Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Acta Structilia
On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564
Abstract
DOSUMU, Oluwaseun and AIGBAVBOA, Clinton. Drivers and effects of sustainable construction in the South African construction industry. Acta structilia (Online) [online]. 2021, vol.28, n.2, pp.78-107. ISSN 2415-0487. http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as28i2.4.
Volhoubare konstruksie word min in Afrika beoefen ten spyte van die konsekwente veldtog vir die aanvaarding daarvan. Hierdie studie ondersoek die dryfvere en uitwerking van volhoubare konstruksie in Suid-Afrika. Die kwantitatiewe opname-navorsingsontwerp is vir die studie gebruik en die respondente was konstruksie-organisasies in Johannesburg, Suid-Afrika. Die studie het 17 beduidende drywers van volhoubare konstruksie geïdentifiseer met konstruksiekoste as die dominante veranderlike. Die belangrike omgewings- (8), ekonomiese (12) en maatskaplike voordele (7) van volhoubare konstruksie is ook bepaal. Die uitdagings (24) van volhoubare konstruksie is ook geïdentifiseer. Die studie het aanbeveel dat maatreëls vir lae konstruksiekoste ingestel moet word, en bewusmakingsveldtogte verbeter moet word. Ekonomiese voordele is steeds agter omgewingsvoordele en dit kan sommige voornemende gebruikers raak. Gebrek aan kennis en swak ekonomieë was algemene uitdagings wat die behoefte aan Westerse ondersteuning vir Afrika-lande beklemtoon om gemaklik volhoubare konstruksie aan te neem.
Keywords : Drywer; effek; faktore; konstruksie; projek; Suid-Afrika; uitdagings; volhoubaarheid; volhoubare konstruksie; voordeel.