SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

DE BEER, Stephan  y  ORANJE, Mark. Stadsbouprossese 'van onder af': 'n oproep vir gemeenskappe van weerstand en rekonstruksie. Town reg. plan. (Online) [online]. 2019, vol.74, pp.12-22. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp74i1.2.

Die artikel betreur die uitsluiting van klein plaaslike gemeenskappe, stemme en visies van deelname in stadsbouprosesse. 'n Saak word gemaak vir 'klein gemeenskappe' wat op verskeie maniere en in verskillende plekke weerstand bied en heropbou. In plaas daarvan om sulke praktyke as naïef of a-polities te sien, maak die artikel 'n oproep tot die verstaan van sulke praktyke as alternatiewe tot stedelike prosesse 'van bo af', en as verteenwoordigend van 'n ander en noodsaaklike, kritiese politieke verbeelding. In die proses vermeng dit insigte van ekwiteitsbeplanningsteorieë, praxis-gebaseerde bevrydingsteologieë, en emansiperende gemeenskapsontwikkelingsprosesse. Daar word gesuggereer dat gemeenskappe, bewus van die kragte wat hulle wil verdeel, 'n betekenisvolle rol kan speel in stadsbouprossese 'van onder af'. Die bewering word gemaak dat dit selfs meer moontlik sou wees as sulke gemeenskappe mekaar sou vind en 'n diep solidariteit met mekaar sou kweek, totdat breë-gebaseerde, verbinde bewegings vorm begin aanneem, en konkrete tekens van heelheid beliggaam.

Palabras clave : Ekwiteitsbeplanning; heropbou; politieke verbeelding; weerstand.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons