SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 número1The impact of the integrated residential development programme on surrounding property values: case study of fleurhof, Johannesburg índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

THULO, Lehlohonolo; EMUZE, Fidelis  e  THERON, Elizabeth. A conceptual quality improvement protocol for Free State public works projects. Acta structilia (Online) [online]. 2023, vol.30, n.1, pp.1-33. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.38140/as.v30i1.7115.

Materiaal wat gelewer word vir openbare werke projekte wyk af van tegniese spesifikasies met nadelige gevolge vir die kwaliteit van die konstruksieproses en produk. Met aflewering variëer materiale van spesifikasies, en gehalte kwessies soos defekte en addisionele werk volg, met die kliënt wat addisionele kostes ervaar. Hierdie probleme dui op 'n gebrek aan kwaliteit tydens beide die ontwerp en konstruksieproses rakende materiaalbestuur. Die onvoldoende toepassing van kwaliteitverbetering konsepte en tegnieke blyk ook by te dra tot die bogenoemde probleme. Die doel van die studie is dus om 'n gepaste kwaliteitverbeteringsprotokol te vind wat sal verseker dat afgelewerde materiale voldoen aan die nodige ingenieurs-spesifikasies. 'n Gevallestudie-gebaseerde ontwerp met veelvuldige data-insamelingstegnieke is gebruik om die studie te bespoedig. Dit is gebaseer op pragmatisme as navorsingsfilosofie wat daarop gemik is om werklike probleme op te los. Die primêre data is versamel met behulp van 'n semi-gestruktureerde, self-geadministreerde vraelys, semi-gestruktureerde onderhoude en dokumentontleding. Dit het die platform verskaf vir die samestelling van 'n kwaliteitsverbeteringsprotokol wat gekontekstualiseer is vir die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in die Vrystaat provinsie. Die statistiese en geskrewe data toon hoe die departement die kwessies rakende kwaliteit-beplanning, -beheer, en -verbetering met betrekking tot materiaallewering op Openbare Werke projekte kan aanspreek. Die artikel se bydrae is die voorgestelde gehalteverbeteringsprotokol rakende die spesifikasie en aflewering van konstruksiemateriale.

Palavras-chave : Construction; construction material; infrastructure; materials; public works; quality improvement.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons