Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Acta Structilia
On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564
Abstract
AFUYE, Oluwaseun; AINA, Omotayo; OLADIMEJI, Olubimbola and MOHAMMED, Tanko. Perceptions of safety behaviour-modifying techniques in construction firms: insights from Lagos, Nigeria. Acta structilia (Online) [online]. 2022, vol.29, n.1, pp.59-85. ISSN 2415-0487. http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as29i13.
Onveilige optrede is 'n groot bydraende faktor tot ongelukke op konstruksieterreine. Maatreèls moet getref word om veiligheidsgedrag by konstruksiewerkers te vestig ten einde die bedryf te herposisioneer vir groter konstruksieterreinveiligheid en werkverrigting. Die artikel het die veiligheidsgedragwysigingstegniek (SBMT) ondersoek wat deur konstruksiefirmas in Lagos-staat aangeneem is met die oog op die verhoging van die waarskynlikheid van veilige optrede van werkers in die studiegebied. Om hierdie doel te bereik, is vier groot gegroepeerde komponente van SBMT (doelwitte, opleiding, terugvoer, en aansporing) gel'dentifiseer wat bestaan uit 24 veranderlikes wat deur die literatuur verkry is. 'n Gestruktureerde vraelys gebaseer op die literatuur, is aan 106 verteenwoordigers van konstruksiefirmas in Lagos-Staat gestuur. Die SBMT-posisies in konstruksiefirmas is gelys volgens die gemiddelde telling (MS) en 'n onafhanklike t-toets is gedoen om die tegnieke wat binne die firmas gebruik word, te vergelyk. Die bevindinge toon dat die veiligheidsopleidingskomponent van die SBMT die meeste in beide groot en mediumgrootte besighede gebruik word. Daar is ook waargeneem dat konstruksiefirmas minder aandag gee aan terugvoer oor veiligheidsprestasie sowel as die verskaffing van aansporings aan personeel wat hul werk op 'n bekende veilige wyse uitgevoer het. Die artikel beveel aan dat bykomend tot konsekwente veiligheidsopleiding wat aan werkers verskaf word, konstruksiefirmas realistiese en haalbare veiligheidsdoelwitte moet stel, veiligheidsterugvoer aan werkers verskaf moet word en werkers beloon moet word vir veiligheidsgedrag op konstruksieterreine. Hierdie praktyke kan die ongelukke- en beseringskoerse op konstruksieterreine verminder wat lei tot 'n veiliger konstruksiebedryf met minder sterftes in die werkplek.
Keywords : Sleutelwoorde; Ongelukke; konstruksiegesondheid en -veiligheid; konstruksiebedryf; veiligheidsgedrag.