SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 issue2Identifying factors of collaboration critical for improving health and safety performance in construction projects: a systematic literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

BOTES, Karen  and  BREED, Christina. Outdoor living wall systems in a developing economy: a prospect for supplementary urban food production?. Acta structilia (Online) [online]. 2021, vol.28, n.2, pp.143-169. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as28i2.6.

Groen muur sisteme het in die laaste paar dekades aansienlik ontwikkel, en toon potensiaal om impakte van geprojekteerde populasiegroei, verdigting en klimaatsverandering te versag. Hierdie artikel gee 'n oorsig van groen mure, gevolg deur 'n opsomming van die voor- en nadele van die vier sisteme wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is. Drie gevallestudies van onlangs voltooide stedelike projekte met groen mure, gefokus op eetbare plante in Gauteng, word vergelyk deur oor elke projek se voordele en uitdagings te besin, met spesifieke fokus op die sisteem se veerkragtigheid, ekonomiese vatbaarheid en oorlewingsukses van eetbare plantspesies wat gebruik is. Onderhoude is met kliënte, kontrakteurs en ontwerpers van elke projek gevoer. Die bevinding is dat groen mure indirekte kommersiële waarde het, gebaseer op die gebruiker se ervaring en waardering, asook opvoedkundige waarde. Indien geïmplementeer op 'n skaal waar ekonomiese vatbaarheid en omgewingsveerkragtigheid van die sisteme verbeter kan word, kan dit geskik wees vir stedelike voedselproduksie. Die gevolgtrekking is dat verhoogde voedselproduksie in Suid-Afrika gebaseer moet wees op die gebruik van ongekompliseerde tegnologie met meer bekostigbare infrastruktuursisteme. Wanneer eetbare, lokaal-aangepaste plantspesies op 'n groot skaal in ope-lug groen mure geïmplementeer word, kan produktiwiteit verhoog word.

Keywords : Groen mure; klimaatsverandering; lewende mure vir voedselproduksie; lewende muur sisteme; stedelike voedselproduksie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License