SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue1Utilisation of forecasting technology for improving construction logistics in NigeriaRisk assessment for hazard exposure and its consequences on housing construction sites in Lagos, Nigeria author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

MNISI, Nontokozo  and  KARAM, Aly. The impact of the integrated residential development programme on surrounding property values: case study of fleurhof, Johannesburg. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.1, pp.29-58. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i1.2.

Die agterstand in voldoende gesubsidieerde bekostigbare behuising vir gemarginaliseerders, in goedgeleë gebiede wat toegang bied tot stedelike geriewe en werkplekke, is 'n uitdaging vir Suid-Afrika. Daar is egter 'n negatiewe persepsie oor die bou van gesubsidieerde bekostigbare behuisingsontwikkelings in die stadskern naby omgewings met eiendomme waarop verbande geregistreer is. In hierdie artikel word aandag gegee aan die vraag of die teenwoordigheid van gesubsidieerde bekostigbare behuising wat deur die Suid-Afrikaanse Geïntegreerde Residensiële Ontwikkelingsprogram (IRDP) aangebied word, die eiendomswaarde van die verbandgeregistreerde eiendom wat in die naby omgewing geleë is, beïnvloed. Hierdie artikel ondersoek die impak van die gesubsidieerde ontwikkeling van bekostigbare behuising in Fleurhof, Johannesburg, op die omliggende eiendomswaardes, en veral of die IRDP-behuisingsontwikkeling eiendomswaardes verlaag. Deur gebruik te maak van hedoniese prysmodelle (HPM) met regressies, is die behuisingseienskappe en eiendomsprysgegewens vanaf 2001 tot 2017 gebruik om die waarde van eiendomme in die voorstede van Meadowlands East Zone 1 en Orlando West in Soweto en Florida in Roodepoort, as die twee woongemeenskappe naaste aan Fleurhof, te ontleed. Die studie toon dat die nabyheid van die huisontwikkeling in die beginfases (20012010) van die ontwikkeling eiendomswaardes negatief beïnvloed het. Op die lange duur beïnvloed die ontwikkeling van behuising egter nie die eiendomswaardes nie.

Keywords : Behuisingseienskappe; eiendomswaarde; Geïntegreerde Resi-densiële Ontwikkelingsprogram (IRDP); gesubsidieerde bekostigbare behuising; hedoniese prysmodellering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License