SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue2Assessment of transportation efficiency for the delivery of construction material in North-Central Nigeria author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

HOFFMAN, Danie; HUANG, Ling-Yi; VAN RENSBURG, Jean  and  YORKE-HART, Amy. Trends in application of green star sa credits in south african green building. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.2, pp.1-29. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i2.1.

Die Suid-Afrikaanse groenbou-industrie groei tot volwassenheid. Dit is belangrik dat belangegroepe ingelig bly oor die verskillende fasette en ontwikkelings van die industrie. Hierdie artikel ondersoek die tendense in die toepassing van die Groenster-krediete van die verskillende nuwe Suid-Afrikaanse kantoorgeboue wat Groenster-gradering verwerf het tussen 2009 en 2015. Die studie soek na die bestaan van tendense in die nastreef van krediete wat verwerf is as deel van die groenbousertifiseringsproses. Enige geïdentifiseerde tendense word verder beskryf deur evaluering van aspekte soos die kategorieë van die Groenster-werksdokument en die Groenster-graderingvlak wat verwerf is. Die artikel oorweeg die data van 95 kantoorgeboue, beskibaar gestel deur die Groenbouraad van Suid-Afrika (GBRSA). 'n Kwantitatiewe navorsingsbenadering is gevolg om die gebruiksfrekwensie van elke krediet in the Groenster-werksdokument te ondersoek en om tendense in die gebruik van krediete te identifiseer. Die studie bevind dat 21 van die 67 krediete gemiddeld deur >80% van gesertifiseerde geboue verwerf is, terwyl 14 ander krediete deur <20% van gesertifiseerde geboue verwerf is. Die nege kategorieë van die Groenster-werksdokument wissel ook van 84% gemiddelde benutting vir Water tot 19% vir Innovasie. Die Groenster-gradering was ook positief gekorreleerd met dikwels benutte krediete en negatief gekorreleerd met selde verwerfde krediete. Die artikel identifiseer tendense met die potensiaal om die vermoë van groengeboue om hul verwagte volhoubare resultate te lewer, negatief te beïnvloed. Hierdie bevindinge en die potensiële effek daarvan behoort gemonitor en bestuur te word deur 'n belangegroep soos die GBRSA.

Keywords : Groenbou; ontwerpstrategieë; Suid-Afrika; tendense; volhoubaarheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License