SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número1An assessment of the causes of schedule and cost overruns in South African megaprojects: A case of the critical energy sector projects of Medupi and Kusile índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Structilia

versión On-line ISSN 2415-0487
versión impresa ISSN 1023-0564

Resumen

VOSLOO, Christo. Early sustainable architecture in hanging skyscrapers - a comparison of two financial office buildings. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.1, pp.144-177. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i1.6.

Hergebruik, of die vermoë om 'n produk of gebou se lewensduurte vir so lank as moontlik te verleng nadat die oorspronklike funksie of gebruikspatrone verander het, is 'n sleutelbegrip in die literatuur oor volhoubaarheid. By implikasie is dit belangrik om geboue so te ontwerp dat hul uitleg en funksies aangepas kan word om hul bruikbare leeftyd vir so lank as moontlik te verleng. Omgewingsvriendelike ontwerp is nie genoeg nie en daar is meer aspekte wat 'n rol mag speel. Ander faktore is finansiële volhoubaarheid en die verhouding tussen die gebou en diegene wat dit voortdurend gebruik. Wat toringblokke betref, speel die strukturele stelsel (onder meer) 'n sleutelrol in hierdie verband. Onderstebo- of 'hangende' geboue kan hier groot voordele inhou aangesien die verminderde aantal kolomme groter aanpasbaarheid beteken. Dit beteken egter nie dat hierdie tipe geboue noodwendig meer volhoubaar is nie. Twee van hierdie tipe geboue het in wyduiteenlopende situasies beland. Die gebou van die Hong Kong and Shanghai Bank (HSBC) se hoofkwartier in Hong Kong word ten volle benut en is 'n gewaardeerde landmerk in die stad; hierteenoor is daar die Standard Bank Sentrum (SBC) in Johannesburg waarvan die gebou en die openbare ruimte daaromheen grootliks in onbruik verval het. In hierdie artikel word die ontwerp asook die ontwerp- en konstruksieprosesse van die twee landmerkgeboue vergelyk ten einde te bepaal hoekom hulle in sulke kontrasterende situasies verkeer. Die doel is om aanbevelings te maak rakende die verskillende struktuurtipes en ander faktore wat die volhoubaarheid van toekomstige toringblokke kan beïnvloed. Die vergelyking sal ook lig werp op die ontwikkeling van die begrip 'volhoubaarheid' en die verskil tussen groen en volhoubare ontwerp.

Palabras clave : Hangstrukture; volhoubare ontwerp; aanpasbaarheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons