SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

ANEKE, Frank Ikechukwu  e  AWUZIE, Bankole. Conversion of industrial wastes into marginal construction materials. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.2, pp.119-137. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i2.5.

Die konsep van sirkelekonomie lewer 'n belangrike bydrae tot hulpbrondoeltreffendheid deur produk-lewensuitbreiding, herverdeling/ hergebruik, herverwerking en herwinning asook herontwerp van organisatoriese prosesse. Die konstruksiebedryf is bekend vir sy invloed op die bereiking van die samelewing se volhoubare ontwikkelingsaspirasies. Tog is die opname van hierdie beginsels nie wyd gerapporteer in die konteks van ontwikkelende ekonomieë waar groenveldkonstruksie-aktiwiteite besig is om te groei nie. Hierdie waarneming het aanleiding gegee tot hierdie studie. Hierdie artikel rapporteer oor die bevindings van 'n ondersoek na die nut van industriële afval in die vervaardiging van marginale konstruksiemateriaal. Om hierdie doel te bereik, is 'n deeglike geotegniese evaluering gedoen van 'n verskeidenheid geredelik beskikbare nywerheidsafvalle soos dolomitiese afval, silika fume, en riviersand wat in verskillende verhoudings ontplooi is volgens die massapersentasie van vliegas-afval om vliegas-bakstene te produseer. Bevindinge dui daarop dat die gebruik van hierdie industriële afval in die vervaardiging van vliegas-bakstene nie net uitstaande eienskappe uitgebeeld het nie, maar ook die potensiaal toon om belangrike bydraes tot die volhoubare aspirasies van die samelewing te lewer.

Palavras-chave : Bakstene; dolomitiese afval; sirkel-ekonomie; Suid-Afrika; vliegas.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons