SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 issue2The building emission reduction potential of south african residential building efficiency tools - a review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

VOSLOO, Christo. A comparison of three public projects that included community participation to determine the total value add. Acta structilia (Online) [online]. 2021, vol.28, n.2, pp.170-207. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as28i27.

Van die dringendste en uitdagendste probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar, is werkloosheid, armoede, ruimtelike herskikking, infrastrukturele verval, lae algemene geletterdheids- en opvoedkundige vlakke, en die herskikking van die landskap wat apartheid nagelaat het. In 'n poging om hierdie probleme aan te pak, het opeenvolgende demokratiese regerings programme vir infrastruktuurskepping deur middel van arbeidsintensiewe projekte van stapel gestuur. Van hierdie projekte het prominensie verkry, ontwerppryse van verskeie argiteksinstitute ontvang en aansienlike mediadekking gekry. Die sosio-ekonomiese voordele wat die projekte vir hul omgewings ingehou het, die omvang van opleiding wat gemeenskapsbetrokkenes ontvang het, en watter langtermyn voordele dit vir hulle ingehou het, is minder duidelik. Hierdie artikel neem 'n terugblik op drie sulke projekte as gevallestudies met die doel om vas te stel tot welke mate hulle daarin geslaag het om die bogenoemde probleme aan te spreek en die bydrae wat hulle tot die opheffing van hul fisiese en sosiale omgewings gebring het, te ondersoek. Die doelwit is om op grond van 'n literatuurstudie, opgevolg deur semi-gestruktureerde onderhoude met toepaslike rolspelers en visuele observasies tydens besoeke aan die projekte en analise, aanbevelings te maak aangaande die strukturering van toekomstige projekte, ten einde die voordele wat hulle mag inhou te optimaliseer in die stryd teen die genoemde probleme. Daar word aanbeveel dat programme vir infrastrukturele ontwikkeling, soos die 'Extended Public Works Programme', in hul keuse en strukturering van projekte die sosio-ekonomiese opheffing van mense en die skep van volhoubare werksgeleenthede moet prioritiseer.

Keywords : Bouen konstruksieprojekte; gemeenskapsbetrokkenheid; bemagtiging; infrastruktuurontwikkeling.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License