Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Acta Structilia
On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564
Abstract
MUSONDA, Innocent and RAKOLOTE, Nomvula. Impact of the COVID-19 pandemic in the South African construction industry. Acta structilia (Online) [online]. 2022, vol.29, n.1, pp.141-612. ISSN 2415-0487. http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as29i1.6.
Die COVID-19-pandemie het 'n negatiewe impak op baie ekonomiese sektore wêreldwyd gehad. Die verswakte ekonomiese omgewing het die uitwerking daarvan op die konstruksiebedryf vererger, veral in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika. Die artikel gee 'n evaluering van die impak van COVID-19 op die konstruksiesektor, met die fokus op die konstruksieleweringsmetodes in Suid-Afrika. Die effek van COVID-19 is geèvalueer teen die Suid-Afrikaanse Raad vir Projek- en Konstruksiebestuursberoepe (SACPMP) se projeklewensiklusraamwerk. 'n Gemengde data-insamelingsmetode is vir die studie gebruik. Literatuur is geraadpleeg, en empiriese data is ingesamel deur gefokusde aanlyn-paneelbesprekings en gestruktureerde vraelyste wat deur middel van aanlyn-peilings geadministreer is. Hierdie artikel vertoon die resultate as die effek en frekwensie van kwessies wat voortspruit uit COVID-19, bedryfsprojeksies en aanbevelings oor volhoubaarheid. Bevindinge het getoon dat daar 'n algemene houvas op oorspronklike beleggingsbesluite deur kliènte is, in beide die openbare en private sektor; verhoogde professionele dienste op die omvang van werke, en verhoogde vereistes vir voldoening aan gesondheid en veiligheid, wat saam tot hoèr koste lei.
Keywords : COVID-19; ekonomiese impak; infrastruktuur; konstruksie; projeklewensiklus.