SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

ABOSEDE, Afolabi Olubunmi et al. Performance analysis of small and medium-sized construction firms in Oyo State, Nigeria. Acta structilia (Online) [online]. 2019, vol.26, n.1, pp.66-96. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as26i1.3.

Hierdie artikel ondersoek die tyd en koste prestasie van projekte wat uitgevoer word deur klein en mediumgrootte konstruksiemaatskappye met die oog op die verbetering van die firmas se vermoëns. Die artikel het 'n kwantitatiewe beskrywende analise aangeneem wat gebaseer was op primêre en argiefdata. Agt-en-sestig (68) geldige vraelyste wat van topbestuurders van die firmas verkry is, het primêre kwantitatiewe data vir die assessering verskaf. Sekondêre data is ingesamel op die aanvanklike en finale kontrakbedrae asook aanvanklike en voltooiingstye van 184 openbare projekte wat deur die firmas uitgevoer is. Data wat ingesamel is, is ontleed met behulp van beskrywende analise. Die bevindinge dui op spesialisasie van die klein ondernemings in algemene bouwerke, terwyl die mediumgrootte firmas ook in siviele werke gespesialiseer het. Projekwaardes in die geval van klein konstruksiefirmas het tussen N1 en N50million gewissel, terwyl dié van mediumgrootte konstruksiefirmas tussen N51 en N100million gewissel het. Die prestasie-indeks (PI) van die projekte wat deur die maatskappye uitgevoer is, het 'n algemene onderprestasievlak getoon. Ongeveer 96.12% en 31.03% van die projekte wat uitgevoer is deur die klein en mediumgrootte maatskappye het onderskeidelik die koste-prestasie-indeks (VPI) op begrotingsvlak (VPI=1). Intussen is 37.42% van die projekte uitgevoer deur die klein firmas en 24.13% van dié wat deur mediumgrootte maatskappye uitgevoer is, volgens plan beplan, naamlik dat hulle skedule-prestasie-indeks (SPI=1) gehad het. Die artikel bied implikasies vir die begrip van die invloed van konstruksiefirmas se profiel in verhouding tot hul PI wat kan help met die vermoë-ontwikkeling van klein en mediumgrootte konstruksiefirmas.

Palavras-chave : Konstruksiemaatskappye; koste oorskry; koste prestasie; openbare projekte; tyd prestasie; tyd oorskry.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons