SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

MALINDI, Mandy  and  SMALLWOOD, John. The impact of the Construction Regulations 2014 on a water utility's projects' health and safety (H&S) performance in South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.2, pp.138-177. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i2.6.

Die konstruksiebedryf speel 'n belangrike rol in Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling. Ten spyte van die belangrikheid daarvan, is die swak gesondheids-en veiligheids (G)-prestasie en verwante koste kommerwekkend. Die literatuuroorsig dui daarop dat verbeterde G behaal kan word op 'n projek waar daar tydens die ses projekfases 'n samewerkende benadering onder alle belanghebbendes is. Hierdie studie fokus op die impak van die Konstruksie Regulasies 2014 op 'n watertoevoerprojek se G Dit bepaal die G van kliëntverteenwoordigers en interne projekbelanghebbendes gedurende die ses projekfases. Die artikel ondersoek ook hul verbintenis tot G en die maatreëls wat hulle tydens beplanning en ontwerp geneem het in kontrakte om G te verbeter. Verder ondersoek die artikel die kies van G kontrakteurs asook die omvang van hul G aan konstruksie G Die gemengde metode van navorsing ('n vraelysopname en vier gevallestudie-projekte) is gebruik om die data vir die studie te verkry. 67 Response is verkry vanuit die vyf watertoevoerprojekbelanghebbendes, naamlik kliëntverteenwoordigers, ontwerpers, bourekenaars (QS's), projekbestuurders (PM's) en konstruksie-G (GVP) professionele persone om inligting oor hul G te verkry gedurende die ses projekte stadiums. Vier gevallestudies (drie voor-Konstruksie Regulasies 2014 en een na-Konstruksie Regulasies 2014) is verkry deur gebruik te maak van 'n gestratifiseerde ewekansige steekproefnemingstegniek. 'n Kontrolelys is gebruik om inligting oor die belanghebbendes se G tydens die ses projekfases te verkry asook die algehele projekprestasie. Bevindinge toon dat die Konstruksie Regulasies 2014 'n impak het op die G van die watertoevoerprojek. Daar is 'n direkte verhouding tussen die belanghebbendes se G en die projek se G Die integrasie van G in die aanvanklike projekfases; vroeë betrokkenheid van die GVP-professionele persone, en G vir belanghebbendes is van die aanbevelings wat uit hierdie studie voortspruit.

Keywords : Bourekenaars; kliënte; konstruksie gesondheids- en veiligheidspersoneel; ontwerpers; projekbestuurders.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License