Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Acta Structilia
On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564
Abstract
MISHIYI, Hletela; CUMBERLEGE, Roy and BUYS, Fanie. Challenges facing newly established quantity-surveying firms to secure tenders in South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2019, vol.26, n.1, pp.42-60. ISSN 2415-0487. http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as26i1.2.
Die doelwit van hierdie studie is om die uitdagings van nuutgevestigde bourekenaarsfirmas (NGBRFs) in Suid-Afrika ten opsigte van die toekenning van tenders te bepaal. 'n Kwantitatiewe navorsingsmetode is gevolg wat 'n literatuurstudie asook vraelyste ingesluit het om te bepaal watter struikelblokke NGBRFs ervaar. Die resultate bevestig spesifieke uitdagings wat NGBRFs ondervind in die toekenning van tenders, onder andere politieke invloed en korupsie, buitensporige afslag op professionele gelde deur ander firmas en die bevoordeling van groter en gevestigde firmas bo die NGBRFs. Hierdie artikel is relevant omrede dit bydra tot die bewusmaking van uitdagings wat NGBRFs ondervind en om die gapings te identifiseer om hierdie firmas die geleentheid te gee om met groter firmas mee te ding. Die resultate van hierdie studie bevestig die hoofuitdagings wat NGBRFs ondervind in die toekenning van tenders in Suid-Afrika en dat dit belangrik is vir potensiële entrepreneurs om hierdie faktore in ag te neem in die vestiging en groei van hul besighede.
Keywords : Uitdagings; Suid-Afrika; tenders; bourekenkunde.