SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 issue1The impact of the integrated residential development programme on surrounding property values: case study of fleurhof, Johannesburg author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

OLA-AWO, Wfosiu Adeniran; ALAYANDE, Aisha; BASHIR, Ganiyu Olarewaju  and  OYEWOBI, Luqman Oyekunle. Critical success factors for effective internal construction stakeholder management in Nigeria. Acta structilia (Online) [online]. 2021, vol.28, n.1, pp.1-31. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as28i1.1.

In ontwikkelende lande soos Nigerie, is die praktyk van Belanghebbendes Bestuur (BB) swak. Die swakheid van hierdie praktyk belemmer projekdoelwitte in terme van tyd- en koste-oorskryding, geskille en gebrek aan vertroue onder die belanghebbendes. Hierdie artikel rapporteer die resultate van 'n studie oor kritieke faktore vir suksesvolle BB in konstruksieprojekte in Nigerie, ten einde maniere voor te stel om die prestasie van projekte te verbeter. Die studie het gebruik gemaak van 'n kwantitatiewe navorsingsontwerp vir opnames met behulp van vraelyste wat self toegedien is aan konstruksiepraktisyns (bourekenaars, argitekte, ingenieurs, bouers en projekbestuurders) op konstruksieterreine in twee geselekteerde geografiese sones van Nigerie. Die versamelde data is geanaliseer met behulp van beskrywende en afleidende statistieke. Die resultate het aangedui dat sewe kritieke faktore belangrik is vir suksesvolle BB in die navorsingsomgewing. Dit sluit in die betrokkenheid van bekwame projekleiers en spanlede, effektiewe kommunikasie, die bevordering van goeie verhoudings, die formulering van 'n duidelike missie van die projek, bestuursteun en 'n goeie strategie vir die BB wat insiggewend is om BB te verbeter. Die studie beveel die prioriteit van bekwaamheid by die keuse van projekspanne, effektiewe verhoudingsbestuur en verbeterde verspreiding van inligting tydens konstruksie aan as voorlopers van suksesvolle BB en projekprestasie. Belanghebbendes moet voldoende ge'identifiseer en ontleed word om te verseker dat hulle bekwaam is vir die kontrak en toepaslik is vir die werk. Boupraktisyns, veral projekleiers, kan ge'dentifiseerde kritieke suksesfaktore (GKS's) as 'n padkaart gebruik in die ontwikkeling van toepaslike oplossings vir die suksesvolle bestuur van belanghebbendes verbonde aan die Nigeriese konstruksiebedryf.

Keywords : Bouprojekte; bestuur van belanghebbendes; kritieke suksesfaktore; Nigerie; verhouding met belanghebbendes.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License