SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

CONRADIE, Dirk. Son, skaduwee en natuurlike daglig in Suid-Afrikaanse stadsbeplanning, met klem op Pretoria. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.73, pp.47-67. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp73.4.

'n Bioklimatologiese analise van verskillende Suid-Afrikaanse stede en dorpe toon aan dat, indien die korrekte kombinasie van passiewe ontwerpbeginsels gebruik word, hulle almal 'n aansienlike passiewe ontwerp potensiaal het. Van al hierdie maatreëls is sonbeskerming en skaduwee een van die belangrikste passiewe ontwerpmaatreëls om energieverbruik en interne gerief in geboue te verbeter in alle Suid-Afrikaanse klimaatstreke. Die korrekte ontwerp van publieke oopruimtes en strate kan die bereiking van energie-effektiewe geboue bevorder en terselfdertyd funksionele en gerieflike stedelike oopruimtes en strate voorsien. Passiewe songeboue streef daarna om interne termiese gerief dwarsdeur die son se daaglikse en jaarlikse siklusse te bevorder en terselfdertyd die nodigheid vir aktiewe verhittingen verkoelingstelsels te verminder. Die doel van hierdie artikel is om die effek van klimaatsones op passiewe ontwerp potensiaal te bestudeer, waarvan skaduwee ontwerp 'n integrale deel is, met Pretoria as 'n gevallestudie. Dit sluit in die effek van straatwydte, gebouhoogte, straatuitleg, oriëntasie en die hoeveelheid sonlig wat beskikbaar is vir bome en plante in die stedelike omgewing. Die wetlike raamwerk van die Spatial Planning and Land Management Act (2013), City of Tshwane Land Use Management By-law (2016) en die Tshwane Town-Planning Scheme 2008 (Revised 2014) is as regulatoriese raamwerk gebruik. Ter ondersteuning van die navorsing is 'n Vroeë Ontwerpfase (VOF) eksperimentele navorsingsplatform gebruik om die hoeveelheid sonlig op geboufasades met verskillende oriëntasies te ondersoek. Hierdie metode maak dit moontlik om skaduweehoeke te bepaal waar daar 'n balans tussen die warm (wat verkoeling benodig) en koel (wat verhitting benodig) periodes vanuit die stedelike en gebouperspektief. Dit is bereik met die ontwikkeling van analitiese programmatuur wat weerleêrs gebruik as een van die insette om kritieke sonhoeke te bepaal. Bo en behalwe die berekening van huidige sonhoeke, fasiliteer hierdie metode ook die berekening van die vermeerdering van sonbeskerming wat benodig sal word met klimaatverandering met die verwagte A2 klimaatsveranderingscenario (besigheid soos gewoonlik) vir Suid-Afrika. Die VOF analise is ondersteun met gedetaileerde simulasie met behulp van Ecotect v5.60.

Keywords : Klimaatsverandering; natuurlike daglig; son en skaduwee; stede; Suid-Afrika.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License