SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

LATEGAN, Louis  and  CILLIERS, Juaneé. Informele nedersettings en agterplaasverhurings deur 'n sosiale volhoubaarheidslens - 'n gevallestudie in Oudtshoorn, Suid-Afrika. Town reg. plan. (Online) [online]. 2019, vol.74, pp.64-78. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp74i1.6.

Sosiale volhoubaarheid is 'n beduidende navorsingsveld in post-apartheid Suid-Afrika gegewe die uitdagings en ongelykhede wat veral in stedelike gebiede in die gesig gestaar word waar miljoene in informele nedersettings en informele agterplaasverhurings gehuisves word. Hierdie artikel ondersoek die informele agterplaasverhurings verskynsel in Suid-Afrika deur 'n sosiale volhoubaarheidslens gefokus op 'n gevallestudie in Bridgton en Bongolethu, Oudtshoorn. Kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbevindinge dui op verskeie eienskappe ter ondersteuning van sosiale volhoubaarheid, gerugsteun deur familiële verbintenisse tussen verhuurders en hul agterplaashuurders. Die artikel onthul ook sekere uitdagings tot sosiale volhoubaarheid wat deur agterplaasverhuring teweeg gebring word, hoofsaaklik toegeskryf aan die kwaliteit van strukture en ander sosiale kwelpunte. In die geheel, verskaf die artikel ' gekontekstualiseerde blik op sosiale volhoubaarheid en die informele agterplaasverhuringsektor en bied aan owerhede en ander besluitnemers 'n meer genuanseerde begrip van die kompleksiteit en potensiaal wat die sektor in kleiner dorpe en die res van Suid-Afrika inhou.

Keywords : Sosiale volhoubaarheid; lae-inkomste behuising; informele agterplaasverhuring.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License