SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número2Housing poverty in developing countries: challenges and implications for decent accommodation in Swedru, GhanaIdentifying factors of collaboration critical for improving health and safety performance in construction projects: a systematic literature review índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

OLADEJI, Jonathan; YACIM, Joseph; WALL, Kevin  e  ZULCH, Benita. Macroeconomic leading indicators of listed property price movements in Nigeria and South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.2, pp.93-119. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i2.4.

Hierdie artikel het ten doel om makro-ekonomiese leidende aanwysers te identifiseer wat die veranderinge in die genoteerde eiendomsprysbewegings in Suid-Afrika en Nigerië beïnvloed. Dit help om die kwantitatiewe benaderings tot beleggingsbeoordeling in opkomende markte in Afrika suid van die Sahara te verbeter. Die gegewens rakende makro-ekonomiese leidende aanwysers, insluitend die kwartaallikse prysdata van die Johannesburgse Effektebeurs (J253), die Nigeriese vaste eiendomsdata en die makro-ekonomiese aanwyserreeks vir Nigerië en Suid-Afrika is versamel van Iress Expert Database, Stats SA, die Central Bank of Nigeria (CBN), die National Bureau of Statistics (Nigeria) en die Wêreldbank. In die artikel word aangedui dat samevallende aanwysers en die wisselkoers 'n positiewe en beduidende verband het met die JSE-genoteerde vaste eiendom in die Suid-Afrikaanse mark. Terwyl die bankleningsyfer, die verbruikersprysindeks en die skatkis (TBR) as betroubare aanwysers in die Nigeriese genoteerde eiendomsmark geïdentifiseer word. Die resultate toon dat beleggers aandag moet skenk aan hierdie indekse in hul keuse van die mark(te) binne Afrika suid van die Sahara, aangesien dit kapitaalappresiasie of groei sal waarborg.

Palavras-chave : Aanwysers; belegging; genoteerde eiendom; makro-ekonomies; prys.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons