SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue1The impact of the integrated residential development programme on surrounding property values: case study of fleurhof, JohannesburgIsivivane, Freedom Park: A critical analysis of the relationship between commemoration, meaning and landscape design in post-apartheid South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

KASIM, Oluwasinaayomi Faith; ALABI, Adekunle Moruf  and  WUSU, Sunday. Risk assessment for hazard exposure and its consequences on housing construction sites in Lagos, Nigeria. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.1, pp.59-84. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i1.3.

Ondanks die ekonomiese bydrae van behuisingskonstruksie, word die aard van die werk wat gedoen word, as riskant beskou omdat daar werksongelukke en gevare is waaraan werkers blootgestel word. Die meeste werkers ervaar gevare weens grootliks onvoldoende of gebrek aan veiligheidsinfrastruktuur en meganismes vir beskermingsuitrustings. Hierdie artikel ondersoek verskillende vlakke van gevare waaraan werknemers op die konstruksieterreine in Lagos, Nigerië, blootgestel word. Navorsing met gemengde metodes is gebruik om die nodige gegewens vir die studie te versamel. Uit die 511 geïdentifiseerde konstruksieterreine vir residensiële geboue, is 'n eenvoudige ewekansige steekproefnemingstegniek gebruik om 255 (50%) van die geboue te selekteer. 'n Vraelys is aan die toesighouers op elke terrein gegee om inligting te bekom oor die blootstelling van gevare op behuisingskonstruksieterreine. Ook een maand se data oor voorvalle van byna-misse, ongelukke en noodlottige gevalle is verkry van elke deelnemende konstruksiebestuurder/toesighouer. Die data is geanaliseer met frekwensies, persentasies en inferensiële statistieke. Konstruksiewerkers word blootgestel aan veelsydige gevare. Ongeveer 91% van die respondente het in verskillende mate gevare gesien. Gepaarde t-toetswaardes het getoon dat gemiddeld 25.3 meer byna-misse en 12.4 meer ongelukke maandeliks plaasgevind het op persele wat deur individue/eienaars onder toesig was as op terreine onder toesig van opgeleide toesighouers. Die Pearson r-toets (r = -0.705) het getoon dat daar nie genoeg noodhulpkissies op die terrein beskikbaar is om in die behoeftes van werkers te voorsien nie. Behoorlike veiligheidsmeganismes om streng nakoming van veiligheidsreëls en regulering op konstruksieterreine te verseker, moet ontwikkel en toegepas word.

Keywords : Gevare; konstruksie-gesondheid en -veiligheid; konstruksie van huise; risiko-assesseringsmatriks; Lagos.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License