare. Spesifiek, in vergelyking met die minder opgeleide inwoners, respekteer die meer opgeleide inwoners die beplanningswette en beskou die plaaslike beplanningsowerheid as meer wettig. Die studie kom dus tot die gevolgtrekking dat mense meer tevrede is met die plaaslike beplanningsowerheid of dat hulle meer geneig is om vrywillig die beplanningswette te respekteer indien hulle die beplanningsinstelling as wettig beskou. Die gebruik van prosedurele geregtigheid by die inwoners is 'n belangrike onderdeel van hierdie legitimiteit. Die studie beveel aan dat die plaaslike beplanningsowerheid en sy amptenare 'n demokraties-verantwoordbare instelling moet word wat die publiek op 'n prosedureel billike manier dien, sonder omkopery. Maatreëls teen korrupsie moet in alle beplanningstelsels ingebou word as deel van die struktuur daarvan. Hierdie studie sal bydra tot die hervorming van stedelike en streeksbeplanning in Nigerië, met spesifieke inagneming van die plaaslike beplanningsowerheid, die verantwoordelikheid van beplannings-beamptes en die verbetering van verhoudings tussen die stads-beplanningsowerheid en die publiek.

Palabras clave : Beplanningswette; korrupsie; plaaslike beplanningsowerheid; prosedurele geregtigheid; stadsbeplanningsamptenare.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons