SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Structilia

versión On-line ISSN 2415-0487
versión impresa ISSN 1023-0564

Resumen

MOYO, Tirivavi; CRAFFORD, Gerrit  y  EMUZE, Fidelis. Decent working conditions for improved construction workers' productivity on Zimbabwean building projects. Acta structilia (Online) [online]. 2019, vol.26, n.2, pp.1-38. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as26i2.1.

Die afname in die boukonstruksie se arbeidsproduktiwiteit is te wyte aan tekortkominge in die Voldoende Werksagenda. Hierdie navorsingstudie poog om behoorlike werksomstandighede te identifiseer wat arbeidsproduktiwiteit op boupersele sal kan verbeter. 'n Kwantitatiewe navorsingsbenadering het 'n opname deur middel van 'n self-geadministreerde vraelys onder bouperseel-en projekbestuurders asook 'n vraelys wat voltooi is tydens 'n onderhoud met geskoolde en ongeskoolde werknemers uit geselekteerde ambagte moontlik gemaak. Die geselekteerde ambagte is beperk tot baksteen- en bloklegging, timmer- en skrynwerk asook verfwerk, aangesien hierdie die mees bevolkte ambagte is asook kritiese padaktiwiteite. Die deelnemers aan die opname is geaffilieerd aan boumaatskappye wat in Harare, Bulawayo en Shurugwi in Zimbabwe gebaseer is. Hulle is lukraak van die databasis van die Konstruksiebedryf Federasie van Zimbabwe geselekteer. Daarbenewens is dertien bouprojekpersele doelbewus uitgekies deur middel van die register van die Nasionale Maatskaplike Sekuriteitsinstansie. Die uitslae dui daarop dat voldoende gesondheids- en veiligheidsmaatreëls en fasiliteite geïdentifiseer is as die beduidendste behoorlike werksomstandighede waaronder verbeterde arbeidsproduktiwiteit bereik kan word. Dit is ook opmerklik dat al die geskikte werksomstandighede wat in die navorsing geëvalueer is, beduidend is met betrekking tot die verbetering van arbeidsproduktiwiteit. 'n Kruskal-Wallis-toets het vasgestel dat daar geen statisties beduidende verskille was as gevolg van die verskille in ouderdom, geslag of ondervinding nie. Nietemin is daar statisties beduidende verskille gevind as gevolg van die beroep en onderwysvlak van die respondente. Die navorsingstudie beveel aan dat ingryping behoort plaas te vind met verwysing na opleiding met betrekking tot geskikte werksomstandighede en die beklemtoning van geskikte werksomstandighede op boupersele met gepaardgaande beplanning en uitvoering van aktiwiteite. Konstruksiewerknemers behoort ook aan te dring op geskikte werksomstandighede in die omgewing van boupersele. Voorts ondersteun die navorsingstudie die noodsaaklikheid vir voldoende beplanning en finansiering vir voldoende werksomstandighede gebaseer op die waarnemings van die bouperseelbestuur asook die boukonstruksiewerknemers.

Palabras clave : Arbeidsproduktiwiteit; konstruksie; voldoende werk; volhoubare ontwikkeling; werksomstandighede; Zimbabwe.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons