SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Structilia

versión On-line ISSN 2415-0487
versión impresa ISSN 1023-0564

Resumen

HAUPT, Theo; HADEBE, Weziwe  y  AKINLOLU, Mariam. Effectiveness of contractor development programme in KwaZulu-Natal. Acta structilia (Online) [online]. 2019, vol.26, n.2, pp.39-70. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as26i2.2.

Die artikel ondersoek die vlak van tevredenheid met die Suid-Afrikaanse Departement van Openbare Werke se kontrakteurontwikkelingsprogram (KOP) in terme van die doeltreffendheid daarvan. ' n Gemengde navorsingsbenadering (kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings) is gebruik. Die metode maak gebruik van die versameling van beide statistiese en in-diepte inligting oor die persepsies van deelnemers op die KOP oor die effektiwiteit daarvan. Opname-data versamel van 364 deelnemers en onderhouddata van ses fokusgroep-deelnemers in die KwaZulu-Natal (KZN) provinsie van Suid-Afrika vorm die datastelle vir die artikel. Data is geanaliseer met behulp van die SPSS-weergawe 23. Beskrywende statistiek is gebruik om die betroubaarheid van die verskillende konstrukte, gemiddelde tellings, standaardafwykings en korrelasies te rapporteer. Die bevindinge toon dat deelnemers nie net die program as onbevredigend beskou het nie, maar ook 'n algehele negatiewe ervaring met die program gerapporteer het. Spesifieke bevindings toon dat die KOP nie opleidingsgeleenthede aan geregistreerde lede bied nie, nie effektiewe kommunikasiemediums het nie en slegs diegene met politieke verbindings bevoordeel. Die korrelasieresultate toon dat daar 'n sterk verband is tussen die populasie en registrasie op die KOP wat bevestig dat die oop en maklike toegang tot die program deur enige belanghebbende persoon om outomaties 'n kontrakteur te word, die moontlikheid skep dat die program misbruik word. Die studie is slegs beperk tot KZN kontrakteurs en mag dus nie noodwendig tot die hele nasionale bevolking van kontrakteurs genasionaliseer word nie. Hierdie artikel is relevant, aangesien dit insig gee oor hoe tevrede kontrakteurs met die KOP is. Dit kan potensiële kontrakteurs help om te besluit of die KOP voordelig sal wees voordat hulle besluit om by die program aan te sluit.

Palabras clave : Kontrakteursgroei; kontrakteursontwikkeling; kontrakteurs-ontwikkelingsprogram; Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf; ORKB.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons