Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Acta Structilia
On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564
Abstract
BAMFO-AGYEI, Emmanuel; THWALA, Didibhuku Wellington and AIGBAVBOA, Clinton. The effect of management control on labour productivity of labour-intensive works in Ghana. Acta structilia (Online) [online]. 2022, vol.29, n.1, pp.1-25. ISSN 2415-0487. http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as29i1.1.
In Ghana eindig baie konstruksieprojekte in dispuut, omdat kontrakteurs nie in staat is om die voltooiingstyd na te kom nie. Aangesien baie konstruksie-bedrywighede arbeidsintensief is, word die kwessie van arbeidsproduktiwiteit uiters belangrik, veral aangesien hoèr produktiwiteitsvlakke gewoonlik omskakel in winsgewendheid, mededingendheid en inkomste. Hierdie artikel het ten doel om die bestuursbeheerfaktore wat konstruksie-arbeidsproduktiwiteit in Ghanese konstruksiefirmas be'ínvloed, te ondersoek. Dit assesseer die meettegnieke wat gebruik word om arbeidsproduktiwiteit in die konstruksiefirmas te verbeter. Die artikel bepaal ook die verband tussen bestuursbeheer en arbeidsproduktiwiteit op arbeidsintensiewe werke in Ghanese konstruksiefirmas. Die studie het 'n kwantitatiewe navorsingsontwerp aangeneem wat 'n vraelys-gebaseerde beskrywende opname gebruik het. Rekords beskikbaar by die Ghana Social Opportunity Project (GSOP) dui aan dat 920 professionele persone betrokke is by arbeidsintensiewe werke aan padinfrastruktuur. 'n Doelgerigte steekproeftegniek is gebruik om 40 distrikte te kies wat betrokke is by padbouprojekte; 560 respondente is vir die studie oorweeg. Die opsomming van die data het bestaan uit gemiddeldes, standaardafwykings, persentasies, kruistabelle en frekwensies. Hoof-as faktor analise het drie (3) komponente met eiewaardes bo 1 aan die lig gebring wat arbeidsproduktiwiteit van arbeidsintensiewe werke op padkonstruksie kan be'ínvloed. Hierdie komponente is effektiewe kommunikasie, toesigtegniek en ontwerpontoereikendheid. Konstruksiebestuurders moet werksmagprestasie monitor deur te verseker dat die drie faktore wat bestuursbeheer be'nvloed, in ag geneem word.
Keywords : Arbeidsintensiewe werk; beheer; bestuur; konstruksiebedryf; padbou; produktiwiteit.