SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Structilia

versión On-line ISSN 2415-0487
versión impresa ISSN 1023-0564

Resumen

GAUM, Tariené  y  LAUBSCHER, Jacques. The implementation of alternative dispute-resolution methods by architectural practitioners in South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2019, vol.26, n.1, pp.97-119. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as26i1.4.

Dispute in die konstruksiebedryf is oor die algemeen uiteenlopend en die kompleksiteit daarvan is gewoonlik afhanklik van die aantal rolspelers en moeilikheidsgraad van die konstruksieprojek. Geskille kan soms opgelos word deur litigasie, maar dit is dikwels duur sowel as tydrowend. 'n Studie in 2012 onthul dat arbitrasie, bemiddeling, onderhandeling en beoordeling onder meer verskillende vorme van alternatiewe geskilbeslegting (ADR) metodes is wat verkies en gebruik word om geskille in die konstruksiebedryf op te los. Hierdie studie bied insig tot die huidige voorkeur en implementering van ADR-metodes soos toegepas deur argitektuurpraktisyns in die Suid-Afrikaanse boubedryf. Geregistreerde persone, soos beskryf deur die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SACAP), het die bevolking van die studie gevorm. Volgens SACAP word 'n geregistreerde persoon gedefinieer as iemand wat geregistreer is in een van die kategorieë van professionele mense en/of kandidate. 'n Vraelys is versprei na 13 622 geregistreerde SACAP professionele mense en kandidate om die huidige implementering van ADR-metodes te bepaal. Hierdie vraelys is uitgestuur deur die hoofbedryfsbeampte, Mev Barbara van Stade, aan die voorgenoemde SACAP-databasis. Die vraelys is volledig voltooi deur 396 argitektuurpraktisyns en verteenwoordig dus 2.91% van geregistreerde professionele mense en kandidate in die Suid-Afrikaanse boubedryf. Hierdie is die mees omvattende studie oor die voorkeur en implementering van ADR-metodes soos gebruik deur argitektuurpraktisyns in die bouomgewing van Suid-Afrika. Hierdie artikel fokus spesifiek op argitektuurpraktisyns in die boukunde wat vanaf 2012 tot 2016 by geskilbeslegtigingprosedures betrokke was. Die waarnemings dui op 'n verskuiwing van voorkeur rakende ADR-metodes sedert die vorige studie se gepubliseerde navorsingsresultate in die gebruik daarvan in 2012. Alhoewel vorige studies onthul dat beoordeling as die mees gekose metode gebruik is, toon die huidige resultate van die studie 'n toenemende gebruik in onderhandeling, gevolg deur bemiddeling/ mediasie en dan arbitrasie. Hierdie studie identifiseer huidige ADR-tendense en bied 'n perspektief op die toekomstige ontwikkeling van ADR-meganismes vir argitektuurpraktisyns in die Suid-Afrikaanse konstruksie-industrie.

Palabras clave : Alternatiewe geskilbeslegtingprosedure (ADR); argitektuur-praktisyns; Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SACAP).

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons